South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 316
| Noteup
| LawCite
D&K Konstruksie Bk v De Villiers N.O and Others (4092/11) [2011] ZAWCHC 316 (15 August 2011)
Download original files |
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(WESTERN CAPE HIGH COURT)
REPORTABLE
Case No: 4092/11
In the matter between:
D & K KONSTRUKSIE BK …...........................................................Applicant
and
ELIAS LOURENS KAMFER DE VILLIERS N.O. …..................1st Respondent
ALIDA DE VILLIERS N.O. …...............................................2nd Respondent
MARTHA MAGDALENA PRINSLOO N.O.
obo ABSA TRUST BEPERK …...............................................3rd Respondent
Coram: A. SCHIPPERS, AJ
Judgment by: A. SCHIPPERS, AJ
For the Applicant: Adv J W Olivier SC
Instructed by: Millers Attorneys
Beacon House
123 Meade Street
GEORGE
P 0 Box 35, GEORGE, 6530
Tel: (044) 8741140
Fax: (044) 8740353
(Ref: FS/IS/D4781/WD2131)
C/o MILLERS Attorneys
25th Floor, Absa Bank Building
2 Riebeeck Street, Cape Town
Tel: (021) 4216999
For the Respondents: Adv E Bruwer
Instructed by: J C Van Der Berg Attorneys
100 York Street, York Mall,
1st Floor, Room 103
GEORGE, 6530
Tel: (044) 8730818
Fax: (044) 8734444
(Ref: } C VAN DER BERG/ack/lD0ll7)
c/o WERKSMANS Attorneys
18th Floor, 1 Thibault Plain
CAPE TOWN
Date(s) of Hearing: 2 AUGUST 2011
Judgment delivered on: 15 AUGUST 2011
[RAPPORTEERBAAR]
IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA
(WES-KAP HOE HOF KAAPSTAD)
Saaknoomer: 4092/11
D&K KONSTRUKSIE BK …..................................................................Applikant
en
ELIAS LOURENS KAMFER DE VILLERS N.O. …....................Eerste Respondent
ALIDA DE VILLIERS N.O. …...............................................Tweede Respondent
MARTHA MAGDALENA PRINSLOO N.O.
namens ABSA TRUST BEPERK …...........................................Derde Respondent
(In hulle hoedanigheid as trustees van die De Villiers Trust Nr 16712/04)
UTSPRAAK: 15 AUGUSTUS 2011
Schippers WnR:
[1] Hierdie is 'n aansoek om afdwinging van 'n arbilrasie-ooreenkoms na aanleiding van 'n skriftelike boukontrak aangegaan tussen die applikant en die De Villiers Trust ("die Trust") op 29 September 2006. Daarvolgens het die partye ooreengekom dat die applikant 'n woonhuis op erf 628 Meelogie Rylaan, Glentana ("die erf) vir die kontrakprys van R1 899 786 vir die Trust sal bou, onderhewig aan die terme en voorwaardcs uiteengesit in die boukontrak. In terme van die boukontrak, enige dispuut of verskil tussen die applikant en die Trust wat uit die ooreenkoms ontstaan, sal na arbitrasie verwys word. Die kern van die applikant se saak is dat die partye ooreengekom het om 'n geskil ten opsigte van ekstra bouwerk na arbitrasie voor Mnr. R. H. Hiemstra SC ("die arbiter") te verwys, welke arbitrasie op 9 November 2009 sou begin.
[2] Die respondente, in hullc hoedanigheid as trustees van die Trust, bestry die aansoek. In wese voer die Trust aan dat die applikant nie op die arbitrasieklousule in die boukontrak kan steun om die dispuut aangaande die ekstra bouwerk af te dwing nie; en dat indien sodanigc dispuut wel deur die arbitrasieklousule gedek word, moes die applikant die arbiter genader hel vir aanwysings.
[3] Dit is geykte reg dat die onus om te bewys dat "n dispuut binne die omtrek van 'n arbitrasie klousule val, berus op die party wat vra dat die dispuut na arbitrasie verwys word. Ten einde hierdie vraag te beanlwoord, mod die aard en omvang van die dispuut oorweeg word en daarna beslis word of dit deur die arbitrasie klousule gedek word.1
[4] Die basiese feile aangaande die applikant se eis vir die verwysing van die dispuut na arbitrasie kan kortliks opgesom word. In 'n skrywe gedaleer 10 September 2007 het die applikant ‘n bedrag van R98 335.49 van die Trust geSis vir vcrskcie veranderinge en ekslra bouwerk, veroorsaak deur 'n hoogle verskil tusscn die planne (wat deur die Trust voorsien is) en wcrklikc grondvlakke ten opsigte van 'n woonste) wat op die erf gebou is. Die Trust ontken cgter dat daar enige dispuul hieromtrcnt ontstaan hct, en voer aan dat die partye rccds oor die ckstras ooreengekom hel en dat die houkontrak afgehandel mocs word waama die applikant se vcrsock om betaling aandag sou geniet. Voorts bevveer die Trust dat die applikant aangedui het dat hy nie op die boukontrak vir betaling van hierdie eis en ook nie op 'n mondelingse ooreenkoms gesteun het nic, en dat dit 'n versoek is om vergoeding vir "onvoorsiene en nie-ooreengekome uitgawes".
[5] Die applikant se konsep besonderhede van eis wat sy saak en die geskilpuntc op arbitrasie uiteensit, is aangeheg lot 'n brief gedatcer 5 Oktober 2009 deur die applikant sc prokurcurs versend aan die Trust se prokureurs. In kort is die applikant se saak dat vanaf 12 Dcsember 2006, van tyd-tot-tyd mondelings tussen die applikant en die Trust ooreengekom is dat sckere wysigings ten opsigte van die bouwerk op die perseel verrig moes word; dat sodanige wysigings wel uitgevoer is; en dat die applikant geregtig is op betaling daarvan in die bedrag van R247 410.07. Die Trust se antwoord hierop is dat dit nooit enige mondelingse ooreenkoms met die applikant gesluit het wat betref ekstra bouwerk nie; verder dat die bou van 'n oprit vanaf die huis na die straat deur die applikant, 'n aparte ooreenkoms was waarvoor die applikant reeds betaal is.
[6] Klousule 13 van die kontrak lees onder andere as volg, "Any dispute or difference between the Contractor and the Employer arising out of this Agreement shall he referred to Arbitration"; en alvorens bouwerk begin, dat die arbiter vooraf deur die partye oorecngekom moet word. Volgens die skedule tot die boukontrak het die partye ooreengekom dat die Meester Bouvereniging, George, as arbiter aangestel word, sonder dal hulle 'n spesifieke arbiter benoem het,
[7] Die woorde, "any dispute or difference" in klousule 13 is 'n aanduiding dat die partye beoog het om 'n arbitrasic-ooreenkoms op te stel in die breedste moontlike termc ten einde toekomstigc gcskille op te los.2 Insgelyks beperk die woorde, "arising out of in 'n arbitrasie-ooreenkoms nie noodwendig 'n eis streng tot een gebaseer op die ooreenkoms nie. Mustill & Royd3 stel dit as volg:
"These words have been given a wide meaning. It has been said that they cover every dispute except a dispute as to whether there was ever a contract at all. If the parlies to a contract make provision in it at to their rights should certain events occur in the course of the contract and a dispute arises between litem as to their rights following the occurrence of those events, then that dispute as to their rights arises out of the contract. The words embrace issues of frustration and nondisclosure, construction, the existence of a custom, disputes OS to any state of circumstances which, if proved, would be relevant on any issue as to the true meaning and effect of the contract, a dispute as to whether the contract lias been varied or replaced by a fresh contract and a claim for damages for breach of the arbitration agreement itself.�h4
[8] Die vraag is dus eerstens, of die eis vir ekstra bouwerk wat deur die applikant verrig is, uil die kontrak voortspruit. By 'n toepassing van bogenoemde beginsels is ck van mening dat hicrdie vraag positicf beantwoord moct word, en dit op die Trust sc eic weergawe.
[8.1] Eerslens, is dit nooit deur die Trust bctwis dat die applikant verplig was om ckstra bouwerk tc doen as gevolg van 'n hoogtcverskil tussen die plannc deur die Trust vcrskaf en werklike grondvlakke nie. Die feil dat die Trust die applikant ingelig het dat die argitek nie beskikbaar sou wees in 'n toesighoudcnde hoedanighcid nie, of dat die Trust bcrcid was om nuwe planne te laat optrek indien die plannc foutief was, is irrelevant. Dit is ook nie bctwis dat die applikant verplig was. na samesprekings met die ingcnieurs. oin verskeie mure te verander na kcurmure nie. Myns insicns is dit noodgedwonge 'n afwyking van die oorspronklike bouplannc waarvolgens die huis opgerig moes word. Dit kan kwalik beweer word dat hierdie ekstra bouwerk nie uit die boukontrak voortspruit nie.
[8.2] Tweedens, is die bou van die oprit vanaf die huis na die straat niks andcrs as 'n wysiging van die boukontrak nie. Mnr. K. L K. Dc Villiers, die Trust sc hoof deponent, se self dat tydens 'n besoek in Mci 2007 by die bouwerk, was hy onlsicld om te sien hoc laag die motorhuisc sc ingang onder die straatvlak in weklikheid was. Na oorweging en op advies van die ingenieur, is *n vergadcring in Junie 2007 bele waar die Trust, die applikant. die argitek asook die ingenieur teenwoordig was. Hier is daar besluit om 'n oprit na die straatvlak te bou om hierdie problcem op te Ios. Die applikant het die Trust van 'n kwotasie voorsicn om die oprit tc bou wat aanvaar is. Die kwotasic op sigself bevestig die wysiging tot die boukontrak, waar dit se dat indien die kwotasic aanvaar word, daar *n besparing van R15 500 sal wees op die oorspronklike tender bedrag aangesicn daar voorsicning gemaak was vir plaveiscl. Dit volg dat die bctoog namens die Trust dat daar tot die ekstra bouwerk ingcstcm is in twee afsonderlikc kollatcrale ooreenkomste waarvoor daar reeds beiaal is, ongcgrond is.
[9] Die tweede vraag is of daar "n dispuut of verskil tusscn die partye is wat verwysing na arbitrasie sou regverdig.
[10] "n Arbitrasie klousule word tydcns die sluiting by 'n kontrak ingelyf omdat die partye, as 'n saak van kommersielc gcrieflikheid, aanvaar dat dit wcnslik is om arbitrasie te gebruik as 'n metode om gcskille wat tydens hulle besighcidsverhouding mag onLstaan, te beslis. Die uitleg van sodanige klousule moet dus deur sy onderliggende kommersiele doel bcinvloed word.5 Die doel van 'n arbitrasie kloasule is onder andere as volg in Fiona Trust6 verduidelik:
"As to this. I think there can be no doubt The parlies have entered into a relationship, an agreement or what is alleged to be an agreement or what appears on its face to be an agreement, which may give rise to disputes. They want those disputes decided by a tribunal which they have chosen, commonly on the grounds of such matters as its neutrality, expertise and privacy, the availability of legal services at the seat of the arbitration and the unobtrusive efficiency of its supervisory law. Particularly in the case of international contracts, they want a quick and efficient adjudciation and do not want to take the risks of delay and, in loo many cases, partiality, in proceedings before a national jurisdiction. "7
[11] In hierdie saak het die partye ooreengckom dat cnige dispuut of verskil wat uit die boukontrak ontstaan, na arbitrasie verwys sou word. Daar is duidelik 'n geskil aangaande die ekstra bouwerk ten opsigte van die woonstel as gcvolg van die hoogte verskil tussen planne en werklike grondvlakkc: en die opril vanaf die huis na die siraat, wat uit die boukontrak voortspruit. Die applikant vocr aan dat dit geregtig is op betaling vir hierdie ckstra bouwerk. Die Trust bewcer dat dit reeds daarvoor vergoed is. Daar is ooglopcnd 'n dispuut wat na arbitrasic vcrwys moet word. Verdcr, soos reeds aangedui, selfs die vraag aangaande die bcdocling van klousule 13 en mecr spesifiek die kwessic of die ckstra bouwerk deur die arbitrasie klousule gedck word al dan nic. sou verwysing na arbitrasie regverdig. Op hierdie gronde alleenlik, is die applikant geregtig op die aangevraagdc rcgshulp.
[12] Bowendien, soos uit die briewewisscling tussen die partye sc prokurcurs blyk, het die Trust reeds skriftelik ingestem tot arbitrasie, die aanstelling van die arbiter asook die aanvangsdatum van die arbitrasie as 9 November 2009.
[13] Op 21 Oktober 2008 hct die applikant sc prokureurs 'n brief aan die Trust se prokureurs gcrig waarin hulle die mcning uitspreek dat die dispuut (aangaandc die ekstra bouwerk) nie soseer handcl oor die bouwerk as sulks nie, maar dat dit 'n kontraktucle dispuut is; en versoek hulle dat Mnr. Hiemstra, "n senior advokaat met grondigc kennis van kontraktereg, aangestel word om as arbiter op tc tree. Die Trust se prokurcurs het op 24 Oktober 2008 gcantwoord. Hulle meld dat hul klicnt "saamslem dat daar regsvrae beantwoord sal moet word uit hoofde van die interpretasie van die ooreenkoms", en dat daar "ook nog dispute is wat betref die proffesionele, vakkundige en bedrewe wyse waarop die bouwerk gedoen was, en sal daar hoogs waarskynlikper se ook hiermee gehandel moet word. ". Gevolglik stel die Trust sc prokureurs voor dat hulle *n bchoorlike arbitrasie-oorcenkoms voorberei meld hulle tcvredenheid met die arbiter en se dat hulle by die kliciit sou vasstel wat sy houding is wal betref die aanstel van die arbiter.
[14] In 'n brief op 13 November 2008 vcrsock die applikant se prokureurs of daar intussen instruksies vanaf die Trust bekom is aangaandc die aanstelling van die arbiter sodat die arbitrasie-ooreenkoms voorberei kon word en datums vir die voorlselting van die arbitrasie vasgestel kon word. Die respondent se prokureurs hct hierdie brief op 14 November 2008 beantwoord. Hulle stel voor dat die aanstelling van die arbiter en die bepalings van datums eers geskied nadat die applikant 'n antwoord verskaf met betrekking tot die Trust se bewcrings van die onvakkundingc en onbedrewe wyse waarop die bouwerk gcdocn is. Die prokurcurs meld ook dat hulle van oordcel is dat hul klient se saak stcrk leun op gebrekkigc vakmanskap en die skadc wat daaruit voortvloei cn sal al hierdie aspektc gelyktydig voor die arbiter mee gehandel moet word. Voorts huldig die prokurcurs die mening dat dit prematuur is om 'n arbiter aan te stel, datums tc bckom en die aksic voort te sit; alteinaticwelik stel hulle voor dat die applikant die saak voortsit deur sy saakstelling te liassecr cn dat daar by ooreenkoms "n arbitrasie-ooreenkoms voorberei word, dat die Trust daarop antwoord cn dat die arbiter dan aangestel kan word om die arbitrasie aan te hoor.
[15] Tussen 18 November 2008 en 16 Januaric 2009 is verskeie vcrdcrc briewe tussen die partye se prokureurs gewissel met betrekking tot die beweerdc defekte en problcmc ten opsigte van die bouwerk, sonder dat enige vordering gemaak is om die gcskille op te los. By wyse van 'n brief gedateer 16Januarie 2009, versock die applikant se prokureurs die Trust se instemming dat die arbiter aangestel word cn meld hulle dat 'n konscp arbitrasie-ooreenkoms binnekort voorsicn sou word. Die respondente se prokureurs antwoord op 20 Januarie 2009 cn se dat hulle reeds in vorige skrywes rondom die arbiter cn die aspektc daaraan verbondc. gcantwoord het cn volstaan hulle daarby.
[16] In 'n brief gcdateer 27 Januarie 2009 word die Trust se prokureurs ingelig dat die herstelwerk wat die applikant sou verrig het, uiteengesit is in die lys van items wat saam met die brief versend is ("die 'snag list'") en enige oorblywendc punte van dispuut sal op arbitrasie besleg word, 'n Konsep Akte van Verwysing na arbitrasie is ook met die brief versend en tcr afsluiting meld die prokureurs dat hulle wag op onder andere die voorstelle op die arbitrasie-oorcenkoms. Dit dicn beklemtoon te word dat klousule 5.1 van die Aktc van Verwysing bepaal dat die dispuut wat na arbitrasie verwys word, sal blyk uit die pleitslukkc wat namens die partye afgelewer sou word. Die rcspondentc se prokureurs antwoord in 'n skrywe gcdateer 19Februaric 2009. Daarin word gemeld dat die Trust se instruksies is dat hy tevrede is met die Akte van Verwysing, behalwe dat die arbitrasie in George cn nie in Kaapstad gehou moct word; dat die fooie van die arbiter geveriliecr moct word en in klousule 3.2 van die Akte van Verwysing ingetik moct word; dat die Trust, sonder benadeling van sy regtc. kennis neem van die "snag lisi"; cn dat indicn die applikant nic die "snags" sou voltooi nie; die prokureurs daarmcc sou handel tydens die arbitrasie verrigtinge.
[17] Op 27 Maart 2009 het die arbiter sy aanstelling aanvaar en sy fooic aangedui. Diesclfde dag het Mnr. J. C. Van der Berg, die Trust se prokureur, tecnoor die applikant se prokureur. Me. K. Van der Berg, telefonies bevestig dat die arbitrasie voortgesil sal word, dat hy self die stukke sou opstel en dat die applikant se advokaat met horn in verbinding kon tree om datums en die proses van die arbitrasie tc reel. Die applikant se aclvokaat is dienooreenkomstig per c-pos op 31 Maart 2009 hicrvan verwittig. Per faks aan die applikant se advokaat gedatccr 28 April 2009, het die Trust se prokurcurs bevestig dat die arbiter die voile week van 9 November 2009 vir die arbitrasie beskikbaar was. Nou, indien daar gcen dispuut tussen die partye was wat uit die boukontrak voortgespruit het nie, ontstaan die volgende vrae: Hoekom sou die respondente se prokurcur 'n datum met die arbiter reel? Hoekom sou die arbiter horn beskikbaar maak vir 'n voile week? Hoekom sou die respondente se prokurcur ondcrneem om self stukke op te stel vir 'n dispuut wat nie bestaan nie? Hoekom sou hy 'n advokaat brcveteer vir 'n arbitrasie verskyning waar daar geen dispuut is nic? Hierdie eenvoudigc vrac demonstreer dat die respondente se weergawe dat daar geen dispuut was nie. vergesog is.
[18] Die feit dat die arbitrasie met die arbiter geree'l is om 9 November 2009 te begin, is later deur die Trust se prokurcurs bevestig in 'n brief gedatecr 3 Julie 2009, waarin hulle versock dat die arbitrasie eers oorstaan hangende n bricwcwisseling tussen die partye. Die applikant sc prokureurs stem egter nie hiermcc saam nie en in 'n brief op 13 Julie 2009 se hulle dat hulle instruksies is om met die arbitrasie op 9 November 2009 voort tc gaan. Hulle versoek die respondente se prokurcurs om toe tc sicn dat die Akte van Vcrwysing onderteken word. Die Trust se prokureurs antwoord op 3 Augustus 2009. Hulle meld dat die Trust nie die arbitrasie-ooreenkoms kan onderteken nie omdat die dokumcnt onvolledig is, meer spesiliek, die bepalings ten opsigte van die arbiter se fooie; die besonderhedc van eis; blootlcgging; verhoor besonderhede; waar die arbitrasie sou plaasvind; en die datum wanneer getuicnis en argument afgehandcl sou word. Voorts word dit gemeld dat die inhoud van die brief van 13 Julie 2009 deur die applikant sc prokurcurs "if in stryd met wat uitdruklik tussen die partye ooreengekom was"; en dat die prokureurs atlei dat die applikant hoegenaamd nie mecr in cnige skikking bclangstcl nie.
[I9] Die applikant se prokureurs antwoord per brief gedateer 13 Augustus 2009, waaraan 'n voltooidc akte van verwysing aangeheg is. Hulle meld dat hulle oop is vir voorstelle om datums te wysig vir die lcwering van dokumcntasie, rakende die prosedure van die arbitrasie; cn dat die uitstel van die arbitrasie na die cerstc week in December 2009 oorweeg moct word ten eindc allc partye die gelcenthcid te gee om behoorlik voor te berei. In die antwoord op hicrdic brief deur die Trust se prokureurs op 24 Augustus 2009, word dit vir die ecrste keer geopper dat ten opsigte van die "snag list", die applikant nie sy kontraktuele vcrpligtinge kan opskort "om 'n arbitrasie te probeer afdwing wat aspekie insluit wat nie in dispuut is nie ". Dit nadat die Trust duidelik kennis geneem het van die datums en tye vir die gclyste herstelwcrk volgens d\c"snag list" cn die kennisgewing dat indien die applikant nie die "snag fist" wil voltooi nie, daarmee ten voile gehandcl sou word in die arbitrasie verrigtinge. Verder, ook vir die heel eerstc kecr. betwis die Trust se prokureurs die verwysing van die dispuut aangaandc die ekstra bouwerk na arbitrasie, en word die applikanl se prokureurs uitgcnooi om hulle in tc lig "wat... die dispuut is tussen die partye. wat uit die kontrak voortspruit". Dan word dit gese dat "slegs wanneer u ons dus so kan mcedeel (wat u na arbitrasie wil verwys) kan ons oorweging gee aan 'n vcrwysingsakte ".
[20] Daarop het die applikant se prokureurs in 'n brief gedateer 5 Oktobcr 2009, die Trust sc prokureurs meegedcel dat daar reeds ooreengekom is dat die gcskillc voortspruitendc uil die boukontrak na arbitrasie vcrwys word; dat die arbiter aangestel is; dat die arbitrasie nie mccr op 9 November 2009 kon voortgaan nie; en versock hulle dal 'n rooster bepaal word om die arbitrasie tol finaliteit te bring. Daar is ook tot hierdie brief die applikant se konscp besonderhede van eis aangchcg. waaruit dit blyk wat die applikant se saak is cn wat die geskilpuntc is.
[21] Die Trust sc prokureurs skryf aan die applikant se prokureurs op 7 Oktober 2009 en se dat hulle instruksies sou nccm cn terug berig. Dit het nie gebeur nie cn op 3 November 2009 stuur die applikant se prokureurs 'n faks aan die Trust sc prokureurs waarin hulle mccgcdeel word dal daar op 9 November 2009 'n vergadcring met die arbiter gcrcel is, waartydens die Akte van Verwysing gefinaliseer sou word en datums vir die voortsetting van die arbitrasie gereel sou word. Die Trust se prokurcurs antwoord in 'n brief gedatccr 5 November 2009 waarin hulle ondcr andcrc meld dat die dispuut gebaseer is op 'n mondelinge ooreenkoms; dat dit nie binne die kontrak val nic; dat die Trust nog steeds nie 'n antwoord ontvang het nie aangaande die herstclwcrk soos uiteengesit in die "snag list": cn dat hulle dus nie die arbitrasie voorverhoor kon bywoon nie. In 'n faks deur die applikant sc prokureurs versend op 1 Dcsember 2009, word die Trust sc prokureurs ingclig dat hulle wel kennis dra van die applikant se saak en die geskilpunte; en dat die applikant nic van voornemc is om na die huis terug te keer om enige beweerdc "snags" te herstcl nie. Desnietecnstaande betoog Mnr. Bruwcr, namens die respondente, dat die applikant nic sy onwilligheid verklaar het om die defektc volgens die "snag fist" te hcrstel nie, en gcvolglik is daar nie 'n dispuut soos beoog in die boukontrak nic. Die betoog is ook ongegrond.
[22] In 'n brief gedateer 11 Desember 2009 aan die applikant se prokureurs, bevestig die Trust se prokureurs die applikant se weiering om onvakkundige en onbedrewe bouwerk soos uiteengesit in die "snag list" te herstel. In 'n latere brief op 17Februarie 2010 meld die Trust se prokureurs dat sodanige weiering deur die applikant "duidelik en ondubbelsinnig" aangctoon het dat hy horn nie verder aan die boukontrak gebonde ag nie, en dat dit 'n rcpudiasic van die ooreenkoms daarslel. Voorts word dit gemeld dat die Trust sy regte voorbehou om die skade wat gely is van die applikant te verhaal, altcrnatiewelik, om die applikant vir 'n spesifickc nakoming van die ooreenkoms gebonde te hou.
[23] In 'n skrywe gedateer 12 April 2010 deur die applikant se prokureurs aan die Trust se prokureurs, word die Trust op tcrmc geplaas om teen 16 April 2010 skriftclik te bevestig dat alle gcskitle voortspruitend uit die boukontrak oorcenkomstig die konsep Aktc van Verwysing, na arbitrasie vcrwys word, by onstenlenis waarvan die applikant hierdie Hof sou nader. Die Trust se prokureurs het hicrdie brief op 16 April 2010 beantwoord. Dieselfde houding is ingeneem dat die dispuut nie binne die tcrme en voorwaardes van die boukontrak val nie cn word daar kennis gegee dat enigc hof aansoek om daardie rede geopponeer sou word, wat wel gedoen is.
[24] Ter opsomming:
[24.1] Teen 28 April 2009 (toe die Trust se prokureurs bevestig het dat die arbiter vir die voile week van 9 November 2009 vir die arbitrasie verrigtinge beskikbaar was) was dit reeds deur die partye ooreengekom dat: (1) die applikant sc aanspraak om belaling vir ckstra bouwerk na arbitrasie verwys word, daar dit 'n regsvraag is wat beantwoord sou moet word uit hoofde van die inlerprctasie van die boukontrak; (2) die Akte van Verwysing aanvaar is en meer spesifick dat die dispuut sou blyk uit die pleitslukke wat namens die partye afgclewer sou word; (3) Mnr. Hiemstra sou optrce as arbiter; (4) die arbitrasie in George gchou sou word; en (5) die vcrrigtinge sou op 9 November 2009 begin.
[24.2] Op 24 Augustus 2009 word dit vir die heel ccrstc keer deur die Trust geopper (vcrkeerdelik) dat daar nie 'n dispuut is wat uit die konlrak voortspruit nie; en slegs wannccr die Trust se prokureurs ingelig word oor wat die dispuut is, sou dit na arbitrasie verwys word.
[24.3] Daar is hoegenaamd geen vcrduideliking vir die Trust se frontverandcring nie, dit nadat sy prokureur self die datum vir die arbitrasie met die arbiter gerel'l hct en onderneem hct om self slukke aangaande die arbitrasie op te stel.
[24.4] Daar is onomwonde ln geskil ten opsigte van die applikant se gcbrckkige vakmanskap soos uitccngesit in die "snag fist". Die applikant hct geweier om na die pcrseel terug tc keer ten einde die "snag list" te voltooi. Die Trust beskou dit as kontrakbreuk. Ingevolge die boukontrak kan hierdie geskil slegs deur arbitrasie beslis word.
[25] Afgesien van klousule 13 van die boukontrak en gegewc die voormelde korrespondensie tussen die partye sc prokureurs, is ck van mening dat die Trust wel skriftelik tot abritrasie ingestem het. Die Wet op Arbitrasie 42 van 1965 omskryf 'n "arbitrasie-ooreenkoms " as, " 'n skriflelike ooreenkoms wat voorsiening maak vir die verwysing na arbitrasie van 'n bestaande geskil of 'n toekomsfige geskil met be/rekking tot 'n aangeleentheid in die ooreenkoms vermeld, hetsy 'n arbiter daarin genoem of aangewys word al dan nie." 'n Bricwewisscling kan 'n skriflelike arbitrasie-ooreenkoms daarstel, mits die brief 'n aanbod om 'n saak na arbitrasie te verwys behels. Die aanbod moet egter onvoorwaardelik en ongekwalifiseerd wees.8
[26] Dit is onnodig om die inhoud van die briewe tussen die partye se prokureurs te hcrhaal wat gelei het lot ;n ooreenkoms om die applikant se eis vir betaling van die ekstra bouwerk na arbitrasie voor die arbiter op 9 November 2009, te verwys. Dit is voldocndc om te se dat die Trust die verwysing na arbitrasie aanvaar het. Ook om hierdie rede is die applikant geregtig op die regshulp wat dit vra.
[27] Die enigste oorblywende aspck is koste. Mnr. Olivier, wat namcns die applikant verskyn het, betoog dat 'n kostebevel op 'n skaal soos tussen prokureur cn klient in die omstandighede billik sou wees.
[28] Gewoonlik word koste op 'n skaal soos tussen party en parly aan die suksesvolle party toegestaan.9 'n Hof is egter by magtc om te beveel dal 'n onsukscsvolle litigant prokureur en klienl koste betaal onder spesialc omstandighede. Die doel van sodanige bevel is om te verseker dat die suksesvolle parly nie verlics ly nie; en word toegestaan waar die verrigtinge of opponering kwclsugtig is, alhoewel dit nie die bedoeling was nie. Die opponering mag as kwelsuglig beskou word, daar die applikant onnodiglik aan moeite en onkostes blootgestel is.10
[29] Ek is van mening dat hierdie 'n geval is waar die applikant onnodiglik moeite en onkostes mocs aangaan, en wel om die volgende redes.
[29.1] Daar is reeds teen 28 April 2009 ooreengekom om die kwessie van die ekstra bouwerk na arbitrasie tc vcrwys, welke verrigtinge op 9 November 2009 sou begin. Daar is geen rede of verduideliking vir die Trust se omswaai in die brief van 24 Augustus 2009 waarin die applikant, vir die heel eerste keer, uitgenooi word om die dispuut wat uit die boukontrak voortspruit, te beskryf.
[29.2] Die Trust se prokureurs het reeds op 19 Februarie 2009 kennis gegee van hul klient se tevredenheid met die Akte van Verwysing en dat hulle die "hersteiwerk [van die applikant se gebrekkige vakmanskap] as 'n geheel tydens die arbitrasie verrigtinge deur middel van deskundige getuienis sal han/eer". Dit nadat die prokureurs in hulle brief van 14 November 2008 die applikant in kennis gcstcl het dat hul klient se saak sterk op gebrekkige vakmanskap leun en sou al daardic aspcktc gclyktydig voor die arbiter gehandel word.
[29.3] Selfs vroeer op 24 Oktober 2008 het die Trust se prokurcurs kennis gegee dat daar dispute is wat betref die vakkundige en bedrewe wyse waarop die bouwerk gedoen is wat in die arbitrasie mee gehandel sou moet word. Welwetende van hierdie mededelings en die feit dat die gebrekkige vakmanskap 'n dispuut daarste! wat na arbitrasie verwys sou moet word -wat die applikant se posisie sou onderskraag - is korrespondensie met besondcrse vcrnuf te voorskyn gebring, waarin daar probeer is om ten alle koste nie die gebrekkige vakmanskap as 'n dispuut te beskryf nie. Dit was sclfs betoog dat die applikant nie aangedui het dat hy nie die gebrekkige vakmanskap sou herstel nie en gevolglik was daar nie 'n dispuut daaromtrent nie. Dit bots lynreg met die briewe wat tussen die partye se prokureurs gewissel is.
[29.4] Voorts is die respondente sc standpunte dat die eis vir ekstra bouwerk nie 'n dispuut is wat binne die terme en voorwaardes van die boukontrak val nie. of dat dit voortspruit uit kollaterale ooreenkomste, ongegrond. Hierdie standpunte is nooil in enige van die korrespondensie geopper nie en is die afleiding onafwendbaar dat dit "n ongegronde nagedagte is.
[30] Die volgende bevel word uitgereik:
1. Dit word verklaar dat:
1.1. daar 'n geldige arbitrasie-ooreenkoms tussen die applikant en die Trust bestaan;
1.2 die dispute ten opsigte van ckstra bouwerk asook dcfckticwc bouwerk cn skade ontstaande uit die boukontrak tussen die applikant en die Trust aangegaan op 29 September 2006, die onderwerp van arbitrasie is ingevolge die Akte van Verwysing (aanhangsel 20 tot die funderende eedsverklaring), en word sodanige dispute na arbitrasie verwys voor Mm. R. C. Hiemstra SC, ooreenkomstig die bepalings van die Arbitrasiewet 42 van 1965.
2. Die Trust word gelas om die koste van die aansock te betaal op 'n skaal soos tussen prokureur en klient, en ten aansien van die koste van 'n advokaat is dit beperk tot 'n junior advokaat.
SCHIPPERS WnR
1Stanhope v Combined Holdings & Industries Ud 1950 (3) SA 52 (E) op 56A; Goodwin Stable Trust v Duohex (Pty) Ud and Another 1998 (4) SA 606 (C) op 615D-E.
2Sutton & Gill Russefl on arbitration (22ste uitgawc 2003) bl 59 para 2-073; bl. 61 para 2-078.
3Commercial Arbitration (2de uitgawc 1989).
4Mustill & Boyd op at n 3 bl. 120, vodnotas uitgelaat.
5Aveng (Africa) Ud {formerly Grinaker-LTA Ud) t/a Grinaker-LTA Building East v Midros Investments (Ply) Ltd 2011 (3) SA 631 (KZD) para 14.
6Fiona Trust & Holding Corporation and Others v Privalov and Others [ 2007] UKHL 40 ([2007] 4 All tR951(HL)).
7Fiona Trust n 6 para 6.
8Raphaely v Stephan 1915 CPD 6 op 9.
9Joubert et al (eds) The Law of South Africa (2de uitgawe 2005) Vol 3 Deel 2 bl. 227 para 320.
10In re Alluvial Creek Ltd 1 929 CPD 532 op 535; Sentrachem f.tdv Primtho 1997 (2) SA 1 (A) op 22B-