South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 135

| Noteup | LawCite

Julius and Ander v Windvogel en Anders (24767/10) [2011] ZAWCHC 135 (10 February 2011)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


[KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]



Saaknommer: 24767/10



In die saak tussen:

BEREND MARTHINUS JULIUS ….......................................................................Eerste Applikant



ANNA JOHANNA JULIUS …..............................................................................Tweede Applikant


en


HENRY DAVID WINDVOGEL …......................................................................Eerste Verweerder

LEUGATHRA DEPHNIE IRENE WINDVOGEL ….....................................Tweede Verweerder

REGISTRATEUR VAN AKTES, KAAPSTAD ….............................................Derde Verweerder








UITSPRAAK GELEWER: 10 FEBRUARIE 2011







FOURIE, R:

[1] Applikante het op 8 Deseinber 2010 die hof genader vir tussentydse regshulp hangende the finale beregting van 'n aksie wat hulle teen respondente ingestel het onder saaknommer 23838/10. Respondente het daarop kennis gegee van hulle voorneme om die aansoek te bestry.



[2] In hulle opponerende stukke voer respondente aan dat hulle geen beswaar het teen die toestaan van die regshulp aangevra in paragraaf 1 van die kennisgewing van mosie nie, alhoewel hulle van mening is dat applikante nie 'n behoorlike saak uitgemaak het vir die aangevraagde regshulp nie. Respondente dui egter verder aan dat die aansoek bestry word weens die feit dat applikante 'n kostebevel teen hulle aanvra.



[3] Ten aanvang moet gemeld word dat applikante die aansoek geloods het by wyse van 'n kort kennisgewing van mosie (Vorm 2a) en nie die gebruiklike Vorm 2 nie. Vorm 2a word gebruik in ex parte of interlokutore aansoeke. Dit word ook aangewend in gevalle waar van die voorskrifte van die reels afgewyk word ten einde die hof op 'n dringende basis te nader. In die onderhawige geval word geen bewerings aangaande dringendheid deur applikante gemaak nie, soos vereis deur reel 6 (12). Dit volg dus dat die aansoek in ieder geval formeel gebrekkig is.



[4] Hoe dit ookal sy, respondente maak nie beswaar teen die verlening van regshulp ooreenkomstig paragraaf 1 van die kennisgewing van mosie nie. Al wat dus werklik beregting verg, is die koste-aspek. Aanvanklik was my gevoel dat koste behoort oor te staan vir beregting ten tyde van die hoofsaak. By verdere oorweging is ek egter van oordeel dat hierdie nie 'n gepaste geval is waar koste behoort oor te staan nie.



[5] Die hoofrede vir hierdie gevolgtrekking, is die versuim van applikante om in hulle stukke enige feitelike gronde te verskaf waarom dit vir hulle nodig was om die hof te nader (en veral ook op 'n dringende basis) vir die aangevraagde regshulp. Die regshulp wat in paragraaf 1 van die kennisgewing van mosie aangevra word, is 'n interdik om respondente te belet om die onroerende eiendom, wat respondente in 2004 aan applikante verkoop het, te vervreem of met 'n verband te beswaar. Dit is gebruiklik om in 'n aansoek van hierdie aard te toon dat daar stappe geneem word om die eiendom te vervreem of te beswaar of, minstens, dat daar dreigemente is om dit te vervreem of te beswaar.



[6] Die hoogwatermerk van die argument namens applikante, is dat, gesien die houding van respondente dat hulle die ooreenkoms gekanselleer het, dit verwag kan word dat hulle stappe tot vervreemding of beswaring van die eiendom mag neem. Dit is egter nie voldoende gronde om 'n hof vir tussentydse regshulp te nader nie. Daarbenewens sou ek verwag het, indien daar wel gronde vir hierdie vrees sou wees, die applikante se prokureurs dit op skrif sou geplaas het, met die versoek dat respondente 'n onderneming moet gee dat die eiendom nie vervreem of beswaar sal word nie. Dit het egter nie gebeur nie.



[7] In hierdie omstandighede is ek van oordeel dat applikante se optrede onnodige koste vir respondente veroorsaak het, en daar geen rede is waarom respondente nie in hierdie omstandighede op hulle koste geregtig is nie. Daarbenewens is ek van mening dat, wat die huidige koste-argument betref, ek in ieder geval in n beter posisie is as die verhoorregter wat mettertyd die hoofaksie sal beslis, om Yi beslissing daaroor te gee.




[8] Die beslissing van die hof is:

  1. Dat 'n bevel gemaak word ooreenkomstig paragraaf 1 van applikante se kennisgewing van mosie, gedateer 11 November 2010.

  2. Dat eerste en tweede applikante, gesamentlik en afsonderlik, aanspreeklik verklaar word vir die betaling van eerste en tweede respondente se gedingskoste.


P B Fourie, R