South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 121
| Noteup
| LawCite
Waldeck v S (A97/2010) [2011] ZAWCHC 121 (1 February 2011)
Download original files |
Republiek van Suid-Afrika
In die Hooggeregshof van Suid-Afrika
(Wes-Kaap Hoe Hof, Kaapstad)
Saaknommer: A97/2010
In die appel van:
Petrus Waldeck …............................................................................................Appellant
en
Die Staat …..................................................................................................Respondent
Uitspraak Gelewer: Februarie 2011
LOUW R
[1] Die appellant wat deurgaans deur regsverteenwoordigers bygestaan is, het 14 Desember 2007 in die Streekhof op Malmesbury onskuldig gepleit op 'n aanklag dat hy op 24 Februarie 2007 op Malmesbury vir Heinrich Herdien vermoor het deur horn met 'n mes te steek. Die appellant het aanvanklik geen pleitverduideliking verskaf nie.
[2] Die staat het daarop die getuienis van twee getuies aangebied. Op 14 Desember 2007, gedurende die loop van die kruisverhoor van die tweede getuie, Celie, het Mnr. Verwant wat tot op daardie stadium namens die appellant opgetree het, as sy regsverteenwoordiger onttrek. Die saak is daarop uitgestel en by die
hervatting van die verrigtinge op 22 April 2008 is die appellant deur 'n nuwe regsverteenwoordiger bygestaan en net hy sekere skriftelike erkennings ingevolge Artikel 220 van die Strafproseswet gemaak. Hierdie erkennings het daarop neergekom dat hy die oorledene met opset in die vorm van dolus eventualis een hou met n mes in sy bors gesteek het as gevolg waarvan hy dood is. Hy het die omstandighede waaronder hy die oorledene die noodlottige wond toegedien het soos volg in sy erkenning uiteengesit:
'8.
Op genoemde aand was ek in die kroeg en wou gaan urineer. By
die
toilet het die oorledene en sy vriende mense voorgekeer en ek
het gesien
hulle wou hul beroof. Ek het besluit om buite te
urineer. Die oorledene
en een vriend het my gevolg tot by die
heining. Die een het my geklap.
Die oorledene het my deursoek en
niks gevind nie. Ek was woedend en
het horn geskel. Die oorledene
het na my gesteek en skrams getref. Hy
het geloop.
i
9. Ek het agter horn aangegaan en 'n mes uit my broek gehaal en horn in die bors gesteek.
10. Ek erken dat ek die perke van noodweer oorskry het, want hy het my nie meer bedreig nie.
11. Ek erken dat ek geweet het ek doen verkeerd en dat ek gestraf kon word.
12. Ek het opregte berou oor my optrede.'
[3] Die staat het die feite soos in die verklaring uiteengesit, aanvaar en het daarop sy saak gesluit Die beskuldigde het toe ook sy saak gesluit. Op sterkte van die getuienis wat tot op daardie stadium deur die staat aangebied is en van die erkennings wat die appellant gemaak het, is hy daarop aan moord skuldig bevind.
[4] Die appellant is daarop tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.
[5] Die appellant appelleer nou met verlof van die hof a quo teen die vonnis wat horn opgele is.
[6] Ten tyde van vonnisoplegging op 22 April 2008, was die appellant 57 jaar oud. Hy is ongetroud maar hy het reeds vir jare saam met 'n vrou gewoon wat nie self werk nie en wat fisies gestrem is en wat van die appellant afhanklik is en by wie hy drie kinders het wat indertyd sewentien, veertien en elf jaar oud was. Hy was reeds vir twintig jaar in diens van die Sasko bakkery gewees en het n salaris van R3 500.00 per maand verdien as 'n opsiener oor die bakkery se voertuie. Hy het een vorige veroordeling vir aanranding met die opset om ernstig te beseer wat op 31 Maart 2003 gepleeg is. Hy is vir daardie misdryf n boete van R5 000.00 of twaalf maande gevangenisstraf opgele waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is.
[7] By die aanvang van die appel het Mnr. Booth namens die appellant betoog dat die verhoorlanddros 'n voorvonnisverslag moes bekom het aangesien die appellant klaarblyklik die enigste broodwinner is van sy gesin wat uit drie jong kinders en 'n fisies gestremde vrou bestaan.
[8] Die landdros het bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n ligter vonnis as vyftien jaar gevangenisstraf regverdig het. Hierdie omstandighede was dat die appellant reeds 57 jaar oud was, onder die invloed van drank was en dat hy deur die oorledene en sy vriende geprovokeer was. Die landdros was egter nie indertyd bewus daarvan dat die appellant se lewensmaat fisies gestrem was, dat sy nie instaat was om te werk nie maar dat sy wel 'n ongeskiktheidstoelaag ontvang. Die landdros se in sy uitspraak oor vonnis dat hy nie seker is wat die provokasie was nie. In hierdie verband het die landdros verwys na stellings wat in kruisverhoor aan die staatsgetuies gemaak is tewete dat die oorledene met 'n byl na die appellant sou gekap het. Dit is ook in kruisverhoor namens die appellant teenoor die getuie Celie bevestig dat die appellant eers die mes in sy bakkie gaan haal het. Daarenteen was daar die verklaring en erkenning wat die appellant voor die hof geplaas het, tewete dat daar 'n poging was om horn te beroof en dat hy 'n skramshou deur die oorledene toegedien is. Die landdros het ook tereg daarop gewys dat die appellant 'n ander se lewe geneem het en dat dit 'n ernstige misdryf is.
[9] In die lig daarvan dat daar nie getuienis voor die hof was oor die omstandighede van die appellant se afhanklikes was nie, is die appel gevolglik uitgestel vir die verkryging van verslae van 'n proefbeampte en 'n korrektiewe beampte. Hierdie verslae is nou voor hierdie hof.
[10] Hierdie verslae toon dat die appellant se lewensmaat met wie hy sedert 1989 saamwoon op vyfjarige ouderdom polio opgedoen het en dat sy gevolglik fisies gestrem is. Sy is medies ongeskik verklaar om te werk. Sy werk nie, maar ontvang n ongeskiktheidspensioen van R1 080.00 per maand. Sy pas ook haar bure se baba op waarvoorsy R400.00 permaand ontvang. HaartotaleinkomsteisdusR! 480.00. Die twee oudste kinders, seuns, is werkloos en die jongste kind, 'n dogter van veertien jaar is in graad ses op skool. Die kinders woon almal by hul moeder in die appellant se huis op Malmesbury en hulle is almal afhanklik van die R1 480.00 wat die appellant se lewensmaat kry.
[11] Die appellant se toesighouer by sy werk het ook gemeld dat die appellant 'n positiewe werksverhouding gehandhaaf het, dat hy pligsgetrou en toegewyd was en dat hy horn sal ondersteun in sy pogings om weer werk te bekom. Dit blyk ook uit die verslae dat die appellant sedert 22 April 2008 goed aangepas het by die lewe in die gevangenis en dat hy met die owerhede saamwerk. Hy is na n ruk aangestel as 'n eenheidskoonmaker en is tans ingeskakel by die wassery afdeling. Hy het reeds verskeie lewensvaardigheidskursusse suksesvol afgete en hy sal vanaf April 2011 inskakel by 'n aggressie program.
[12] Dit wil dus voorkom of die appellant 'n moontlik goeie kandidaat is vir *n aansoek ingevolge art 276A van Wet 51 van 1977 deur die Kommissaris van Korrektiewe dienste vir die omskakeling van sy vonnis na die van korrektiewe toesig.
[13] Hierdie is egter 'n appel teen die vonnis wat die landdros indertyd met die inligting wat toe voor horn was en moes gewees het opgele het.
[14] Me Kortje het namens die staat betoog dat ten spyte van die verdere inligting wat uit die bovermelde verslae blyk. die vonnis van tien jaar gevangenisstraf nie 'n skokkend onvanpaste vonnis is nie en dat daar nie met die vonnis ingemeng moet word nie. Sy het veral tereg klem gele op die erns van die misdryf en dat 'n ander se lewe geneem is.
[15] Mnr Booth het betoog dat in die lig van die verdere inligting die vonnis van tien jaar gevangenisstraf uitermate swaar is. Hy het betoog vir 'n vonnis wat die effek sou he dat die appellant wat nou reeds amper drie jaar uitgedien het, op korrektiewe toesig met streng voorwaardes vrygelaat word.
[16] Ek meen dat n effektiewe vonnis van drie jaar gevangenisstraf nie die erns van die misdryf sal reflekteer nie. Hoewel die appellant teenoor die proefbeampte berou verwoord het, is dit steeds nie seker presies wat aanleiding gegee het daartoe dat die oorledene gedood is nie. Die proefbeampte merk op dat die weergawe wat die appellant aan haar verstrek het, nie ooreenstem met die weergawe wat die appellant in sy pleit van skuldig aan die hot gegee het nie.
[17] Die vonnis van tien jaar gevangenisstraf is gegewe die ouderdom van die beskuldigde en die omstandighede waaronder die voorval volgens die appellant se weergawe, wat deur die staat aanvaar is, plaasgevind het, 'n stywe vonnis. Ek meen dat daar in die lig van die verdere inligting wel met die vonnis ingemeng moet word deur drie jaar van die vonnis voorwaardelik op te skort. Dit verminder die effektiewe gevangenisstraf na sewe jaar gevangenisstraf maar sal voorsiening maak vir 'n tydperk van korrektiewe toesig.
[18] Die volgende bevel word gevolglik gemaak:
Die appel teen vonnis slaag;
Die skuldigbevinding word bekragtig maar die vonnis moet vervang word met die volgende vonnis:
Tien jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar vir n tydperk van vyf jaar vanaf die datum van sy vrylating opgeskort word op voorwaarde dat die appellant nie weer skuldig bevind word aan 'n misdryf wat geweld teenoor die persoon van 'n ander inhou, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting en tenopsigte waarvan hy gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van n boete.
W.J. LOUW
Regter van die Hooggeregshof
Ek stem saam.
M.H. Van Heerden
Waarnemende Regter van die Hooggeregshof