South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 181
| Noteup
| LawCite
S v Lewack (SS53/2010) [2011] ZAWCHC 181 (24 March 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS53/2010
DATUM:
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
CARLOS LEWACK
UITSPRAAK
VAN HEERDEN. WnR
Beskuldigde voor die hof, huidiglik 32 jaar oud, word op vier aanklagte ten laste gele. Hulle is as volg:
1. Aanklag 1: Verkragting gelees met die relevante bepalings van Wet 32 van 2007, Wet 51 van 1977, asook Wet 105 van 1997. Dit word aangevoer dat hy Susan Swart sou verkrag het deur met haar geslagsgemeenskap sonder haar toestemming te hou.
2. Aanklag 2: Roof met verswarende omstandighede van 'n Samsung 250 selfoon as ook "n stel huissleutels.
3. Aanklag 3: Moord ten opsigte van Susan Swart ("Susie").
4. Aanklag 4: Moord ten opsigte van Nokomphumla Simandla ("Phumla").
Hierdie vier misdade was almal in die oggendure van Maandag 16 November 2009 en in die woning van die Cedras egpaar gelee te 38 Gannetstraat, Pelican Park, Muizenberg gepleeg. Die beskuldigde, wat regsbystand verleen word deur advokaat Kassel. pleit onskuldig op al vier aanklagte, maar sender 'n gepaardgaande pleitverduideliking. Die staat se saak word behartig deur advokaat Tsheole.
Desondanks die pleit van onskuldig, omvou dit reeds vroeg in die verhoor dat die beskuldigde geensins die getuienis van staatswee aangebied teenstaan nie. Die erkenning word reeds kort na aanvang van die verhoor op rekord geplaas dat die beskuldigde inderdaad toegee dat hy beide die vrouens doodgemaak het. Hy voeg egter daarby dat sy optrede in noodweer geskied het. Die beskuldigde le na afloop van die staatsaak. getuienis af, waarin hy inderdaad die optredes bevestig.
Aanklag 1. verkragtinq:
Die staat het 'n saak voorgele gebaseer op omstandigheidsgetuienis, asook 'n deelsverontskuldigende bekentenis aan "n polisie-kaptein. In soverre dit aanklag 1 aanbetref word daar DNA getuienis voorgele dat beskuldigde se semen op die pienk duvet in die dogter se slaapkamer gevind is. Die beskuldigde erken tydens kruisverhoor dat hy wel semen daarop gestort het. Die fotografiese materiaal dui daarop dat die duvet na die kopstuk kant gefrommel was. Die bedbasis was aan die een kant afwaarts uit die normale posisie gedruk. Die indruk wat gelaat is. is dat daar 'n stoeiery op die bed kon geskied het.
Susan Swart se lyk word op die vloer langs die bed aangetref. Sy het slegs 'n buustelyfie aan en dit is ook ten dele van die borste afgetrek. Sy le vooroor in 'n knielende houding met die rug gekrom na bo en die kop na vore in h massiewe plas bloed. Die beskuldigde verskaf, deur die verhoor, drie bronne van getuienis. Die hof verwys na die verontskuldigende verklaring afgele voor kaptein Dreyer op 28 November 2009, welke verklaring met toestemming, synde as korrek genotuleer, ingehandig is. Beskuldigde se getuienis in hoof, asook derdens sy getuienis tydens kruisverhoor.
In die verklaring aan die kaptein, Bewysstuk O. asook sy getuienis in hoof, bied hy "n relaas aan dat Susie hom die oggend van 16 November 2009 na die huis laat kom het. Hy is toe op 'n stadium in die badkamer in. Toe hy van daar in die pienk slaapkamer gaan staan, het Susie reeds sodanig kaal uitgetrek. Sy wou seks he van hom en toe hy nie wou toegee nie, het sy anders geraak. soos hy dit stel, en die mes, Bewysstuk 10, uit 'n emmer daar naby gaan haal. Sy het toe na hom gesteek. Onder kruisverhoor wysig hy radikaal die weergawe
Susie, getuig hy, het ernstig oor seks geraak en haar klere voor hom begin uittrek. Sy gaan toe voort en maak sy belt los Sy broek sak af tot op die kniee. Hy raak toe seksueel opgewerk en vra dat sy hom moet masturbeer. skommel, soos hy daarna verwys Hy bereik 'n klimaks en stort semen. Na hy bevredig was, stel hy nie verder belang nie en dit was toe Susie anders begin optree
In ag genome die oorfedene se posisie in die kamer, die naaktheid, semen en die algemene onwaarskynlikheid dat hierdie jong na'i'ewe meisie haarself so sou opgedring het vir seks, kom die beskuldigde se weergawe nie waarskynlik oor nie. Die vraag bly egter of die staat penetrasie, of 'n poging daartoe, bo redelike twyfel bewys het. Die hof is die mening toegedaan dat die getuienis tekort skiet aan 'n sodanige maatstaf. Die vraag aangaande wat beskuldigde se motief met Susie die oggend was bly dus hang in die lug
Klagte 2, gewapende roof:
Beskuldigde erken dat hy die betrokke oggend beide Susie se selfoon asook die afstandbeheer met sleutels geneem het. Hy het die afstandbeheer met sleutels gebruik om uit die sekuriteit toegeruste perseel te kom. Hy kan nie onthou wat hy met die sleutels gedoen het nie, maar hy erken dat hy nie reg gehad het om dit te neem nie. Die selfoon het hy later die dag saam met sy twee vriende, soos wel getuig deur hulle, vir R150.00 verkoop aan Shakira Brown. Aldus die beskuldigde. het hy die selfoon van oorledene die oggend in besit geneem om gospelmusiek daarop af te taai vanaf sy eie selfoon. Hy het die foon daarna in sy besit gehou en het so die perseel verlaat daarmee Die sleutels met die afstandbeheer het op "h tafeltjie gele en hy het dit geneem om daar uit te kom. Daar is nie getuienis voor die hof dat die twee artikels met geweld van Susie geneem is nie. Daar is ook nie getuienis wat daarop dui dat hy Susie vermoor het om die twee items te bekom nie.
In soverre die twee moordaanklagte, klagtes 3 en 4 aanbetref het die volgende verloop van gebeure die oggend van 16 November 2009 omvou. Die feite verloop word gebaseer op die gemeensaaklike omstandigheidsgetuienis asook deels op die weergawes deur die beskuldigde verstrek. Die hot verwys na weergawes aangesien daar, soos reeds vermeld, drie bronne van getuienis van sy kant was. Die drie weergawes is in sommige wesenlike opsigte strydig met mekaar.
Die beskuldigde arriveer, volgens horn, ongeveer 08:30 voormiddag by die betrokke woonhuis by die Cedras egpaar, waar die twee oorledenes hutshulpe was. Hy was klaarblyklik bekend met Susie en die ander vrou ook, aldus die beskuldigde. Aangesien hy by 'n swembadfirma gewerk het wat weekliks die swembad voorsien het. Susie, soos te verstane vanwee haar naiwiteit, laat hom die perseel binnekom. Susie word deur haar werkgewers, asook haar vriend, Benedica Loxton. beskryf as Yi 20-jarige, sagte, stil, kennelike mens. Sy het enkele maande voor die voorval vanaf Calvinia aangekom.
Aldus die beskuldigde het sy hom per oproep ontbied omdat sy Yi probleem gehad het wat sy met hom wou bespreek het. Die probleem sou gewees het oor SMS'e van 'n kollega van hom by name Reagan, asook 'n algemene plaery deur werkers van die huisbaas. Die oproep is egter nie geregistreer op enige selfoon nie. Sy het juis Yi R5.00 wou leen by Benedica om lugtyd te koop. Hierdie oproep blyk dus nie te gemaak gewees het nie. Dit is onverstaanbaar en dus onwaarskynlik dat sy die beskuldigde hieroor sou pla en nog te meer is dit vreemde en onverstaanbare gedrag aan die kant van die beskuldigde om h werksdag op te offer bloot op sterkte van 'n oproep van Susie.
Haar daaropvolgende gedrag, soos beweer deur die beskuldigde, is nog meer vreemder. Sy besluit daar en dan sy wil seks he met die beskuldigde en sy is ook baie ernstig daaromtrent. Die hof het reeds met die bespreking van die verkragtingaanklag verwys na die weersprekende weergawes hieromtrent. Beskuldigde wens voor te le in getuienis en deels ook in die polisieverklaring dat die weiering tot seks haar na die mes laat gryp het in die emmer. Die teenwoordigheid van die mes in die emmer is in iedere geval ook baie onwaarskynlik. Die getuienis van me Cedras en die ondersoekbeampte was dat die mes deel van "n stel was wat uit h houtkissie geneem was Gesonde verstand vra jou wat sal die mes in die emmer soek.
Daar vind toe 'n gestoeiery oor die mes plaas. In die proses gryp hy na die lem en sny sy hande. Dit bloei. Hy vat sy hand, toegemaak met sy sweetpakmou, dit is in die hof as Vi bewysstuk, en kry die mes so in die hande Daar is egter geen bloed aan die sweetpak voor die hof nie. Hy meld ook geen tyd van sodanige beserings aan die polisie nie. Hy vermeld wel aan kaptein Dreyer dat die polisie horn met boeie en *n belt beseer het en foto's word geneem van sy lyf en arms. Hy word pertinent deur kaptein Dreyer gevra oor ander beserings, maar hy vermeld dit nie Die ondersoekbeampte, sersant Engelbrecht, het getuig dat die beskuldigde geen beserings aan hom gehad het nie. Die verklaring, Bewysstuk O, wat erken word deur beskuldigde, bevestig dit. As daar snye opgedoen was aan die hand, sou dit sekerlik nog nege dae later sigbaar gewees het.
Die beskuldigde se weergawe ten opsigte van 'n selfverdediging teen 'n mes, word as 'n versinsel bevind. Dit druis totaal in teen die tipe gedrag wat aanvaar kan word wat hierdie jong meisie aan die dag sou geld het. Die beskuldigde getuig ook dat sy aangedring het daarop dat hy haar net daar en dan moes doodsteek. Hy wou dit nie doen nie en het ook 'n stoeiery laat ontstaan. Hierdie soort van optrede druis in teen die normale aanvaarde standaard van menslike gedrag. Dit is eenvoudig totaal onwaarskynlik. Beskuldigde kry toe die mes in die hande en steek Susie in die nek. In sy getuienis in hoof se hy dat iets oor hom gekom het en dat hy toe net aanhou steek het Onder kruisverhoor wysig hy sy weergawe en se dat hy nie eintlik kan onthou wat toe gebeur het nie. Hierdie houding het soos Yi refrein deurgespoel na die aanval op die tweede oorledene.
In die verklaring se hy dat hy toe gepanic het en dat hy sy bebloede hande wou afspeel het op die onderste vlak. Hy sou die tweede oorledene daar gevind het. Die hof is tevrede dat beskuldigde nie hier poog om h verweer voor te le van ft ontoerekeningsvatbaarheid vanwee h nie patologiese oorsaak nie. "n Uur later 16 en huil hy op sy ma se bed oor wat hy gedoen het. Die berou duur egter nie lank nie, want hy gaan daar en dan na sy vriende en hulle gaan verkoop die selfoon vir R150.00
Na die aanval op Susie klaar was, is hy die trappe af. Hy kom toe vir Phumla deur. Ten opsigte van wat toe gebeur het, het hy drie verskillende weergawes. In die verklaring aan die kaptein se hy dat die oorledene horn met bebloede hande sien af kom het met die trap. Sy begin skree toe en sy wou uithardloop. Hy steek haar toe twee keer in die rug. Tydens getuienis in hoof getuig hy dat sy horn vasgegryp het en dat hy haar gesteek het. Hy weet nie hoeveel kere nie. Onder kruisverhoor getuig hy dat sy horn eintlik plat gedruk het en dat hy haar toe soort van in die le in die rug moes gesteek het.
In soverre dit die graad van aanranding op die oorledenes aan betref, moet die hof verwys na die getuienis van die patoloe en die fotografiese bewyse. Wat hier plaasgevind het, is h orgie van brutale en onbeteuelde geweld. Die twee stelle kadawers vertel 'n verhaal van gru aanranding. Susan Swart is herhaaldelik oor die keel gesny, waarskynlik toe beskuldigde haar kop na agter getrek het aan die vlegsels. Die doel was klaarblyklik om die keel af te sny. Die beskuldigde was ook deels suksesvol hierin. Daar sit ft gapende wond aan die keel. Rondom hierdie snye is die lyf besaai met messteke en snywonde. Die patoloog wou nie ft presiese getal verskaf nie. maar die tel daarvan oorskryf 20. Die nek toon ook ft verwurgingsligatuur. Beskuldigde moes in ft stadium haar verwurg het met ft koord of iets soortgelyks. Hy se hy kan egter nie so iets spesifiek onthou nie.
Die talie snywonde aan haar vingers, hande en arms kon slegs opgedoen gewees het tydens wanhopige pogings om haarself te verdedig. Dr Van der Heyde, die spesialis staatspatoloog, bevind die oorsaak van dood as volg:
"Multiple penetrating incised wounds (stab wounds) and incised wounds."
Op bladsy 2 beskryf sy die wond aan die nek as:
"A gaping wound, configuration is consistent with numerous deep incisions superimposed on each other."
Hierdie vrouens was sodanig vermink dat die ondersoekbeampte terapie moes ontvang om sodanig die effek op hom te verwerk.
Phumla, 'n 38-jarige getroude vrou met 'n ag maande oue baba, was vanwee haar fisiese toestand, sy was redelik oorgewig. kwalik 'n vrou met 'n profiel van 'n aanvaller Weereens is daar 'n kadawer wat duidelike snywonde aan die arms en hande toon soos van lemand wat desperaat probeer keer het. Die mes is 'n 18 sentimeter lange skilmes. Die lem is nege sentimeter lank en skerp gepunt na voor. Phumla het altesame 22 penetrerende steekwonde ontvang en 'n verdere drie oppervlakkige steekwonde. Die patoloog, dr Kim, maak die volgende bevindings;
"There is a fatal penetrating stab wound to the left side of the neck, which is associated with a track that severs the left common carotid artery and internal jugular vein. There is a potentially fatal penetrating stab wound to the right axillar, which is associated with the track that severs the right axillary artery and vein."
Die foto van hierdie vrou se kadawer toon, soos met Susie Swart, Yi gapende nekwond. Die indruk word geskep dat die beskuldigde sy bes probeer het om die twee vrouens se kele af te sny. Hy, te oordeel aan die talle steekwonde van beide, kon slegs ten doel gehad het om beide opsetlik te dood. Alhoewel die beskuldigde vertel het dat hy ft lang geskiedenis het van dwelmgebruik, plaas hy nie Vi verweer van dwelmbelnvloeding voor die hof nie. Hy het sy dwelm saans gebruik. Gedurende die dag het hy nie net gewerk nie, maar hy is beskryf as ft goeie werker. Hy kon ft presiese relaas gee oor hoe hy die dag in en uit die huis gekom het en wat daarna gebeur het. Hy getuig tewens dat hy sommer die swembad gediens het terwyl hy daar was en terwyl hy gewag het vir Susie.
Aan die einde van hierdie grusame drama, is daar heelwat vrae wat in die lug onbeantwoord hang. Vrae soos;
1. Waarom was hy die Maandagoggend na die huis?
2 Wou hy seks gehad het en het die weiering horn laat oorgaan tot die dade?
Wou hy miskien gesteel het en dat hy betrap was?
Wou hy roof?
Hierdie vrae kan slegs deur die beskuldigde beantwoord word, maar hy doen dit nie.
As al die getuienis in ag geneem word, dan moet die hof as volg bevind in soverre dit die vier aanklagte aanbetref;
Aanklag 1. verkraqtinq:
Alhoewel die waarskynlikheid sterk dui op Yi seksuele motief en optrede, is daar onvoldoende getuienis voor die hof om V* verkragting of 'n bevoegde uitspraak daarvoor te bevind as synde bo redelike twyfel bewys. DIE BESKULDIGDE WORD GEVOLGLIK VRYGESPREEK OP DIE AANKLAG
Aanklag 2. roof met verswarende omstandiqhede: Daar is weereens geen getuienis, nieteenstaande waarskynlikhede wat daarop dui dat die selfoon en sleutels met geweld geneem was, wat bo redelike twyfel daarop dui dat hier roof geskied het nie. Dit is wel gemene saak dat beskuldigde hierdie twee artikels gesteel het. BESKULDIGDE WORD GEVOLGLIK SKULDIG BEVIND OP 'n BEVOEGDE UITSPRAAK OP ROOF, NAAMLIK DIEFSTAL VAN DIE SELFOON EN SLEUTELS
In soverre die twee moorde aan betref. bevind die Hof dat die omstandigheidsgetuienis verdoemend is. Die beskuldigde se verduidelikings waarom hy die twee vrouens gedood het, is nie net slegs hoogs onwaarskynlik nie, dit is inderdaad absurd van aard en dit word dus verwerp. Die hof bevind dus dat die beskuldigde toerekeningsvatbaar was toe hy die twee vrouens aangerand het. Die hof bevind ook dat die getuienis bo redelike twyfel bewys dat hy die direkte opset, dolus directus gehad het om beide te dood. In soverre dit dus aanklagte 3 en 4 aanbetref, WORD BESKULDIGDE TEN OPSIGTE VAN BEIDE SKULDIG BEVIND, dit wil se van moord
Die bevindings is eenparig tussen my en die twee assessore.
VAN HEERDEN, WnR