South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 214

| Noteup | LawCite

Manelo v S (A747/2010) [2011] ZAWCHC 214 (6 May 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

 

Saaknommer: A747/2010

 

In die saak tussen:



VUYISELE J. MANELO...... …..........................................................................................................................APPELLANT



en



DIE STAAT …...................................................................................................................................................RESPONDENT

 

 

UITSPRAAK GELEWER OP 6 MEI 2011

 

 

 

HENNEY, WnR: INLEIDING;

 

[1] Op 31 Maart 2007 het die Appellant tesame met drie ander persone op die Watervalplaas in die distrik van Ladismith vir Frans Arpin ("Arpin") wederegtelik en opsetlik beroof deur hom met n tou te wurg, hamer te slaan op ander wyses aan te rand asook met 'n vuurwapen gedreig en met geweld is van Mnr Arpin n .303 geweer. n onbekende hoeveelheid ammumsie, 1 selfoon, 'n kapmes, 'n haarsnymasjiea ongeveer R15 000.00 kontant en 'n televisiestel

 

 

[2] Terselfde tyd het die appellant en sy medebeskuldtgdes vir Theresia Dilman ("Oilman"), 'n werker van Arpin ook beroof en in die proses is sy ook aangerand met ;n hamer, 'n panga, geklap en met n vuurwapen gedreig, en met geweld is van haar ook 'n goue hangertjie. 'n horiosie. 2 Nokia selfone en n Motorola selfoon beroof.

 

 

[3] Daarna is Arpin en Dilman verder herhaalde kere met "n hamer geslaan en verder aangerand. Dilman is ook verder aangerand met 'n kapmes.

 

 

Na die aanvat is beide van hulle op die plaas agtergelaat en was deur n famiiielid van Arpin in 'n verskriklike beseerde toestand gevind.

 

 

[4] Die appellant het tereg gestaan op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede en twee verdere aanklagte van poging tot moord en is op 29 Junie 2010 skuldig bevind aan al A die aanklagte.

 

[5] Hy is altesame tot 32 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis op 26 Junie 2010.

In aparte verrigtinge is 2 van die medebeskuldigdes onderskeidelik op al 4 klagtes tot 23 jaar en 15 jaar effektieweiik gevonnis.

 

[6] Veriof tot appel is deur die hof a quo geweier en nadat die appellant horn gewend het tot hierdie hof, is veriof slegs toegestaan om te appelleer teen die skuldigbevinding op die twee klagtes van pogtng tot moord sowel as die vonnis.

 

[7] Vir die doeleindes van hierdie appel, is die feite waarop hy skuldigbevind is nie in geskil nie, maar siegs of hy op die aangebode en bewese getuienis kon skuldig bevmd word op die derde en vierde aanklagte van poging tot moord. In die hof a quo het die appellant nie die aanranding en roof gepleeg op die twee klaers betwis nie, en aangevoer dat hy nie vrywilliglik aan die aanrandings en roof op die klaers deelgeneem het nie, maar dat hy dit gedoen het onder dwang. Sy weergawe is tereg deur die hof a quo verwerp, en veriof was nie toegestaan om te appelleer teen hierdie feite bevinding van die hof a quo nie.

 

 DIE SKULDIGBEVINDINGS OP DIE POGING TOT MOORD AANKLAGTES

 

[8] Uit die getuienis is dit duidetik dat die geweld wat die roof vergesel het, onafhanklik en aireeds afgespeel was en eers daarna was daar 'n verdere aanval op die twee klaers geloods.

[9] As die bedoeling bloot was om die geweld te pleeg as deel van die roof sou daar nie 'n verdere aanval gewees het nie. Uit die getuienis is dit duidelik dat dit nie een deurlopende handeling was om die roof te pleeg nie. n Aparte en verdere opset is gevorm Daar kan derhalwe geen sogenaamde vermenigvuidiging van die klagtes wees nie. Sien in hierdie verband S v Radebe 2006 (2) SACR 604 (O)

 

[10] Die verdere vraag wat beantwoord moet word is, of daar kon bevind gewees het. deur die hof a quo of die verdere aanrandings op die 2 klaers neer kom op Poging tot Moord soos hulle skuldig bevind is, of aanranding met die opset om ernstig te beseer. Oftewe! was daar 'n opset om dood te maak of om bloot n opset was om ernstig te beseer? Hierdie is 'n feitelike vraag en moet aan die hand van die getuienis as 'n geheel uitgemaak word. Dit sluit onder andere die volgende getuienis oor die aard en ems van die beserings van die klaers. Arpin en Diiman in.

 

[11] Na die gebeure op die plaas op 31 Maart 2007 is Dilman en Arpin opgeneem in die hospitaal te Riversdal.

 

 

Dit het twee to drie ure gevat om Arpin te stabiliseer en sy laserasies te heg. Daar was verskeie groot iaserasies op sy skedel soos per J8B. Die laserasies was deur die hele dikte van die kopvel tot op die skedel. Die oor was verflenter. Daar (was) 'n groot laserasie bo-op die skedel en vier meer na agter. Daar was ook n groot laserasie op die neusbrug en n hematoom van die linkeroog. Die linkerwang het *n laserasie gehad regdeur tot in die mond. Ook 'n laserasie op hand.

 

 

|12] Die beserings was baie ernstig omdat verskeie klein arteries geraak is wat aansienlike bloedverlies veroorsaak het. Dit op sigself was lewensgevaariik veral vir n ouer pasient Laserasies op die kop tot op die skedel was ook potensieel lewensgevaariik aangesien daar 'n groot risiko was vir sekondere infeksies.

 

 

Aangesien die wonde klaarblyklik deur 'n stomp voorwerp veroorsaak is, is dit duidelik dat die houe ook maklik breinskade kon veroorsaak met permanente nagevolge. Dit kon lei tot geheueverlies en verlies van intellekteule vermoens. Die simptome wat Arpin beskryf waarmee hy steeds probleme ervaar pas hierby in. Die verlies van gehoor in die linkeroor is waarskynlik weens beskadiging van die gehoorapparaat. Arpin was 'n moeilike pasient en het homself ontslaan.

 

 

[13] Oilman is ook deur Dr. Oosthuizen gesien alhoewe! hy nie primer met haar besig was me Sy is gestabiliseer te Riversdal en daarna dadelik oorgeplaas na George. "K" drade is in haar hand geplaas. dit is drade wat die been bymekaar hou. Behalwe die laserasies soos per J88 het sy ook verskeie onderiiggende frakture gehad Die iaseraies was groot en ernstig en sou lei tot baie bloedverlies. Dit het meer as twee ure geneem om haar laserasies te heg en te stabiliseer. Die beserings was potensieel lewensgevaariik weens die bloedverlies wat dit veroorsaak het. Groot arteries in die hande en ook in die kop was beskadig. Indien sy en Arpin nie hulp gekry het nie sou hulle baie moontlik hulle dood gebloei het.

 

 

[14] Die probleme wat sy tans ondervind met die beweging in haar hand is tipies wat 'n mens sou verwag, omdat dit nie moontlik is om totaal korrekte beleiding te kry nie. Dit lei tot verlies van beweging.

 

 

Die skok kon ook gelei het tot die verlies van die ongebore baba. Hoe jonger die baba hoe groter kon die effek wees

 

 

Dilman moes baie erge lyding deurgegaan het. Die hegting en plasing van die "k" drade veroorsaak ook erge pyn.

 

 

 

[15]   Dan is daar die volgende verdere belangrike getuienis:

(a)          Volgens Cornelius Mdingiswayo se getuienis het die Appellant aan hulle voordie tyd gese     [h]ymoet die boerdoodmaak sodat hyons nie kan uitken nie. want die boer ken horn.,.'

(b)          Die Appellant was meer bekend met die twee klaers as die ander persone as gevolg van vorige interaksie wat hy met hulle gehad het.

(c)          Hy het ook navraag by Dilman gedoen of daar ander plaas mense by naby gelee huise is.

d)      Hy het ook verneem waar Dilman se kind is.

 

 

(e) Hy het ook aan Cornelius Mdingiswayo voorgestel dat hulle die kar moel uitbrand, maar het toe eerder die nommerplate en die lisensie skyfie afgehaal. Hierdie was bevestig deur Konstabel Appollis Julies. Volgens Mdingiswayo wou die appellant gehad het. die voertuig nadat dit gaan staan het, dat sy neef aan wie die motor behoort het geimpliseer word nie. Die nommerplate is eers op 2 April 2007 gevtnd langs die Riversdal plaas pad.

 

[16] Ten einde te bevind of die appellant horn skuldig gemaak het aan poging tot moord moet die hof bevind of hy die nodige opset gehad het om te moor of dood te maak.

 

Hierdie opset moet afgeiei word uit die getuienis. Veral die omstandigheidsgetuients soos hierbo uiteengesit.

 

 

In S v Sigwahla 1967 (4) SA 566 op bl 570, is die volgende gese oor opset om te vermoor

 

 

"1. The expression "intention to kilt" does not, in law, necessarily require that the accused should have applied his will to compassing the death of the deceased. It is sufficient if the accused subjectively foresaw the possibility of his act causing death and was reckless of such result. This form of intention is known as dolus eventualis, as distinct from dolus directus.

 

 

 

En verder:

 

 

3. Subjective foresight, like any other factual issue, may be proved by inference. To constitute proof beyond reasonable doubt the inference must be the only one which can reasonably by drawn. It cannot be so drawn if there is a reasonable possibility that subjectively the accused did not foresee, even if he ought reasonably to have done so, and even if he probably did do so."

 

 

[17] Alles in aggenome. is ek van oordeel dat die appellant ten minste opset gehad het in die vorm van dolus eventualis om die klaers te dood toe hy en sy mededaders die klaers nadat die roof reeds afgehandel was. op so 'n verskriklike, geweldadige en lewensgevaariike wyse. herhaaldelik aangerand het, veral met die hamer en ook die kapmes in die geval van Dilman.

 

 

Die getuienis regverdig ook die afleiding dat die rede waarom hulle vertrek het en nie gewag het tot die klaers beswyk het nie, was omdat hulle geglo het dat hulle die klaers al genoeg aangerand het ten einde hulle dood te maak

Die appellant het subjektief geglo dat hulle optrede die dood van die klaers sal veroorsaak op daardie stadium, maar was roekeloos ten aansien van die gevolge

 

 

Dit is die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word uit die getuienis.

 

 

Ek is derhalwe tevrede dat die appellant korrek skuldig bevind was deur die hof a quo op die twee aanklagte van poging tot moord.

 

 

[18] Wat vonnis aanbetref was die appellant ten tye van die vonnis verrigtinge 58 jaar oud, getroud en die vader van 8 kinders en vir meer as 3 jaar mhegtenis verhoor afwagtend. Die appellant was ook 'n eerste oortreder

 

 

Ek is van oordeel dat die hof a quo misgetas het deur die erns van die misdaad te oorbeklemtoon asook die belange van die gemeenskap ten koste van die persoonlike omstandighede van die appellant.

 

 

Die vonnis opgele is buitenspong swaar. Die appellant is nie meer 'n jong man nie, hy is huidiglik 59 jaar oud, sal waarskynlik eers op die hoe ouderdom van 84 jaar in aanmerking kom vir parool en moontlik vrygelaat word. Die praktiese effek van die vonnis is dat die Appellant effektief asof hy tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is.

 

 

Die effektiewe vonnis van 32 jaar is ook verder totaal buite verhouding mel die wat opgele is aan twee van sy medebeskuldigdes, wie veel jonger is en effektiewelik, onderskeidelik tot 23 jaar en 15 jaar gevonnis is. S v Matoewa 2009 (2) SACR 303 ECG op bladsy 308 e - g, waar die hof die volgende se

 

 

"In the well-known case of S v Giannoulis 1975 (4) SA 867 (A) Holmes JA stated as follows at 871A-873H with regard to the question of disparity of sentences:

 

 

'1. In general, sentence is a matter for the discretion of the trial court. Disparity in the sentences imposed on participants in an offence {whether tried together or in separate courts) will not necessarily warrant interference on appeal. Uniformity should not be elevated to a principle, at variance both with a flexible discretion in the trial court and with the accepted limitation of appellate interference therewith.

2.    Where, however, there is a disturbing disparity in such sentences, and the degrees of participation are more or less equal, and there are not personal factors warranting such disparity, appellate interference with the sentence may, depending on the circumstances, be warranted. The ground of interference would be that the sentence is disturbingly inappropriate.

3.    In ameliorating the offending sentence on appeal, the court does not necessarily equate the sentences: it does what it considers appropriate in the circumstances."

Die hof a quo het myns insiens misgetas. toe hy aan die appellant 'n vonnis opgele net wat veel swaarder en buite verhouding met die vonnis was. wat die twee medebeskuldigdes opgele is.

 

 

Ek is derhaiwe van oordeel dat vir die redes hierbo genoem. dat daar gronde is om in te meng met die effektiewe vonnis van 32 jaar gevangenisstraf wat opgele is.

 

 

Ek is verder van oordeel dat die effektiewe opgelegde vonnis en straf getemper kan word deur gebruik te maak van die bepalings van artikel 280 (2) Wet 51 van 1977.

 

 

 

BEVEL

 

 

 

Ek sou dus die volgende bevel maak:

1)           Die appeal teen die skuldigbevinding op aanklagte 3 en 4 - die poging tot moord aanklagte. word afgewys.

2)           Die appel teen die effektiewe vonnis van 32 jaar gevangenisstraf slaag en die vonnisse wat die hof a quo opgele het. word vervang met die volgende

 

 

 

(a)     Aanklag 1 - Vyftien (15) jaar gevangenisstraf;


(b) Aanklag 2 - Vyttien (15) jaar gevangenisstraf. Dit word geias dat tien (10) jaar van die vonnis op aanklag 2 saarn met die vonnis op aanklag 1 uitgedien word;

 

 (c)     Aanklag 3 - Agt (8) jaar gevangenisstraf;

 

 (d)     Aanklag 4 - Agt (8) jaar gevangenisstraf.

 

 

Dit word verder gelas dat die vonnisse op aanklagte 3 en 4 tesame met die vonnis op klagte 1 uitgedien word.

 

 

 

Die effektiewe vonnis is dus twintig (20) jaar gevangenisstraf.

HENNEY, WnR

 

 

Ek stem saam. en dit word so beveel.



LOUW, R