South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 89

| Noteup | LawCite

Snyders v S (SS10/2009) [2010] ZAWCHC 89 (10 May 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(WES KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

Saak Nr: SS10/2009

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

CHRISTIE ABRAHAM SNYDERS Beskuldigde

UITSPRAAK GELEWER OP 10 MEI 2010


Allie, R


[1] Die beskuldigde het onskuldig gepleit op al drie klagtes. Die klagtes is menseroof deurdat hy Norman Swarts van sy vryheid van beweging ontneem deur hom in 'n voertuig te laai en te vervoer vanaf Spoonbillstraat tot by 'n bos langs die Ou Faurepad, Eersterivier. Die tweede klagte is moord deurdat die beskuldigde Norman Swarts gedood het deur hom met 'n vuurwapen te skiet. Die derde klagte is poging tot regsverydeling deurdat die beskuldigde 'n handeling verrig het deur n wit Opel Corsa waarin Norman Swarts vervoer was, skoon gemaak het om bloedvlekke te verwyder en om sodoende die reg te verydel of die regspleging te dwarsboom of te belemmer.



[2] Die beskuldigde se aandag was gevestig op die bepalings van die wet op minimum vonnisse, naamlik, Artikel 51 (2) van die Strafwysigingwet 105 van 1997 met betrekking tot die moord klagte. Die beskuldigde het onskuldig gepleit op al drie klagtes en het verkies om nie n pleitverduideliking te gee nie.

[3] Die getuienis wat die staat gelei het is soos volg: Petrus Sedisa

[4] In 2008 het die getuie te Spoonbillstraat 15, Eersterivier, gewoon.


[5] Op 10 Januarie 2008 tussen 8h00 en 8h15 v.m. het hy 'n koerant gelees in sy voertuig, wat onder die skaduwee van 'n boom voor sy huis geparkeer was.



[6] Terwyl hy gesit en lees het, het hy 'n geraas gehoor in die straat wat aan die regter kant reg langs sy woning geloop het. Hy het toe uit sy voertuig geklim en gaan kyk wat aan die gang was.



[7] Toe hy ombeweeg, het hy twee mans persone gesien wat besig was om met mekaar te baklei. Die persoon wat hy nou identifiseer as die beskuldigde het die ander persoon beveel om in 'n wit Opel Corsa voertuig te klim wat naby geparkeer was. Die ander man wou egter nie in die voertuig klim nie. Soos hy hulle nader, het een van die mans, naamlik die beskuldigde, 'n vuurwapen op die getuie gerig.



[8] Toe die vuurwapen op hom gerig is, het die getuie omgedraai en huis toe gehardloop, waar hy die deur agter hom toegemaak het. Sy kinders was in die huis.

[9] Hy het toe 'n skoot gehoor afgaan. Na 'n tydjie het hy gehoor hoe iemand aan sy deur kap en skree "Help my! Help my!". Hy het egter nie die deur oopgemaak nie. Daarna het hy twee vuurwapen skote gehoor waarna alles stil geword het.



[10] Hy het by sy venster uitgekyk en gesien hoe die beskuldigde die ander man trek en in die voertuig sit.



[11] Soos die voertuig weggery het, het die getuie die nommerplaat waargeneem. Die lisensienommer was of "CA" of "CY" gevolg deur die syfers: 1-1-2-2-2-5.



[12] Daarna het die getuie na "iThemba Labs" gegaan, wat oorkant sy woning gelee was. Hy het 'n sekuriteitswag daar gevra om die polisie te bel. Hy is toe terug huis toe.



[13] Op die stadium toe hy sy woning verlaat het om na "iThemba Labs" toe te gaan, het hy gesien dat daar bloed aan sy voordeur was, asook spore op die grond tussen sy voordeur en die straat. Na sy mening het die spore daarvan getuig dat iets, oor die grond gesleep was.



[14] Toe die polisie opgedaag het, het die getuie wel vir hulle gese dat 'n vuurwapen op hom gerig was. Hy wou Sotho praat, maar hulle het vir hom gese om in Afrikaans te praat alhoewel hy aangedui het dat hy nie Afrikaans goed verstaan nie. Die polisie het sy verklaring in Afrikaans neergeskryf. Hy het egter nie vir hulle gese dat hy gesien het dat die twee manspersone in die straat loop nie. Daar is ook ander stellings in sy verklaring wat verkeerd is, en dft het hy eers gedurende konsultasie agtergekom. Die polisie het nie vir hom 'n geleentheid gegee om oor die verklaring te gaan voordat hy dit moes onderteken nie.



[15] Op die stadium toe hy omgestap het om te sien wat die geraas veroorsaak het, het die getuie niemand anders behalwe die twee mans gewaar nie. Hy het ook nooit enige wapen in die ander man se besit gewaar nie.



[16] Voor hierdie voorval het die getuie nog die beskuldigde nog die ander man geken. Hy het egter gesien hoe die ander man daagliks na "iThemba Labs" stap waar hy gewerk het, en die het vir hom ook gereeld gegroet. Eers na sy dood het die getuie verneem dat sy naam "Norman" was.



[17] Die beskuldigde het niks gese toe hy die vuurwapen op die getuie rig nie. Die getuie was baie geskok as gevolg van die feit dat die vuurwapen op hom gerig was.



[18] Die getuie bevestig dat hy nooit gesien het wie enige van die skote afgevuur het nie.

[19] Toe die vuurwapen op hom gerig was, was hy ongeveer 3 tot 4 meter weg van die beskuldigde.



[20] Die getuie ontken dat hy die twee mans gevra het "Wat gaan hier aan?". Hy het ook nooit gehoor dat die beskuldigde aan hom genoem het dat hy 'n polisiebeampte is nie.



[21] Die getuie ontken dat sy waarnemings korrek weergegee word in sy getuie verklaring. Nadat die vuurwapen op hom gerig is en hy in sy huis ingehardloop het, het hy nie verder gesien wat in die straat gebeur nie, behalwe vir die sleep en inlaai van die oorledene in die voertuig deur die beskuldigde en die vertrek van die motor.



[22] Die getuie bevestig dat hy in Lesotho gebore was. Hy woon slegs 5 jaar lank in die Kaap en kan nie Afrikaans lees nie. Verder het hy nie die wysiging op die tweede bladsy van sy verklaring gemaak nie, maar het dit bloot op versoek van die polisie onderteken. Die woord "kattebak" was vervang met die woorde "agter se sitplek" met verwysing na waar die beskuldigde die oorledene in sy motor gesit het. Hy glo ook dat die Corsa vier deure gehad het.



[23] Die getuie ontken sekere aspekte en dra nie kennis van ander aspekte van die weergawe wat die verdediging aan hom gestel het. Die weergawe van die beskuldigde is soos volg gestel: die beskuldigde het langs Spoonbillstraat gery toe hy die oorledene sien stap. Die beskuldigde het eers 'n gesprek met die oorledene gehad. Hy het sy motor tot stilstand gebring en toe het hy en die oorledene 'n verdere gesprek gehad. Deel van die gesprek was oor 'n verhouding wat die oorledene met die beskuldigde se vrou gehad het. Die oorledene het aangehou om weg van die beskuldigde te loop. Die beskuldigde het toe aan sy sak getrek. Die oorledene het toe omgedraai en die twee het begin stoei. Die oorledene het die beskuldigde teen die voorste deel van die voertuig gedruk. Die oorledene het aan die beskuldigde gese "Dink jy dit is die vorige keer wat jy vir my gemoer het?". Hy het ook gese "Dit is al lank al dat jy met my vrou wil seks he". Die beskuldigde het die oorledene weggestoot en die passasierskant se deur oopgemaak. Hy het probeer om by die motor in te klim. Die oorledene het hom van die voertuig weggetrek, en die twee het grond toe geval met die oorledene bo-op die beskuldigde, waar hulle verder gestoei het. Soos die beskuldigde grond toe getrek was, het die linker spieel gebreek. Met die gestoeiery op die grond het die beskuldigde se linker elmboog 'n besering opgedoen, wat hy na bewering later aan die polisie gemeld het. Op daardie stadium het die getuie, Sedisa daar opgedaag en gevra wat aan die gang was. Die beskuldigde het geantwoord dat hy 'n polisiebeampte is en dat daardie persoon besig was om met hom te baklei. Die beskuldigde het toe die oorledene weg van hom geskop. Die oorledene het na sy sak gehardloop. Die beskuldigde het toe na sy voertuig gegaan en sy vuurwapen uit die paneelkissie geneem. Hy het toe gesien dat die oorledene 'n mes in sy regterhand vasgehou het. Die beskuldigde se toe vir hom "Norman, moenie; ek gaan jou skiet". Die oorledene het egter hom steeds genader. Die beskuldigde het toe die eerste skoot in die grond afgevuur. Die oorledene het steeds na die beskuldigde beweeg. Die beskuldigde het toe 'n tweede skoot afgevuur, in die oorledene se regterhand, waarop die oorledene die mes laat val het. Die beskuldigde, sou se dat dit hy was en nie die oorledene nie, wat na die getuie se deur gehardloop het. By die deur het die beskuldigde en die oorledene weer gestoei vir beheer van die vuurwapen. Tydens die gestoeiery was 'n skoot afgevuur. Die beskuldigde het die oorledene na die voertuig getrek want hy wou hom hospitaal toe neem.



[24] Verder sou die beskuldigde ontken dat hy ooit die vuurwapen op die getuie gerig het. Hy sou ontken ook dat hy ooit die oorledene in die voertuig probeer forseer het. Hy sou se dat die Opel Corsa slegs twee deure het en hy ontken dat hy die oorledene op die agterste sitplek gesit het. Die oorledene was ook nie in die kattebak gesit nie.



[25] Hierdie getuie het dit duidelik gestel dat hy nie die persoon gesien het wat aan sy deur gekap en vir hulp gevra het nie, maar hy het aangeneem dat dit die oorledene was. Die getuie het ontken dat hy enigiets weet van n stoeiery by sy deur, want hy het geen argumentering of geveg gehoor by sy deur nie.



[26] Die getuie bevestig dat hy 2 skote by sy deur gehoor het en 'n ander een erens anders. Die getuie se dat toe hy die beskuldigde en die oorledene nader, het hulle beide regop gestaan. Hy het hulle nie gesien worstel op die grond nie. Toe die beskuldigde die vuurwapen op hom rig, was dit alreeds in sy hand en hy het dit nie uitgehaal van enige plek daardie tyd nie.

[27] Die getuie beweer dat die beampte wat die gewysigde verklaring vir hom gebring het was nie dieselfde een wat sy verklaring aanvanklik geneem het nie.



[28] Die getuie erken hy kon wel 'n fout gemaak het ten opsigte van sy waarneming van die aantal deure aan die motor, want hy was geskok.



[29] Die getuie het ongeveer 3 minute geneem om na die twee mans te loop. Dit was mooi weer op die betrokke dag. Die beskuldigde is effe dikker en langer as die oorledene.




Harold Burger



[30] Die getuie wat woonagtig is te Springbokstraat 21, Russels Rest, Eersterivier, is die eienaar van 'n besigheid wat voertuie was. Mnr. Burger het getuig dat hy die beskuldigde ken. Hulle het aan dieselfde kerk behoort en die beskuldigde het in die verlede dikwels sy twee voertuie, 'n Nissan bakkie en 'n Opel Corsa motor by sy besigheid laat was.



[31] Die getuie was by sy woning op 10 Januarie 2008 vanwaar hy sy besigheid bedryf het toe die beskuldigde die Corsa motor gebring het met die versoek dat die binnekant van die motor skoongemaak word. Bloed binne in die motor is deur die beskuldigde uitgewys. Mnr. Burger is deur die beskuldigde meegedeel dat hy 'n persoon wat op pad werk toe in 'n rooftog met 'n mes gesteek is, in sy motor na die Eersterivier Hospitaal geneem het. Die beskuldigde het kalm voorgekom en was in ontspanningsdrag geklee n.l, 'n blou kortbroek en blou en geel T hemp. Aanvanklik het dit vir die getuie voorgekom of daar 'n paar bloedspatsels op die voorste passasiers sitplek asook agterste sitplek en linkerhandse panele van die voertuig was. By nadere ondersoek en met die uithaal van die sitplekke het dit geblyk dat daar baie bloed in die motor was en dat bloed inderdaad uit die sitplekke gevloei het. Volgens die getuie was hy bewus daarvan dat die beskuldigde 'n polisie beampte is en 'n diaken in die kerk en het hy die omstandighede nie vreemd gevind nie. Hy het die verduideliking van die beskuldigde aanvaar. Beskuldigde het die motor daar gelaat tussen 9h30 en 10h00 en tussen 15h00 en 16h00 het hy teruggekeer met sy Nissan voertuig en verneem of die voertuig gereed is. Kort hierna het die polisie daar opgedaag en die beskuldigde gearresteer. Volgens die getuie het hy geen wapens van enige aard in die voertuig gevind met die skoonmaak daarvan nie. Mnr. Burger het getuig dat die voertuig by ontvangs daarvan andersins in 'n goeie toestand was. Tydens kruisondervraging is dit aan die getuie gestel dat die beskuldigde sal se dat daar wel skade aan die linkerkant spieel was waarop die getuie volgehou het dat hy niks opgemerk het. Tydens arrestasie het die beskuldigde kalm voorgekom en het na sy bakkie gegaan waar hy sy dienspistool oorhandig het.




Alwyn Ryno Grobbelaar



[32] Die getuie is in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie die afgelope sewe jaar met die rang van Konstabel en was in 2008 gestasioneer te Kleinvlei. Op

10 Januarie 2008 is die getuie ontbied na 'n misdaaad toneel te Spoonbillstraat en het om ongeveer 9h50 v.m. op die toneel aangekom. Hy was die eerste polisie beampte op die toneel. Hy het die toneel afgeskort en bewaar en sekere waarnemings gedoen. Bloed is in die straat gevind. Daar was ook 'n donkerbril en gespe van 'n gordel op die toneel in die straat. Dit het voorgekom of daar op die voordeur van 'n huis op die hoek geskiet is en 'n projektiel was in die deur gevind. Geen beseerde persoon is gevind op die toneel nie. Geen wapens van enige aard is waargeneem op die toneel nie. Die bystandspeurder asook fotograaf is ontbied na die toneel.



[33] Omstanders by die toneel het bestaan uit persone wat in die omgewing woon en meer spesifiek die eienaar van die huis op die hoek, Petrus Sedisa. Volgens die getuie was Mnr. Sedisa op daardie stadium baie angsbevange en deurmekaar. Hy het nie geweet wat om hom aangaan nie.



[34] Volgens die getuie het Mnr. Sedisa die volgende mededeling aan hom op die toneel gemaak: Hy het in sy motor gesit en koerant gelees toe hy 'n skoot hoor afgaan. Hy het gekyk en twee manspersone en 'n voertuig in die straat gesien. Hy het in sy huis ingehardloop. Hy het 'n gekap aan die deur van sy woning gehoor. Hy was egter te vreesbevange om die deur oop te maak. 'n Verdere skoot is afgevuur. Hy het in sy woning gebly en toe dit stil was uitgegaan na buite. Daar was niemand buite en ook geen voertuig behalwe sy eie voertuig nie. Hy het aanvaar dat die twee persone met die voertuig weg van die toneel is. In kruisondervraging het, hy bygevoeg dat Mnr. Sedisa aan hom meegedeel het, dat een van die persone 'n vuurwapen op hom gerig het nadat Mnr. Sedisa uit sy motor geklim het.



[35] Volgens die getuie het hy in Afrikaans met Mnr. Sedisa gekommunikeer. Mnr. Sedisa het ingestem om die onderhoud in Afrikaans te voer en hy kon verstaan wat Mnr. Sedisa hom meegedeel het. Die getuie het nie 'n getuie verklaring van Mnr. Sedisa geneem nie.




Kaptein Gershwin Nathan Leyds


[36] Die getuie is reeds 20 jaar in diens van die SAP en gestasioneer te Kleinvlei waar hy verbonde is aan die speurtak. Die getuie se betrokkenheid by die ondersoek in die onderhawige saak spruit uit sy besoek as offisier aan diens by die toneel te Spoonbillstraat waar 'n persoon na bewering met 'n vuurwapen geskiet is op 10 Januarie 2008. Geen beseerde is op die toneel aangetref nie. Volgens die getuie het een van die omstanders op die toneel, ene Mnr. Clive Plaatjies, hom meegedeel dat hy die identiteit van die persoon wat geskiet is ken. Op versoek van die getuie het Mnr. Plaatjies hom na die adres van die beseerde geneem te Spurwingstraat 43, Electric City, Eersterivier waar hy die eggenote van die slagoffer, Mev Swarts meegedeel het dat hy vermoed dat haar man geskiet is en in 'n wit Opel Corsa motor gelaai is.



[37] Op 'n vraag aan mev Swarts of sy van iemand weet wat haar man leed sou aandoen, het sy onmiddellik reageer deur te noem dat Inspekteur Snyders wat ook in Spurwingstraat woon, al gedreig het om haar man te skiet of aan te rand omrede haar man en Inspekteur Snyders se vrou 'n verhouding gehad het. Mev Swarts het verder aangedui dat Inspekteur Snyders se vrou 'n wit Corsa motor besit. Mev Swarts het vervolgens die woning van Inspekteur Snyders aan Kaptein Leyds uitgewys.



[38] By Spurwingstraat, 12 het 'n dame bevestig dat sy die eggenote van Inspekteur Snyders was en dat hy nie tuis is nie. Hy het gery met die wit Corsa motor. Volgens die getuie het hy mev Snyders meegedeel dat hy vermoed dat haar man iemand geskiet het en die persoon in die Corsa gelaai het. Mev Snyders het geskok voorgekom en die woorde "nee man, nee man" geuiter. Kapt Leyds het die verdagte se selfoonnommer van mev Snyders bekom maar 'n oproep na die nommer is nie beantwoord nie. Volgens die getuie het hy op hierdie stadium vermoed dat die verdagte 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie was en het hy die Onafhanklike Klagtedirektoraat, Wes-Kaap ontbied na die toneel. Kapt Leyds het vir 'n wyle in die omgewing rondgery op soek na die verdagte in die wit Corsa.




Konstabel Page


[39] Konstabel Page is in diens van die SAP die afgelope 7 jaar en gestasioneer te Kleinvlei Polisiestasie. Op 10 Januarie 2008 om ongeveer 9h00 is die getuie uitgeroep na 'n toneel te Spoonbillstraat, Electric City. Konstabel Grobbelaar was op die toneel en het die toneel bewaar. Die volgende is deur die getuie waargeneem op die toneel: bloed in die straat en by 'n getuie se deur, asook sleepmerke van die deur na die straat wat bloed bevat het; twee koeeldoppies waarvan een in die straat was en een voor die deur bogemeld; 'n projektiel, naamlik 'n koeelpunt, in gemelde deur en 'n donkerbril en gespe van 'n gordel. 'n Fotograaf is ontbied deur Konstabel Grobbelaar op versoek van die getuie en die toneel is deur die getuie aan hom uitgewys.



[40] Konstabel Page het die eienaar van die huis, Mnr. Petrus Sedisa op die toneel gespreek. Mnr. Sedisa het kalm voorgekom en hy het 'n getuieverklaring van Mnr. Sedisa in Afrikaans afgeneem. Op 'n vraag of Afrikaans die taal van die getuie, Mnr. Sedisa was, was Konstabel Page se antwoord, nee maar hy kon nie "Xhosa" praat nie en Mnr. Sedisa het ingestem om in Afrikaans voort te gaan.



[41] Volgens die getuie is geen probleem ondervind met die afneem van die verklaring nie en het hy die verklaring weer met Mnr. Sedisa deurgegaan en was hy tevrede met die notulering daarvan. Na aanleiding van vrae in kruisondervraging en ook deur die Hof het die getuie gese dat die gedrag van Mnr. Sedisa tydens neem van die verklaring normaal was en dat hy nie getraumatiseerd of senuweeagtig voorgekom het nie.



[42] Wat betref die beediging van die verklaring en gepaardgaande sertifisering, getuig Konstabel Page dat die verklaring in sy teenwoordigheid deur Mnr. Sedisa beedig en onderteken is maar dat die sertifisering en aanbring van die amptelike polisiestempel nie onmiddellik geskied het nie aangesien hy nie 'n stempel by die toneel gehad het nie en verder aangesien die ondersoek op die toneel oorhandig is aan die Onafhanklike Klagtedirektoraat, Assistant Direkteur

G.D. Meyer, wat ook op die toneel teenwoordig was nadat dit bekend geraak het dat die verdagte 'n polisie beampte was.

[43] Konstabel Page het ook getuig dat die wysiging op Mnr Sedisa se oorspronklike verklaring, nie deur hom aangebring is nie.



[44] In kruisondervraging is Konstabel Page daarop gewys dat die getuie Mnr. Sedisa in sy getuienis in hoof in wesenlike opsigte afgewyk het van die inhoud soos genotuleer in die getuieverklaring en met die uitsondering van die eerste sewe reels, het hy dit gerepudieer. Die getuie het volgehou dat Mnr. Sedisa sy verklaring so gegee het en bevestig dat die verklaring weer met die getuie deurgegaan is aangesien hy nie Afrikaansprekend was nie.




Simonette Cleo Swarts


[45] Mev. Swarts bevestig dat die oorledene, Norman Swarts haar eggenoot was en dat hulle 12 jaar getroud was. Sy is woonagtig te Spurwingrylaan 43, Electric City en het reeds in 2008 daar gewoon. Mev. Swarts beskryf die oorledene as 'n goeie man wat goed omgesien het na haar en die kinders. As 'n egpaar was hulle finansieel sterk en die oorledene wou nie he dat sy werk nie. Sy en die oorledene het 'n baie goeie verhouding gehad en het nooit gestry of baklei nie. Hulle het twee kinders, 'n dogter 15 jaar oud en 'n seun 8 jaar oud.



[46] Die oorledene het die afgelope 10 jaar by iThemba Labs gewerk as stoorman. Sy werksure was van 8h00 tot 17h00 en soms tot 18h00. Die oorledene het daagliks die huis verlaat tussen 7h15 en 7h45 om na sy werk toe te stap wat 'n paar strate van die huis was. Die oorledene het gewoonlik 'n swart sak en sy selfoon by hom gehad wanneer hy gaan werk. Sover sy weet het die oorledene nooit enige wapens met hom saamgedra nie wanneer hy gaan werk het nie.



[47] Mev Swarts was bekend met die beskuldigde. Hulle het in die dieselfde omgewing gewoon en die getuie en die beskuldigde se vrou was baie goeie vriende. Hulle het mekaar reeds 9 jaar geken en het mekaar daagliks gesien. Deur die vrouens se vriendskap het die egpare met mekaar bekend geraak en naweke oor en weer gekuier. Beide egpare was ook lede van die plaaslike gemeente van die Apostoliese Kerk van Afrika.



[48] Op 10 Januarie 2008 het 'n polisie beampte na die huis gekom en Mev Swarts meegedeel dat daar vermoed word dat haar man geskiet is. Volgens Mev Swarts het sy onmiddellik gedink dat die beskuldigde verantwoordelik was aangesien hy haar man in die verlede gedreig het en hom by sy werk kom sien het en sy het dit so aan die polisie beampte oorgedra.



[49] Mev Swarts het vervolgens getuig oor 'n insident in 2006 waar die beskuldigde die oorledene gekonfronteer het met 'n beweerde buite egtelike verhouding tussen die oorledene en die beskuldigde se vrou twee jaar vantevore. Mev Swarts het getuig dat beskuldigde op 'n Sondag in 2006 na haar huis gekom het en in haar teenwoordigheid aan haar man gevra het "waarom se jy dat jy my vrou smaak". Dit was deur die oorledene ontken. Op die Maandag, het die beskuldigde weer daar aangedoen met uittreksels uit telefoonstate waaruit die beskuldigde die gevolgtrekking gemaak het dat die oorledene en beskuldigde se vrou mekaar gebel het. Mev Snyders was teenwoordig en het verduidelik dat die gesprekke oor kerksake gehandel het en dat die oorledene 'n trosing was wanneer sy huislike probleme ervaar het. Op die Dinsdag, het die beskuldigde weer daar aangekom met 'n golfstok wat die getuie hom gevra het om in sy motor te sit. Hy het die getuie gevra om haar kinders kamer toe te neem. Die beskuldigde het die oorledene aangerand in die oorledene se huis nadat Mev Snyders na bewering erken het dat sy en die oorledene in die verlede 'n verhouding gehad het en by 4 of 5 geleenthede seksueel verkeer het. Die beskuldigde het aan die oorledene se dogter gese: "Kesha, your daddy did something wrong and uncle Chris must punish him." Die oorledene het ontvlug en by bure geskuil en op aandrang van Mev Swarts nie die nag teruggekeer huistoe nie. Volgens Mev Swarts het die vriendskap tussen die gesinne tot 'n einde gekom en het hulle huweliksverhouding sodanig verswak dat sy en die oorledene vir 'n jaar aparte slaapkamers gehad het. Sewe tot agt maande na die voorval het die twee egpare die priester gaan sien ten einde 'n versoening te bewerkstellig. Mev Swarts getuig dat beskuldigde duidelik nie in dieselfde mate bereid was om die situasie te aanvaar en te berus nie. Die beskuldigde het steeds nie die oorledene gegroet nie en die Snyders egpaar het nie kerk bygewoon vir n ruk nie. Volgens Mev Swarts het sy haar man mettertyd vergewe en is die verhouding herstel. Volgens die getuie het haar man nooit wraakgevoelens teenoor die beskuldigde uitgespreek of aggressief teenoor hom opgetree nie.

[50] Sy ontken dat sy n verhouding gehad het met ene, Marshall Carolus terwyl haar man geleef het en ook na sy dood. Sy beweer dat Priester Swarts 'n lid van die kerk meegedeel het dat die oorledene vermoed sy het so n verhouding, maar hy het haar nooit daarvan beskuldig nie.



[51] Marshall Carolus, Paul Plaaitjies en Fiona Swarts is almal kennise van die oorledene en die beskuldigde wat die beskuldigde gesien sit onder n boom in die Corsa motor by die nabye skool 2 of 3 dae voor die skietery.




Lance Reginald Bunton


[52] Die getuie is 'n konstabel in die SAPD te Kleinvlei, Eersterivier. Hy het tans 7 jaar ervaring in die SAPD.



[53] Op Donderdag 10 Januarie 2008 was hy aan patrollie diens. Dit was ongeveer 14h55 toe hy 'n anonieme oproep ontvang oor 'n beweerde skietvoorval wat vroer die dag sou plaasgevind het. Die persoon het gese dat hy inligting wou oordra en derhalwe versoek dat die getuie hom ontmoet.



[54] Die informant het die getuie gese dat die persoon wat by die moord betrokke was, op daardie oomblik by 'n motorwassery teenwoordig was, welke wassery die informant bereid was om aan die getuie uit te wys. Die informant het gese dat die verdagte 'n metaalblou Nissan dubbelkajuit bakkie bestuur waarop die woord "punisher" verskyn.

[55] By die motorwassery te Springbokstraat 21, het die getuie die metaalblou bakkie aangetref. Die verdagte was ook by die adres en gekleed in 'n geel T-hemp. Die getuie het toe ander polisievoertuie gemobiliseer om bystand te lewer.



[56] Die getuie en Konstabel September het die toneel betree en 'n wit Opel Corsa daar aangetref. Die kar was besig om skoon gemaak te word. Die getuie en September het die kar deursoek vir leidrade.



[57] Die getuie het nie met die verdagte gepraat nie, maar September het wel. Daar was ander lede op die toneel ook. Die getuie was nog op die toneel toe die verdagte gearresteer was. September het die toneel verder oorgeneem. Die getuie het die toneel verlaat. Die getuie het nie die verdagte voor daardie dag geken nie. Hy weet ook nie dat enigeen die verdagte aangerand het nie.



[58] Die getuie was by die linkerkant van die Corsa. Hy en September het eers in die kattebak gekyk. Die getuie het niks vreemd by die linkerkant van die voertuig opgelet nie. Hy en September het ook deur die vensters van die Nissan bakkie gekyk.




Konstabel Romeo Lee Julian September



[59] Hy is nou 'n sersant in die SAPD en het diens gelewer van ongeveer 8% jaar huidiglik. In 2008 was hy 'n konstabel gestasioneer te Kleinvlei.

[60] Op 10 Januarie 2008, was hy ongeveer 15h50 deur konstabel Bunton gekontak en gevra vir bystand by die motorwassery.



[61] Hy is meegedeel deur Konstabel Bunton dat 'n verdagte, Christie Snyders by die motorwassery is met n wit Corsa motor.



[62] Hy het die motorwassery binne gegaan en die Corsa gesien met die verdagte wat langs aan die motor gestaan het.



[63] Hy het die verdagte genader en homself voorgestel as deel van die reaksie eenheid. Die verdagte het gese dat die motor aan sy vrou behoort en hy het die verdagte se toestemming gekry om die motor te deursoek. Die motor was heeltemal skoon en hy kon niks in die motor vind nie.



[64] Die verdagte het hom meegedeel dat hy n pistool in sy Nissan bakkie het en die verdagte het dit aan hom oorhandig. Hy het dit gehanteer met forensiese handskoene en het dit in n forensiese sak gesit in die teenwoordigheid van die verdagte.



[65] Kaptein Leyds het op die toneel verskyn en hy het met die verdagte gesels. Hierdie getuie was gevra om die verdagte te arresteer op n aanklag van moord. Hierdie getuie het toe die verdagte gearresteer en sy regte vir hom gelees. Mnr McClean van die Organiseerde Misdaad Eenheid het toe ook met die verdagte gepraat.

[66] Hierdie getuie het die verdagte gevra of hy kan onthou wat gebeur het in Electric City die oggend. Die verdagte het toe nie geweet nie. Inspekteur Joubert van die Forensiese Biologiese Eenheid het op die toneel verskyn. Hierdie getuie het toe die toneel by die motorwassery afgeskort en hy het die Corsa motorvoertuig aan Inspekteur Joubert oorhandig.



[67] Daarna het hierdie getuie weer die verdagte gevra of hy kan onthou wat gebeur het. Die verdagte het toe gese dat hy liewers met sy prokureur wou praat. Die verdagte het elke keer sy kop in sy hande gesit en dit het gelyk of hy met homself praat.



[68] Later het Joubert die getuie vertel van die bloed spatsels wat gevind is op die motor pedale, die motor sitplek en die agter sitplekleuning, die matte wat onder die sitplekke was en die water in stofsuier wat gebruik is om die matte skoon te maak. Joubert het toe n stuk van die mat uitgesny en in n forensiese sak gesit.



[69] Die getuie het die verdagte geneem na die Kleinvlei polisie stasie toe waar hy n Z88 pistool en 15 rondtes ingehandig het by die Kuilsrivier Polisie Stasie. Hy het die verdagte alleen in n sel geplaas. Die getuie het ook die verdagte se prokureur vergewis van die klagte en van die feit dat n liggaam nog steeds nie gevind was nie. Hy het vir die prokureur gese dat hy Kaptein Leyds moet kontak oor hierdie saak. Die getuie het die vuurwapen van die verdagte in die SAP13 register geskryf by SAP13/61/2008. Hy het ook die forensiese nommer FSC864086 geskryf op die forensiese sak.



[70] Na n paar uur het Kaptein Leyds die getuie geroep en vir hom gese dat die liggaam gevind was. Geen persoon het die verdagte geintimideer of gedreig of aangeval in die teenwoordigheid van hierdie getuie nie.



[71] By die motorwassery was die verdagte baie senuweeagtig en verward. Hierdie getuie kon nie hoor wat die verdagte vir homself se nie. Hierdie getuie se dat hy eerste na die kattebak van die motor gegaan omdat dit toe was terwyl die ander deure oop was.



[72] Hierdie getuie het nie die forensiese sak weer oopgemaak nadat hy dit toegemaak het in die teenvoordigheid van die verdagte nie. Hierdie getuie verduidelik dat enige polisie beampte wat die vuurwapen wou sien moes die toestemming van die SAP13 klerk of die stasie kommissaris kry.




Jacob Frederick Nomdo


[73] Die getuie is 'n Senior Superintendent in die SAPD te Khayelitsha. Hy het 26 jaar diens in die SAPD. In 2008 was hy te Mfuleni gestasioneer. Hy het die uitwysing in hierdie saak behartig. Hy bevestig die inhoud van die 'Aantekening van Uitwysiging van Toneel' vorm. Senior Superintendent Bester was destyds die bevelvoerder van Kleinvlei polisiestasie.

[74] Die getuie het die beskuldigde gevra om die bestuurder die rigting aan te dui toe hy hulle neem om die uitwysing te doen. Hy het geen probleem ondervind tydens die uitwysing nie. Daar was geen kruisondervraging aan hierdie getuie nie.




Patrick Lawrence Jacobs


[75] Die getuie is n superintendent en die operasionele bevelvoerder te Bellville SAPD en het 26 jaar diens.



[76] Hy ken die beskuldigde. Hy het gewerk as n hof ordonnans te Bellville hof. Hy het gewerk met die vervoer van prisoniere.



[77] Die getuie het nooit probleme ondervind met die beskuldigde nie. Hy was nooit afgeboek vir stres verlof in die afgelope 2 jaar nie.



[78] Hy was in besit van 'n standaard Z88 vuurwapen (met nommer Q080179) en 25 9mm rondtes. Hy het nie 'n private vuurwapen nie. Die getuie het 'n kluis by die huis daarom kon hy sy vuurwapen huis toe neem.




[79] 'n Mediese dokter moet besluit of 'n lid op siek verlof mag gaan.



[80] Toe die getuie begin werk by Bellville SAPD in 1989, was die beskuldigde alreeds daar. Lede wat aangeval word of wat onder druk moet werk by die Hof gaan ook met stres verlof.

[81] Lede gaan ook met stres verlof as hulle probleme ondervind in hul private lewens.




Mandy Date Chong



[82] Die getuie gradueer in 2001 aan die Universiteit van Kaapstad met 'n M.Med (Chirurgie) en in April 2008 voltooi sy 'n nagraadse diploma in Forensiese Geneeskunde en Patologie deur die Kollege van Geneeskunde van Suid-Afrika. Sedert April 2007 is Dr. Chong in diens van die Departement van Forensiese Patologie te Tygerberg Hospitaal. In die uitvoering van haar amptelike pligte het die getuie meer as 1000 nadoodse ondersoeke uitgevoer wat steekwonde, skietwonde en dood weens natuurlike oorsake insluit. Ondersoeke met betrekking tot skietwonde veroorsaak deur vuurwapens behels ongeveer 200.



[83] Die getuie het die inhoud van die skriftelike verslag deur haar saamgestel (Bewysstuk E) in die rekord ingelees en bevestig die inhoud van die verslag as korrek. Onder andere bevestig Dr Chong haar hoof nadoodse bevindinge van twee skietwonde naamlik een in die oorledene se hoof en een in die oorledene se regterhand. Die getuie bevind dat die oorsaak van dood te wyte is aan die skietwond in die oorledene se hoof.



[84] Dr. Chong verwys in besonder na die beskrywing van die uiterlike voorkoms van die liggaam soos vervat in paragraaf 4 van bewysstuk "E". Paragraaf 4 A1 en A2 bevat 'n uiteensetting van die aard en gang van die skietwond in die oorledene se hoof. Dr. Chong beskryf die wond as dodelik. Die projektiel het die oorledene se kop van agteraf gepenetreer terwyl die uitgangswond in die regterwang is soos aangedui op bylae "B" van die nadoodse ondersoek verslag. Die wond gang dui aan dat die midbrein en pons gepenetreer is wat die uitwerking sou he dat die dood baie vinnig sou intree. Die respiratoriese en kardiovaskulere sentrums van die brein is hier gelee en die besering sou die oorledene gelaat het sonder enige vermoe om te beweeg of praat.



[85] Dr. Chong se mening is gevra met betrekking tot die afstand wat die skut moontlik van die oorledene was. Dr. Chong getuig in die verband dat geen tekens van tatoeering van die ingangswond gevind is nie wat daarop dui dat die afstand tussen die wapen en die wond ongeveer 'n meter of verder was. Indien die vuurwapen nader aan die wond afgevuur is, sou hitte, rook en poeier deeltjies tekens om die wond gelaat het wat hier afwesig was.



[86] Volgens Dr. Chong is dit moeilik om met enige sekerheid die posisie van die oorledene met betrekking tot die hanteerder van die wapen, te rekonstrueer aan die hand van die aard en gang van die wond. Die menslike liggaam en kop is beweeglik wat rekonstruksie beinvloed. Dit is ewe moontlik dat die oorledene sy rug na die skut gehad het as dat hy moontlik sy kop weggedraai het toe die skoot gevuur is.

[87] Wat betref die skietwond van die hand soos beskryf in paragraaf 4 B1 en B2 van Bewysstuk E getuig, Dr. Chong dat dit nie moontlik was om vas te stel welke wond die ingangswond was en welke wond die uitgangswond verteenwoordig nie. Dit is egter baie waarskynlik dat die besering die funksionaliteit van die hand sou beinvloed het. Twee wonde kom voor aan die oorledene se regterhand soos meer volledig beskryf in paragrawe 4 B1 en B2. Die twee wonde is van dieselfde grootte. Die een wond kom voor op die rugkant van die hand en die ander wond in die palm van die hand by die duim. Dr. Chong getuig dat indien die oorledene 'n wapen in sy regterhand gehad het, sou sy verwag dat die wapen uit sy hand sou val na die besering.



[88] Dit is in kruisondervraging aan Dr. Chong gestel dat die beskuldigde se weergawe van die omstandighede waaronder die oorledene die skietwond van die kop opgedoen het is naamlik, dat daar 'n worsteling tussen die beskuldigde en die oorledene was terwyl die vuurwapen omhoog gehou is. 'n Skoot is per abuis afgevuur in die worsteling wat die oorledene gewond het. Dr. Chong het toegegee dat die verwonding van die oorledene in die kop moontlik in 'n worsteling van die aard kon plaas vind, maar dat die afstand van die vuurwapen vanaf die wond 90cm tot 1 meter sou moes wees vir redes soos gemeld. Volgens Dr. Chong is dit onwaarskynlik dat die oorledene die besering opgedoen het waar die twee persone in 'n worsteling in nabye kontak met mekaar was.

Konstabel Brian Nicholas Janklaas



[89] Hierdie getuie is verbonde aan LCRC sentrum te Bellville. Hy het die rang van inspekteur in die SAPD en is n forensiese veldwerker. Hy is gekwalifiseer in fotografering en video opnames asook vingerafdrukke, ballisties, forensies en betwiste dokumente. Hy bevestig die inhoud van bewysstuk "F" asook dat hy die fotos geneem het by die lykshuis. Hy moes die toneel waarneem en ook forensiese bewysstukke versamel.



[90] Op 10 Januarie 2008 het hy aangekom by die toneel by Spoonbillstraat, 15, Eersterivier om ongeveer 09h20 voormiddag. Daar was n offisier van die polisiestasie wat die toneel aan hom oorhandig het. Hy het n kaart geteken van die toneel, hy het video materiaal geneem en hy het ook foto's geneem. Hy het bewysstukke ingesamel van die toneel. Hy het geen bewys van n skoot wat afgevuur is in die teerpad gevind nie.



[91] Hy bevestig dat in foto 1 word n koeel doppie aangedui. Op foto 5 by punt "D" word n koeel gat gewys. Op foto 6 by punt "B" word 'n koeel doppie gewys. Op foto 7 by punt "D" word 'n koeel gat aangedui wat ook gewys word op foto 5.



[92] Hierdie getuie het die deur van Mnr Sedisa se huis oopgebreek om te kyk of daar n koeel gevind kon word in die binneste van die deur. Hy het dit gedoen omdat daar n ingang gat was in die deur, maar nie n uitgang gat nie. Hy het toe n koeel punt gevind binne in die deur. Foto 13 wys daardie koeel binne in die deur.

[93] Hy verduidelik dat n patroon verwys na die koeel en sy drie gedeeltes wat n voorste gedeelte is, die chemiese binneste en die patroon doppie. Hy verduidelik ook dat wanneer n skoot afgevuur word, is daar n ontploffing wat plaasvind. Hy se dat 'n patroon doppie, bly in die vuurwapen, wanneer dit 'n rewolwer is en dit val uit wanneer dit 'n pistool is. Hy se die koeel word dan uit geskiet.



[94] Hy het slegs twee patroon doppies en een koeel gevind op die toneel. Die een patroon doppie was gevind in die straat daarom lei hy af dat daar een skoot afgevuur is in daardie omgewing. Hy se dat die pad was deursoek van die afskorting tot waar die patroon doppie gevind is. Nog n patroon doppie is gevind by die deur van Mnr Sedisa se huis. Daarom lei hy af dat daar ook n skoot in daardie omgewing afgevuur is.



[95] Hierdie getuie lei af dat daar slegs twee skote afgevuur was, omdat hy slegs twee patroon doppies gevind het. Hy het geen ander wapens op die toneel gevind nie. Hy het wel n sonbril gevind.



[96] Toe hierdie getuie by die motorwasserry opdaag, was die forensiese personeel alreeds daar. Hy het n gat wat in die mat van die motor gesny is, gefotografeer.

[97] Hierdie getuie was ook teenwoordig toe die beskuldigde die liggaam van die oorledene uitwys te Faurepad, Eersterivier in die bos. Hulle moes 3 tot 4 meter vanaf die pad loop tot in die bos om by die liggaam uit te kom. Dit was redelik donker in die bos daardie tyd daarom moes die getuie n flitslig gebruik. Die oorledene was gekleed in jeans en n paar skoene en sy boliggaam was kaal.



[98] Hierdie getuie het eintlik net die Opel Corsa gefotografeer en het dit nie deursoek nie. Hy is nie bewus van enige mes wat gevind sou word in die Corsa nie. Hy se dat die ondersoek beampte later by sy kantoor was en hy het gevra dat die mes getoets word. Hy het gevra dat hierdie getuie vingerafdruktoetse doen op die mes. Daar was geen vingerafdrukke gevind op die mes nie.



[99] Die getuie het nie die sonbril op getel nie omdat n gewone polisieman dit sou doen. Hy het ook nie n gespe van n gordel gevind nie.




Nathan Cyrano Pullen



[100] Hierdie getuie is n inspekteur wat in 2008 n sersant was in die SAPD in en hy is n lid van die ballistiese eenheid te Macassar. Hy bevestig sy artikel 212 verklaring en het dit in die rekord ingelees. Hy verduidelik die prosedure wat hy gevolg het. Die ondersoek beampte sal gewoonlik die bewysstukke inskryf en nommers daarop plaas. Daarna word seel nommers op n vorm geskryf. Daarna word dit in die sisteem gesit en dit word gegee aan n spesifieke persoon by die eenheid om te ondersoek.

[101] Hy het die patroon doppies vergelyk en hy het tot die gevolgtrekking gekom dat dit uit dieselfde vuurwapen gevuur is.



[102] Hy se dat die ammunisie wat gebruik is is militer en nie kommersieele ammunisie nie. Hy spreek die mening uit dat Konstabel Janklaas moontlik 'n fout gemaak het met die saak nommer derhalwe is die CAS nommer omgedraai. Hy het die patroon doppies gemeet en dit blyk dat dit uit 'n 9mm parabellium vuurwapen geskiet is. Hy het verduidelik dat hy weet dat dit militere ammunisie is omdat kommersieele ammunisie 'n verskillende hoof stempel het.




Aansoek deur die staat oor die toelating van hoorse



[103] Die staat het n aansoek gebring om hoorse getuienis te lei ten opsigte van twee getuie wat sou kom getuig oor dreigemente gemaak deur die beskuldigde aan die oorledene gedurende telefoniese gesprekke. Die hof het die aansoek geweier vir die redes soos reeds vermeld, op daardie stadium.




Sersant Phumela Langa


[104] Die getuie is sedert 2005 in diens van die SAPD, Ballistiese Afdeling wat deel vorm van die Forensiese Laboratorium en gestasioneer te Maccassar. Weens die onbeskikbaarheid van getuie Sersant McGowan, het die getuie opdrag ontvang vir die herondersoek van 'n vuurwapen en ander bewysstukke in die onderhawige saak wat sy uitgevoer het en na afloop daarvan 'n artikel 212 beedigde verklaring saamgestel het. Die getuie bevestig haar indiens opleiding en kwalifikasies soos uiteengesit in paragraaf 2 van bewysstuk "K". Die getuie bevestig ontvangs van die vuurwapen soos uiteengesit in paragraaf 3 van bewysstuk "K" asook besonderhede van die opdrag soos vervat in paragraaf 4 van Bewysstuk "K". Die getuie bevestig ook haar bevindinge soos volledig vervat in paragrawe 7,8,9 en 10 van Bewysstuk "K", onder andere, dat die patroondoppies versamel op die toneel te Spoonbillstraat nie gevuur is uit die beskuldigde se 9mm Parabellum caliber LEW model Z88 semi-automatiese dienspistool met reeksnommer Q 080179, nie.



[105] Bo en behalwe die getuienis vervat in Sersant Langa se beedigde verklaring getuig sy dat die vuurwapen reeksnommer uniek is tot elke vuurwapen. Die vuurwapen deur haar ondersoek en getoets het die kapasiteit om 15 patrone in die magasyn en 1 in die loop te hou. Sersant Langa is voorts gevra of sy enige kommentaar kan lewer met betrekking tot 'n wond wat geen tatoeering vertoon nie waarop sy sodanige wond beskryf het as 'n afstand wond. Toetse deur die getuie gedoen met 'n Z88 Parabellum vuurwapen het getoon dat tatoeering van 'n wond voorkom tot op 'n afstand van 120 cm. tussen die vuurwapen en die wond.



[106] Die getuie is van mening dat die 9mm ammunisie wat versamel is kommersiele ammunisie, PMP fabrikaat behels. Dit is aan die getuie gestel dat Sersant Pullen van mening was dat die betrokke ammunisie vir militere doeleindes vervaardig is. Sersant Langa het volgehou dat die ammunisie kommersieel was. Volgens Sersant Langa, voorsien sekere vervaardigers vir beide kommersieele en militere doeleindes en word militere ammunisie identifiseer deur 'n hoof stempel wat daarop aangebring is. Die getuie het die leer van die Ballistiese eenheid nagegaan en bevestig dat Sersant Pullen die betrokke patroondoppies identifiseer het as PMP militer.



[107] Sersant Langa het verder getuig met betrekking tot Bewysstuk "L" wat volgens haar 'n skematiese rekord behels van die hantering, herseel en bewaring van bewysstukke deur die onderskeie beamptes van die Ballistiese Afdeling.




Senior Ondersoek Offisier Tyhalisiso



[108] Die getuie is in diens van die Onafhanklike Klagtedirektoraat sedert November 2006. Die getuie se amptelike pligte behels die ondersoek van kriminele en onbehoorlike gedrag deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisie en Metro Polisie. Die getuie het die ondersoek in die onderhawige saak naamlik Kleinvlei CAS 326/01/08 hanteer. Die aangeleentheid is oorgeneem van die plaaslike stasie, Kleinvlei, op dieselfde dag van die voorval toe dit bekend geraak het dat die verdagte 'n lid in diens van die SAPD was en die getuie en lede van die OKD op 10 Januarie om ongeveer 9h00 na die toneel te Spoonbillstraat ontbied is.



[109] Die getuie bevestig dat hy teenwoordig was op die misdaad toneel op 10 Januarie 2008 en onder andere 'n getuie Petrus Sedisa op die toneel gespreek het. Die getuie bevestig dat Konstabel Page 'n getuieverklaring van mnr. Sedisa geneem het en bevestig dat 'n verbetering op die verklaring by 'n latere geleentheid deur hom aangebring is. Die getuie bevestig dat hy die woord "kattebak" deurgehaal het en die woorde "agterse sitplek" in sy handskrif ingevoeg is. Volgens die getuie het hy Mnr. Sedisa tuis besoek en die verklaring met hom deurgegaan ter opklaring waarop Mnr. Sedisa die regstelling gemaak het in die verklaring. Die getuie is bewus daarvan dat Mnr. Sedisa se huistaal Sotho is. Die onderhoud is in Xhosa gevoer en die getuie verklaar dat Mnr Sedisa hom verstaan het en die getuie self het geen probleem ondervind met Mnr. Sedisa te verstaan nie.



[110] Die getuie bevestig dat hy 'n mes op Sondag 13 Januarie 2008 gevind het in die wit Opel Corsa motor wat aan die beskuldigde se vrou behoort. Beide die wit Corsa en die Nissan voertuig wat aan die beskuldigde behoort is na beslaglegging daarvan te Springbokstraat geberg te Stikland, voertuig berging terrein waar voertuie vir doeleindes van ondersoeke bewaar word.



[111] Op Sondag 13 Januarie 2008 is die getuie na die tersaaklike polisiestasie ten einde die beskuldigde voor te berei vir hofverskyning. By hierdie geleentheid het die beskuldigde aangedui dat hy in uitvoering van sy konstitusionele regte, sy reg op stilswye uitoefen. Die beskuldigde het egter versoek dat die voertuie aan sy vrou vrygestel word en die getuie is versoek deur die beskuldigde om die Corsa se deurpaneel aan die bestuurder se kant te deursoek vir 'n mes. Die getuie het na Stikland gegaan en 'n mes in die deurpaneel gevind en dit in 'n forensiese bewysstuksak geplaas. Die getuie beskryf die mes as ongeveer

20cm met 'n houthef en gladde lem wat groewe vertoon het asof dit beskadig is deur dit te slyp. Die mes is getoets vir vingerafdrukke en die resultaat was negatief. Die getuie het die mes aan die vrou van die oorledene getoon met die oog op moontlike identifikasie maar die mes was nie aan haar bekend nie. Die mes is nie getoets vir die moontlike voorkoms van bloed daarop nie. Die voorwerp is tans steeds in die bewysstuk kluis by OKD. Volgens die getuie was die mes nie van enige belang vir hom in die ondersoek nie en het hy ook geen verklaring gemaak met betrekking tot die vind van die mes nie. Die beskuldigde het geen verklaring of inligting verskaf met betrekking tot die teenwoordigheid van die mes in die motor nie en het op daardie stadium sy swygreg uitgeoefen.



[112] Volgens die getuie het hy die mes gevind in die stoorplek wat deel van die deurpaneel uitmaak. Die getuie verklaar dat hy die mes slegs gevind het omdat hy gese is van die teenwoordigheid van die mes in die deurpaneel en dat die stoorplek baie laag in die deurpaneel is. Die getuie het op die toneel te Springbokstraat arriveer nadat die beskuldigde arresteer is maar terwyl hy steeds op die toneel in 'n polisievoertuig was.



[113] Na aanleiding van 'n vraag in kruisondervraging verklaar die getuie dat die beskuldigde nie toegang tot die voertuie gehad het sedert beslag gele is op die voertuie te Springbokstraat en tot tyd en wyl die voertuie vrygestel is aan die beskuldigde se vrou nie. Gedurende hierdie tyd was die voertuie in polisiebewaring te Stikland. Die bergingsfasaliteit is nie onder beheer van die OKD nie.

[114] Die getuie het ook bevestig dat hy ontbied is na die toneel waar die oorledene se liggaam gevind is. Lede van Kleinvlei polisie was reeds op die toneel maar die liggaam was nog nie verwyder nie. Die oorledene was geklee in skoene en 'n langbroek terwyl die bolyf kaal was. Konstabel Moses het 'n pink golf hemp aan die getuie oorhandig wat hy na bewering ongeveer 2 meters van die liggaam gevind het. Dit was betreklik donker op die toneel en die getuie het die volgende dag teruggekeer na die toneel en 'n swart leer drasak op die toneel gevind ongeveer 2 meters van waar die liggaam gevind is. 'n Klein dagboek met die naam iThemba Labs daarop asook 'n "wallet" met twee bankkaarte is gevind in die sak.



[115] 'n Vuurwapen wat deur Konstabel September gevind en ingehandig is te Kleinvlei polisiestasie is deur die getuie uitgeboek en geneem na die OKD se kluis vir bewysstukke. Op 16 Januarie 2008 het die getuie die vuurwapen geseel in 'n forensiese sak en die vuurwapen na die Ballistiese Afdeling geneem. Die getuie bevestig dat probleme tydens die ondersoek aan die lig gekom het met betrekking tot die saak nommer toegeken aan die ondersoek. Dit het aan die lig gekom dat een van twee ballistiese verslae die saaknommer reflekteer het as CAS 236/01/08 terwyl die korrekte verwysing CAS 326/01/08 is en welke probleem ontstaan het in kommunikasie tussen Kleinvlei polisiestasie en die Ballistiese Afdeling. Volgens die getuie het die beskuldigde nie enige mededelings aan hom gemaak met betrekking tot die vuurwapen nie en is hy nie bewus van inligting bekom deur ander beamptes van die beskuldigde met betrekking tot die vuurwapen nie. Die getuie was verbaas om te verneem dat die vuurwapen nie verbind is met die patroondoppies gevind op die toneel te Spoonbillstraat nie aangesien hy aanvaar het dat die beskuldigde se vuurwapen op die toneel gebruik is. Die bewysstukke gevind te Spoonbillstraat toneel kon nie verbind word met enige ander misdaad nie.




Amor Amina Basa-Habib


[116] Die getuie is 'n sersant in die SAPD, en is gestasioneeer by die regswetenskaplike labratorium as n assistant forensiese ontleder.



[117] Sy ontvang die sakke wat na die labratorium versend word, sny die bewyssakke oop, en registreer die monsters. Daarna verpak sy die monsters in koevertjies wat sy dan in die labratorium dossier plaas. Sy was betrokke by die saak wat onder die nommer CAS326/01/'08 na die laboratorium verwys was, en het sy ook n artikel 212 verklaring in verband daarmee afgele. Haar rol was bloot om die monsters oop te maak. Die 'DNS-span' voer die toetse daarop uit. Al die monsters wat sy in hierdie saak ontvang het was verseel. Ten opsigte van paragraaf 3.1.1. van haar verklaring meld die getuie dat die verwysingsnommer op die inventarisvorm ook n unieke nommer is.



[118] Die inventarisvorm word aan die dossier vasgemaak. Die monsters sal binne die insamelingstel te vinde wees. Daarna maak sy die dossier oop, onder n unieke seelnommer en handig dit oor aan hul administratiewe komponent, wat op sy beurt die dossier oordra vir DNS toetse.

[119] Die getuie is 'n adjudant-offisier in die SAPD, en is gestasioneeer by die regswetenskaplike laboratorium te Delft. Sy diensrekord beloop reeds ses jaar.



[120] Hy is getaak met die opstel van verslae oor sy interpretasie van die uitslae van DNS monster ontledings.



[121] Die monsters word deur n proses gevoer wat verskillende prosedure deur verskillende laboratoria behels. Ten slotte word die DNS profielsamestelling uitgevoer. Daarna bestudeer die getuie die uitslae, en vergelyk dit met misdaadstoneel monsters om vas te stel of hulle ooreenkom.



[122] Die prosedure wat volg op die regswetenskaplike laboratorium se ontvangs van bewysstukke is langdurig van aard. Die bewysstukke word ontvang, op die register ingeskryf, in n dossier geplaas en aan n ontleder oorgedra vir die uitvoer van voorlopige toetse om vas te stel of daar, byvoorbeeld, bloed, hare of semen teenwoordig is.



[123] Waar daar negatiewe uitslae bekom is, word die ter saaklike bewysstukke na die argief geneem vir berging. Waar daar positiewe uitslae bekom is, word die ter saaklike bewysstukke eers by die administratiewe komponent ingeskryf, en dan vir DNS ontleding versend.[124] Die positiewe gevalle word dan aan verskillende ontleders oorgedra. Op die manier het die getuie, soos hy in paragraaf 3.1 van sy verklaring meld, die leer wat op Kleinvlei CAS326/01/'08 betrekking het, in ontvangs geneem.



[125] Hy het toe die seels gebreek en vasgestel welke van die monsters hy vir ontleding sou gebruik. Hy gebruik nooit al die monsters nie. Hy het unieke stafkodes op die monstersakkies aangebring, en in verskillende koeverte geplaas, afhangend van die aard van die be-oogde ontleding wat op elk uitgevoer sou word. Daarna het hy die monsters na die uitreikkingslaboratorium gestuur vir die trek van DNS uit hul selle. DNS is uniek aan elke persoon.



[126] Die laboratorium maak gebruik van die sogenaamde 'STR' (short tandem repeat) tegniek. Tien areas op die molekule word vergelyk met die dienooreenkomstige gedeeltes van die misdaadstoneel monsters asook n kontrolemonster, om vas te stel of daar 'n ooreenstemming is.



[127] Daar moet n ooreenstemming van alle tien 'merkers' wees, anders word die vergelyking as nie ooreenstemmend beskou.



[128] Waar daar wel n ooreenstemming gevind word, word n statistiese waardebepaling daaraan geheg, om die skaarsheid van die profiel binne die Suid Afrikaanse bevolking aan te dui. Die bepaling neem die algemene verspreiding van die tien 'merkers' in ag, en by die berekening word daar ook gebruik gemaak van die sogenaamde 'produk reel'.

[129] Die DNS toestelle wat by die regswetenskaplike laboratorium gebruik word sal nie positiewe uitslae lewer indien die monsters nie a) van menslike oorsprong, en b) 'n liggaamlike vloeistof, is nie.



[130] Die keuringsprosedure wat deel is van die voorlopige toetse sal vasstel of liggaamlike vloeistof teenwoordig is al dan nie.



[131] Ten einde n vergelyking te maaak moet die ontleders van beide n bekende monster van n ge-identifiseerde oorsprong sowel as n misdaadstoneel monster van 'n onbekende oorsprong, voorsien word.



[132] Elke laboratorium maak gebruik van n verskeidenheid standaarde wat op hul bedryfsprosedures toegepas word om die gehalte van uitslae te beheer. Beide n positiewe en n negatiewe toets word ook gebruik om monsters mee te vergelyk. Indien 'n negatiewe uitslag gelewer word weet hulle dat daar met die monster gepeuter was. Waar daar egter 'n positiewe uitslag gelewer word, weet hulle dat die monster vir DNS ontleding gebruik kan word. Die getuie se werk word ook hersien deur n kollega.



[133] Die getuie het 6 van Inspekteur Joubert se 10 monsters laat neem vir toetse. Slegs 3 daarvan het positiewe uitslae gelewer en derhalwe het hy slegs daardie 3 gebruik. Van die ander 3 het een nie 'n resultaat gelewer nie, een nie 'n genoegsame resultaat gelewer nie en een n mate van vermenging getoon.

[134] Verder bevestig die getuie die inhoud van sy verklaring, asook die prosedure wat hy gevolg het. Hy bevestig dat die bloed van die beskuldigde nie getoets was nie. Hy bevestig dat die DNS van monster bloed wat hy gekry het vanuit die Corsa motor ooreenstem met die DNS van die oorledene.




Marius Petrus Joubert


[135] Die getuie is 'n misdaadtoneel ondersoeker verbonde aan die Biologiese Eenheid van die Forensiese Wetenskaplaboratorium te Delft, Wes Kaap. Hy is die afgelope 19 jaar in die diens van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens en beklee die huidige rang van kaptein. Die getuie bevestig sy kwalifikasies en indiensopleiding soos uiteengesit in paragraaf 2 van Bewysstuk "G", naamlik 'n beedigde verklaring deur hom saamgestel. Volgens Kaptein Joubert het hy opdrag ontvang in Kleinvlei CAS 326/01/08 om 'n wit Opel Corsa CF 112-225 te ondersoek te Springbokstraat, Eersterivier vir biologiese bewysstukke. Die getuie bevestig die wyse waarop hy te werk gegaan het om die voertuig te ondersoek, die bewysstukke te versamel, te verpak en bewaar asook die resultaat van voorlopige toetse op die bewysstukke soos meer volledig mee gehandel in paragrawe 3, 4, 6, 7 (8) en 9 van Bewysstug "G".



[136] Die getuie het ook 'n uiteensetting gegee van die reeks foto's deur hom op die toneel geneem aan die hand van die sleutel voorsien.



[137] Volgens Kaptein Joubert is dit moeilik om met enige sekerheid aan te dui wat die werklike verspreiding van die bloed was aangesien die bloed deur die skoonmaakproses versprei kon gewees het alvorens hy die geleentheid gehad het om die ondersoek van die voertuig te doen. So ook kon die besmetting van die pedale in die voertuig met bloed deur die skoonmaakproses geskied het. 'n Ander moontlikheid is dat die bestuurder van die voertuig in bloed getrap het. Die getuie dui aan dat die grootste versameling van bloed voorgekom het agter die voorste sitplek aan die passasierkant op die mat. Die getuie het geen verdere skade aan die voertuig waargeneem nie. Die spieels aan beide voorkante van die motor soos vertoon op foto's 3 en 5 is soos aangetref deur die getuie.



[138] Kaptein Joubert getuig verder dat hy 'n mes en 'n stel handboeie in die deurpaneel aan die bestuurder se kant van die motor aangetref het by die motorwassery. Die deurpaneel waar die voorwerpe aangetref is, verskyn op foto 8. Nadat die getuie die mes getoets het vir die teenwoordigheid van vermoedelike bloed en 'n negatiewe resultaat gekry het, is die mes en boeie teruggeplaas waar dit gevind is. Volgens die getuie is hy ingelig deur die ondersoekbeampte Gavin Meyer dat die slagoffer geskiet is en aangesien die mes negatief getoets het vir vermoedelike bloed was dit nie vir hom van verdere belang as n bewysstuk in sy ondersoek nie. Sy ondersoek was uitsluitlik 'n forensiese ondersoek. Volgens die getuie het hy die mes met handskoene hanteer. Hy het geen tekens gevind dat pogings aangewend is om die motor of voorwerpe vir vingerafdrukke te toets nie.




[139] Die Staat het toe hul saak gesluit.[140] Die beskuldigde getuig dat sy vrou ongeveer n week voor die oortreding beweer dat die oorledene se vrou, Mevrou Simonette Swarts haar 'n slet genoem het toe sy verby die Swarts woning gestap het met haar seun. Sy vrou het gevra dat hy iets daaromtrent moet doen. Hy het verstaan dat hy die Swarts gesin moes nader. Op die Maandag voor die voorval, het die beskuldigde die oorledene gebel om n reeling te tref vir die twee egpare om te gesels oor die aangeleentheid. Die oorledene het gese dat hy en sy vrou daardie aand na die beskuldigde se huis sou kom. Hulle het nie gekom nie.



[141] Die Donderdag, die dag van die voorval het hy in Spoonbillstraat afgery op pad om n stuk grond te gaan kyk. Hy het die oorledene gesien loop in Spoonbillstraat. Die beskuldigde het die oorledene gegroet en gese dat hy vir hulle gewag het die Maandag en waarom het die oorledene en sy vrou nie opgedaag nie. Die oorledene het toe half aangeloop. Die beskuldigde het uit sy motor geklim en na die oorledene gestap. Die beskuldigde het aan die sak van die oorledene gevat, wat oor die skouer van die oorledene gehang het. Die oorledene het die sak losgeruk en dit op die grond neergegooi. Die oorledene het die volgende woorde geuiter: "Dink jy dit is soos die laaste keer wat jy my in my p.... geslaan het voor my vrou en kinders?" Die oorledene het toe die beskuldigde voor sy bors gegryp en agteroor gestoot tot op die voertuig se enjinkap. Die oorledene het toe gese: "Dit is lankal dat jy ook met my vrou wil seks he."

[142] Die beskuldigde beweer dat hy aan die oorledene gese het dat hy mal in sy kop is, omdat die beskuldigde nie die oorledene se vrou wil he nie. Die beskuldigde se hy het toe die oorledene weggestoot van hom. Die oorledene het toe weer die beskuldigde genader terwyl hy van plan was om by die linker pasassiersdeur van sy voertuig in te klim. Die beskuldigde het die oorledene toe harder weggestoot. Toe die beskuldigde halfpad in sy motor geklim het, het die oorledene hom uit die motor geruk. Die beskuldigde het in die pad geslinger en geval. Die oorledene het op hom gespring. Hulle het gestoei in die pad, terwyl die oorledene bo op die beskuldigde gesit het. Mnr Sedisa het toe nader gekom en gevra wat gaan daar aan. Toe die oorledene omkyk, het die beskuldigde die geleentheid gekry om die oorledene van hom af te trap.



[143] Die oorledene het gehardloop na sy sak wat voor die voertuig gele het en daarin gekrap. Die beskuldigde het na die voertuig gehardloop en sy vuurwapen uitgehaal uit die paneelkissie. Die oorledene het met 'n mes in sy hand gestaan. Die beskuldigde het gese: "Norman moenie, ek gaan jou skiet." Die motor voertuig se deur was tussen hulle. Die oorledene het die beskuldigde nog steeds genader en hy het teen die motorvoertuig se spieel gebots en dit het uitgehaak.



[144] Die beskuldigde het n rondte afgevuur in die pad as n waarskuwing, maar die oorledene het net nader gekom. Die beskuldigde het onmiddelik na die mes toe geskiet met die hoop dat hy dit uit die oorledene se hand kon skiet. Daarna het die beskuldigde gehardloop om die agterste van die voertuig na die huis van Mnr Sedisa waar hy om hulp geskree het by die toe deur. Toe die beskuldigde omdraai, was die oorledene agter hom by die deur. Die oorledene wou die vuurwapen bykom wat die beskuldigde hoog bo sy kop in sy linkerhand gehou het. Die oorledene het voor die beskuldigde gestaan met sy linkerkant teen aan die linkerkant van die beskuldigde.



[145] Die oorledene is effens korter as die beskuldigde. Die beskuldigde was bewus van die toestand van sy vuurwapen. Omdat hy net pas 2 rondtes afgevuur het, was die hamer oorgehaal. Die oorledene het die loop van die vuurwapen agteroor getrek in n afwaartse rigting terwyl die beskuldigde se vinger by die sneller was. Die vuurwapen het toe per ongeluk afgegaan en die oorledene is getref. Die oorledene het in mekaar gesak. Die beskuldigde het geskree vir hulp. Hy het paniekerig geword. Hy het die oorledene na sy motor gesleep en hom in die voorste pasassiers sitplek gesit. Die oorledene het skuins teen die beskuldigde gesit. Die beskuldigde het die sak gesien naby die deur van sy motor en het dit en die mes in die motor gesit. Hy het agteruit gery en regs gedraai in Hadedastraat. Hy het n skare gesien op die hoek van Hadeda en Spoonbill strate. Hy wou net die oorledene na die hospitaal neem. Toe hy by die hospitaal hek kom, het hy besef dat die oorledene oorlede was. Hy was geskok en getraumatiseerd.



[146] Die beskuldigde het besluit om die oorledene se liggaam in die bos by Ou Faurepad te verplaas. Hy het dit in die bos gesleep. Hy beweer dat dit n dom besluit was. Die t-hemp van die oorledene het in die proses afgekom. Hy het dit naby die liggaam gelos. Hy het die sak van die oorledene ook by die liggaam gesit. Hy was bekommerd dat sy vrou omgekrap sou wees indien sy die bloed in haar motor sien. Hy het die Opel Corsa na 'n motorwassery te Springbokstraat geneem. Hy het die verduideliking gegee aan Mnr Burger dat hy iemand wat beroof was, hospitaal toe geneem, het, derhalwe was daar bloed in die motor. Sy swart shorts, sy bene en hande het bloed opgehad. Hy het sy hande en bene skoongemaak by die motorwassery.



[147] Daarna is hy per huurmotor huis toe. Hy het die sleutels van sy Nissan bakkie en 3 rondtes ammunisie uit sy motorhuis geneem. Hy het na Macassar gery waar hy op die strand gele en slaap het tot ongeveer 2 uur namiddag. Hy het teruggekeer na die motorwassery. Hulle was nog besig om die Opel Corsa skoon te maak. Kort daarna het die polisie opgedaag en hom gearresteer.



[148] Hy het sy reg op stilswye uitgeofen. Hy het sy prokureur gesien ongeveer 8 uur die aand. Ongeveer 12 middernag het hy die uitwysing van die liggaam van die oorledene gedoen. Hy het ook Superintendent Nomdo vertel van die besering wat hy op sy elmboog opgedoen het.



[149] Die Sondag, toe Inspekteur Gavin Meyer kom het hy gese van die mes wat in die Corsa se deur paneel was. Hy wou toe die polisie alles vertel. Inspekteur Meyer het gese hy moet liewers nie praat nie, omdat sy advokaat gese het hy moet niks se nie.

[150] Hy ontken dat hy sy vuurwapen op Mnr Sedisa gerig het. Hy weet nie wat het met Mnr Sedisa gebeur nadat hy hom op die toneel te Spoonbillstraat gesien het nie. Hy beweer dat hy nie die motor gewas het om die reg te verydel nie. Hy ontken dat hy die oorledene ontvoer het. Hy wou hom net hospitaal toe neem.



[151] Die beskuldigde se dat daar was slegs 3 rondtes afgevuur. Die eerste een was n waarskuwings skoot in die pad. Die tweede een was die skoot in die rigting van die oorledene se hand en dit was ook in die pad en die derde skoot is die noodlottige skoot by die deur van Sedisa.



[152] Hy is n aktiewe lid van die kerk en hy was n Sondagskool onderwyser saam met die oorledene en Mev Swarts. Hy was onderdiaken by die kerk. Hy en die oorledene het slegs mekaar gegroet by die kerk nadat hy uitgevind het van die verhouding tussen sy vrou en die oorledene.



[153] Hy ontken dat hy en sy vrou goed bevriend was met die oorledene en Mevrou Swarts. Hy beweer dat slegs die vrouens was goed bevriend. Nadat sy vrou hom vertel het van die verhouding, het hy die oorledene gekonfronteer in sy huis, maar hy het nie oorledene geslaan nie. Hy beweer dat hy en die oorledene op die banke gestoei het.



[154] Hy se die oorledene het sy staffie honde geroep om op die beskuldigde te sit. Die oorledene het toe uit sy huis gehardloop. Hy ontken dat die oorledene se bloed gevloei het. Sy advokaat het nie betwis dat hy die oorledene geslaan het nie. Hy het slegs betwis dat hy n golfstok gehad het.



[155] Die beskuldigde, sy vrou, die oorledene en sy vrou het gegaan na Priester Swarts vir versoening. Die beskuldigde se dat hy die oorledene gegroet het na die versoening geeindig het.



[156] Gedurende kruisondervraging se hy dat hy nie met die oorledene op die betrokke dag gesels het oor die verhouding nie, alhoewel sy advokaat die teendeel gestel het aan Mnr Sedisa.



[157] Hy se hy kon nie in sy motor klim en wegry toe die oorledene sy sak neergooi nie omdat die oorledene hom uit die motor getrek het. Hy kon nie verduidelik waarom hy die oorledene twee maal kon wegstoot en een maal weg trap, maar hy kon nie wegkom van die oorledene toe hy hom nader met n mes nie.



[158] Sy advokaat het dit aan Mnr Sedisa gestel dat die oorledene het die Corsa se spieel gebreek terwyl die oorledene hom uit die motor trek. Die bekuldigde beweer dit was nie gebreek nie, maar dit het slegs uitgehaak toe die oorledene hom nader met n mes.



[159] Toe die oorledene hom nader met die mes in sy hand, het die beskuldigde agteruit getree. Hy het eers n waarskuwingskoot afgevuur. Toe hy die skoot in die rigting van die oorledene se regter hand afvuur was hulle ongeveer een en n half meter weg van mekaar met die motor deur tussen hulle.



[160] Hy beweer dat hy nie geweet het of die oorledene in sy hand getref was nie en of hy die mes laat val het nie. Derhalwe het hy gehardloop na Mnr Sedisa se voordeur. Sy advokaat het dit aan Mnr Sedisa gestel dat die oorledene die mes laat val het.



[161] Hy se hy het nie geklop aan Mnr Sedisa se deur nie, terwyl Sedisa se dat iemand aan sy deur gekap het.



[162] Hy beweer dat daar moontlik tatooering op die oorledene se kopvel afwesig is weens sy hare.. Dit was egter nooit aan Dr Chong gestel nie.



[163] Sy advokaat het dit nooit aan Sedisa gestel dat die beskuldigde om hulp geskree het nadat die laaste skoot afgevuur was nie, maar die beskuldigde beweer dat hy om hulp geskree het nadat die laaste skoot afgevuur was. [164] Die beskuldigde se dat die oorledene hom nooit gedreig het nie. Hy se ook dat die oorledene nooit voorheen hom beskuldig het van n verhouding met die oorledene se vrou nie. Hy beweer dat hy en Mev Swarts baie grappies gemaak het met mekaar maar die oorledene het nie gese dat dit n probleem was nie. Dit was ook nie aan Mev Swarts gestel nie.

[165] Hy ontken dat hy voor die skool geparkeer het om ses uur die oggend twee dae voor die voorval. Hy kon moontlik 13h00 voor die skool geparkeer het.



[166] Hy het n sielkundige geraadpleeg en boeke gelees om hom te help nadat hy uitgevind het van die verhouding. Hy beweer hy was nie meer kwaad oor die verhouding toe die voorval gebeur het nie.



[167] Hy betwis wat Mev Swarts se hy aan haar dogter gese het oor hy haar vader wou straf. Sy advokaat het dit egter nie betwis toe hy Mev Swarts kruisondervra.



[168] Hy beweer dat Mnr Sedisa se huis die naaste was omdat Mnr October se huis n hoe heining om dit het en die voordeur is in Hadedastraat. Mnr October het getuig dat sy heining nie hoog was nie.




Yanga October


[169] Die getuie woon te Hadedastraat 1, Eersterivier. Op 10 Januarie 2008 was die getuie in die sitkamer van sy woning waar hy besig om televisie te kyk toe hy mense buite hoor. Die getuie het twee persone gehoor argumenteer. Die getuie kon nie volg waaroor die persone argumenteer nie maar het duidelik gehoor die een persoon het aan die ander gese "Ek sal jou skiet". Die getuie het toe 'n skoot gehoor. Ongeveer 15 tot 20 sekondes later het twee verdere skote gevolg. Op hierdie stadium het die getuie na buite gegaan en eers afgekyk in Hadedastraat maar niks gesien nie. Die getuie het toe'n wit Corsa motor gesien ongeveer 3 tot 4 meters van hom af, wat agteruit gery het in Spoonbillstraat waar Spoonbillstraat "n T-aansluiting maak met Hadedastraat. Die motor het toe opgedraai in Hadedastraat. Die getuie het die bestuurder van die motor gesien wat hy nie op daardie stadium herken het nie sowel as die passasier op die voorste sitplek wat agteroor gestel was. Die passasier was onder andere geklee in blou jeans.



[170] Die kant van die huis waar die getuie woon, front aan Spoonbillstraat terwyl die voorkant van die huis front aan Hadedastraat. Die agterdeur van die huis is aan die kant wat front aan Spoonbillstraat. Die stryery het gekom uit Spoonbillstraat.



[171] Die getuie het nie enige persoon om hulp hoor roep voor die skote afgevuur is of daarna nie. Normaalweg hoor die getuie nie wat gebeur op Mnr Sedisa se perseel nie. Die getuie hoor wel persone wat in Spoonbillstraat verby loop en praat aangesien die huis se agterdeur in daardie rigting front. Die huis is omhein met 'n baksteen muur ongeveer heuphoogte.



[172] Die getuie het later uitgebrei met betrekking tot sy waarnemings oor die skote gevuur. Die tweede en derde skote het verder weg geklink as die eerste skoot. Die tweede en derde skote het mekaar onmiddellik gevolg. Ongeveer 1% minute het verstryk vandat die laaste skoot gevuur is totdat die getuie die motor agteruit sien ry het. Die getuie het nie onmiddellik na buite gegaan na die derde skoot nie maar eers gehuiwer en toe eers afgekyk in Hadedastraat. Die getuie het een deur van die Corsa motor hoor toeslaan.




Herroep van Simonette Swarts



[173] Die getuie ontken dat sy 'n paar dae voor die voorval vir Mev Snyders gese het dat sy 'n slet is. Sy het nooit vantevore so-iets gese nie. Daar is gewoonlik baie mense by haar huis. Dalk kon een van hulle, sonder haar medewete, so-iets gese het. Mev Snyders het gewoonlik verby haar woning gery. Slegs toe haar man in die gevangenis was, het sy verby die huis geloop.




Vanessa Iris Snyders


[174] Mev Snyders eggenote van die beskuldigde, getuig dat sy met haar agtjarige seun, voor die oorledene se huis verbygeloop het oppad na haar eie huis, toe die vrou van die oorledene, Simonette Swart wat by die voorhekkie gestaan het die woord "slut" (slet) uitgeroep het. Soos die getuie aangeloop het het Mev Swarts al harder die woord herhaal. Volgens die getuie het sy haarself beheer en huistoe geloop. By die huis het sy begin huil. Toe die beskuldigde die aand merk dat iets skort het sy hom van die voorval vertel en gevra dat hy iets daaromtrent doen.



[175] Volgens die getuie was daar 'n goeie verhouding tussen haar en die oorledene se vrou voordat dit bekend geword het dat daar 'n verhouding was tussen die getuie en die oorledene. Die verhouding het versuur en volgens die getuie het Mev Swarts haar nie gegroet by die kerk nie. Uiteindelik het die twee egpare 'n beradingsessie bygewoon by Priester Swarts aan huis. Daarna was die getuie en die beskuldigde 'n paar keer alleen by Priester Swarts en was hulle vir huweliksberading by 'n sielkundige. Die beskuldigde het 'n reeks deur Dr James Dobson en ander literatuur oor die onderwerp bekom wat hulle saam as egpaar bestudeer het.



[176] Mev Snyders het getuig met betrekking tot die verhouding tussen die beskuldigde en oorledene voordat die verhouding bekend geraak het. Die egpare was vriende gewees en het gereeld gekuier . Dit het ingesluit beide sosiale- en kerkgeleenthede.



[177] In kruisondervraging het die getuie volgehou dat Mev Simonette Swarts haar 'n slet genoem het toe sy gekonfronteer is met Mev Swarts se ontkenning van die voorval . Volgens die getuie sou die voorval plaasgevind het op die Woensdag in die week voor die oorledene se dood.



[178] In kruisondervraging het die getuie beweer dat sy nie kennis gedra het van reelings wat die beskuldigde met die oorledene getref het vir 'n ontmoeting op die Maandag nie. Sy het ook nie haar man gevra of hy voldoen het aan haar versoek om iets te doen oor die voorval tussen haar en die oorledene se vrou nie. Mev Snyders bevestig dat so iets nie vantevore plaasgevind het tussen haar en Mev. Simonette Swarts nie.

[179] Die getuie kon geen lig werp op die beskuldigde se bewegings die oggend van die oorledene se dood nie. Volgens haar het sy en die beskuldigde die vorige aand tot laat televisie gekyk . Sy het hom nie die oggend gesien nie en het hom daardie dag vir die eerste keer by die polisiestasie gesien in die namiddag.




Getuienis waar oor geen verdere afleidings gemaak kan word nie



[180] Sersant Langa se dat die patroondoppie op die toneel gevind wat sy getoets het was nie afgevuur uit die diens pistool van die beskuldigde waarop beslag gele is nie. Die polisie het nie hierdie aspek verder ondersoek nie. In die lig van die beskuldigde se erkenning dat die noodlottige skoot afgevuur was van n vuurwapen in sy besit, is dit nie nodig om verder daarmee te handel nie.



[181] Die getuies Carolus, Plaatjies en Fiona Swarts het getuig oor die beskuldigde wat na bewering onder n boom by die nabye skool geparkeer het op 3 geleenthede kort voor die voorval. Hulle spekuleer bloot waarom die beskuldigde daar was. Dit het nie n voldoende basis daargestel vir enige implisering van die beskuldigde nie.




Evaluering van Mnr Sedisa



[182] Hy het sy viva voce getuienis glad nie weerspreek nie. Hy het kruisondervraging deurstaan. Sy getuienis was deurgans konsekwent. Hy het van sy weergawe in sy getuie verklaring afgewyk in wesenlike opsigte, maar hy het n billike verduideliking daarvoor gegee. Die verdediging aanvaar dat hy n beperkte kennis van Afrikaans het. Dit is bevestig deur Page, Grobbelaar en Tyhalisiso. Page getuig dat hy deur die verklaring gegaan het met die getuie nadat hy dit neergeskryf het. Page is egter Afrikaans sprekend en dit klaar nie die moontlikheid van 'n gebrek in kommunikasie op nie. Tyhalisiso se hy het ook deur die verklaring gegaan met die getuie in Xhosa. Aangesien die getuie Sotho sprekend is, help dit ook nie om die kommunikasie probleem op te los nie.



[183] Grobbelaar se getuienis oor die getuie se weergawe van die voorval en die getuie se skok toestand staaf die viva voce getuienis van Sedisa in bree trekke.



[184] Die beskuldigde staaf Sedisa se bewering dat die beskuldigde en die oorledene besig was om te baklei in Spoonbillstraat naby 'n wit Opel Corsa toe die getuie hulle aantref. Dit is gemeensaak dat die bekuldigde n vuurwapen in sy hand gehou het op 'n stadium gedurende die voorval, dat daar 3 skote afgevuur is, dat daar ten minste n skoot by die getuie se deur af gevuur was, dat die beskuldigde die oorledene gesleep het en in die Opel Corsa gelaai het en dat die beskuldigde toe weggery het.



[185] Mnr Yanga October staaf Mnr Sedisa se getuienis dat die eerste skoot afgevuur was en dat daarna was die tweede en derde skote afgevuur onmiddelik na mekaar. Mnr Sedisa se die tweede en derde skote was afgevuur voor sy deur. Mnr October se die tweede en derde skote was afgevuur verder weg van hom as die eerste skoot en hy skat n tydsverloop tussen die eerste skoot en die tweede skoot van 15 tot 20 sekondes. In daardie opsig, staaf October, Sedisa se getuienis van twee skote voor sy deur. Sedisa se optrede om weg te hardloop in sy huis, strook met sy getuienis dat die beskuldigde n vuurwapen op hom gerig het. Die beskuldigde het nie n ander moontlike rede gegee waarom Sedisa weg was van die toneel nie. Hy se bloot dat hy nie weet wat het van Sedisa geword nie.



[186] Alhoewel Mnr Sedisa 'n enkel getuie is omtrent sekere aspekte van die omstandigheids getuienis, is daar voldoende waarborge in die getuienis van die beskuldigde, Mnr Grobbelaar en Mnr October.



[187] Sedisa se hy het 'n geraas gehoor tussen 08h00 en 08h15. Grobbelaar was 8h50 op die toneel. Burger ontvang die motor by sy wassery tussen 09h30 en 10h00 voormiddag. Die beskuldigde het sonder veel huiwering ontslae geraak van die liggaam tussen 08h15 en 09h30. As gevolg daarvan kan sy verduideliking dat hy die liggaam verwyder het omdat hy geskok was nie aanvaar word nie.




Evaluering van Yanga October



[188] Yanga October blyk 'n objektiewe betroubare getuie te wees. Hy blyk nie enige belang by of die beskuldigde of die oorledene te he nie. Mnr. October was 'n staatsgetuie wat aan die verdediging beskikbar gestel is en blyk 'n betreklik onafhanklike getuie te wees. Hy het vanuit die veiligheid van sy woning en werf sekere waarnemings gemaak en sekere dinge gehoor en sy getuienis bevat geen weersprekings nie.




Evaluerinq van die Beskuldigde



[189] By oorweging van die beskuldigde se getuienis blyk dit dat sy getuienis nie alleen weersprekings bevat nie maar dat daar ook teenstrydighede voorkom tussen sy getuienis en wat gestel is ten behoewe van hom aan getuies. Sekere wesenlike aspekte van sy getuienis blyk ook onwaarskynlik te wees en onversoenbaar met getuienis deur veral Sedisa en October, welke getuies mekaar staaf in wesenlike opsigte



[190] Die beskuldigde het na bewering op 3 geleenthede op die betrokke dag, die oorledene weggestoot van hom. Daar is geen rede waarom hy nie van die oorledene kon wegkom deur om vinnig in sy motor te klim, die deure te sluit en n oproep te maak aan die polisie vir hulp, of om weg te ry of om ver weg te hardloop na n ander plek nie. Die beskuldigde het sy siening oor weghardloop duidelik uitgedruk. Hy se hy het verkies om weg te hardloop na Mnr Sedisa se huis toe "soos 'n lafaard."



[191] Toe die beskuldigde merk dat die oorledene nie met hom wou praat nie, wou hy die oorledene fisies dwing om op te hou wegloop deur sy sak vas te hou . derhalwe kan die afleiding gemaak word dat die beskuldigde se siening was dat die oorledene hom moes gehoorsaam. Hierdie houding strook ook met die woorde wat die beskuldigde geuiter het aan die oorledene se dogter dat hy die oorledene moes straf.



[192] Dit blyk onwaarskynlik te wees dat die oorledene die beskuldigde wat met 'n vuurwapen bewapen was sou aanval of hom selfs fisies sou verset het. Dit is opmerklik hoe die beskuldigde hom distansieer van enige geweldadige optrede deur homself in die verlede en op die dag van die voorval. Mev Swarts getuig van sy aanranding op haar man en die voorval met die golfstok Carolus getuig van sy aggressiewe houding met die plank.




[193] Toe die beskuldigde sien dat die oorledene aanloop, kon hy net in sy motor klim en wegry. Dit sou die gewone optrede wees van n persoon wat nie kwaad en ontsteld was nie. Die beskuldigde se dat hy nie weet wat het hom laat uit sy motor klim nie. Die getuies Sedisa en October het beide harde stemme gehoor praat. Dit is nie die optrede van 'n persoon wat kalm was nie. Dit is die optrede van n aggressiewe mens.



[194] Die beskuldigde se verduideliking dat Sedisa op die toneel gekom het toe hy op die grond le met die beskuldigde bo op hom en dat Sedisa dit verwar met die beskuldigde wat die oorledene in die motor wou dwing gaan nie op nie.



[195] Die beskuldigde se getuienis is dat hulle op die grond gestoei het ongeveer 3 meter weg van die motor. Mnr Sedisa het gese dat beide die beskuldigde en die oorledene het gestaan toe hy hulle aantref. Dit is hoogs onwaarskynlik dat Mnr Sedisa so verward kon wees.



[196] Dr Chong verduidelik dat die oorledene die funksionaliteit in sy regter hand sou verloor na die koeel sy hand getref het. Die oorledene sou natuurlik die wond in sy hand as pynlik ervaar. Hy sou geaarsel het en sou heel moontlik sy hand vasgehou het. Tog se die beskuldigde dat die oorledene hom om die agterkant van sy motor agterna gesit het en hom gekonfroteer het by Sedisa se voordeur.



[197] Dit is ook onwaarskynlik dat die oorledene sou kon worstel met die beskuldigde by die huis se deur met een ernstige beseerde hand en nog daarin slaag om die vuurwapen af te trek met een hand. Die oorledene kon nie 'n ernstige gevaar daargestel het in daardie toestand nie. Hy het in elk geval geen mes gehad om die beskuldigde mee te dreig daar by Sedisa se deur nie.



[198] Die beskuldigde gee geen beskrywing oor waarom hy nie kon weg hardloop van die deur nie. Hy se nie dat die oorledene hom vasgekeer het en dat hy geen ander uitweg gehad het nie. Sy weergawe ontbreek aan n verduideliking oor waarom hy nie die afvuur van die laaste skoot kon vermy nie.



[199] Dit is baie onwaarskynlik dat die oorledene wat op daardie stadium n vuurwapen wond in sy hand opgedoen het, die beskuldigde sou agterna sit. Dit volg dat die beseerde, naamlik die oorledene eerder as die beskuldigde Sedisa se hulp wou ontbied. Die beskuldigde beweer hy het nie aan Sedisa se deur geklop nie. Dit is teenstryding met Sedisa se getuienis dat die persoon wat om hulp kom vra het, het aan sy deur gekap.



[200] Die beskuldigde se weergawe dat hy n waarskuwingskoot in die teer op die pad geskiet het kan gevolglik nie waar wees nie. Daar is ook nie n koeel merk in die pad gevind nie. Mnr October het net een skoot naby sy huis gehoor.



[201] Die beskuldigde se bewering dat hy geskok en getraumatiseerd was van die tyd toe die oorledene in mekaar sak na die noodlottige skoot, strook nie met sy optrede op daardie tyd nie. Hy het rasioneel opgetree deur die oorledene se liggaam van die toneel te verwyder, die oorledene se handsak en mes op te tel, die sak by die liggaam van die oorledene te los, die mes in sy motor te los, die motor te laat was, om n heelwat moontlike rede te gee aan Mnr Burger vir die bloed in die motor, om 3 rondtes in sy vuurwapen te vervang en om vir 4 ure by die strand te Macassar te le en slaap. Dit is glad nie die optrede van n persoon wat so geskok is dat hy nie helder kan dink nie.



[202] Sedisa se hy het n geraas gehoor tussen 08h00 en 08h15. Grobbelaar was 8h50 op die toneel. Burger ontvang die motor by sy wassery tussen 09h30 en 10h00 voormiddag. Die beskuldigde het sonder veel huiwering ontslae geraak van die liggaam tussen 08h15 en 09h30. As gevolg daarvan kan sy verduideliking dat hy die liggaam verwyder het omdat hy geskok was nie aanvaar word nie.

[203] Indien hy betrokke was in 'n skietery wat per ongeluk gebeur het, kon hy die polisie bel en die liggaam en mes op die toneel los vir die polisie om self die bewyse te sien van hoe die skietery gebeur het. As 'n polisie beampte, weet hy dat hy bewyse nie moet verwyder nie. Dr Chong het getuig dat die oorledene binne sekondes sou sterf. Die beskuldigde kon dus sien toe hy die oorledene in sy motor laai, dat hy leweloos was en nie meer asem gehaal het nie. Dit is bloot gerieflik vir die beskuldigde om nou te beweer dat hy die oorledene hospitaal toe wou neem. Hy het 2 skote by Sedisa se deur afgevuur. Dit is die optrede van iemand wat die oorledene wou bykom ten alle koste.



[204] Mnr October bevestig Mnr Sedisa se getuienis dat een skoot alleen eers afgevuur is en dat twee verder skote later afgevuur is met die tweede en laaste skote onmiddelik na mekaar. Mnr October se ook dat die tweede en derde skote verder weg van sy huis afgevuur was. Derhalwe was twee skote afgevuur by die deur van Sedisa. In die lig hiervan moet die beskuldigde se weergawe van een skoot wat per ongeluk afgevuur is by die deur verwerp word.



[205] Die logiese gevolgtrekking is dat die beskuldigde wou verhoed dat die oorledene weg kom. Die beskuldigde was roekeloos oor die gevolge vir die oorledene. Derhalwe het die beskuldigde bedoel om die oorledene raak te skiet.



[206] Die hof aanvaar die weergawe van die staat omdat dit duidelik bo redelike twyfel bewys is dat die beskuldigde die oorledene gedood het deur om hom koelbloedig met n vuurwapen te skiet deur sy kop nadat hy alreeds die oorledene geskiet het in sy regter hand in so n mate dat hy nie sy hand kon gebruik op daardie stadium nie en nadat hy n vorige skoot by die deur afgevuur het.



[207] Die staat se omstandigheidsgetuies, gepaard met die beskuldigde se artikel 220 erkennings en sy optrede na die voorval, bewys bo redelike twyfel dat die beskuldigde direk die dood van die oorledene veroorsaak het deur sy doelbewuste, blaamwaardige optrede.



[208] Derhalwe moet die beskuldigde se weergawe verwerp word as nie moontlik redelik waar nie. Sy weergawe verswak geensins die saak van die staat nie.




[209] Nugent J in S v Van der Meyden 1999 (1) SASV 447 (W) 1999 (2) SA 79


druk dit uit soos volg: op 449f - 450b:



'It is difficult to see how a defence can possibly be true if at the same time the State's case with which it is irreconcilable is 'completely acceptable and unshaken'. The passage seems to suggest that the evidence is to be separated into compartments, and the 'defence case' examined in isolation, to determine whether it is so internally contradictory or improbable as to be beyond the realm of reasonable possibility, failing which the accused is entitled to be acquitted. If that is what was meant, it is not correct. A court does not base its conclusion, whether it be to convict or to acquit, on only part of the evidence. The conclusion which it arrives at must account for all the evidence .

The proper test is that an accused is bound to be convicted if the evidence establishes his guilt beyond reasonable doubt, and the logical corollary is that he must be acquitted if it is reasonably possible that he might be innocent The process of reasoning which is appropriate to the application of that test in any particular case will depend on the nature of the evidence which the court has before it. What must be borne in mind, however, is that the conclusion which is reached (whether it be to convict or to acquit) must account for all the evidence. Some of the evidence might be found to be false; some of it might be found to be unreliable; and some of it might be found to be only possibly false or unreliable; but none of it may simply be ignored." (Sien ook: S v Trainor 2003 (1) SASV 35 (HHA) te 40h - 41a; S v Van Aswegen 2001 (2) SASV 97 (HHA)te 101b.)



[210] Die staat het toegegee dat dit nie die bewyslas gekwyt het nie ten opsigte van die menseroof en regs verydeling klagtes nie. Die beskuldigde word dus onskuldig bevind op klagtes 1, die van menseroof en klagte 3, die van regsverydeling.




[211] Die beskuldigde word dus skuldig bevind aan aanklag 2, die van moord.







ALLIE, J