South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 641

| Noteup | LawCite

S v Jacobs en Anders [2010] ZAWCHC 641; ; CC 07/10 (3 December 2010)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



Saaknommer CC 07/10


In die aangeleentheid


DIE STAAT



Teen


CHARLES JOHN JACOBS ….....................................................................Eerste beskuldigde



RUDOLF MARTHINUS DAVIDS …..........................................................Tweede beskuldigde



WILFRED VAN WYK …...............................................................................Derde beskuldigde






UITSPRAAK GELEWER OP 3 Desember 2010






1. Dit is gemeensaak dat die hof by vonnisoplegging ag moet slaan op die omstandighede van die indiwidue, die ems van die misdade en die belange van die gemeenskap, en dat sodanige oorweging op n gebalanseerde wyse moet plaasvind. Mnr Wolmarans. in sy voordrag. het gesteun op die bekende uitspraak SvZinn 1969 (2) SA 537 (A).

2. Hy het die hof eweneens daarop bedag gemaak om nie "maudlin sympathy" te betoon nie. (SvRabie 1975 (4) SA 855 (A)).

3. Al drie die beskuldigdes het tereggestaan op die aanklag van roof met verswarende omstandighede. Die beskuldigdes is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede.

4. Roof met verswarende omstandighede word in artikel 1(b) en 260 van die Strafproseswet, wet 55 van 1971. omskryf as:



"Roof of poging tot roof-


(i) die hanteervan... 'n ander gevaarlike wapen;

(ii) die toediening van 'n ernstige liggaamlike besering;


deur die oortreder of 'n medepiigtige by die geteentheid waarby die misdryf gepleeg word, hetsy voor of gedurende of na die pteging van die misdryf"

5. Roof waar daar verswarende omstandighede is, is onderworpe aan die bepalinge van artikel 51 van die Strafwysigingswet, Wet 105 van 1997, soos gewysig. In die geval van roof waar daar verswarende omstandighede is (bylae 2. deel II). waar die persoon 'n eerste oortreder is. gevangenisstraf vir 'n tydperk van minstens 15 jaar opgele moet word.

6. Al drie die beskuldigdes se skuldigbevindings op elke aanklag van moord is eweneens onderhewig aan artikel 51 van die Strafwysigingswet, en in daardie geval bepaal bylae 2, deel 1 dat waar die moord beplan of met voorbedagte rade gepleeg is (sub-artikel (a)), of die dood van die slagoffer deur die beskuldigde veroorsaak is by die pleging van roof met verswarende omstandighede, soos in artikel 1 van die Strafproseswet. 1977 (subartikel (c)), of die misdryf deur :n persoon, groep persone of 'n sindikaat wat in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering handel, gepleeg is (artikel (d)) dan moet 'n lewenslange gevangenisstraf vonnis opgele word.

7. Mnr Wolmarans het verwys dat artikel 8(1) van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdrywe, wet 28 van 1998i voorsiening daarvoor maak dat 'n boete van minder as R100 miljoen of gevangenisstraf van minder as 30 jaar opgele" mag word vir geldwassery.

8. Die partye was dit eens dat die bepalinge van artikel 51 van die Strafregswysigingswet, 105 van 1997 toepassing vind en dat dienooreenkomstig 'n minimum vonnis van 15 jaar ten opsigte van die roof en lewenslange gevangenisstraf ten opsigte van die moorde, opgel§ meet word tensy daar "wesentike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis" as die voorgeskrewe vonnis regverdig. Sien artikel 51(3)(a) van voormelde wet.

9. In S v Malqas 2001 (2) SA 1222 (SCA) in para [7] te 1230B - E (2001 (1) SAVS 469 te 476d - 477i) is die volgende ten aansien van die oogmerke van hierdie wetgewing gese:

'Due weight must be given to the fact that these provisions were not intended to be permanent fixtures on the legislative scene and were to lapse after two years unless extended annually. . . . That shows that when conceived they were intended to be relatively short-term responses to a situation which it was hoped would not persist indefinitely. That situation was and remains notorious: an alarming burgeoning in the commission of crimes of the kind specified resulting in the government, the police, prosecutors and the courts constantly being exhorted to use their best efforts to stem the tide of criminality which threatened and continues to threaten to engulf society. It was, of course, open to the High Courts even prior to the enactment of the amending legislation to impose life imprisonment in the free exercise of their discretion. The very fact that this amending legislation has been enacted indicates that Parliament was not content with that and that it was no longer to be "business as usual" when sentencing for the commission of the specified crimes.

[8] . . . In short, the Legislature aimed at ensuring a severe, standardised, and consistent response from the courts to the commission of such crimes unless there were, and could be seen to bet truly convincing reasons for a different response. When considering sentence the emphasis was to be shifted to the objective gravity of the type of crime and the public's need for effective sanctions against it.

[9] Secondly, a court was required to spell out and enter on the record the circumstances which it considered justified a refusal to impose the specified sentence. As was observed in Flannery v Halifax Estate Agencies Ltd [[2000] 1 WLR 377 at 381HJ by the Court of Appeal, "a requirement to give reasons concentrates the mind, if it is fulfilled the resulting decision is much more likely to be soundly based - than if it is not". Moreover, those circumstances had to be substantial and compelling. Whatever nuances of meaning may lurk in those words, their central thrust seems obvious. The specified sentences were not to be departed from lightly and for flimsy reasons which could not withstand scrutiny. Speculative hypotheses favourable to the offender maudlin sympathy, aversion to imprisoning first offenders, personal doubts as to the efficacy of the policy implicit in the amending legislation, and like considerations were equally obviously not intended to qualify as substantial and compelling circumstances. Nor were marginal differences in the personal circumstances or degrees of participation of co-offenders which, but for the provisions, might have justified differentiating between them. But for the rest I can see no warrant for deducing that the Legislature intended a court to exclude from consideration, ante omnia as it were., any or all of the many factors traditionally and rightly taken into account by courts when sentencing offenders. The use of the epithets "substantial" and "compelling" cannot be interpreted as excluding even from consideration any of those factors. They are neither notionally nor linguistically appropriate to achieve that. What they are apt to convey, is that the ultimate cumulative impact of those circumstances must be such as to justify a departure. It is axiomatic in the normal process of sentencing that, while each of a number of mitigating factors when viewed in isolation may have little persuasive force, their combined impact may be considerable. Parliament cannot have been ignorant of that. There is no indication in the language it has employed that it intended the enquiry into the possible existence of substantial and compelling circumstances justifying a departure, to proceed in a radically different way, namely by eliminating at the very threshold of the enquiry one or more factors traditionally and rightly taken into consideration when assessing sentence. None of those factors have been singled out either expressly or impliedly for exclusion from consideration.'

10. Dit was as volg gestel in S v Scott-Crossley 2008 (1) SASV 223 (SCA) te
para 35:


'Plainly any sentence imposed must have deterrent and retributive force. But of course one must not sacrifice an accused person on the altar of deterrence. Whilst deterrence and retribution are legitimate elements of punishments, they are not the only ones, or for that matter, even the over-riding ones.'


Daar is as volg voort gegaan


'{i]t is true that it is in the interests of justice that crime should be punished. However, punishment that is excessive serves neither the interests of justice nor those of society.'

11. Met verwysing na S v Malgas het Mnr Wolmarans aangevoer dat daar eenvormige vonnisoplegging moet wees en dat daar nie afgewyk mag word van die minimum vonnis wetgewing vir benullige redes nie. Mnr Wofmarans het aan die hand gedoen dat daar geen grondslag sou bestaan om af te wyk van die minimum vonnisse nie.

12. Mnr Wolmarans het tereg daarop gewys dat elkeen van die beskuldigdes n wesentlike en geweldadige bydrae tot die misdrywe gemaak het. Elkeen het die oorledenes self direk leed aangedoen. Geeneen van hulle kan steun op die onoordeelkundigheid wat jeugdigheid sou inhou nie en was dit slegs gulsigheid wat gelei het tot die misdade. Hulle het elkeen die uitnodiging aanvaar om deel te neem en moet nou ook die gevolge dra.



13. Dit is teen hierdie agtergrond wat ek die vonnis oplegging moet benader.


14. Die misdrywe van roof en moord het met voorbedagte rade plaasgevind (eerstens toe daar besluit en beplan is, insluitend om mnr Davids as 'n drywer saam te neem, maar laastens toe mnre Jacobs en mnr Davids meegedeel is van die "verandering in die plan" en toe hulle daarna die wapens in besit geneem het en hulself verskuil het vir die slagoffers) of. ten minste, het die beskuldigdes met 'n gemeenskaplike oogmerk. en in harmonie. opgetree. Die moorde was, in die geval van mnr Joseph, in die woorde van die patoloog, Dr Sherman, venynig en gewelddadig. Dieselfde kan ook gese word van die moord op mnr Visagie wie nie minder as 27 steekwonde gehad het nie. twee waarvan noodlottig sou wees. Sulke geweld is sinneloos en afskuwelik. Geen verduideliking kan dit goedpraat nie. Dit het nie terloops en in die hitte van die oomblik plaasgevind nie, die oorledenes is agter in die Run-X geplaas en is elders van kant gemaak.

15. Die gemeenskap waarin ons leef. en veral die minder gegoede deel van ons gemeenskap, is op n daaglikse basis blootgestel aan misdaad en geweld wat geen perke ken nie. Die gemeenskap gaan gebuk onder hierdie las. Die howe moet poog om by te dra tot die regstelling van hierdie onreg waar misdadigers sonder aansiens van die persoon of eiendom optree.

16. Mnr Wolmarans het ons meegedeel dat die oorledenes se familie nie daarvoor kans gesien het om te kom getuig nie. Dit is verstaanbaar. Hy het ons desnieteenstaande van die balie meegedeel dat mnr Joseph, 69 jaar oud. te Pofadder saam met sy vrou gelewe het. Hy het op ouderdom 60 afgetree as 'n busbestuurder by die kopermyn waar sy vrou in die kombuis gewerk het. Sy het toe ook afgetree. Onlangs het hy weer begin werk by Pofadder Vleis. Hy was getroud vir 42 jaar en het vyf volwasse kinders en drie kleinkinders gehad. Twee van sy kinders het by horn gewoon in 'n huis wat hy gekoop het met sy aftreepaket Sy vrou het ook weer begin werk na sy dood en werk nou by 'n kafee oor naweke. Hy was 'n aktiewe man met baie stokperdjies - hy was die afrigter van die plaaslike sokkerspan en het ook as skeidsregter opgetree. Hy het veerpyltjies gespeel en was 'n Blou Bui ondersteuner. Hy het ook die plaaslike sport spanne rondgery as busbestuurder. Met sy begrafnis moes die polisie die straat afspan. Sy vrou ly baie sterk onder sy dood.

17. Mnr Mervyn Visagie, 30 jaar oud. het slegs 6 maande vantevore permanent by Pofadder Vleis begin werk waar hy reeds vir jare in diens was. Hy het op troue gestaan. Hy het een kind uit 'n vorige verhouding. Hy het bygedra tot die huishouding van sy moeder waar hy gewoon het te Pella.

18. Hy was 'n baie stil persoon en 'n bedrewe voetbalspeler - dit is hoe hy mnr Joseph ontmoet het. Sy vader het mnr Joseph ook baie goed geken. Hy is in die graf aanliggend tot die van mnr Joseph begrawe. Die dood van die twee het die Pofadder gemeenskap baie hard getref. Mnr Wolmarans het daarop gewys dat die howe 'n boodskap aan die beskuldigdes en die gemeenskap moet stuur dat die reg toepassing vind en dat die reg gerespekteer moet word. Die gemeenskap moet beskerm word en die toename in geweldadige misdaad en kapings, wat daagliks plaasvind, moet aangespreek word. Beide die moorde spreek van nodelose geweld - die slagoffers was gefolter en al wat die daders gemotiveer het was gulsigheid. Geeneen van hulle kan aanvoer dat hulle uit nood opgetree het. Mnr Wolmarans het toegegee dat beide beskutdigdes 1 en 2 as eerste oortreders beskou moet word.

19. Hierdie voorlegging oor die skoon karaktertrekke van die oorledenes maak dit duidelik dat daar min waarheid steek in hul beweerde meedoen met die planne van die beskuldigdes en Mnr Cupido.

20. Ek wend my vervolgens na die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes.

21. Beskuldigde 1. mnr Jacobs, het Mev Elizabeth Pharo, 'n goeie familiekennis geroep om namens horn te getuig. Sy is sedert 1968 of by horn aan sy ouma se huis woonagtig, 6f sedert 1987 in sy nabyheid woonagtig. Sy het horn leer ken as 'n eerbare en opregte jong man. Hy was 'n kerkganger en sy was geskok om te verneem van sy betrokkenheid in die misdade. Sy verkwalik die familie omstandighede waarin beskuldigde 1 horn bevind het vir sy betrokkenheid. Sy vader was *n harde man wie later in die gevangenis opgeeindig het. Mev Pharo het getuig dat sy voel dat hulle te veel van mnr Jacobs verwag het. Sy moeder se verband is agterstallig en sy salaris was te min om almal bystand te verleen. Sy is bevrees dat sy jong seun, wie pas gematrikuleer het en self begin werk het, nou dieselfde las op sy skouers gele sal word. Sy wys daarop dat terwyl hulle Woensdag in die hof aanwesig was (toe die saak geargumenteer was) daar 'n inbraak by hulle aan huis was. Sy vader het sy dienspakette van R20 000 en R75 000 onderskeidelik verkwis. Sy het versoek dat die hof genade teenoor mnr Jacobs betoon.

22. Mnr Jacobs het self ook getuig. Hy is in 1971 gebore en is tans 39 jaar oud. Hy is in 1995 getroud en het twee kinders, die een is 21 jaar oud en die ander 8 jaar oud. Hulle bly in 'n "wendy house". Hy het deurgaans as 'n vragmotor bestuurder gewerk. Sy vader is reeds 10 jaar in die gevangenis vir roof. Die huis wat hulle gekoop het twee jaar gelede word deur jn verband finansier en die R1600 verbandpaaiement kan nouliks betaal word uit sy salaris van R2400 per maand tesame met die van sy vrou van R1600 per maand.

23. Hy is 'n geheel onthouer en rook ook nie. Hy het n baie goeie aanslag met kinders, het Mev Pharo getuig.

24. Hy is reeds 15 jaar getroud. Hy behoort aan die Algemene Sendingkerk. Elsieshvier, en gaan gereeld kerk toe. By Pivot Vervoer het hy R2400 per maand verdien. maar die werk is afhanklik van die aanvraag daarvoor.

25. Agtien jaar gelede was hy in !n argument met sy vrou se broer betrokke wat daartoe aanleiding gegee het dat laasgenoemde dood is. Hy het tereggestaan en is skuldig bevind aan strafbare manslag, skynbaar nadat hy skuldig gepleit het.

26. Alhoewel mnr Jacobs getuig het dat hy verantwoordelikheid aanvaar het vir die gebeure, is daardie aanvaarding beperk tot dit wat hy self getuig het en het hy eerlik erken dat hy nie sondermeer aanvaar dat hy skuldig is soos wat die hof reeds bevind het nie. Mnr Wolmarans het aan die hand gedoen dat daar dan nie sprake van werklike berou is nie. Dit is egter vir die hof duidelik dat mnr Jacobs inderdaad opreg berou vir dit wat daardie aand in die vroee oggendure plaasgevind het. Hy aanvaar ook verantwoordelikheid vir dit wat hy self erken het - al is dit nie soveel as waaraan hy inderdaad skuldig bevind word nie. Die hof hou ook in gedagte dat hy deurgaans sy samewerking aan die Suid-Afrikaanse Polisie in hul ondersoek gegee het, en dat hy ook 'n bekentenis afgele het, uitwysings gemaak het en self getuig het. beide op die meriete en ter strafversagting. Hy was natuurlik ook ontsteld dat hy sy familie agter laat. Hy het die hof ook meegedeel dat hy simpatie met die familie van die slagoffers het.

27. Mnr Jacobs moet natuurlik verantwoording neem vir die feit dat hy nie teruggetree het en deelname aan die misdade geweier het nie. Daar was verskeie geleenthede om dit te doen en hy het nooit daarvan gebruik gemaak nie. Mnr Moodley, in sy betoog, het toegegee dat mnr Jacobs gevangenisstraf opgele moes word, maar het hy geargumenteer dat die minimum vonnisse nie opgele moes word nie.

28. Dit is ook nie sonder meer duidelik uit die getuienis dat 6f mnr Davids or mnr Jacbos teenwoordig was toe die venynige en gewelddadige aanvalle op die oorledenes plaasgevind het nie - daar is aanduidings dat dit wel die geval mag wees - die bebloede rots en die feit dat mnr van Wyk ook reeds messteke op die toneel toegedien het, asook die afleiding wat redelikerwys gemaak kan word dat die persone slegs in die Run-X gelaai was om ontslae te raak van die liggame - omdat hulle reeds naby aan hul dood was. Daar is egter ook aanduidings dat hulle nog verder elders aangerand is, aangesien daar vanuit die Run-X, toe in die omgewing van Velddrift, aangedui is dat hulle (mnr Cupido en Mnr van Wyk) mnr Joseph nie kon dood kry nie.

29. Mnr Moodley in sy betoog het daarop gewys dat sy klient, mnr Jacobs, 39 jaar oud was, sy vorige veroordeling was 18 jaar gelede en het hy aan die hand gedoen dat hy as 'n eerste oortreder beskou moet word. Hy was 'n jaar en 'n half verhoor-afwagtend.

30. Mnr Moodley het gesteun daarop dat n hof ook medelye moet betoon. Dit sou verkeerd wees om die oortreder se misdaad oormatig te beklemtoon en dat vergelding behoort te wyk voor voorkoming en rehabilitasie.

31. Hy het aangevoer dat mnr Jacobs oop kaarte met die hof gespeel het en dat die onderskeie rolle wat mnr Jacobs, mnr Davids en mnr van Wyk gespeel het onderskeibaar is en dat dit tot verskillende vonnisse behoort aanleiding te gee. Hy het aan die hand gedoen dat die vonnisse samelopend opgele moet word aangesien dit voortspruit uit 'n enkele gebeurtenis. Hy het aan die hand gedoen dat as dit nie was vir die bekentenis van mnr Jacobs nie. dan sou daar moontlik nie 'n vervolging gewees het nie.

32. Hy het aan die hand gedoen dat 15 jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis sou wees.

33. Mnr Wolmarans het daarop gewys dat beskuldigde 1 nie self die polisie genader het nie - hy het eers sy betrokkenheid openbaar nadat voortreflike polisiewerk horn aan die kaak gestel het. Hy het ook nie ongekwalifiseerd sy berou betoon nie.

34. Mnr Wolmarans het aan die hand gedoen dat mnr Jacobs nie 'n slegte lewensstyl gehad het nie - hy was deurgaans in diens as 'n bestuurder, sy vrou het gewerk en hulle het in n bekrompe "wendy house" gewoon terwyl hulle hul eie huis gerenoveer het om uit te verhuur. Hulle was finansieel goed daaraan toe en sou hulle geld behoef het kon hulle byvoorbeeld die huis van die hand sit. Hy het verder aan die hand gedoen dat daar geen faktore was wat die hof daartoe kan noop om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnisse nie.

35. Die hof is die mening toegedaan dat daar wel wesentlike en dwingende omstandighede bestaan waarom die minimum vonnisse nie opgel§ moet word nie. Mnr Jacobs bevind homself, tesame met sy familie, in 'n bose kringloop van misdaad. Alhoewel sy vader in die tronk is vir roof, het hy slegs eenmaal vantevore met die gereg gebots en daardie voorval kan, op die feite wat voor die hof geplaas word, nie teen mnr Jacobs gehou word vir vonnissoplegging in hierdie saak nie. In die huidige saak mag dit wees dat mnr Jacobs, weens 'n ongelukkige saamloop van omstandighede, homself bevind het in die posisie dat hy meegedoen het aan 'n aaklige moord op twee persone wat moontlik mededaders mag gewees het aan 'n beplande misdryf. Gevolglik meen die hof dat daar wel wesentlike en dwingende omstandighede bestaan om af te wyk van die minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf ten opsigte van die moord en 15 jaar ten opsigte van die roof met verswarende omstandighede

36. Mnr Davids het nie self getuig nie. Slegs Me Fransiena Davids het namens horn getuig. Sy het getuig dat hy haar jongste broer was van agt oorlewende kinders - hulle was aanvanklik dertien kinders gewees. Hy woon reeds vir jare by haar en sy beskryf hom as 'n hardwerkende persoon. Hy het tien kinders waarvan drie nog op skool is. Hierdie kinders is by hulle onderskeie moeders woonagtig maar is sy verhouding met hulle goed, sien hy hulle gereeld en dra hy by tot hul onderhoud soos en wanneer hy kan. Hy het nooit die voorval met haar bespreek nie en aangedui dat hy dit mettertyd sal doen.

37. Die familie is uiteraard geskok oor sy betrokkenheid. Sy beskryf hulle as 'n hegte familie en beide ouers was kerklike mense. Hulle was streng en goedgemanierd grootgemaak. Sy beskou hom nie as 'n drinker nie, alhoewel hy sosiale geleenthede kan geniet. Sy keur nie goed wat gebeur het nie maar het gesmeek dat hy nie lewenslank tronk toe gestuur moet word nie. Buiten vir die feit dat hy reeds twee maal geskei is, is sy nie bewus van enige persoonlike probleme nie.

38. Sy kon nie enige lig werp op sy skuldigbevinding aan bedrog in 1999 en die skuldigbevinding aan diefstal in 2000 waarvoor hy 18 maande gevangenisstraf opgele was nie.

39. Die aandeel wat mnr Davids gespeel het in die pleging van die misdade was waarskynlik die kleinste - hy het nooit aan enige voorafgaande bespreking of beplanning deelgeneem nie, alhoewel hy teenwoordig was toe hy en mnr Jacobs meegedeel was van die verandering in planne en die verhoogde betaling van R50 000. Alhoewel soos reeds in die uitspraak aangedui, mnr Jacobs se weergawe dat hy slegs "tigte tikkies" aan mnr Joseph toegedien het is dit nie sondermeer duidelik presies welke rol hy gespeel het in die aanranding nie. Dit blyk uit sy bekentenis dat wyle mnr Cupido ook vir mnr Joseph oor die kop geslaan het Dit is eweneens duidelik dat mnr Joseph daarna vender aangerand is in die nabyheid van Velddrift aangesien mnre van Wyk en ook Cupido gesukkel het om horn te dood.

40. Mnr Davids het nie self getuig nie en dit is derhalwe moeilik om te beoordeel presies tot welke mate hy aan die aanranding op veral mnr Joseph deelgeneem het.

41. Mnr Davids is 44 jaar oud, reeds tweemaal getroud en het drie minderjarige kinders, twee waarvan in matriek is en 'n jong seun van 6 jaar oud. Sy ander sewe kinders is reeds volwasse. Hy het standard 6 op skool behaal. en daarna vir sy vader, n houthakker, gewerk tot die ouderdom van 16 en het daarna formele diensbetrekkings beklee, onder meer by die Atlantis Dorpsraad waar hy uiteindelik 'n R65 000 pakket ontvang het.

42. Hy het reeds in aanhouding sy rehabilitasie begin deur bybelstudie te doen.

43. Mnr La Grange, namens beskuldigde 2, mnr Davids, het aan die hand gevoer dat sy klient nie die misdaad georkestreer het nie, en dat hy bloot gekoopteer is deur beskuldigde 1, mnr Jacobs. Hy was nie in enige mate betrokke by die beplanning nie. Hy was ook nie teenwoordig toe die oorledenes gestetwe het nie. Alhoewel daar getuienis is dat n telefoonoproep ontvang was van mnre Cupido en van Wyk, wie skynbaar in die omgewing van Velddrift met mnr Joseph was, is die lyk van mnr Visagie in die nabyheid van die uitgebrande wrak gevind en is dit net waarskynlik dat die persone daar aanwesig, nieteenstaande hul ontkenning. bewus moes gewees het van mnr Visagie en hoe hy daar gekom het.

44. Mnr Davids se betrokkenheid was veroorsaak deurdat hy ekstra geld wou verdien.

45. Mnr La Grange het aan die hand gedoen dat sy klient ook as "n eerste oortreder beskou moet word, dat hy altyd 'n stabiele lewe gehad het, en altyd 'n betrekkking gehad het. Hy het nie die tyd van die hof gemors nie en sy deelname aan die misdrywe was. vergeleke met die ander daders, skyn be perk te gewees.

46. Mnr La Grange het ook om genade vir sy klient gesmeek, en aan die hand gedoen dat n gevangenisstraf van 10 jaargepas sou wees.

47. Mnr Davids het ook deurgaans werk gehad. Sy drie minderjarige kinders is woonagtig by hul moeders en speel hy duidelik nie enige rol in hulle lewens nie.


48. Mnr Wolmarans het verder daarop gewys dat geeneen van die beskuldigdes, en ook nie mnr Davids nie. daarop kan steun dat hulle 'n mindere rol gespeel het nie. Hulle het almal bygedra tot die eindresultaat en is dit geen antwoord vir mnr Davids om te se dat hy nie die stuurman was nie. Hy was uitgenooi en hy het die uitnodiging aanvaar. Daar was duidelike getuienis teen beskuldigde 1 en hy het mnr Davids uitgewys as "n medepligtige. Mnr Davids het daarop sy bekentenis gemaak. Hy kan nouliks steun op die feit dat hy sy bekentenis gemaak het as strafversagting. Verder het mnr Wolmarans daarop gewys dat mnr Davids nooit getuig het nie, nie eens ter strafversagting nie. Daar kan nouliks onder daardie omstandighede enige sprake van berou wees.

49. Eweneens bevind die hof dat daar ten aansien van Mnr Davids wesentlike en dwingende omstandighede bestaan om af te wyk van die minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf ten opsigte van die moorde en 15 jaar ten opsigte van die roof met verswarende omstandighede.

50. Mev Alisha Hendriks, 41 jaar oud, en woonagtig te Magdastraat, Elsiesrivier, het namens beskuldigde 3, mnr van Wyk. getuig. Hy is haar kerel en die vader van haar drie minderjarige kinders. onderskeidelik 3. 5 en 9 jaar oud. Sy het nie 'n vaste betrekking nie en doen huiswerk een dag alom die week en twee dae alom die week. Sy verdien n karige bedrag van R80 of R100 per dag. Hulle is reeds 12 jaar in 'n verhouding maar woon die laaste 10 jaar saam. Dit blyk uit haar getuienis dat vir drie maande voorafgaande die misdaad, het hulle nie saamgewoon nie en sy het trouens nie geweet wat mnr van Wyk se woonadres was nie aangesien hy geweier het om dit aan haar te openbaar welwetend dat sy horn onderhoudshof toe wou neem.

51. Sy het getuig dat hy 5 jaar gelede skuldig bevind was aan diefstal van kos vir haar babatjie en drie maande gevangenisstraf gevonnis is. Hierdie is nie 'n vorige veroordeling wat die Staat horn ten laste gele het nie en beklemtoon dit die haglike omstandighede waaronder ook mnr van Wyk homself bevind.

52. Sy het getuig dat mnr van Wyk n baie lieflike mens is en altyd ander mense help en dat sy seun oor hom treur. Die kinders ontvang huidiglik berading. Mnr van Wyk is die broodwinner en hy was werksaam by die hotel De Kuile as 'n motorwag en het ook kontrakwerk verrig. onder andere by Makro, asook by Usepco wat 'n fabriek is wat plastiekware maak.

53. Mnr van Wyk was voorheen getroud en het n dogter van 10 jaar gebore uit daardie huwelik. Sy is woonagtig by haar moeder en betaal mnr van Wyk onderhoud vir haar. Daar is skynbaar n onderhoudsbevel wat teen hom verleen is.

54. Mnr van Wyk het matriek behaal en alhoewel hy in oogmerk gekom het om as 'n bestuurder by Usepco te werk, het hy nie 'n permanente aanstelling ontvang nie.

55. Hy het haar nooit meegedeel van sy werksverhouding met die Pofadder vleis vragmotor bestuurders nie

56. Me Kloppers, in haar ex parte voordrag namens mnr van Wyk. het daarop gewys dat hy 44 jaar oud is, in 'n verhouding met Mev Hendriks verkeer, drie minderjarige kinders het by haar, asook 'n dogter van 10 jaar wie by haar moeder woonagtig is. Hy werk snags by *n "lodge" en sy inkomste was R6 000 per maand en het hy R400 per maand per kind onderhoud betaal (ek wys daarop dat dit strydig is met wat Mev Hendriks getuig het)

57. Sy lang reeks van vorige veroordelings is nie in geskil nie en is daar geen uitstaande vervolgings aanhangig teen hom nie.

58. Me Kloppers het voorts aangevoer dat daar geen getuienis is oor hoeveel keer hy mnr Visagie sou gesteek het nie en wat die omvang van sy betrokkenheid was nie. Hierdie submissie is strydig met die feite - mnr van Wyk was in n leiers-posisie gewees

59. Sy het aangevoer dat daar wel wesentlike en dwingende omstandighede bestaan waarom die minimum vonnis nie opgele behoort te word nie. Eerstens is hy die broodwinner. Met verwysing na Malgas het sy aangevoer dat daar ag geslaan moet word op alle faktore en dat die kumulatiewe gevolge van sodanige faktore in ag geneem moet word. Die kumulatiewe gevolge van agtereenlopende vonnisse moet ook voor oe gehou word

60. Sy het ook aan die hand gedoen dat die vonnisse samelopend uitgedien moet word, en dat 'n gepaste gevangenis tydperk 20 jaar sou wees.

61. Dit is duidelik dat Mev Hendriks op mnr van Wyk steun beide emosioneel en finansieel. Dit is ook duidelik dat hulle verhouding gespanne was in die drie maande wat die roof voorafgegaan het. Hy was finansieel die beste af van al drie die beskuldigdes en het hy R6000 per maand verdien.

62. Beskuldigde 3, wie n reeks van vorige oortredings vir diefstal en oneerlikheid gehad het, het desnieteenstaande die onderhawige misdrywe gepleeg. Hy is eerstens in 1976 skuldig bevind aan diefstal, daarna, in 1977, aan drie klagtes van huisbraak. in 1979 aan diefstal. Daarna, in 1991 is hy skuldig bevind aan bedrog, en weereens in 1992 en 1995 op aanklagtes van diefstal. Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy homself voorgedoen het as 'n polisieman. In 1995 is hy weereens skuldig bevind aan bedrog en in 2002 aan diefstal. Dit is opmerklik dat hy merendeels opgeskorte vonnisse opgele is. Die oplegging van die vonnisse het skynbaar geen bydrae tot enige rehabilitasie gemaak nie.

63. Dit is verswarend (R v Zonele and Others 1959 (3) SA 319 (A) te 330). In die geval van beskuldigde drie is daar derhalwe geen gronde om van die minimum vonnisse af te wyk nie.

64. Die hof is die mening toegedaan dat 'n gepaste vonnis onder die omstandighede vir Beskuldige Een as volg sal wees:


  1. Ten opsigte van roof met verswarende omstandighede - 8 jaar gevangenisstraf;

  2. Ten opsigte van die moord op mnr Visagie - 15 jaar gevangenisstraf;

  3. Ten opsigte van die moord op mnr Joseph - 15 jaar gevangenisstraf;

d) Die aanklag van geldwassery - 2 jaar gevangenisstraf, waarvan 1 jaar opgeskort word vir 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde hom nie weer skuldig maak aan geldwassery binne die periode van opskorting nie.

e) Voormelde vonnisse moet samelopend uitgedien word.

65. Die hof is die menmg toegedaan dat n gepaste vonnis vir beskuldigde twee onder die omstandighede, soos in die geval van beskuldigde een, as volg sal wees:

  1. Ten opsigte van roof met verswarende omstandighede - 8 jaar gevangenisstraf;

  2. Ten opsigte van die moord op mnr Visagie - 15 jaar gevangenisstraf;

  3. Ten opsigte van die moord op mnr Joseph - 15 jaar gevangenisstraf;Voormelde vonnisse moet samelopend uitgedien word


66. Die hof is die mening toegedaan dat 'n gepaste vonnis vir beskuldigde drie onder die omstandighede. as volg sal wees:

  1. Ten opsigte van roof met verswarende omstandighede - 15 jaar gevangenisstraf; Ten opsigte van die moord op mnr Visagie - lewenslange gevangenisstraf;

  2. Ten opsigte van die moord op mnr Joseph - lewenslange gevangenisstraf



S Olivier, WnR