South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 198
| Noteup
| LawCite
Joernaal en Anders v S (A259/2009) [2011] ZAWCHC 198 (15 April 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A259/2009
DATUM: 15 APRIL 2011
In die saak tussen:
WILLEM JOERNAAL ….........................................................Eerste Appellant
ANDRIES GEORGE ….........................................................Tweede Appellant
SAMPIE WYLBACH …............................................................Derde Appellant
SAMPIE MENTOOR …...........................................................Vierde Appellant
en
DIE STAAT ….................................................................................Respondent
UlTSPRAAK
STEYN. R:
Die vier appellante is op 11 Augustus 2008 elkeen skuldig bevind aan twee aanklagtes van oortreding van artikel 11 van Wet 75 van 1959, veediefstal, in die landdroshof te Beaufort-Wes. Die appellante was as volg gevonnis: Eerste, derde en vierde appellante, aanklag 1, drie jaar gevangenisstraf en aanklag 2, een jaar gevangenisstraf; tweede appellant. aanklag 1, 30 maande gevangenisstraf en aanklag 2 een jaar gevangenisstraf.
Op 12 Augustus 2008 net die appellante suksesvol aansoek gedoen om verlof tot appel teen die skuldigbevinding en vonnis. Wat betref die eerste appellant is geen hoofde van betoog namens hom geliasseer nie en ook geen kennisgewing van die voortsetting van sy appel nie. Die hof is versoek om die appel van die eerste appellant van die rol te skrap en dit word beveel dat die appel aansoek van eerste appellant van die rol verwyder word. Daar word egter in die uitspraak steeds na Mnr Joernaal verwys as die eerste appellant.
Wat die misdaad aanbetref word dit beweer dat die appellante op 19 Desember 2006 en op 21 Desember 2006 onderskeidelik 10 en vyf skape gesteel net op die plaas bekend as Springfontein in die distrik van Beaufort-Wes. welke skape die eiendom was van Mnr Chris Nigrini. Mnr Nigrini het getuig dat hy op 24 Desember 2006 inligting ontvang het van sy buurman, Mnr Wynand Viviers, na aanleiding van welke inligting hy vasgestel het dat 15 van sy skape geslag was naby Vi rivier op sy plaas, Springfontein, in *n afgelee area van die plaas wat naby aan die N1 gelefi is. Hy het gevind dat die karkasse van die diere verwyder was Koppe. pote, pelse en binnegoed het oorgebly.
Die waarde van die skape wat gesteel was, was R1 000,00 per skaap, maar Mnr Nigrini het ook verlies gely deurdat die ooie nie die lammers gedra het wat hulle normaalweg sou gedra in 2007 en 2008 nie. Hy beraam sy totale verlies in 2008 tot Yi bedrag van minstens R30 000,00. Mnr Nigrini het getuig dat hy al moedeloos is vir veediefstalle. Hy self het persoonlik in Vi tydperk van drie jaar 43 diere deur diefstal verloor Oortreders word selde vasgetrek.
Mnr
Wynand Viviers, die buurman van Nigrini, het getuig dat
hy
inligting ontvang het van ene Jannie Phyfer op 24
Desember 2006,
dat daar skape geslag is op Vi spesifieke
area Hy het vasgestel
dat die area waar die skape geslag is
behoort het aan Mnr
Nigrini. Op die betrokke area het koppe,
velle en pense rondgele.
Hy
het Mnr Nigrini
dienooreenkomstig ingelig.
Mnr Albertus Bostander het ook getuig. Hy was nie gewaarsku ingevolge die bepalings van artikel 204 van Wet 51 van 1977 nie en hy het inkriminerende getuienis afgele. Mnr Bostander het getuig dat hy op die versoek van die eerste appellant, Willem Joernaal. op 19 Desember 2006 en 21 Desember 2006, die ander drie appellante opgelaai het en gaan aflaai het op h plek wat aan horn uitgewys was in die area van die plaas Springfontein, naby die groot pad en naby Yi rivier op die plaas. Dit was gereel dat Bostander en eerste appellant later die aand weer die appellante sou optel.
Soos afgespreek, het Bostander en appellant 1 die aand van die spesifieke twee dae saamgery tot op die plek waar hy die ander drie appellante afgelaai het. Op 19 Desember 2006, het appellante 2, 3 en 4 by hulle aangesluit met die karkasse van 10 klaar geslagte skape in wit geweefde plastieksakke, en op 21 Desember 2006 met vyf klaar geslagte skape. Die sakke met die karkasse is in die voertuig se kattebak gelaai en Bostander en die vier appellante is terug na die huis van die eerste appellant, waar Bostander die karkasse gesien het. Volgens Bostander het hy betaling ontvang van Vi skaapkarkas op een van die twee geleenthede wat hy die appellante vervoer het.
Op 23 Desember 2006 was weereens van Bostander verwag om dieselfde prosedure te volg as op die vorige twee geleenthede. Op hierdie geleentheid het hy appellant 2 en Vi vriend van hom en appellant 4 opgetel op versoek van appellant 1. Nadat hulle eers gaan drink het, het hulle gery na dieselfde plek waar appellant 2 en sy vriend en appellant 4 afgelaai was, met die reeling dat Bostander en appellant 1 hulle weer in die aand sou gaan haal. Toe Bostander en appellant 1 op die afgespreekte plek arriveer later die aand, was dit duidelik dat die twee appellante 2 en 4 niks by hulle gehad het nie. Hulle het vertel dat die vriend van appellant 2 weggehardloop het. Bostander het getuig dat die vriend van appellant 2 buite die hof gestaan het. Hy was blykbaar 'n staatsgetuie. In die motor op pad terug na appellant 1 se huis, is hulle deur die polisie gestop. Die motor is deursoek, maar niks is gevind nie.
Moses Carlo het getuig dat hy die eerste appellant se voertuig vir Albertus Bostander geneem het op 23 Desember 2006. Hy het die getuienis van Bostander in hierdie opsig bevestig. Christina Steenkamp het getuig dat sy h masjien het om vleis te verwerk en dat sy op 20 Desember 2006 om 19:00, drie skaapkarkasse vanaf die eerste appellant ontvang het en dit opgesny het. Sy is deur eerste appellant daarvoor vergoed. Die eerste appellant is die persoon wat die praatwerk gedoen het. Albertus Bostander was besope. Dit was Christina se indruk dat appellant 1 die persoon was wat die vleis verwerk en die transaksie versoek het, aangesien hy die aanvoerwerk gedoen het, al voorheen by haar diere laat opsaag het en ook die persoon is wat haar betaal het.
Mnr Jannie Phyfer het ook getuig dat hy op 23 Desember 2006 saam met appellante 2 en 4 was. Nadat hy en appellant 2 by appellant 1 se huis was en daar gesels het, het almal in die voertuig op die eiendom geklim. Phyfer is eers afgelaai en toe later weer opgelaai. Hy het gemerk, op daardie stadium, dat die voertuig bestuur was deur Bostander. Appellant 2 was reeds in die voertuig en hulle het ook vir appellant 4 opgelaai. Hulle het toe almal, nadat hulle wyn gekoop het, gery tot by die rivier waar die plaas Springfontein was, waar hulle afgelaai is.
Hier het Phyfer verneem dat hy skape moet keer, maar toe hy sien wat besig was om plaas te vind, het hy weggehardloop. Sy getuienis ondersteun ook in wesenlike aspekte die getuienis van Bostander. Phyfer is daarna na die plaas van Mnr Wynand Viviers, waar hy mense geken het. Hy het eers die volgende dag Viviers vertel van die skaapslagting. Op daardie stadium het daar 15 skaapvelle gele van skape wat op Vi vorige geleentheid daar geslag was. Daarna is die polisie gekontak.
Die vier appellante het getuig. Hulle getuienis was beslis nie indrukwekkend nie. Dit was duidelik dat daar verskeie aspekte was wat nooit aan die staatsgetuies gestel was nie en dat hulle hulle getuienis aangepas het soos die kruisverhoor gevorder het. Hulle het mekaar by tye weerspreek en daar was ook teenstrydighede in hulle getuienis. Hulle verweer. naamlik dat nie een van hulle kennis gedra het van enige veediefstal nie, was heeltemal onoortuigend en onwaarskynlik. Hulle het nie een getuies geroep nie.
Wat betref die beoordeling van die getuienis, is dit so dat die hof nie Vi beskuldigde se relaas hoef te glo nie, solank daar net 'n redelike moontlikheid bestaan dat dit wesenlik waar is. Die feit dat dit onwaarskynlik is, beteken nie dat dit verwerp moet word nie. Dieselfde beginsels geld ten opsigte van Yi alibi. Indien 'n beskuldigde se alibi redelik moontlik waar is, moet hy vry uitgaan, ongeag hoe sterk die staatsgetuienis teen horn mag wees. Om te bepaal of dit redelik moontlik waar is, moet die hof die getuienis nie in isolasie oorweeg nie, maar binne die konteks van ai die getuienis.
Ek verwys na S v Van der Mevden 1999 (2) SA 79 (W). Die verhoorlanddros het heeltemal bewysregtelik korrek die getuienis wat gelewer was in die verhoor in die totaliteit evalueer. Hy het die getuienis van Bostander versigtig beoordeel weens sy betrokkenheid as medepligtige by die misdaad. Die getuienis wat deur die staat aangebied was het inmekaar gepas soos Vi tegkaart. Dit is korrek, soos bevind deur die landdros, dat daar heelwat objektiewe getuienis was wat die getuienis van Bostander in materiele opsigte gestaaf het. Sy getuienis het nie in wesenlike opsigte verskil van sy verklaring aan die polisie nie en daar was ook nie wesenlike teenstrydighede in sy getuienis nie, ten spyte van indringende kruisverhoor. Dit het nie geblyk dat Bostander enige voordeel sou ontvang wat kon aanleiding gee daartoe dat hy die appellante valslik beskuldig nie.
Na oorweging en beoordeling van die getuienis op rekord. is hierdie hof se mening dat Bostander se getuienis eerlik en betroubaar was wat betref relevante en wesenlike aspekte van die saak. Daar is geen basis vir hierdie hof om in te meng met die feitebevindings van die verhoorlanddros nie. In omstandighede waar die getuienis van die appellante inherent onwaarskynlik en nie redelik moontlik waar was nie, terwyl die getuienis van die staatsgetuies onteenseglik dui op die skuld van die appellante, was die verhoorlanddros korrek om die getuienis van die appellante te verwerp en te bevind dat die staat die onus gekwyt het om die skuld van die appellante te bewys bo redelike twyfel. Die appel van die appellante wat betref die skuldigbevinding word geweier
Die hof het navrae gerig na aanleiding van die verskil in die vonnisse van die appellante 1, 3 en 4 en het 'n skrywe van die verhoorlanddros ontvang wat bevestig het dat appellant 2 wel 'n ses maande korter vonnis opgele was omdat hy, na die mening van die verhoorlanddros, vir 'n langer tydperk nie met die gereg gebots het as wat die geval was met die ander appellante nie. Ons sal nie inmeng met hierdie diskresie van die verhoorlanddros nie.
Names die appellante is daar argumenteer dat die verhoorlanddros Yi mistasting begaan het deur die voorkoms van die misdaad en die appellante se vorige veroordelings te oorbeklemtoon, dat die vonnis dus onvanpas is en verander behoort te word. Geen poging is aangewend om vonnisse in soortgelyke sake te vergelyk met die opgelegde vonnis nie.
Die driehoek van straftoepassingbeginsels word uitgesit in die bekende saak van S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A) op 540G, waar beslis is dat die hof h vonnis moet ople wat na die hof se mening gepas is na die oorweging van faktore soos die aard en erns van die misdaad, persoonlike omstandighede van die misdadiger en die belange van die gemeenskap.
Dit is geykte reg dat "n hof van appel slegs sal inmeng met die vonnisdiskresie van h verhoorhof indien daar wesenlike mistasting begaan is of as die vonnis as skokkend onvanpas beskou kan word. Hierdie hof kan slegs die vonnis van die verhoorregter wysig, indien hy of sy die regterlike diskresie op 'n onbehoorlike wyse uitgeoefen het. Ek verwys na S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A) op 857D.
Met verwysing na sekere gerapporteerde uitsprake wat handel met vonnisoplegging in veediefstalaangeleenthede, is ons van mening dat die vonnis wat die landdros opgele het, geensins onvanpas of skokkend is in die omstandighede nie. Ek verwys, byvoorbeeld, na S v Oosthuizen 1993 (1) SAKV 10 (A) en veral op bladsy 11e-g, waar ook gehandel word met die diskresie van die verhoorhof wat nie maklik vervang word nie. Soos in daardie saak, is hierdie misdaad ernstig, was die oortredings beplan en gepleeg weens gierigheid eerder as behoeftigheid en op meer as een geleentheid en is die gereelde voorkoms van die misdaad n oorweging by vonnisoplegging. Dit is nie verbasend nie dat die howe al meer male genoem het dat vonnisse vir oortredings van hierdie aard verhoog behoort te word. Ek verwys ook na 'n ander Oosthuizen saak. S v_Oosthuizen & 'n Ander 1996 (1) SAKV 470 (O) en ook S v Redqard 1998 (1) SAKV 215 (O).
Hierdie is 'n misdaad wat gereeld voorkom. moeilik voorkom word, die gemeenskap met misnoee vervul en lei tot groot finansiele verliese vir boere. Na ons mening is daar geen relevante omstandighede wat nie behoorlik deur die verhoorlanddros op gebalanseerde wyse oorweeg was nie. Die vonnis wat die appellante opgele is, is beslis nie skokkend of enigsins onvanpas nie.
Die appel teen vonnis word derhalwe geweier. Beide die skuldigbevinding en vonnis wat betref al drie appellante voor die hof word bekragtig. Appellant 1, wie se appel van die rol geskrap is, se skuldigbevinding en vonnis bly van krag.
OLIVIER. WnR: Ek stem saam
OLIVIER. WnR
STEYN. R: Dit word dus so bevestig.
STEYN, R
/bw