South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 328

| Noteup | LawCite

Goliath v S (A33/2011) [2011] ZAWCHC 328 (20 May 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(WES-KAAP HOE-HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: A33/2011

DATUM: 20 MEI 2011

In die saak tussen:

GAYLON GOLIATH …........................................................................................................Appellant

en

DIE STAAT …...............................................................................................................Respondent






UITSPRAAK




N C ERASMUS, R:



Die appellant is 'n jong man wat woonagtig was in die sendingdorpie van Goedverwacht. Dit is 'n Morawiese Sending wat op die buitewyke van die Skiereiland gelee is. Hierdie gemeenskap is 'n gevestigde gemeenskap waar die meeste van die inwoners mekaar ken, vreedsaam leef en meeste aan dieselfde kerkverband behoort, synde die Morawiese Kerk.


Die appellant het tereggestaan op twee aanklagte van moord, een van poging tot moord en is tot 'n effektiewe vonnis van 30 jaar gevangenisstraf gevonnis.



Die omstandighede van die misdade is onverstaanbaar, maar reflekteer die volgende: Die appellant het in moeilike omstandighede in 'n gebroke huis grootgeraak. Op die ouderdom van 16 is daar van horn verwag om 'n volwasse lewe te lei en sy bydrae te maak tot die bestaan van 'n familie. Hy was onsuksesvol in sy pogings. Dit het gelei tot die omstandighede waar hy deur sy eie familie verwerp was en hy het 'n bestaan gevoer as 'n uitgeworpene binne die gemeenskap.



Dit blyk uit sy vorige veroordelings dat hy toe begin diefstal pleeg het, waarvoor hy ligte boetevonnisse opgele is. Uit sy eie mond kom dit dat hy besluit het dat hy het genoeg gehad van die omstandighede en hy wil wegkom. Hy het dagga gerook in die week voor die voorval en op die dag van die voorval het hy 'n mes geneem. Hy het die eerste oorledene, 'n 68-jarige bejaarde vrou, wat niemand ooit leed aangedoen het nie, raakgeloop en haar wreedaardig vermoor deur haar veelvuldige kere met die mes te steek.


Hy verbaliseer aan die proefbeampte dat sy hom nie na behore geantwoord het op goed wat hy self nie kan verbaliseer nie, wat hy haar gevra het. In die proses het hy homself raakgesteek maar hy het nog steeds nie opgehou nie.



In die insident waarin hy die eerste oorledene op hierdie wreedaardige wyse vermoor het, hoor hy haar eggenoot skree. Die eggenoot was 70 jaar oud en was ook gestremd. Hy wend hom toe tot die eggenoot wat die tweede oorledene is en vermoor hom ook wreed. Die oorledene wou met hom kommunikeer maar as gevolg van 'n spraakgebrek kon die appellant nie hoor wat die oorledene se nie.



'n Derde persoon probeer help en hy word ook in die nek gesteek, dit is die poging tot moordaanklag. Daarna is hy gearresteer en het na die hot gekom en hy het skuldig gepleit.



Die verhoorhof het verslae bekom wat beide die gemeenskapsbelange sowel as dit van die appellant volledig uiteengesit het en die Hof is dank verskuldig aan die opstellers daarvan. Die pastoor by die kerk het betrokke geraak en ook die omstandighede vir die Hof meegedeel.



Alhoewel daar minimum vonnisse van toepassing is, het die verhoorlandd ros bevind daar is dwingende en wesenlike omstandighede en ek dink dat hy reg is in die verband want dit blyk uit die totaliteit van die omstandighede dat hierdie 'n sinnelose voorval is, maar dat daar iets moes gebeur het met die appellant wat gelei het tot hierdie voorvalle en die opgelegde vonnis is toe opgele.



Me De Jongh, wat namens die appellant verskyn het, het dit maar moeilik gevind om haar vinger te le op enige aspek waar die landdros horn misgetas het en ek wil aanvoer dit is omdat dit nie teenwoordig is nie. Daar is geen aspek wat ek kan vind waar die landdros misgetas het op die feite of die omstandighede in die bepaling van die vonnis nie.



Dit klink swaar dat 'n 20-jarige persoon vir 30 jaar na die tronk gestuur moet word, maar dit moet nie in isolasie gesien word nie en die Hof moet waak - en dit is juis daarom dat ons verskeie gesprekke moes voer en verdaag om weer na die feite te gaan kyk en te besin om nie die simpatie wat jy het vir die omstandighede van 'n appellant of 'n dader in hierdie gevalle, te oorbeklemtoon ten koste van die belang van die gemeenskap nie. Alhoewel die gevoel van die gemeenskap nie die dryfveer moet wees tot 'n bevinding nie, kan dit nie buite rekening gelaat word nie.

By vonnisoplegging moet 'n boodskap aan die gemeenskap gestuur word en die vertroue van die gemeenskap in die regstelsel moet altyd 'n oorweging wees. Na my mening was die landdros korrek dat enige vonnis wat baie minder sou wees, die verkeerde boodskap sou stuur.



Na deeglike oorweging ek is van mening dat ons nie behoort in te meng met die vonnis nie en dat die appel van die hand gewys behoort te word, maar dat die voile oorkonde van hierdie verrigtinge, insluitende hierdie opmerkings onder die aandag gebring moet word van die Departement van Korrektiewe Dienste waar die appellant sy vonnis uitdien en dat dit in oorweging gebring word om te bepaal aan watter programme en rehabilitasie moontlikhede die appellant blootgestel behoort te word ten einde vir hom 'n regverdige kans te gee om weer sinvol binne die gemeenskap te fungeer en wanneer ek verwys na die rekord, sluit dit veral in die proefbeampteverslag wat aangeheg is, sowel as die insette van die Eerwaarde Goliath wat 'n inset in die hof gemaak het.



Gevolglik sou ek die appel van die hand wys en die skuldigbevinding en vonnis bekragtig met dien verstande dat die oorkonde deurgestuur word na die Departement Korrektiewe Dienste, waar die appellant sy vonnis uitdien.



FORTUIN, R: Ek stem saam.


FORTUIN, R


N C ERASMUS, R: Dit word so gelas.



N C ERASMUS, R