South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 281
| Noteup
| LawCite
Hendricks v S [2011] ZAWCHC 281; ; A658/2010 (13 May 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A658/2010
DATUM: 13 MEI 2011
In die saak tussen:
CHRISTOPHER HENDRICKS …........................................................................................................Appellant
en
DIE STAAT ….................................................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
BOZALEK, R:
Die appellant is op 19 Februarie 2010 skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal, roof, gelees met die bepalings van artikel 51(2)(a) van Wet 105 van 1997, dit wiI se roof met verswarende omstandighede, en diefstal. Hy het skuldig gepleit op hierdie klagtes en ook 'n verdere twee klagtes van moord gelees met die bepalings van artikel 51 en bylae 2 van Wet 105 van 1997, soos gewysig.
Die staatsaanklaer in die Streekhof te Somerset-Wes het aangedui dat die feite vervat in die appellant se skriftelike pleit op die twee aanklagte van moord nie in oorleg was met die feite vervat in die polisiedossier nie. As gevolg daarvan het die staat geweier om die pleit van skuldig te aanvaar en volgens die bepalings van artikel 113 van Wet 51 van 1977 was 'n pleit van onskuldig op hierdie klagies genotuleer. Die appellant se medebeskuldigde, ene Jannie Johnson, was aangekla net met klag 5, dit wil se diefstal.
Na die aanhoor van getuienis, was die appellant, wie deurentyd regsverteenwoordig was, skuldig bevind op 30 Julie 2010 op aanklagte 3 en 4, die moordklagtes. Die appellant is soos volg onderskeidelik gevonnis:
Aanklag 1, huisbraak, vyf jaar gevangenisstraf;
Aanklag 2, roof, 15 jaar gevangenisstraf;
Aanklag 3, moord, lewenslange gevangenisstraf;
Aanklag 4, moord, lewenslange gevangenisstraf; Aanklag 5, diefstal, vier jaar gevangenisstraf. Die landdros het gelas dat die vonnis op aanklag 1 en aanklag 5 samelopend met die vonnis op aanklag 2 uitgedien moet word en verklaar dat d;e appellant se effektiewe vonnis sou dan twee termyne van lewenslange gevangenisstraf en ft verdere 15 gevangenis straf wees.
Die landdros het verder gelas dat die bepalings van artikel 276(B)(1)(b) van Wet 51 van 1977 van toepassing was en dat die appellant nie oorweeg moet word vir parool nie alvorens hy twee-derdes van sy vonnis uitgedien het. Die appellant het 'n aansoek om verlof tot appel teen sy vonnis geliasseer op 13 Augustus 2010 maar uit die rekord blyk dit nie dat dit voor die landdros gedien het nie. Op die hof se navraag met die regsverteenwoordigers blyk dit dat die appel voortgegaan het op die veronderstelling dat as gevolg van die feit dat die appellant tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis was ingevolge artikel 52 van Wet 105 van 1997, hy 'n outomatiese reg van appel geniet het ingevolge artikel 319(1 )(a)(ii) van Wet 51 van 1977.
Hierdie reg het wel bestaan maar was verwyder toe artikel 319(1)(a) gewysig was deur die bepalings van die Child Justice Wet, 75 van 2008. Die gevolg hiervan is dat persone wat as gevolg van die bepalings van artikel 6 van Wet 38 van 2007 'n outomatiese reg van appel gehad het as hulle gevonnis was tot lewenslange gevangenisstraf, sedert 1 April 2010 nie oor hierdie reg beskik nie behalwe as hulle binne die bepalings van artikel 84 van die Child Justice Wet val nie. Hulle moet dus ingevolge artikel 319(B)(i)(a) van Wet 51 van 1977 aansoek doen in die hof waar hulle skuldig bevind is vir verlof om te appelleer.
Ek is op verskeie geleenthede deur personeellede van die DOV se kantoor ingelig dat die verwydering van hierdie outomatiese reg van appel deur die wetgewer nie met opset geskied het.
Dit sal my egter nie verbaas nie want die huidige posisie wat hierdie reg betref is glad nie wel bekend onder landdroste nie en, as ek mag waag om dit te se\ ook onder die lede van die regsbank nie. Die bepalings van die wysigingswet maak dit ook nie duidelik of dit wel die bedoeling van die wetgewer was om hierdie reg van h veroordeelde persoon te verwyder nie. As dit wel die geval is behoort die situasie sou gou as moontlik reggestel te word deur 'n gepaste wysiging.
Indien geen verdere stappe geneem was nie, sou hierdie hof nie in staat gewees het om die appellant se appel vandag aan te hoor nie. Gelukkig, nadat hierdie situasie onder die aandag van die regsverteenwoordigers gebring was, het me Kortje. namens die staat, onmiddellik stappe geneem om die situasie te red. Nadat sy die nodige navrae gedoen het met die klerk van die kriminele hof in die Streekhof te Somerset-Wes, het sy gereSI dat die appellant gerekwiseer word en het hy gister voor die landdros verskyn en aansoek gedoen vir verlof om te appelleer. Hierdie aansoek is wel toegestaan soos blyk uit 'n afskrif van die verrigtinge wat gister voor die landdros plaasgevind het. In die omstandighede is die appellant se appei op die laaste nippertjie behoorlik voor hierdie hof. Ons is dank verskuldig aan me Kortie vir haar ondernemingsgees en doeltreffendheid.
Die klagtes teen die appellant het gespruit uit voorvalle wat plaasgevind het op 15 en 16 Maart 2008 toe daar ingebreek was by die huis van "n bejaarde egpaar, mnr Stefanus en rne Anita JouberT in Rupertlaan, Somerset-Wes. Die bebloede lyk van me Joubert was 'n dag of twee daarna ontdek en langs haar die bewustelose en beseerde mnr Joubert. Hy het beswyk van sy beserings Yi dag of twee later. Volgens aanklag 1 was 'n bedrag van R9,00 in kontant gesteel tydens die huisbraak. Volgens klagte 2 was die oorledenes beroof van 'n DStv dekodeerder, videomasjien, 'n musiekstelsel, selfoon en R150.00 in kontant. Die verswarende omstandighede behels die hanteer van 'n gevaarlike wapen deur die appellant, naamlik 'n piksteel en/of "h blompot en/of 'n soortgelyke voorwerp. Volgens die moordklagtes was die oorledenes deur die gebruik van 'n soortgelyke wapen of voorwerp vermoor.
Wat betref die tweede diefstal klag, dit wil se klagte 5, was dit beweer dat kaas, melk, piesangs en 'n radio was van die oorledenes gesteel. Soos voorheen gemeld, was appellant skuldig bevind op aanklagte 1, 2 en 5 na aanleiding van sy pleitverduideliking. Daarvolgens het hy erken dat hy op Saterdag 15 Maart 2008 by die oorledene se woonplek ingebreek, R9,00 gesteel en het hulle beroof van die goedere voorheen gemeld. Wat betref die twee aanklag van diefstal, het die appellant erken dat hy die volgende dag teruggekeer het saam met sy medebeskuldigde en die verdere diefstal gepleeg het op 'n stadium toe die liggaam van me Joubert nog daar gele het en mnr Joubert daar bewusteloos gele het.
Die volgende uittreksels uit die appellant se pleitverduideliking is relevant:
'Ek bevestig dat op 15 Maart was ek op pad na die huis van mnr en me Joubert te Rupertlaan 25. Somerset-Wes om te gaan inbreek. Ek was al een keer op 'n vorige geleentheid by hulle woning saam met 'n vriend. Ek het daar gekom en gesien dat daar nie 'n kar in hulle garage is nie en gedink die mense is nie by die huis nie. Ek het die halfoopgemaakte venster verder opgelig en deurgeklim en by die slaapkamer ingegaan. Ek het na die bedkassie in die slaapkamer gegaan en die laai oopgemaak. Ek het geld daarin gesien en dit geneem, dit was R9,00....Ek het by die kamer uitgegaan en die skuifdeur in die gang oopgemaak. Ek het gehoor die televisie speel, maar het nie by die trappe opgegaan nie....toe ek weer ingaan, het mnr en me Joubert by die trappe afgekom. Ek het 'n piksteel in die hande gekry wat in die gang gestaan het en teen mnr en me Joubert vasgeloop. Ek het eers me Joubert met die piksteel geslaan teen haar kop waarna sy op die mat in die slaapkamer neergeval het. Ek het daarna mnr Joubert met die piksteel geslaan teen sy kop waarna hy agteruit gesteier het en in die badkamer neergeval het met sy kop teen die blompot wat langs die stort gestaan het. Ek het hulle daarna gelos, uitgegaan en die deur toegemaak agter my."
Later se hy:
"Ek het rondgekyk vir geld en R150,00 gekry. Ek het dit gevat en die DStv dekodeerder en 'n selfoon en het toe die huis verlaat."
Die appellani vertel ice :ioe hy die vclgende dag sy stiefbroer. Jannie Johnson, sy medebeskuldigde, opgesoek het en teruggegaan het na die Joubert se woning:
"Ons twee is toe saam na die huis....daar aangekom was die skuifdeur steeds oop en ons het ingegaan. Jannie Johnson het gevra waar is die mense en ek het gese hy moenie bekommerd wees nie hulle slaap. Ek het aan Jannie gese dat ek reeds h videomasjien en 'n musieksentrum reggesit het en dat hy my net moet help om die goed uit te dra. Hy het gese dat hy nie oaan help nie en ons is daarna na die kombuis waar ons melk, kaas, piesangs uit die yskas gevat het en die radio wat langs die yskas gestaan het, gevat het. Daarna het Jannie die huis verlaat....Ek het na Jannie Johnson die huis verlaat."
Op
klagtes 3 en 4 het die staat vollediglik die getuienis van
die
forensiese patoloog, dr Dempers, gelei wat die
nadoodse
ondersoek op die oorledenes uitgevoer het. Hy het getuig
dat
me Joubert trauma aan die kop en die gesig opgedoen het
en
dat haar voortande gebreek was. In die nadoodse
ondersoekverslag het hy bevind dat veelvuldige sagteweefselbeserings
teenwoordig
was aan die liggaam, insluitend die bors en buik deel,
arms en bene, die gesig en die kop. Hoofbeserings was teenwoordig
met
veelvuldige
skedelfrakture, sowel as gesigsbenefrakture met
onderliggende
breinbeserings.
Tikstensiewe
sagteweefselbeserings was aan die nek merkbaar. Hy het tot die
gevolgtrekking gekom dat die primere oorsaak van dood
die
kopbeserings en sagteweefselbeserings aan die nek was.
Wat betref mnr Joubert was veelvuldige sagteweefselbeserings ook waargeneem en 'n penetrerende defek was teenwoordig aan die kopvel met onderliggende ingedrewe skedelfraktuur. Kop en breinbeserings was teenwoordig. Volgens dr Dempers was die oorsaak van dood die kop en sagteweefselbeserings.
Toe dit aan die dokter gestel was dat die appellant se weergawe was dat hy een hou met Vi piksteel teen me Joubert se kop geslaan het. was sy antwoord dat daar definttief drie houe aan haar gesig was, waarvan twee kon inpas met die piksteel as wapen en een iets anders moes wees. Wat betref mnr Joubert, het hy getuig dat sy beserings glad nie versoenbaar was met slegs een hou soos wat die appellant beweer het nie. Hy het voorts getuig dat daar ses verskillende houe moes gewees het en potensieel sewe. Hy het ook getuig dat dit onwaarskynlik was dat die twee houe aan die bokant van die kop deur die blompot veroorsaak kon gewees het.
Die staat het twee verdere getuies geroep, naamlik polisiebeamptes, maar hulle was betrokke net met die afneem van 'n skriftelike verklaring van beskuldigde 2. Die appellant het glad nie getuig of getuies geroep nie.
Gronde van Appel:
Die gronde van appel namens appellant was dat die landdros gefouteer het deur die ems van die misdryf te oorbeklemtoon en nie genoeg gewig te heg aan die appellant se persoonlike omstartdighede nie. Daar was verder aangevoer dat die landdros fouteer het deur nie te beveel dat al die vonnisse samelopend uitgedien moes word nie en dat die kumulatiewe effek van die opgelegde vonnisse te swaar is. Laastens was daar aangevoer dat die opgelegde vonnisse treffend verskil van 'n vonnis of vonnisse wat hierdie hof waarskynlik sol; ople. Dus was inmenging met die vonnis veroorloof en regverdig.
Volgens sy hoofde van betoog het mnr Lukas. wat namens die appellant opgetree het, aangevoer dat die kumulatiewe effek van gesamentlike vonnisse 'n gevoel van skok en afgryse wek. Daar is ook staatgemaak op die appellant se grondwetlike reg om nie gestraf te word in V» wrede, onmenslike of vernederende manier nie. Wat presies hierdie submissie behels is onduidelik, want al die vonnisse wat opgele is deur die landdros is geoorloof deur die Strafproseswet en kan geensins as ongrondwetlik beskou word nie.
Daar was ook verwys na ongeryrndhede wat ingekruip het tydens die appellant se pleit op klagtes 3 en 4 en beweer dat, as gevolg daarvan, die appellant nie 'n biliike verhoor volgens die grondwet geniet het nie. Geen besonderhede van hierdie beweerde ongeryrndhede was verskaf in die appellant se hoofde van betoog en was eers geopper tydens argumente in die hof. Mnr Lukas voer aan dat die erkennings gemaak in die artikel 112(2) pleit wat betref klagtes 3 en 4 nie behoorlik as artikel 220 erkennings genotuleer was nie en as sulks kan nie op staatgemaak ter ondersteuning van die skuldigbevinding nie. Die eerste probleem met hierdie submissie is dat die appellant is beperk tot 'n appel siegs teen vonn:s Maar nieteenstaande hierdie feit, is dit duidelik uit die oorkonde en die appellant se pleitverduideliking dat hy wel bedoel het om te erken dat al die wesenlike elemente ten opsigte van aanklagte 3 en 4. Ek haal aan uit sy pleitverduideliking uit:
"Aanklag 3, moord. Ek erken dat op 15 Maart 2008 en te Rupertlaan 25, Somerset-Wes, in die streekafdeling die Wes-Kaap vir Johannes Stefanus Joubert, ft manlike persoon, wederregtelik en opsetlik gedood het deur horn met ft piksteel te slaan."
Onder aanklag 4, moord, word ft soortgelyke byna identiese erkenning gemaak wat betref me Anita Joubert. Ek sal nie hierdie passasie herhaal, ek het dit vroeSr aangehaal en dit gaan oor die appellant se beskrywing van hoe hy teen die Joubert's vasgeloop het in die gang en hulle albei met die piksteel geslaan het teen hulle koppe. Na hierdie pleitverduideliking ingedien was namens die appellant het die hof aan die appellant gevra:
"Mnr Hendricks, u het nou geluister na hierdie pleitverduideliking, hierdie verklaring wat u prokureur uitgelees het aan die hof ne? -— Ja Edelagbare.
Nou die inhoud van hierdie verklaring soos wat dit hier staan, is dit korrek? — Ja Edelagbare. Is dit reg? Bevestig u ook dat hierdie verklaring deur u gemaak is uit u eie vrye wil uit, niemand het u geforseer of iets belowe om hierdie erkennings te maak nie, u doen dit uit u eie vrye wil uit? --- Ek doen Edelagbare."
Dit is miskien so dat die landdros kon, voliedigheidshalwe, die spesifieke erkennings wat betref klagtes 3 en 4, genotuleer as artikel 22 erkennings, maar artikel 113 van die Strafproseswet se bepalings maak dit duidelik dat dit nie 'n noodsaaklike stap is nie nadat 'n pleit van onskuldig genotuleer is. Die kwalifikasie tot artikel 113(1) maak dit heel duidelik, en ek haal aan, artikel 113 het te doen met die regstelling van 'n pleit van skuldig tot onskuldig en die kwalifikasie lees:
"Met dien verstande dat 'n bewering, behalwe hierbo bedoelde bewering, wat deur die beskuldigde erken is tot by die stadium waarop die hof 'n pleit van onskuldig aanteken, bly staan as bewyse in 'n hof
van so 'n bewering." Klaarblyklik wat gebeur het in hierdie hof, en dit was duidelik vir almal, is dat die staat het nie aanvaar die appellant se weergawe dat hy een hou teen die kop van al die oorledenes, net een hou teen hulle kop geslaan het nie, en dit was die basis waarop die pleit van skuldig nie aanvaar was en niks anders nie. Daar steek dus niks in die punt geopper deur mnr Lukas namens die appellant op die meriete.
In sy uitspraak het die landdros bevind dat die besertngs op die oorledenes nie vereenselwig kan word met die weergawe wat deur die appellant aangebied was in sy pleitverduideliking nie. Hy het verder gevind dat die appellant duidelik gepoog het om sy skuld af te water deur vol te hou dat hy net een hou aan beide mnr en me Joubert geslaan het en dat die appellant se weergawe verwerp moet word as vals.
Tydens vonnisoplegging het die landdros tereg opgemerk dat in die afwesigheid van wesenlike en dwingende omstandighede, hy verplig was om die minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf cp die moordaanklagte op te le en 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf op aanklag 2, naamlik die klag van roof met verswarende omstandighede. Die landdros het wel die persoonlike omstandighede van die appellant oorweeg sowel as die aard en erns van die misdade en die belange van die gemeenskap. Sy benadering tot vonnis was dat, na 'n inagneming van hierdie faktore, as daar so 'n groot verskil was tussen die vonnis neergele deur die wetgewing en die vonnis wat hy in die afwesigheid daarvan sou opgele het sodat dit Yi onreg sou gewees het om so 'n vonnis op te le dan sou dit neerkom op die bestaan van wesenlike en dwingende omstandighede.
Dit blyk dat die landdros die onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appel in S v Vilakazi in gedagte gehad het waar die hof met goedkeuring verwys het na die uitspraak in S v Malqas 2001 (2) SA 1222 (HHA) en veral die volgende gedeelte:
"If the sentencing court, on consideration of the circumstances of the particular case is satisfied that they render the prescribed sentence unjust in that it will be disproportionate to the crime, the criminal and the needs of society so that an injustice would be done by imposing that sentence, it is entitled to impose a lesser sentence."
In paragraaf 18 van die uitspraak in Vilakazi het die hof soos volg gese met verwysing na minimum vonnisse:
"Whether the prescribed sentence is indeed proportionate and thus capable of being imposed, is a matter to be determined upon a consideration of the circumstances of a particular case. It ought to be apparent that when the matter is approached in this way, it might turn out that the prescribed sentence is seldom imposed that fall within the specified category. If that occurs, it will be because the prescribed sentence is seldom proportionate to the offence, for the essence of Malqas and of Dodo is that disproportionate sentences are not to be imposed and that the courts are not vehicles for injustice."
In die huidige saak het die landdros die appellant se persoonlike omstandighede in ag geneem. Hy was 28 jaar oud toe die misdaad gepleeg was, was werksaam en het R1 500,00 per maand verdien ss tuinier. Hy het Standerd 5 geslaag op skool, het geen afhanklikes nie en ten tye van vonnisoplegging in Julie 2010 was hy alreeds meer as twee jaar in hegtenis as verhoorafwagtend. Die appellant het twee vorige veroordelings, die eerste vir huisbraak in 1996 toe hy verwys was na 'n verbeteringskool. Daarna in 1999 is hy skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot 'n boete en opgeskorte gevangenisstraf
Die landdros het gemeld dat die appellant sy berou uitgespreek net deur middel van sy regsverteenwoordiger. Maar, soos die landdros tereg opgemerk het, die appellant het nie eintlik 'n ander keuse gehad as om skuldig te pleit nie weens die sterk saak wat die staat teen horn uitgemaak het. Die appellant se persoonlike omstandighede was nie besonder gunstig nie behalwe vir die afwesigheid van vorige veroordelings wat met geweld gepaardgegaan het. Hy kon nie staatmaak op jeugdigheid nie en die berou waarvan melding gemaak was, was nie gereflekteer deur enige getuienis of optrede aan die kant van die appellant nie. Hy het nie oop kaarte met die hof gespeel nie met sy deursigtige en valse afwatering van wat plaasgevind het die aand of die dag tydens sy aanval op die oorledenes.
Die aard en erns van die moorde was ook nie onderbeklemtoon nie. Die appellant het ingebreek by die Joubert se woning, klaarblyklik bewus da: hulle bejaarde persone was. Hy was glad nie afgeskrik deur hulle teenwoordigheid nie en het nie gehuiwer om Yi wrede aanval te loods teen die inwoners met 'n piksteel nie. Klaarblyklik het hierdie aanvalle veel meer as net een hou behels. Dit blyk dat me Joubert redelik vroeg van haar beserings beswyk het. Daarna het die appellant op sy gemak verskeie van die goedere van die huis van die oorledenes versamel en gesteel. Die volgende dag het die appellant die vermetelheid, of liewers die gevoelloosheid gehad om na sy wrede aanval weer na die woning te gaan saam met sy medepligtige om verder van die oorledenes se eiendom vir homself toe te eien. Dit het hy gedoen terwyl mnr Joubert ten minste 'n hele aand daar gele het bewusteloos en hulpeloos.
Die eiendom wat van die oorledenes ontneem was, was elektroniese toerusting en geensins lewensnoodsaaklike goedere nie. Appellant was werksaam ten tye van die voorval en soos blyk uit sy vorige kennis van die huis, het hy waarskynlik die oorledene versigtig selekteer in die lig van hulle bejaardheid en onvermoe om hulle self behoorlik te verdedig. Sy motief was hebsug nie nood nie. Soos gestel was in S v Peters 1987 (3) SA 717 (A) op 727:
"Met betrekking tot appelle teen vonnis in die algemeen, is daar herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie hof beklemtoon dat vonnisoplegging berus by die diskresie van die verhoorregter. Juis omdat dit so is, kan en sal hierdie hof nie ingryp nie in die vonnis van 'n verhoorregter verander nie, tensy dit blyk dat hy die diskresie wat aan horn toevertrou is nie op Yi behoorlike of redelike wyse uitgeoefen het nie."
Verder was daar gese:
"Daar is een enkele vraag: of die Verhoorregter redelikerwys die vonnis kom ople wat hy wel opgele het. Dit is die deurslaggewende vraag: as die antwoord daarop bevestigend is, is dit die einde van die saak. Daardie vraag le ook ten grondslag van die sogenaamde treffende wanverhoudingtoets...."
Wat betref die oplegging van twee vonnisse van lewenslange gevangenisstraf. kan daar geensins na my mening, met inagneming van al die faktore, bevind word dat die landdros enige mistasting begaan het of dat hierdie vonnisse enigsins Yi gevoel van skok wek nie. Na my mening kan die landdros se bevinding dat daar geen wesenlike of dwingende omstandighede bestaan geensins gekritiseer word. Daar moet Yi skeiding getrek word tussen opregte berou en die spyt van iemand wat vasgevang is in 'n misdaad of misdade waarin hy of s y s k u 1 d moet b e k e n.
Al is die vonnisse opgele op klagtes 2 en 5, dit wil s6 die klagtes van roof en diefstal, van akademiese belang in die lig van die oplegging van lewenslange gevangenisstraf, is ek nogtans van mening dat daar ingemeng moet word daarmee. ft Vonnis van vier jaar gevangenisstraf vir die diefstal van 'n radio en ft paar kos items uit ft yskas is glad nie gepas of regverdig nie. Wat betref klagte 2, al dra dit ft minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf, is die appellant reeds gestraf vir sy aanval op die oorledenes deur sy skuldigbevinding en vonnis op die twee moordaanklagtes. In die omstandighede sal ek voorstel dat die vonnisse op klagtes 2 en 5 tersyde gestel moet word en vervang word deur vonnisse van ses jaar en twee jaar gevangenisstraf onderskeidelik.
Die landdros het gelas dat net die vonnisse op klagtes 1, 2 en 5 samelopend uitgedien moet word, met die gevolg dat die appellant lewenslange gevangenisstraf plus ft verdere 15 jaar gevangenisstraf sou moet uitdien. Hierdie bevel is teenstrydig met die bepalings van artikel 39(2)(a) van die Wet op Korrektiewedienste 111 van 1998 wat bepaal dat enige vonnis van gevangenisstraf vir ft vasgestelde tydperk en een of meer vonnisse van lewenslank gevangenisstraf samelopend uitgedien moet word. Die landdros het ook beveel ingevolge artikel 276(B)(1)(b) van die Strafproseswet dat die appellant nie oorweeg moet word vir parool voordat hy twee-derdes van sy vonnis van lewenslange gevangenisstraf en die 15 jaar termyn gevangenisstraf uitgedien het nie.
Hierdie bevel was in die omstandighede ongeldig. In die lig van die bepalings van artikel 73(6)(iv) van Wet 111 van 1998, blyk dit ook oorbodig te wees want die subartikel bepaal dat iemand wat 'n lewenslange vonnis uitdien mag nie op parool geplaas word tot tyd en wyl hy of sy nie ten minste 25 jaar van sy vonnis uitgedien het. In die omstandighede, en vir die voorafgaande redes, sou ek die appel teen die vonnisse op klagtes 1, 3 en 4 van die hand wys, maar die appelle op klagtes 2 en 4, dit is die appelle teen vonnis, handhaaf en die vonnisse daarop vervang met vonnisse van ses jaar en twee jaar gevangenisstraf onderskeidelik. Ek sou ook die landdros se bevel ingevolge die bepalings van artikel 276(B)(1)(b) van Wet 51 van 1977 tersyde stel.
GOLIATH. J: Ek stem saam.
GOLIATH, J
BOZALEK. J: Dit word so beveel.
BOZALEK. J