South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 180
| Noteup
| LawCite
S v Lewack (SS53/2010) [2011] ZAWCHC 180 (24 March 2011)
Download original files |
IN DIE HOQGGEREGSHOF VAN SUID-AFR1KA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS53/2010
DATUM: 24 MAART 2011
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
CARLOS LEWACK
V O N N I S
VAN HEERDEN. WnR:
Mnr Lewack dit is geykte reg by oorweging van vonnis dat daar gekyk moet word na die aard en ems van die gepleegde misdaad of misdade, die gemeenskap se belange, asook die persoonlike omstandighede van die persoon wie gevonnis staan te word. In gepaste gevalle sal ook genade ingeweef word. U is tans 32 jaar oud en verhoorafwagtend sedert kort na die pleging van die misdade. Tydens pleeg van die misdade was u in diens van 'n swembadfirma. U was beskryf deur die eienaar, mnr Kevin Gardener, as 'n goeie werker. U was op daardie stadium ongeveer vier jaar in sy diens. U is die vader van 'n 11 of 12-jarige kind. Die kind is tans by u ex meisie. U net die kind laas gesien toe sy vyf jaar oud was. Hulle bly tans in Durban.
In soverre dit u misdaadrekord aanbetref, is daar een vorige veroordeling waar u 'n skulderkenning betaal het vir besit van dwelmmiddels. Vir misdade soos die waarvan u skuldig bevind is, is u tegnies 'n eerste oortreder. U is wel 'n eerste geweldsoortreder, maar u het tussen harde en bose elemente grootgeword. Die hof verwys na u lang verbintenis met die bekende en gevreesde American bende. Dwelms was deel van die bendekultuur. U het egter die verlede ontkom en stabiliteit gevind in 'n vaste werk en u meisie. U optrede die dag bly egter onverstaanbaar en natuurlik totaal onverskoonbaar.
Die gemeenskap se belange is 'n prioriteit vir hierdie hof Hierdie land, desnieteenstaande politieke vryheid, is oorspoel met ernstige misdade. Nuusblaaie, tydskrifte en die televisie media vermeld daagliks die aandrang wat daar is om veral geweldsmisdade swaar te bestraf. Die twee slagoffers, nou slegs deel van statistieke, was sagte teikens. Hulle was huishulpe in 'n huis waar daar streng sekuriteit was. Dit was die Jong Calvinia meisie se goed gelowigheid wat u tot die perseel toegang laat kry het.
Me Cedras verskaf, op 'n roerende wyse, 'n huldeblyk aan beide die oorledenes, haar voormalige huishulpe. Susie was 'n sagte, na'i'ewe, mensliewende en liefdevolle mens wat meer as net 'n huishulp vir haar was. Sy net haar orals saamgeneem en haar sonnige geaardheid geniet. Dit skeur haar om Susie op so 'n brutale wyse te verloor. Susie was op die vooraand van haar 21ste verjaarsdag en was kinderlik opgewonde daaromtrent. Phumla, aldus haar, was 'n 8til, eerlik en beskaafde vrou en 'n goeie moeder vir haar kind. Mnr Mangeli Vusani getuig dat hy sedert die dood van sy vrou nie meer dieselfde is nie. Hulle kind, huidiglik amper drie jaar oud, is 'n moeder ontneem en moet nou by die grootouers grootword. Hulle twee was op 'n grusame wyse van hulle mees kosbaarste besittings, te wete hulle reg tot lewe, ontneem terwyl hulle in die relatiewe veiligheid van 'n goed beskermde werkgewershuis was.
U self getuig ter strafversagting en verwys na die oorledenes as lieflike mense. U swyg egter steeds oor die motief vir jou optrede die dag. Waarom Susie ontklee is en waarom die vrouens so wreedaardig vermoor is. Wat hierna plaasgevind het is so wesenswekkend en skokkend dat tot 'n ervare polisiebeampte berading daarvoor moes ontvang. Beide die vrouens word in die veiligheid van die huis waarin hulle werk op 'n brutale wyse om die lewe gebring.
Hierdie moorde was van die mees skokkendste wat die hof al ooit beleef het. Die twee vrouens poog seker hulle bes om die mes te keer en hulle hande en arms word in die proses etlike kere gesteek en gesny. Susie word benewens die messteek, met Vi koord of iets soortgelyk gewurg en ontklee ook. Beide se kele word in dele afgesny. Na die daad het u koel en kalm die mes gaan afspoel in die wasbak gelaat. Die mes was met soveel geweld ingespan dat Yi deel van die hef afgebreek het.
Indien
die getuienis verkragting en/of roof bewys het, sou
lewenslange
vonnisse ingevolge die bepalings van Wet 105
van 1997
verplig gewees het.
Alhoewel
die moordskuldigbevindings op hul eie staan, moet die hof die
ekstensiewe, brutale en sinnelose geweld voor oe hou. U
was nugter
ten tye van die pleeg daarvan. U is na hierdie huis met Yi doel voor
oe" wat steeds onbekend is aan die hof.
U dam eers die jeugdige
meisie by. Die patoloog getuig dat u haar kop na agter moes getrek
het, waarskynlik aan die vlegsels
om haar keel so te kon sny. Die
optrede is soortgelyk aan die slag van Yi dier.
Na Susie is u na onder en dam u die ordentlike en stil Phumla by. Sy was geensins vir u Yi gevaar of Yi belemmering na iets nie. Weereens is daar die velle snyery en stekery. U getuig dat die optrede van u, u tot trane en nagmerrie gedryf het, maar u daaropvolgende optrede toon 'n apatiese gesindheid. U gaan verkoop die selfoon nadat u eers die SIM kaart vernietig het. Die misdaad word in 'n koerant, Die Voice, gepubliseer en u is gou om koel en kalm aan u meisie te verduidelik dat Yi ander werknemer van u werk verdink word. Stemme gaan sterk op vir die herinstelling van die doodstraf.
Die hof wil ook verwys na die appelhof se houding in Yi saak waar weliswaar Wet 105 van 1997, dis die wet met betrekking tot minimum vonnisse ter sprake was, maar waar die houding sterk deurkom dat enige misdaad swaar gestraf moet word soos deur die wetgewer vereis. In S v Mateheti 2011 (1) SAVR 41 op 53 het die Hoogste Hof van Appel soos volg verklaar:
"Despite certain limited successes, there has been no real let up in the crime pandemic that engulfs our country. The situation continues to be alarming. It follows that, to borrow from Malgas. it still is no longer business as usual and yet one notices all too frequently a willingness on the part of sentencing courts to deviate from the minimum sentence prescribed by the legislature for the flimsies of reasons....**
Artikel 2(a) van Wet 105 van 1997 bepaal dat moorde soos die gevalle met minstens 15 jaar gestraf moet word. Hierdie hof beskik uiteraard oor inherente jurisdiksie om (anger vonnisse op te le. 'n Baie lang termyn van gevangenisstraf sal hier die enigste gepaste strafvorm wees. In S v Stonqa 1997 (2) SASV 497 (OPA) te bladsy 500-501, het 'n volbank van die hof by monde van Van Koppelaar. R, met betrekking tot die feit van daardie betrokke saak oor 'n beskuldigde wat 'n agjarige meisie verkrag en vermoor het gese:
"Die gevoelloosheid waarmee appellant te werk gegaan het, soos deur sy optrede geopenbaar, alleen regverdig 'n bevinding van strafverswarende faktore, enige later berou se waarde as strafversagtende faktore verflou."
In daardie betrokke saak het die beskuldigde berou getoon en was hy eerlik met die hof. U was nie. Die hof het verder te bladsy 501 soos volg verklaar:
"Dit is ook aangevoer dat fouteer deur die gemeenskapsbelang ten koste van die appellant as 'n persoon te oorbeklemtoon. Die enigste grondslag vir voormelde submissie is appellant se skoon rekord. Natuurlik is 'n skoon rekord 'n faktor wat as strafversagting aangemerk word en normaalweg hoog aangeslaan word, maar as faktor moet dit in perspektief gestel word. Wanneer die dade as persoon geevalueer word, speel sy gesindheid of motivering vir, en by die pleging van die misdaad, dikwels 'n deurslaggewende rol. By oordeling van die dade se gesindheid of motivering, spreek sy dade dikwels luide as sy woorde. Die [beskuldigde] se gesindheid teenoor sy medemens, veral teenoor weerloses, word weerspieel deur die grusaamheid en die gevoelloosheid van sy optrede en wel dermate dat hy permanent uit die samelewing verwyder moet word."
Die aard en erns van hierdie misdade is sodanig dat hulle kwalifiseer vir lewenslange gevangenisstraf. Hier is geen wesenlike versagting te vind nie. Die verswarende faktore, voortspruitend het die erns van die misdade, stoot u persoonlike omstandighede in ieder geval op die agtergrond.
Die hof se vonnis is derhalwe soos volg:
1. Aanklag 2, dit is die aanklag van diefstal waaraan u skuldig bevind is, EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF.
2. Aanklag 3, dit is die moord, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.
3. Aanklag 4, dit is die moord, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.
4. Ingevolge die bepalings van artikel 103(1)(g) van Wet 60 van 2000, word u ook onbevoeg verklaar om 'n wapen te besit.
VAN HEERDEN, wnR