South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 321
| Noteup
| LawCite
Rheqana v S (A653/10) [2011] ZAWCHC 321 (25 March 2011)
Download original files |
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
A653/10
DATUM: 25 Maart 2011
In die saak tussen:
ZWELETHEMBA RHEQANA …............................................................Appellant
en
DIE STAAT ….....................................................................................Respondent
UITSPRAAK
VAN STADEN, WnR
1. Die Appellant, Mnr Zwelethemba Rheqana, het in die Streekhof te George, Wes-Kaap tereggestaan op ft aanklag van moord. Die bewering in die klagstaat was dat hy op 1 Februarie 2009 wederregtelik en opsetlik die oorledene, me Nosiphiwo Mapupa, gedood het deur haar met "h mes te steek.
2. Appellant het onskuldig gepleit, maar is op 17 Junie 2010 skuldig bevind soos aangekla op die grondslag dat sy opset dolus eventualis behels het. Op dieselfde datum is hy, met inagneming van die bepalings van minimum vonnisse (artikel 51(2)(h)(i) van Wet 105 van 1997) tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis
3. Op 20 Augustus 2010 het Appellant aansoek gedoen vir verlof om teen beide skuldigbevindtng en vonnis te appelleer. Hierdie aansoek is deur die betrokke verhoorlanddros toegestaan.
SKULDIGBEVINDING
4. Die oorledene, die appellant se saamleefmaat, is gedurende die nag van 31 Januarie/1 Februarie 2009 in haar woning veertien meswonde toegedien as gevolg waarvan sy dieselfde nag in die hospitaal oorlede is.
5. Die appellant het deurgaans ontken dat hy die skuldige persoon is. Sy weergawe was dat toe hy die betrokke nag by die oorledene se woning aangekom het, haar voormalige kerel daar was. Die oorledene was bebloed. Die gewese kerel het h mes in sy hand gehad en hy het die Appellant aangeval. Hy het die mes afgeneem en die aanvaller het gevlug.
6. Daarteenoor het vier getuies namens die Staat getuig Hoewel daar sekere botsings was wat betref die getuienis van die getuie, Nombulelo Williams in die hof en haar getuieverklaring, is haar weergawe in wesenlike opsigte gestaaf deur die ander getuies.
7. Mnr Solomons, wat namens die Appellant verskyn het, het tereg toegegee dat, behalwe vir die getuienis van die genoemde Williams, die Staat se getuienis nie wesenlik tydens die verhoor aangeveg is nie. Mnr Solomons het dus geen verdere submissies gemaak wat die skuldigbevinding van die Appellant betref nie.
8. Alhoewel nie een van die getuies die aanval op die oorledene gesien het nie, stem ek saam met mnr Tarentaal. wat in hierdie hof namens die Staat verskyn het, dat die Staat se saak teen die Appellant oorweldigend is en dat die identiteit van die Appellant as die moordenaar bo redelike twyfel bewys is.
9. Ek sou dus in die lig van bogenoemde die appel teen die skuldigbevinding van die hand wvs.
VONN1S
10.
Namens
Appellant is aangevoer dat die verhoorlanddros,
wat vonnis betref,
nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie, meer spesifiek in die
volgende opsigte:
10.1. Die Appellant se persoonlike omstandighede is nie genoegsaam in ag geneem nie.
10.2. Die feit dat die Appellant tydens die voorval onder die invloed van drank was is nie genoegsaam in ag geneem nie.
10.3 Die Appellant was vir Vi tydperk van Vi jaar verhoorafwagtend.
10.4. Die verhoorlanddros het nie in Vi voldoende mate in ag geneem dat die Appellant en die oorledene in 'n saamleefverhouding betrokke was en dat daar twee kinders uit hierdie verhouding verwek is nie.
10.5. Die verhoorlanddros ondersoek ingestel selfmoordneigings nie het nie 'n genoegsame na die Appellant e
10.6 Die verhoorlanddros het die aard van die misdaad en die beskerming van die belange van die gemeenskap oorbeklemtoon.
11. In die ongerapporteerde saak van Dumile Dlamini v S saaknommer A348/10 (WKHH) uitspraak gelewer op 20 Augustus 2010, het Griessel. R in paragraaf 8 die volgende gese:
"The power of this Court to interfere with a sentence imposed by a lower court is of course very limited S v Kubido 1989 (2) SACR 213 (SCA) at 216g-h) Where the lower court has imposed a prescribed sentence in terms of the Minimum Sentence Legislation the power of this court is even more restricted. The Court has no jurisdiction to interfere with the trial Court's finding as to the non-existence of substantial and compelling circumstances unless such finding is vitiated by misdirection or irregularity or is one to which no reasonable Court could have come (See Kirshvan Frans v Die Staat (2008) JOL 21622 (C) para 15. See also S v de Bruvn 1976(1) sa 496 (A) at 500D-E and the cases cited therein."
12. By die beoordeling van die vraag of daar vir vonnis doeleindes ingevolge die bogemelde artikel enige wesenlike en dwingende omstandighede bestaan kan die regsposisie as volg opgesom word; indien die hof wat die vonnis ople tevrede is dat die besonderhede omstandighede van die saak tot gevolg het dat die voorgeskrewe minimum vonnis tot h onreg sal lei, omdat dit buite verhouding is met die spesifieke misdaad wat gepleeg is, is die hof nie net geregtig nie, maar ook verplig om 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis op te le.1
13. Na my mening kan die ems van die misdryf in die onderhawige geval nie onderbeklemtoon word nie. Die beskuldigde het sy saamleefmaat op "h grusame wyse om die lewe gebring deur haar nie minder as 14 keer in haar woning met h mes te steek nie. Die verhoorlanddros het die feit dat hier sprake van Vi sogenaamde passiemoord was en dat die appellant moontlik deur jaloesie aangevuur is tot die skrikwekkende daad bespreek, en klaarblyklik in ag geneem. Boonop het die appellant "n vorige veroordeling waarvan geweld V» element is. Die appellant het verder deurgaans volgehou dat hy onskuldig is en daar is dus geen direkte getuienis dat hy enige berou toon nie.
14. Wat die verhoorlanddros se uitspraak met betrekking tot vonnis betref is daar geen sprake van wanvoorligting of onreelmatigheid nie. Die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf is ook nie 'n vonnis wat nie redelikerwys deur Vi hof opgele sou kon word nie.
15. Alles inaggenome is my gevolgtrekking dat daar geen gronde is waarop ingemeng kan word met die vonnis wat deur die verhoorlanddros opgele is nie. Ek sal in die omstandighede ook die APPEL TEEN VONNIS VAN DIE HAND WYS.
VAN STADEN, WnR
LE GRANGE. R: Ek stem saam en dit word so gelas
LE GRANGE, R
1'Sabelo Sphika v Die Staat WKH.ongerapporteerde uitspraak gelewer op 20 Maart 2009(A07/2009)(Paragraaf 7-12). Die sake waama daann verwys word, meer spesifiek S v Malgas 2001 (2) SASV 122 (HHA), S v Dodo 2001(3) SASV 382 (CC) en S v Vlakazi 2008 (4) SASV 396 (HHA).