South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 33
| Noteup
| LawCite
Van Driel en Ander v Pocock en Ander (13258/08) [2011] ZAWCHC 33 (1 March 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (WES-KAAP Hoe HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: 13258/08
In die saak tussen:
CORNELIS WILLEM VAN DRIEL …..........................................Eerste Applikant
MATTHIAS VAN DRIEL ….......................................................Tweede Applikant
En
ANTHONY STEVEN POCOCK ….........................................Eerste Respondent
PETRONELLA MARIA HENDRINA VAN DRIEL N.O. ….....Tweede Respondent
UITSPRAAK GELEWER HIERDIE 1ste DAG VAN MAART 2011
ERASMUS R, Inleidinq:
[1] Applikante doen aansoek om 'n bevel wat verklaar dat die waardebepaling en insluiting van sekere beweerde vennootskapbates deur eerste respondent, 'n ontvanger wat kragtens 'n hofbevel en by ooreenkoms tussen die partye aangestel is om 'n vernootskap te likwideer, ongeldig is en geen regswerking het nie.
Feitebasis op die stukke:
[2] Eerste applikant en tweede applikant. sy seun, is boere
[3] Eerste respondent is 'n geoktroleerde rekenmeester wat op 15 November 2006 deur hierdie hof, ooreenkomstig 'n hofbevel. onder saak no 12382/05 aangestel is om die Van Dnel Boedery Vennootskap te likwideer en le verdeel. Die tweede respondent was die applikant en die huidige applikante was eerste en tweede respondente aldaar. Volledigheidshalwe word die bevel hier aangehaal:
"BY OOREENKOMS TUSSEN DIE PARTYE GELAS DIE HOF:
1. Die aansoek word uitgestel vir aanhoring op die bestrede mosierol op Woendag, 1 Augustus 2007.
2. Mnr Anthony Pocock word aangestel om die Van Dhel Boerdery Vennootskap te likwideer en te verdeel sowel as om die huidige waarde van die aandele gehou in die maatskappye Trawal (Edms) Beperk en De Groene Oase (Edms) Beperk te bepaal. met inagneming van die magte en bevoegdhede uiteengesit in Aanhangsel "1 * hiertoe, wat hierby ingelyf word
3. Die koste veroorsaak deur die aansoek staan oor vir beregting.
AANHANGSEL 1: MAGTE EN BEVOEGDHEDE VAN MNR POCOCK
1. Mnr Pocock het oor die algemeen die magte en bevoegdhede van 'n trustee van 'n insolvente boedel ingevolge die bepalings van die Insolvensiewet No 24 van 1936 (soos gewysig), behoudens die ondergaande bepalings
2. Ten einde besit van die bates van die vennootskapboedel te kan neemf dit ordelik te likwideer en behoorlik te verdeel, sal Mnr Pocock geregtig en gemagtlg wees om -
2.1 die nodige ondersoeke te doen, met inbegrip van navrae aan Respondente, asook persone in beheer of in besit van inligting en/of dokumente met betrekking tot laste en bates, sowel as inkomste en uitgawes, van die vennootskapboedel, asook waar bates en inligting gevind kan word;
2.2 insae in alle dokumente en inligting, in watter vorm en by wie ookal, en afskrifte daarvan en/of rekenaaruitdrukke. waar van toepassing, te bekom, ten einde die aard, omvang en waarde van bates en laste, sowel as inkomste en uitgawes, waar nodig, te bepaal;
2.3. enigeen van die partye tot die aansoek te versoek om 'n getuiedagvaarding duces tecum uit te reik en te laat beteken op enige persoon of instansie wat oor inligting, dokumente en/of voorwerpe met betrekking tot die vennootskapboedel beskik, ten einde besit van bates en inligting te bekom:
2.4. ter bepaling van die waarde van bates waardasies daarvan, indien nodig, te bekom;
2.5. onderhoude, uit eie oorweging of op versoek van die partye en/of hulle regsverteenwoordigers, met laasgenoemde te voer ter aanvulling van inligting en/of sy magte en bevoegdhede;
2.6. enige bate te gelde gemaak by wyse van openbare veiling of op sodanige wyse as wat hy dienlik ag, tensy die partye skhftelik ooreenkom -
2.6.1. oor die onderlinge verdeling van sodanige bate; of
2.6.2. oor 'n ander wyse van tegeldemaking daarvan.
2.7. toe te sien dat die netto opbrengs van die vennootskapboedel, d.w.s. na voorsiening van die laste daarvan, pro rata tussen die partye verdeel word ooreenkomstig elke party se belang in die vennootskap.
3. Indien die bate(s) wat aan enige van die partye toegeken word in waarde meer as die netto waarde van so 'n party se belang in die vennootskapboedel beloop, sal sodanige party binne 14 dae nadat hy/sy daarom versoek is deur Mnr Pocock die nodige reelings vir betaling van die verskil tret soos bepaal deur Mnr Pocock, en die toepaslike bedrag oorbetaal aan die party(e) daarop geregtig, aan die hand van Mnr Pocock se bepaling.
4. Ten einde die huidige waarde van die aandele in die maatskappye te bepaal, sal Mnr Pocock mutatis mutandis dieselfde magte en bevoegdhede h§ as wat vervat word in paragrawe 2.1 tot 2.5 hierbo.
5. Mnr Pocock sal te alle tye in die uitvoering van sy pligte poog om die beste belange van die partye te beskerm. Respondente se oogmerk is om die boerdery wat hulle tans in vennootskap bedryf, voort te sit. Mnr Pocock sal, in soverre moontlik, die likwidasie proses benader en implementeer sodat respondente hul bestaande boerdery-vennootskap kan voortsit
6. Mnr Pocock sal sy werksaamhede in terme van hierdie magtiging afhandel voor 31 Maart 2007, mits die partye horn voorsien van die inligting wat hy verlang.
7. Enigeeen van die partye sal geregtig wees om die Hof te nader vir 'n bevel met betrekking tot die koste van Mnr Pocock binne 21 dae na sy finale toekenning en waardasie van die aandele, en by gebreke daarvan sal sy koste betaalbaar wees as 'n las van die vennootskapboedel."
[4] Tweede respondent is die weduwee en die eksekutrise in die boedel van wyle Johannes Dirk van Driel ("die oorledene"). met wie sy tot sy oorlye getroud was Die oorledene was in die lewe die broer van eerste applikant.
[5) Die Van Driel Boerdery is 'n vennootskap, wat al in die vroee negentigerjare bestaan en dit toegespits het op die verbouing van sekere groente, soos komkommers, wat geskied het op plase, wat behoort aan Groene Oasis (Edms) Bpk en Trawai Plase (Edms)Bpk. die aandele waarvan te alle relevante tye gehou was deur applikante en die oorledene, tot die omvang van 33,3% elk.
[5] Die boerdery van die vennootskap is onder the naam "Die Groene Oase" op gemelde plase bedryf, waarop onder andere tonnels opgerig is. Die produkte, wat die vennootskap verkoop het. is daarin gekweek en verbou. welke produkte in terme van onder andere verskeie kontrakte aan vaste ktante gelewer was en steeds gelewer word.
[6] Die onderneming van die vennootskap, wat met die oorledene se dood al sowat 14 jaar, bedryf is. het mettertyd 'n gevestigde en goeie besigheid geword. wat finansieel uitstekend gedoen het, insluitende tot die datum van die ooriedene se dood, soos blyk uit inkomstestate vir die vennootskap vir die tydperk eindigende 29 Februarie 2004, toe dit 'n netto wins van R1 670 104-00 gemaak het gedurende die voorafgaande tydperk van 12 maande.
[7] Ofskoon die aandele in die maatskappye in gelyke dele gehou was. is die belang in die vennootskap gehou op die basis dat die ooriedene 'n 27,94% belang gehad het, terwyl eerste en tweede applikante elkeen 'n 36.03% belang gehou het.
[8] Die ooriedene is op 30 Julie 2004 oorlede, toe hy tydens 'n rooftog geskiet is, terwyl hy lone vir die werknemers van die vennootskap afgehaal het. Tweede respondent is ook tydens die rooftog gewond en het blywende ongeskikthede oorgehou. wat haar vermoe om 'n werk te bekom, bemoeilik
[9] Alhoewel die vennootskap, weens die sterfte van die ooriedene op 30 Julie 2004 ontbind het. sodat die boedel van die vennootskap gelikwideer en verdeel moes word, het applikante met die boedery-onderneming van die vennootskap, onder die naam Die Groene Oase voortgegaan. Applikante het vir 'n tydperk van sowat 10 maande na 30 Julie 2004 'n bedrag van R10 000-00 per maand uit die vennootskap se onderneming aan tweede respondent betaal.
[10] Vanaf omstreeks 30 September 2004 tot Augustus 2005 het tweede respondent vrugteloos gepoog om met applikante oor die regmatige deel. wat die boedel toekom uit die ontbinde vennootskap ooreen te kom.
[11] Nadat 'n dooiepunt tussen die partye bereik is oor die belang van die oorledene se boedel, is 'n aansoek gebring onder saak no: 12382/05, wat op 15 November 2006, nadat dit aanvanklik geopponeer was, geskik is. en wat geiei het tot die aanstelling van eerste respondent, as Ontvanger, soos in die hofbeve! bepaal
[12] Op 8 Maart 2007 het eerste respondent 'n verslag opgestel, waaruit die volgende blyk:
12.1 Hy het die plase van die maatskappye laat waardeer. die partye en hulle regsverteenwoordigers ontmoet en dokumentasie, bestaande uit onder andere konsep finansiele state, 'n lys van voertuie en toerusting en 'n opinie oor die waarde van voorraad, wat deur applikante aan horn verskaf was, nagegaan;
12 2 Hy het die waarde van die oorledene se belang in die maatskappye en die vennootskap bereken aan die hand van die inligting wat hy verkry het;
12.3 Steunend op sy mandaat is die partye versoek om binne 21 dae skriftelik beswaar te maak teen sy bepaling (van die waarde). in welke verband hy verwys na "paragraph 7 of the Notice of Motion", wat skynbaar 'n verwysing na paragraaf 7 van die aanhangsel tot die hofbevel behoort te wees;
12 4 Geen toekenning van bates het geskied nie en daar is geen aanduiding waaruit die taste van die vennootskap bestaan het, hoe daarmee gehandet moes word en wie die krediteure sou betaal nie;
12.5 Daar is nie gehandel met klandisiewaarde ten opsigte van die besigheid van die vennootskap, wat sedert 30 Julie 2004 deur applikante onder die naam "Die Groene Oase" bedryf word nie.
[13] Daarna het eerste respondent 'n verdere verslag. gedateer 29 Maart 2007, opgestel, waaruit die volgende blyk:
13.1. Na sy eerste verslag (8 Maart 2007) het hy konsultasies met die partye en/of hulle regsverteenwoordigers gehad;
13.2. Dit is tot sy aandag gebring dat daar twee stelle konsep finansiele state soos op 31 Julie 2004 vir die vennootskap voorberei was Die eerste stel het nie tot sy aandag gekom nie. terwyl sy verslag gebaseer was op die tweede stel finansiele state, waarin die tonnels ten voile afgeskryf was;
13.3. Omdat die finansiele state ongeteken is. kan daar min of geen staat daarop gemaak word;
13.4. Hy het besluit om na die eerste stel finansiele state te verwys en bewys te verg van elke bate en las van die vennootskap teen 31 Julie 2004,
13.5. Daar is verskeie bates en laste. laasgenoemde tot die omvang van R3 271 037-00. bestaande uit onder andere handels-en huurkoop krediteure;
13.6. Omdat die tonnels steeds in die boerdery aangewend was, is die tonnels. in die afwesigheid van ander inligting. teen boekwaarde waardeer;
13.7. Hy het afskrifte van die finansiele state van applikante se nuwe vennootskap na 31 Julie 2004 versoek, maar dit nie ontvang nie;
13.8. Voorraadlyste soos op 31 Julie 2004 is versoek;
13.9. Die besware, na verwys in die verslag van 8 Maart 2007, is betyds ontvang en die finale verslag sou vertraag word, hangende ontvangs van die dokumente versoek;
13.10. Geen toekennings van bates het geskied en daar is geen aanduiding hoe daar met die laste van die vennootskap gehandel word en wie die krediteure sou betaal nie;
13.11. Daar is steeds nie gehandel met klandisiewaarde ten opsigte van die besigheid van die vennootskap. wat sedert 30 Julie 2004 deur applikante bedryf word nie.
[14] Uit 'n verdere verslag, gedateer 24 Mei 2007. gemerk "FINAL REPORT" blyk die volgende:
14.1. Verskeie dokumente en skedules is ontvang van applikante en hulle prokureur;
14.2. Die finansiele state soos op 30 Julie 2004 is geverifieer en voorraadwaarde en debiteure is hersaamgestel;
14.3. Die tonnels word teen boekwaarde waardeer;
14.4. Die laste van die vennootskap soos op 30 Julie 2004 het die bedrag van R3 603 962-00 beloop. bestaande uit 'n oortrokke bankrekening. handeis-, huurkoop- en ander krediteure;
14.5. Gevolglik bepaal hy die waarde van boedel wyle JD van Driel op die bedrag van R2 556 689-00, wat die waarde van die aandele in die maatskappye insluit;
14.6. Daar is aanbeveel dat eerste respondent met die prokureurs (van die partye) eers op daardie stadium konsulteer, hangende indiening van sy verslag by die hof, welke prokureurs versoek word om sy kantore te kontak;
14.7. Geen toekenning van bates het geskied nie en daar is geen aanduiding hoe daar met die laste van die vennootskap gehandel is en wie die krediteure sou betaal nie;
14.8. Daar is nie gehandel met klandisiewaarde ten opsigte van die besigheid van die vennootskap. wat sedert 30 Junie 2004 deur applikante bedryf word nie.
[15] Op 8 Junie 2007, tydens samesprekinge tussen eerste respondent en applikante se prokureur oor die waarde van die tonnels, het eerste respondent uitdruklik gese dat sy verslag van 24 Mei 2007 nie 'n finale verslag is nie. Eerste respondent het onderneem om applikante se besware teen die verslag, meer bepaald die waardasie van die tonnels met tweede respondent se prokureur te bespreek en daarna sy verslag te finaliseer. Dit was ook tweede respondente en haar regsverteenwoordigers se standpunt dat die verslag van 24 Mie 2007 nie 'n finale verslag kon wees nie.
[16] Oor wat die partye geag het die status van die verslag te wees, is daar 'n dispuut. Volgens applikante was die eerste respondent functus officio ten opsigte van al die aspekte met uitsluiting van die waardasie van die tonnels. Die tweede respondent was van mening dat eerste respondent nog steeds bates kon waardeer aangesien die verslag van 24 Mei nie 'n finale verslag was nie.
[17] Wat die waardebepaling van die tonnels aangetref was applikante, uit die aard van die saak ontevrede en verskeie briefwisseling tussen die prokureurs het gevolg en ontmoetings is met die ontvanger gehou. Uiteindelik is die verslag van 3 Junie 2008 uitgebring. wat die oorsaak van die geskil is.
[18] In die verslag getiteld "Final Report", het eerste respondent toe wel 'n waardasie op die tonnels geplaas, welke waardasie en die gevolge daarvan, nie langer in geskil is tussen die partye nie. Hy het egter verder gegaan en vir die eerste maal, met verwysing na die saak van Robson v Theron 1978 (1) SA 841 (A), beslis dat daar ook en bykomstig tot sy vorige waardebepalings van die bates van die vennootskap, 'n "goodwill factor" ter sprake is, en waarop hy toe 'n waarde van R2 148 312.00 geplaas het. Voorts, het hy ook twee verdere "bates", naamlik "sundry equipment" en "boiler" ten bedrae van onderskiedelik R47 500,00 en R200 000,00, waardeer en in berekening gebring. Dit blyk dat die "sundry equipment" 'n duplisering is en dat die "boiler" foutief ingesluit was.
(19] Mnr Van Riet voer aan dat die verslag van 24 Mei 2007 'n finale verslag was en dat slegs die waardasie van die tonnels uitstaande was. Dit was derhalwe nie die eerste respondent beskore om enige verdere aspekte te oorweeg nie. Hy voer verder aan dat dit ook die verstandhouding van die tweede respondent se regsverteenwoordiger moes wees.
[20] Hy verwys ekstensief na die korrespondensie tussen die partye en( volgens horn, is die enigste afleiding dat die ooreenkoms tussen die partye was dat die eerste respondent se verdere taak beperk was tot die waardebepaling van die tonnels.
20.1 Tweede respondent het aanvaar dat die blote neem van die boekwaarde van die tonnels, nie 'n geldige metode van waardasie was nie, en het die partye se prokureurs toe gekorrespondeer met betrekking tot 'n metode waarvolgens die ontvanger, by ooreenkoms, te werk sou gaan ten einde hierdie uitstaande vennootskapsbate op die korrekte wyse te waardeer en derhalwe sy taak en sy likwidasierekening te finaliseer.
20 2 Applikante steun daarop dat mnr Pocock (eerste respondent) op 25 Julie 2007 skryf dat"... my report of 24 May 2007 is a final report
20.3 Soos blyk uit gemelde korrespondensie, het applikante se prokureurs (Jan S de Villiers) op 12 Oktober 2007 'n aanbod gemaak, wat basies tot die effek was dat 'n onafhanklike waardeerder aangestel sou word uit 'n paneel deur een van die partye voorgestel en deur die ander party gekies te word, en dat die partye daarna submissies aan die ontvanger kan maak, waarna hy 'n waardebepaiing van die tonnels sou maak ten einde uitvoering te gee aan paragraaf 3 van sy aanstellingsbevel. Applikante se prokureurs het "gewaarsku" dat applikante reeds alles in hulle vermoe" gedoen het om uitvoering te gee aan paragraaf 3 van die aanstellingsbevel, en, indien tweede respondent nie daarmee akkoord gaan nie, applikante die reg sou voorbehou om dan aan te dring op die verkoping van die tonnels by openbare veiling, iets wat klaarblyklik nie aangewese en in enige van die partye se belang sou wees nie.
20.4. Op 8 November 2007 het tweede respondent se prokureurs aangedui dat die voorstel in beginsel aanvaarbaar was, maar is sekere kwalifikasies met betrekking tot die voorlegging van dokumentasie deur applikante geopper. Die laaste paragraaf van die skrywe lees as volg: "After receipt of the valuation and the submissions (if any) referred to in 4 and 5 above, the receiver shall place a valuation on the tunnels, shall award the tunnels to the clients and shall give effect to paragraph 3 and 5 of the order dated 15 November 2006".
20.5. Op 14 Maart 2008 het tweede respondent se prokureurs 'n opvolg skrywe gerig waarin verwys is na "a mechanism which our client suggests be adopted for purposes of finally resolving this matter . . . "After receipt of the valuations and the submissions (if any) referred to in paragraphs 4 and 5 above, the receiver shall place a valuation on the tunnels, shall award the tunnels to Messrs CW and M Van Driel and shall give effect to paragraphs 3 and 5 of the order dated 15 November 2006."
20.6. Op 18 Maart 2008 het applikant se prokureurs daarop geantwoord en in die eerste paragraaf aangedui dat "... die partye is nou eens oor die voorgenome proses van waardasie van die tonnelhuise ..." Die kwessie van dokumentasie is inmiddels ook opgelos en is nie langer relevant nie.
20.7. Die partye het toe voortgegaan om die werksmetode te implementeer.
[21] Dit word nou deur Mnr Van Riet betoog dat. soos duidelik blyk uit gemelde korrespondensie. die partye op daardie stadium dit heeltemal eens was oor die volgende aspekte:
21.1. Die metode van waardasie wat ten opsigte van die tonnels gevolg moet word.
21.2. Die feit dat die waardasie van die tonnels die enigste uitstaande aspek in geskil tussen hulle was en dat die ontvanger derhalwe. na sy waardasie van die tonnels, 'n aangepaste verslag sou uitbring ten einde sy mandaat finaal af te handel en ten einde, in die proses, applikante te gelas om, inaggenome sodanige waardasie, die bedrag aldus deur hulle verskuldig aan tweede respondent oor te betaal.
21.3. Dat vir doeleindes van hierdie proses, die partye, in alle ander opsigte, die ontvanger se laaste verslag as finaal en bindend sou aanvaar.
[22] Soos blyk uit die brief van tweede respondent se prokureur gedateer 25 Mei 2007, het laasgenoemde inderdaad aangedring, onder andere, op betaling van die bedrae wat eerste respondent in terme van sy verslag van 24 Mei 2007 aan tweede respondent toegeken het, met rente en gedingskoste.
[23] Dit word voorts betoog dat wat die klandisiewaarde ("goodwill factor") betref, die "inbring" daarvan beide strydig met die ooreenkoms was en/of buite die mandaat van eerste respondent met die uitbring van sy finale likwidasierekening geval het.
[24] Tweede respondent betwis laasgenoemde kontensie en beweer dat die ooreenkoms (en eerste respondent se mandaat) nie van sulke beperkte omvang was nie aangesien:
24.1. Tweede respondent met die aangaan van die ooreenkoms deur haar prokureurs, nog geen aandag gegee het aan die vraag of eerste respondent met alle bates van die vennootskap gehandel het al dan nie.
24.2. Dat beide haar en applikante, na eerste respondent se waardebepaling van die tonnels ooreenkomstig die ooreenkoms, steeds sou vrystaan om aan te voer dat sy/hulle nie tevrede was met sodanige waardasie nie en derhalwe kon aandring op 'n verkoping by wyse van openbare veiling.
[25] Die vraag ontstaan steeds of die eerste respondent functus officio was na sy verslag van 24 Mei 2007 ten opsigte van sy aanstelling en ptigte, met die uisondering van die waardebepaling van die tonnels.
[26] Met verwysing na LAWSA. Vol 19, para 319, bl 288 en Butler & Simpson: Arbitration in South Africa: Law and Practice te bl 271 - 272, betoog Mnr Van Riet dat indien die ontvanger 'n finale rekening sou voorberei ten opsigte van een of meer aangeleenthede, sou hy analoog aan die geval van 'n arbiter, functus officio wees en die geskilpunte aldus deur die ontvanger bepaal sou dan res judicata wees.
[27] Dit sou die partye tot die ooreenkoms waaruit die ontvanger/likwidateur sy magte ontleen, vrystaan om spesifiek ooreen te kom dat die ontvanger een of meer van sy bevindinge in heroorweging mag neem, soos in die geval van (slegs) die tonnelhuise gebeur het. Behoudens laasgemelde aspek, was eerste respondent gevolglik, na die uitbring van sy voorlaaste verlsag, functus officio en nie by magte om "nuwe" bates te identifiseer en by sy berekenings in te bring nie. Sy voorlaaste verslag het immers voorgegee om alle vennootskapsbates te identifiseer en in berekening te bring.
[28] Mnr Olivier, namens tweede respondent, voer aan dat in soverre daar 'n geskil ten opsigte van die aard en omvang van die magte, bevoedghede en pligte van eerste respndent bestaan, om die vennootskapbates orderlik te likwideer en behoortik te verdeel aan die hand van die hofbevel wat by ooreenkoms tussen die partye toegestaan is. is die algemene beginsels by die uitleg van kotrakte, soos volg opgesom deur Joubert, AR in Coopers & Lybrand & Others v Bryant [1995] ZASCA 64; 1995 (3) SA 761 op 768A-E, toepaslik:
The correct approach to the application to the 'golden rule' of interpretation after having ascertained the literal meaning of the word or phrase in question is, broadly speaking, to have regard:
1) To the context in which the word of phrase is used with its interrelation to the contract as a whole, including the nature and purpose of the contract, as stated by Rumpff CJ supra;
2) To the background circumstances which explain the genesis and purpose of the contract, i.e. to matters probably present to the minds of the parties when they contracted. Delmas Milling Co Ltd v Du Plessis 1955 (3) SA 447 (A) at 454G-H; Van Rensburg en Andere v Taute en Andere 1975 (1) SA 279 (A) at 305C-E; Swart's case supra at 200E-201 and 2020; Shoprite Checkers Ltd v Blue Route Property Managers (Pty) Ltd and Others 1994 (1) SA 172 (C) at 1801-J;
3) To apply extrinsic evidence regarding the surrounding circumstances when the language of the document is on the face of it ambiguous, by considering previous negotiations and correspondence between the parties, subsequent conduct of the parties showing the sense in which they acted on the document, save direct evidence of their own intentions. Delmas Milling case 455A-C; Van Rensburg's case at 202A-G; Swart's case at 201B; Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO [1991] ZASCA 183; 1992 (1) SA 617 (A) at 624G; Pritchard Properties (Pty) Ltd v Koulis 1986 (2) SA1 (A)at10C-D".
Sien ook: Firestone South Africa (Pty) Ltd v Genticuro AG. 1977 (4) SA 298 (A) op 304D-H
[29] Met inagneming van die algemene beginsels van toepassing by die uitleg van die hofbevel, die regsposisie by die beeindiging van 'n vennootskap en die feitebasis, waarop die aansoek beslis moet word, het eerste respondent se aanstelling die volgende behels:
29.1. Hy moes die aard, omvang en waarde van alle bates en laste van die vennootskap, sowel as inkomste en uitgawes bepaal, waarvoor die nodige ondersoek gedoen sowel as inliging en dokumente bekom moes word;
29.2. Hy moes besit en beheer neem van alle vennootskapbates, insluitende klandisiewaarde;
29.3. Daarna moes hy die vennootskapboedel ordelik likwideer en behoorlik verdeel;
29.4. Hy kon enige bate te gelde maak, by wyse van openbare veiling of sodanige wyse as wat hy dieniik ag, tensy die partye skritelik ooreengekom het oor die onderlinge verdeling van sodanige bates of 'n ander wyse van te gelde making daarvan;
29.5. Eerste respondent sou, insoverre moontlik. die likwidasieproses benader en implementeer sodat applikante hulle bestaande boederyvennootskap kon voortsit;
29.6. Hy moes te alle tye in die uitvoering van sy pligte poog om die beste belange van die partye te beskerm.
Sien ook Catherine Smith: The Law of Insolvency. 3rd edition 185 ten opsigte van algemene magte en bevoegdhede van 'n trustee van 'n insolvente boedel.
[30] Eerste respondent se verstae van 8 en 29 Maart 2007, meer bepaald die verslag van 24 Mei 2007, bevat geen toedeling van bates, of enige voorsiening van die betaling van die laste van die venootskap nie. en toon hoogstens aan dat sy ".. .determination of the value of the estate of JD van Dnel amounts to R2 556 689-00", terwyl hy boonop 'n konsultasie met die prokureurs van die partye voorgestel het. Dit is ook duidelik dat daar nog glad nie met die bepaling van kladisiewaarde as 'n bate van die vennootskap gehandel is nie, ofskoon die vennootskap 'n lopende besigheid onder die handelsnaam "Die Groene Oase" bedryf het.
[31] Eerste respondent was nie aangestel as 'n arbiter en/of om enige kwasi-judisiele funksie te verrig nie. Synde 'n Ontvanger, het hy "n taak gehad om te verrig. naamlik, om as likwidateur die liwidasie van die vennootskapboedel te bewerkstellig. Dit sou hy eers volbring wanneer daar met alle bates, insluitende kladisiewaarde, en laste van die vennootskap gehandel is, en die huidige waarde van die aandele in die betrokke maatskappye bepaal is.
Chelsea West (Pty) Ltd & Another v Roodebloem Investments (Pty)Ltd
1994 (1) SA 837 (K) op 843E-845I
Perdikis v Jamieson 2002 (6) SA 356 <W) op 363B-364H
O'Kennedy v Smit, supra op 67
Meilandt v Bell & Guyon supra op 124
[32] Die volgende aspekte is relevant met betrekking tot die toepaslikheid van die stelreel functus officio:
32.1.
Wanneer
'n administratiewe beampte sy laak uitgevoer het. is hy
functus
officio, maar
eers wanneer dit in alle opsigte finaal geskied het.
Tot dan kan
hy sy besluit verander soos en wanneer nuwe factore na
vore kom.
Administrative Law. Baxer, pp 372 en 375
Arbitration in South Africa Butler & Finsen pp 105, 205. 256, 272 en 285
SA Breweries Ltd v Shoprite Holdings Ltd 2008 (1) SA 203 (A) op 213G
32.2.
Die
regsbeginsels van toepassing by die verandering van 'n
toekenning
as arbiter is nie van toepassing wanneer daar nie 'n
skeidsregtelike
(arbitral) of kwasi-judisieie funksie uitgevoer word nie.
Bekker
v RSA Factors 1983
(4) SA 568 (T) op 573A
Perdikis v Jamieson, supra, op 363J-364H
Civair Helicopters CC v Executive Turbine CC & Another 2003 (3) SA 474 (W)
32.3.
Die
feite van elke geval is bepalend van die vraag of die
aangestelde
persoon as 'n arbiter optree ten einde 'n beslissing te
maak, of
nie.
Chelsea West & Another v Roodebloem Investments, supra op 846A-F
32.4.
Die
funksie van 'n deskundige. wat as 'n waardeerder optree.
verskil
van die van 'n arbiter.
Perdikis v Jamieson. supra Bekker v RSA Factors, supra
32.5 Eerste respondent het teen 24 Mei 2007 nog geen toedeling van bates gedoen, soos bedoel in paragraaf 3 van die aanhangsel tot die hofbevel, of voorsiening gemaak dat die laste van die vennootskap betaal word, asook deur wie nie. Die likwidasie en verdeling van die vennootskap was dus nog nie in alle opsigte gefinaliseer en eerste respondent se taak as likwidateur dus nog nie afgehandel nie. Daarbenewens was die partye dit eens dat eerste respondent se verslag van 24 Mei 2007 nie 'n finale verslag was nie.
[33] In aggenome die regs- en feitebasis, hierbo na verwys, was eerste respondent dus teen 24 Mei 2007 nie functus officio nie en moes hy gevolglik steeds met 'n bate van die vennootskap in die likwidasieproses handel, hetsy dit 'n trekker. sleepwa, vragmotor of. soos in die onderhawige geval. klandisiewaarde van die vennootskap was. waarmee hy nie tevore gehandel het nie of selfs onbewus was, maar wat intussen tyd tot sy aandag gekom het.
[34] Na my mening was eerste respondent nie functus officio na die verslag van 24 Mei 2007 nie, en moes steeds sy piigte in terme van die hofbevel volvoer. Hy was dus geregttg om kladisiewaarde te ondersoek.
[35] Daar bestaan 'n geskil tussen die partye of daar in elk geval enige klandisiewaarde kleef aan die boerdery. Of daar klandisiewaarde kleef al dan nie, is na my mening nie ter sprake nie. Dit is die taak van die eerste respondent om aje bates en laste te bepaal en indien daar klandisiewaarde kleef moet dit in ag geneem word
[36] Dit blyk egter, ongelukkig, in die onderhawige geval dat die eerste respondent, anders as met die ander aspekte, nie die applikante voldoende geleentheid gegun het om insette oor die bepaling daarvan te doen nie.
[37] Soos reeds aangetoon het die eerste respondent aangedui dat hy die "boiler" en losgoed sou heroorweeg Die bepaling van die klandisiewaarde behoort na my mening ook ter syde gestel te word sodat eerste respondent dit kan oorweeg, na behoorlike geleentheid gegee is aan al die partye om insette te lewer.
[38] Gevolglik sou die applikante geregtig wees op slegs gedeeltelike verlof soos aangevra.
Koste:
Elk van die partye was gedeeltelik suksesvol en daar bestaan onsekerheid oor wat die bepalings van die klandisiewaarde sou wees, gevolglik sal die koste oorstaan vir latere beregting.
Bevel:
1. Dit word verklaar dat die waardebepalings wat deur die eerste respondent gemaak is ten opsigte van "Sundry Equipment";
"Boiler(Trawal)" en "Goodwill" tot die eerste respondent se verslag gedateer 3 Junie 2008 ongeldig is en geen regswerking het nie.
2. Die eerste respondent word gelas om die waarde van kladisiewaarde in die vennootskap te bepaal na konsultasie met die onderskeie partye en/of hul regsverteenwoordigers.
3. Die koste staan oor in vir latere beregting.
ERASMUS, R