South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 158

| Noteup | LawCite

Wagenaar v S (A469/2010) [2011] ZAWCHC 158 (25 February 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WE-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: A469/2010

DATUM: 25 FEBRUARIE 2011



In die saak tussen:

GLORIA WAGENAAR …....................................................................Appellant

en


DIE STAAT ….................................................................................Respondent



UITSPRAAK






LOUW, R:



Die appellant, wat deurgaans deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is het in die Landdroshof op Oudtshoorn tereg gestaan op h aanklag dat sy die bepalings van artikel 63(1) van die Nasionale Padverkeerswet 94 van 1996 oortree het deur op 3 Desember 2009 in Voortrekkerweg, Oudtshoorn, n Golf motorvoertuig nalatige bestuur het. Artikel 63(1) van die Wet skep inderwaarheid twee misdrywe, te wete nalatige en roekelose bestuur. Die appellant is egter slegs aangekla van nalatige bestuur en nie van die meer ernstige misdryf te wete roekelose bestuur nie.



Die appellant het op 29 April in die Landdroshof onskuldig gepleil op die aanklag en ter verduideliking is daar namens haar deur haar regsverteenwoordiger gese dat sy wel by die stopteken gestop het, dat sy behoorlik uitgekyk het en daarna in Voortrekkerweg in gedraai het. By die afloop van die verhoor op 3 Mei 2010, is die appellant skutdig bevind aan nalatige bestuur van Yi motorvoertuig en is sy op dieselfde dag gevonnis tot R800.00 of ag maande gevangenisstraf wat in geheel vir h tydperk van vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort is. Die appellant appelleer nou met die verlof van die hof a quo, wat op 13 Mei 2010 aan haar toegestaan is, teen betde haar skuldigbevinding en die vonnis wat haar opgele is.



Die enigste getuie namens die staat was kaptein Jan Hendrik Olivier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy het 32 jaar diens in die polisie en hy was ten tyde van die voorval Yi opleidingsbeampte by die polisiekollege. Hy het getuig dat hy op die betrokke dag met sy motorfiets in Vi noordelike rigting in Voortrekkerweg gery het. Voortrekkerweg is op daardie punt waar hy gery het, 'n dubbellaanpad met twee bane in 'n noordelike rigting en twee bane in 'n suidelike rigting. Volgens Olivier het hy in die regterbaan gery. Hy het die aansluiting van Voortrekkerweg en Hugenotestraat, wat van sy linkerkanl by Voortrekkerweg aansluit, genader teen, so het hy getuig, Yi spoed van minder as 60 kilometer per uur.



Hy het later ges6 dat hy is heeltemal seker dat hy nie vinniger gery het nie aangesien daar 'n spoedlokval in Voortrekkerweg was, net voordat 'n mens by die Hugenotestraat-aansluiting kom. "n Stel foto's, wat die aansluiting by Voortrekkerweg uitbeeld, is by die verhoor ingehandig as deel van die staat se getuienis. Dis gemene saak dat Voortrekkerweg 'n reguit stuk pad is wat vir "n hele ent aan beide kante van die aansluiting Yi onbelemmerde uitsig verleen. Olivier het getuig dat die appellant se voertuig nie by die aansluiting, wat deur n stopteken beheer word, gestop het nie en dat sy nie, soos hy verwag het, in die linkerbaan van Voortrekkerweg in gedraai het nie, maar dat sy reg voor horn in die regterbaan in beweeg het.



Volgens horn moes hy gevolglik vinnig rem en na links uitswaai om 'n botsing met die appellant se voertuig te vermy. Hy getuig dat hy daarna vir 'n ent aan die linkerkant van die appellant se voertuig gery het en dat hy deur die passasiersruit met haar probeer kontak maak het. Sy het horn egter oenskynlik opgemerk. maar haar arms in die lug gegooi en, soos hy dit gestel het, begin skel. Olivier het toe die voertuig se registrasienommer geneem en omgedraai en het Yi klagte by die polisiestasie gaan le.



Hy se dat hy die botsing vermy het omdat hy op 'n motorfiets was, maar dat as hy in 'n motorvoertuig gery het, hy nie die botsing sou kon vermy het nie. Hy se dat hy wel die appellant se voertuig opgemerk het voordat dit by die aansluiting gekom het en dat volgens die spoed wat die voertuig gery het, hy aangeneem het dat die voertuig by die stopteken sou stilhou. Daar was volgens horn baie min verkeer in 'n noordelike rigting waarin hy gery het.



In krutsverhoor is dit aan horn gestel dat die appellant sou getuig dat sy wel by die stopteken stilgehou het en dat nadat sy by Voortrekkerweg ingedraai het, sy, nie soos hy getuig het in die regterbaan in gedraai het nie, maar in die linkerbaan voortbeweeg het. Hy het die stelling ten sterkste ontken. Hy het ook getuig dat die aansluiting 'n gevaarlike aansluiting is, waar daar oor die jare verskeie ongelukke plaasgevind het.



Die appellant het self getuig en sy her haar moeder, me Solomons, wat 'n passasier in die linker voorste sitplek van die voertuig was, as 'n getuie geroep. Die appellant het getuig dat Hugenotestraat h redelike styl afdraande het en dat sy by die stopteken stilgehou het, deeglike observasies gedoen het en toe na links, in die linkerbaan van Voortrekkerweg in gedraai het. Volgens haar was daar geen aankomende verkeer in Voortrekkerweg nie en het sy, net toe sy haar wiele reguit maak in Voortrekkerweg, opgemerk dat Olivier aan die linkerkant van haar voertuig langs haar ry. Sy getuig:



"Die oomblik toe ek my wiele reguit draai, toe sien ek net die persoon links van my met die motorfiets."




Sy getuig ook:



''Daar is nie Yi manier dat jy Hugenotestraat nie kan stop nie. Daar is aankomende verkeer en dis Yi hoofweg. So as ek oor die stop moes ry, dan het ek definitief Yi ongeluk veroorsaak. Daar is nie 'n manier nie, jy moet stop"



Die appellant het getuig dat sy in Voortrekkerweg ingedraai het, omdat daar geen aankomende verkeer was nie. Volgens haar moes Olivier "met Yi spoed gekom het". Dit is die enigste verklaring wat sy kan verskaf oor hoekom sy nie die motorfiets gesien het, hoewel sy, volgens haar, deeglik uitgekyk het. Me Solomons het ook getuig dat haar dogter by die stopteken stilgehou het, dat sy, soos gewoonlik, ook self uitgekyk het en dat daar geen aankomende verkeerd in Voortrekkerweg was nie en dat Olivier ewe skielik langs hulle aan die linkerkant gestop het.



Nou die landdros het nie die geskil oor of die appellant eers gestop het of nie besleg nie, maar het bevind dat op die appellant se eie weergawe, dat sy nie die motorfiets gesien aankom het nie, nalatig was omdat sy dan nie Yi behoorlike uitkyk gehou het nie. Nie die appellant of haar moeder het die motorfiets gesien nie en hulle kon dus nie Olivier se getuienis dat hy minder as 60 kilometer per huur gery het, betwis nie, behalwe om te spekuleer dat hy, soos die appellant dit gestel het, met Yi spoed moes aangekom het.



Dit is gemene saak gewees by die verhoor, dat die aansluiting van Hugenotestraat met Voortrekkerweg, Yi gevaarlike aansluiting is. Ek meen dat dit baie duidelik uit die foto's voor die hof en ook die getuienis van Olivier was, dat indien die appellant behoorlik uitgekyk het vir verkeer in Voortrekkerweg. sy die motorfiets sou gesien aankom het en dat sy nie voor die motorfiets sou ingedraai het nie. 'n Redelike persoon in die posisie van die appellant sou die motorfiets laat verbykom het voordat sy in Voortrekkerweg in gedraai het. Die appellant se optrede was dus nalatig.




Die landdros was dus, na my mening, heeltemal reg om die appellant op haar eie weergawe skuldig te bevind aan nalatige bestuur. Dit volg dus dat die skuldigbevinding bekragtig moet word. Die appellant is "n huisvrou en sy werk nie om geld te verdien nie. Sy is 'n opgeskorte vonnis van gevangenisstraf met die keuse van 'n boete opgelS. Die vonnis is nie skokkend onvanpas nie en daar is geen basis waarop hierdie hof met die opgelegde vonnis kan inmeng nie. Dit volg dus dat die appel teen die vonnis ook afgewys moet word en die volgende bevel word dan gemaak:

  1. Die appel word afgewys.

  2. Die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig. SABA. WnR: I agree.


SABA, WnR


LOUW, R: Dit word dan so beveel.


LOUW, R