South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 71
| Noteup
| LawCite
Premier van die Wes-Kaap Provinsie v Esterhuyse (A 520/2008) [2010] ZAWCHC 71 (17 February 2010)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOOGGEREGSHOF, KAAPSTAD)
SAAKNO: A 520/2008
In die saak tussen:
DIE PREMIER VAN DIE WES-KAAP PROVINSIE Appellant
en
NICOLAAS JOHANNES ESTERHUYSE Respondent
BEVINDING VAN SKEIDSREGTER GEMAAK OP DIE 17de DAG VAN FEBRUARIE 2010.
LOUW, R:
[1] Ingevolge 'n ooreenkoms tussen die partye tot hierdie appel is ek deur die Adjunk Regter-President aangewys as die derde regter om die appel finaal te beslis.
[2] Die ander twee regters stem oeenskynlik saam wat die meriete van die appel betref, tewete dat die windpomp waaroor die saak gaan wel deur aanhegting deel van die eiser in die hof a quo (die respondent op appel) se grond geword het en dat dit deur die verweerder (die appllant op appel) se toedoen onregmatiglik van diegrond verwyder is. Die regters is dit eens dat die eiser skade moes gely het maar hulle verskil daaroor of die eiser die kwantum van sy skade bewys het. In besonder verskil hulle daaroor of die skade die verlies van die windpomp self is wat sal beteken dat daar getuienis moes wees van die toestand waarin die windpomp was en wat die waarde daarvan was toe dit verwyder is en of die skade bereken moet word deur te bepaal wat die koste van die vervanging van die windpomp is.
[3] Die getuienis was dat die driepoot Suiderkruis windpomp in 1983 opgerig is en op die eiser se grond gebly het totdat dit in 2000 verwyder is. Oor die grootste gedeelte van hierdie tydperk het die eiser die water wat die pomp uit 'n boorgat gelewer het, op sy grond gebruik. Op die stadium toe dit verwyder is was die windpomp egter vervalle en nie hneer in gebruik nie.
[4] In hierdie geval waar die windpomp deel van die grond geword het, is die vermindering in markwaarde van die eiser se grond die algemene maar nie die enigste maatstaf vir die bepaling van die eiser se skade nie.1 Die oogmerk is om die eiser sover moontlik deur diebetaling van 'n bedrag geld in die posisie te plaas waarin hy was voordat die windpomp onregmatiglik van sy grond vewyder is. Dit sou na my mening egter nie doenlik of prakties wees om te poog om die markwaarde van sy grond met en sonder die windpomp te bepaal nie of om aan horn die waarde van die windpomp in die toestand wat dit was toe dit verwyder is toe te ken nie. Dit sou die eiser nie vergoed vir sy werklike skade nie tewete dat sy grond nou sonder die windpomp is waarmee hy nadat dit weer herstel en in werking gestel is, water vir sy skape uit 'n boorgat sou kon pomp. Dit kan egter sinvol gedoen word deur aan horn die bedrag toe te ken wat dit redelikerwys sou kos om 'n soortgelyke windpomp op sy grond aan te bring2.
[5] Ek meen dat dit duidelik is dat die landdros laasgenoemde werkswyse gevolg het toe hy die skadevergoeding op R20 324,00 bepaal het.
[6] Die eiser het die volgende deskundige getuienis aangebied van die koste om die windpomp met 'n soortgelyke tweedehandse pomp te vervang:
Die koste van 'n tweedehandse windpomptoring en windpompkop R13 500,00
Die installeringskoste van die windpomp R 4 900,00
Die noodsaaklike reiskoste met 'n vragmotor is R4,80
per km x 115km R 552,00
4. Die noodsaaklike reiskoste met 'n bakkie is R2,80 per
km x 115 km R 332,00
Totaal
Rl9
284,00
Daarby moet gevoeg word 'n bedrag vir die koste van windpomppype en stange. •
[7] Die partye se regsverteenwoordigers het tydens betoog argumentshoofde aan die landdros voorgele. In sy redes vir sy uitspraak lyf die landdros die eiser se betoog in by sy redes deur te
meld dat hy saamstem met die 'eiser se betoog ten opsigte van die skade se berekening en volstaan daarby'.
[8] Dit is nie duidelik presies hoe die landdros by die bedrag van R20 324,00 uitgekom het nie omdat die rekord onvolledig is in die sin dat die eiser se hoofde van argument en/of mondelingse argument ten opsigte van die skade nie deel van die rekord is nie. Dit is egter duidelik dat daar getuienis voor die landdros was waarop hy skadevergoeding in die omgewing van R20 000,00 kon bepaal en dat dit onwaarskynlik is dat hy lukraak op die bedrag van R20 324,00 besluit het.
[9] Die bedrag van R20 324,00 lyk nie klaarblyklik buite verhouding te wees met wat die verrnindering in die markwaarde van die eiser se grond sou wees nie.
[10] Ek meen dus nie dat daar 'n basis is waarop daar op appel met die landdros se bepaling van die skadevergoeding ingemeng kan word nie.
[11] Dit volg dat ek meen dat die volgende bevel gemaak moet word:
1. Die appel word met koste van die hand gewys; en
2. Die landdros se bevel word bekragtig.
W J LOUW, R
1Sien Monumental Art Co v Kenston Pharmacy (Pty) Ltd 1976(2) SA 111 (K) op 118A-E 'Damages claimed in delictual actions for injury to a thing are to be assessed on the principle that the plaintiff must by monetary compensation be placed in as good a position financially as he would have been had the damage not been inflicted. The damage to be compensated is the patrimonial loss of the injured plaintiff. Whether there has been such a loss and what the amount of that loss is, are questions of fact to be decided on the evidence. The measure of the loss and the evidence proving the loss may vary according to the circumstances of each case. A formalistic approach is to be avoided. The methods which can be employed to determine the extent of damage suffered may differ from case to case and there may in a particular case be more than one method which can appropriately be applied. The method which is ordinarily applied in the case of damage to a thing is to calculate theldifference between the market value of the thing before it was damaged and the market value thereafter. But that is not the only method. Erasmus v. Davis , 1969 (2) SA 1 (AD) at pp. 9, 17. Shunning a formalistic approach as to the methods and the evidence by which the quantum of damages may be assessed and proved, a Court must, furthermore, where there has been proof of damage to property, make an assessment of the quantum of damages on the material placed in evidence before it even if on that evidence it is not possible to compute the amount of damages precisely. Turkstra Ltd v. Richards , 1926 T.P.D. 270. The last-mentioned principle is subject to the proviso that it is not competent for a Court to embark upon conjecture in assessing damages where there is no factual basis in evidence or, an inadequate factual basis, for an assessment, and it is not competent to award an arbitrary approximation of damages to a plaintiff who has failed to produce available evidence upon which a proper assessment of the loss could have been made.'
2Sien Visser en Potgieter: Skadevergoedingsreg, 2de Uitgawe p 372 en vergelyk Erasmus v Davis 1969 (2) SA 1 (A) op 17 D-H waar die skadevergoeding bereken is op die basis van die redelike koste van die herstel van 'n roerende saak tewete 'n motorvoertuig.