South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 154
| Noteup
| LawCite
Vos en Anders v S (A 107/2005) [2011] ZAWCHC 154 (18 February 2011)
Download original files |
Republiek van Suid-Afrika
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNR: A 107/2005
In die saak van
BURLYN ROUX VOS ….......................................................................Eerste Appellant
MARK JACK DEPPE …......................................Eerste Applikant / Tweede Appellant
HENRY JOHN DOUMAN …................................Tweede Applikant / Derde Appellant
en
DIE STAAT …...............................................................................................Respondent
UITSPRAAK GELEWER : 18 FEBRUARIE 2011
SMIT, WR et MOOSA, R:
[1] Tweede en derde appellante in bogemelde aangeleentheid (hierinlater onderskeidelik na verwys as "Deppe" en "Douman") is in die Streekhof, Bellville, skuldig bevind aan 'n klagte van huisbraak en diefstal, deurdat hulle op 18 November 1995 te Chavonnestraat 9, Welgemoed, by 'n woonhuis ingebreek het en, onder andere, 'n wit Mazda-bakkie gesteel het. Deppe isgevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf en Douman tot vier jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte opgeskort is.
[2] Die klaer in die betrokke aanklag het getuig dal daar op of ongeveer 18 November 1995 by sy huis te Chavonnestraat 9, Welgemoed, ingebreek is en dat sy wit Mazda-bakkie, wat in die motorhuis gestaan het, sowel as 'n hele aantal artikels, waaronder sy brandkluis, 'n videomasjien, 'n TV-stel, 'n mikrogolfoond, *n faksmasjien en sy identiteitsboekie gesteel is.
[3] Op 4 Januarie 1996 het inspekteur Steenkamp sommige van die vermiste artikels aan hom getoon en op 7 Februarie 1996 het hy sy vermiste bakkie by die Bellville Polisiestasie uitgeken.
[4] Die enigste direkte getuienis aangaande die betrokke inbraak, was die van 'n medepligtige, Edward Isaacs. Hy het getuig dat eerste appellant ("Vos") hom by sy huis gekry het het, waarna hulle vir Deppe en Douman ontmoet het. Hy het by die betrokke huis waggehou terwyl al drie appellante die huis binnegegaan het. Na 'n rukkie is hy na die motorhuis toe geroep waar hy gehelp het om die gesteelde goedere op die bakkie te laai. Douman het die bakkie daarvandaan bestuur, maar Isaacs se getuienis oor wat van die gesteelde goedere geword het, is nie duidelik nie. Daar is geen getuienis dat enige van die gesteelde items (behoudens die bakkie) in besit van hetsy Deppe of Douman gevind is nie.
[5] Die verhoorhof het tereg bevind dat Isaacs se getuienis nie sonder stawing aanvaar kon word nie, maar tot die gevolgtrekking gekom dat die gebeure rondom die polisielokval op 6 Februarie 1996 voldoende stawing vir die getuienis van Isaacs daargestel het. Isaacs het, kort voordie voorval op6 Februarie 1996, diepolisiebeamptes Coetzee en Campher meegedeel dat Vos hom ingelig het dat hy en Deppe in finansieie nood was en 'n kopergesoek het vir 'n prys van R18 000,00, vir die bakkie wattydensdie inbraak by Smit gesteel is.
[6] Daar is deur die polisielede besluit om 'n lokval te stel, waarna Isaacs vir Vos gebel het om die verkoping van die bakkie te reel Douman het op 6 Februarie 1996 met die bakkie op die toneel van die beplande lokval aangery gekom, waarna hy aangebied het om die bakkie aan die lokvink, ene Dias. te verkoop. Die landdros het bevind dat al drie die appellante op die toneel was om die gesteelde bakkie te verkoop en hulle weergawe, dat hulle besig was om 'n polisielokval te stel vir 'n onwettige wapen transaksie, as vals verwerp. Die hof het verder bevind dat die appellante nie 'n verklaring gegee het dat hulle op 'n "aanvaarbare" wyse in besit van die bakkie gekom het nie en dat dit voldoende stawing vir Isaacs se weergawe daargestel het.
[7] Die hof het bowendien die getuienis aanvaar dat die bourommel wat agter op die bakkie gevind is, dieselfde oorsprong gehad het as bourommel wat by Douman se woning gevind is. Daar is verder, op dieselfde aand, 'n masker en 'n pruik in Douman se motor gevind.
[8] Hierdie hof het bevind dat die landdros se geloofwaardigheidsbevindings geregverdig was en dat daar nie mee ingemeng kon word nie. Die landdros se bevindings dat daar voldoende stawing vir die getuienis van Isaacs was. is derhalwe bevestig.
[9] Tydens die aanhoor van die aansoek om verlof tot appel, het die vraag ontstaan of die verhoorhof en hierdie hof korrek was deur die valse getuienis van die appellante met betrekking tot hulle beheer oor en beoogde aanwending van die bakkie, voldoende was om die getuienis te staaf dat hulle die bakkie tydens die inbraak op 18 November 1995 gesteel het. Die telefoongesprek waartydens die lokval deur Isaacs gestel is, het plaasgevind tussen horn en Vos en dit moet moontlik as 'n redelike moontlikheid aanvaar word dat Vos vir Deppe en Douman betrek het ten einde die verkoping van die gesteelde voertuig, wat moontlik deur Vos en Isaacs gesteel was, te bewerkstellig.
[10] 'n Ander hof mag moontlik bevind dat die leuenagtige getuienis van Deppe en Douman rondom die gebeure op 6 Februarie 1996 afgele is ten einde hulle te distansieer van die bakkie wat volgens hulle wete gesteel was. maar dat dit nie noodwendig daarop dui dat hulle self by die diefstal betrokke was nie.
[11] Ons is, in die lig van die bogemelde oorweging, van mening dat daar 'n redelike vooruitsig bestaan dat 'n ander hof tot die gevolgtrekking mag kom dat die stawende getuienis waarop die verhoorhof en hierdie hof gesteun het. onvoldoende was om skuld aan die kant van Deppe en Douman bo redelike twyfel daar te stel.
■
[12] Daar word gevolglik verlof aan eerste en tweede applikant (Deppe en Douman) verleen om appel teen die skuldigbevinding ten opsigte van klagte 5 aan te teken na die Hoogste Hof van Appel.
SMIT, WR: Ek stem saam
A J SMIT
Moosa, R: Dit word so beveel.
E MOOSA