South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 162

| Noteup | LawCite

Xabendini v S (A788/2010) [2011] ZAWCHC 162 (4 March 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER: A788/2010

DATUM: 4 MAART 2011




In die saak tussen:



THULANI WISEMAN XABENDINI ….................................................................Appellant

en

DIE STAAT ….................................................................................................Respondent




UITSPRAAK




W H VAN STAPEN, WnR:



1. Die appellant in hierdie saak is in die Landdroshof in die distrik Knysna skuldig bevind op twee aanklagte van onderskeidelik diefstal en besit van vermoedelik gesteelde goedere. Vir vonnisdoeleindes is die twee skuldigbevindings saamgevoeg en die Appellant is gevonnis tot 24 maande gevangenisstraf.



2. Die appellant wat skuldig gepleit het aan die twee aanklagte kom nou in ho£r beroep teen die gemelde vonnis van 24 maande gevangenisstraf



3. Wat die klagte van diefstal betref, is die Appellant daaraan skuldig bevind dat hy sewe pare sonbrille ter waarde van R4 900,00 gesteel net, terwyl as sekuriteitswag by die perseel waar die diefstal plaasgevind het, aangestel was. Die besit van die vermoedelik gesteelde goedere het betrekking op juweliersware ter waarde van R9 435,00 wat in Appellant se besit gevind is.




4. Namens die appellant is aangevoer dat:

4.1. Die verhoorlanddros nie genoegsaam in ag geneem het dat hy berou getoon het deur skuldig te pleit nie.

4.2. Hy vir "n tydperk van omtrent 4 maande as verhoorafwagtend aangehou is.

4.3. Die persoonlike omstandighede van die Appellant nie genoegsaam in ag geneem is nie.

4.4. Ander alternatiewe vonnisse nie behoorlik oorweeg is nie.

5. Daar is egter verskeie verswarende faktore in die
onderhawige geval, meer spesifiek die volgende:

5.1. Die Appellant net drie vorige veroordelings vir diefstal ten opsigte waarvan hy in 2002 en 2003 tot korrektiewe toesig gevonnis is en in 2007 tot 18 maande gevangenisstraf.

5.2. Die Appellant het die diefstal in die onderhawige geval gepleeg terwyl hy as sekuriteitswag, dus in Yi vertrouensposisie. aangestel was.

5.3. Tydens die uitdien van sy korrektiewe toesig-vonnis, waarna hierbo verwys word, het die Appellant volgens 'n proefbeampteverslag nie sy behoorlik samewerking gegee nie. Hy het die voorwaardes van die korrektiewe toesig by verskeie geleentheid gebreek.



6. Die bevoegdheid van "n hof om in te meng met "n vonnis wat deur 'n laerhof opgele is, is beperk. ($ v Kubido 1998 (2) SACR 213 te 216g-h en S v S 1985 (3) SA 102 (A).) Boonop het Vi mens hier met 'n situasie te doen waar die verhoorlanddros volledig en goed gemotiveerde redes gegee het vir die vonnis wat hy opgele" het. Dit kom voor asof hy alte moontlike alternatiewe vonnisse deeglik oorweeg het. Geert kritiek kan, na my mening, teen sy uiteensetting geopper word nie.

7. Die vonnis is na my mening uiters toegeeflik en verwek hoegenaamd nie enige gevoei van skok nie.

8. Alles in ag genome is my gevolgtrekking dat daar geen gronde is waarop ingemeng kan word met die vonnis wat deur die verhoorlanddros opgelS is nie.

9. Ek sou in die omstandighede die appel van die hand wys.




W H VAN STADEN, WnR

ZONDI. R: Ek stem saam.

ZONDI, R