South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 37

| Noteup | LawCite

Frans and Others v S (A210/09) [2011] ZAWCHC 37 (12 January 2011)

Download original files

PDF format

RTF format





Republiek van Suid-Afrika

In die Hooggeregshof van Suid-Afrika

(Wes-Kaap Hoe Hot, Kaapstad)



Saaknommer: A210/09


In die appe! Van:



Randall Frans ….....................................................................................................................Eerste Appellant


Pieter Jokwana …................................................................................................................Tweede Appellant


Carlo Stephanus ….................................................................................................................Derde Appellant


en


Die Staat ….........................................................................................................................Respondent



Uitspraak Gelewer op 12 Januarie 2011


LOUW R


[1] Die appellante wat aldrie deurgaans deur sy eie regsverteenwoordiger bygestaan is, het op 17 Junie 2004 in die Streekhof op Mosselbaai onskuldig gepleit op 'n aanklag dat hulle op 7 Desember 2002 in Jamesstraat Mosselbaai vir Gerswin Taylor vermoor het deur hom met 'n skerp voorwerp te steek.



[12] Aldrie die appellante het pleitverduidelikings in terme van Artikel 115 van die Strafproseswet verskaf.


[3] Die eerste appellant het erken dat hy die betrokke aand in 'n vuisgeveg met die oorledene betrokke was nadat hulle mekaar uitgedaag het. Hy ontken egter dat hy die oorledene enige wonde toegedien het en dat hy die oorledene se dood veroorsaak het.



[4] Die tweede appellant het erken dat hy die betrokke aand met die oorledene baklei het. Hy beweer dat die oorledene hom met 'n mes aangeval het en dat hy die oorledene toe met sy vuiste geslaan het en ook met die oorledene gestoei het. Volgens hom het hy 'n wederregtelike aanval afgeweer. Hy ontken dat hy die oorledene enige wonde met 'n skerp voorwerp toegedien het.



[5] Die derde appellant beweer dat die oorledene hom die betrokke aand aangerand het deur hom op die grond neer te gooi en met 'n mes na hom te steek. Volgens die derde appellant het hy ten spyte daarvan dat die oorledene hom agtervolg suksesvol weggevlug en op 'n huis se dak gaan wegkruip.




[6] Die staat het daarop die getuienis van die volgende vyf getuies aangebied:

1. Janine van Aswegen wat ten tyde van haar getuienis op 17 Junie 2004, 16 jaar oud was. Ten tyde van die voorval was sy veertien jaar oud.

2. Oelte Abdul wat ten tyde van haar getuienis op 18 Junie 2004, 16 jaar oud was. Ook sy was veertien jaar oud ten tyde van die voorval.

3. Inspekteur Robertson wat op 5 Oktober 2004 getuig het.

4. Seppie Jordaan wie se ouderdom nie bekend is nie maar wat reeds in Port Elizabeth gewerk het en wat op 7 Junie 2005 getuig het.

5. Die forensiese patoloog, Dr Hurst.

Nadat die appellante die gebruiklike erkennings dat die oorledene se liggaam geen verdere beserings opgedoen het nie en dat die bevindinge van die lykskouing wat op 9 Desember 2002 deur dokter Hurst op die liggaam van die oorledene uitgevoer het en haar bevinding dat die oorledene gesterf het as gevolg van 'n diep penetrerende wond in die hart, gemaak het, en die waarskuwingsverklarings van die eerste en tweede appellante by ooreenkoms ingehandig is. het die staat sy saak gesluit en die oorblywende getuienis ten opsigte van wie daar verklarings in die dossier was, aan die verdediging beskikbaar gestel.



[7] Aldrie die appellante het daarop self getuig. Tweede appellant het die getuienis van Mnr. Gary Lewis aangebied terwyl die derde appellant die getuienis van 'n Me Iris James aangebied het.



[8] Op 26 Augustus 2008 is die appellante aldrie skuldig bevind aan strafbare manslag. Op 3 Februarie 2009. is die getuienis van die proefbeampte Mnr Stander wat verslae ten opsigte van aldrie appellante opgestel het, aangehoor is en het die oorledene se moeder Me Taylor ook getuig. Daarna is hulle aldrie tot ses jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.



[9] Die appellante appelleer nou teen beide hul skuldigbevinding en die vonnis wat opgele is. met die verlof van die hof a quo wat op 3 Februarie 2009 wat aan hulle verleen is.


[10] Die eerste staatsgetuie was Janine van Aswegen wat toe sy op 17 Junie 2004 getuig het, sestien jaar oud was. Sy het die betrokke Saterdagoggend kort na middernag in haar huis in Jamesstraat saam met 'n vriendin na die televisie gekyk. toe hulle 'n geraas soos wat soos "n skellery geklink het in die straat gehoor het. Sy het gehoor hoe ene Natasha die oorledene se naam (Gers) roep. Sy en haar vriendin het toe oor die onderdeur van hulle huis gekyk. Die straat was deur n spreilig verlig. Sy het gesien hoe die eerste en tweede appellante in 'n gang wat uit Jamesstraat loop staan en hoe die oorledene met 'n linkerbeen wat sleep oor die pad gehardloop het. Die eerste en tweede appellante het die oorledene vasgegryp en aan sy arms vasgehou en die derde appellant het oor die pad nader gehardloop en terwyl die eerste en tweede appellante die oorledene vasgehou het. sy hand waarin hy 'n mes gehou het, laat sak'. Sy kon nie sien of die mes op die oorledene beland nie. Haar vriendin, Oelte het toe geskreeu en die derde appellant het omgedraai in Oom Poentjies se agterplaas ingehardloop. Natasha wat ook daar naby gestaan het, het toe gese dat die oorledene en die eerste appellant kaalhand moet baklei. Die eerste appellant het toe sy T-hemp uitgetrek, oenskynlik om te baklei. Natasha het toe die oorledene vasgegryp wat vir haar gese het om horn te los. Die oorledene het egter onmiddellik neergeval. Die getuie het nader gegaan en gesien dat daar 'n klein kolletjie bloed op die oorledene se linkerbors is. Die oorledene het water gevra by Seppie en het die derde appellant uitgeskel. Natasha het gese dat die derde appellant tronk toe sal gaan waarop hy geantwoord het dat sy tronk toe sal gaan vir naamskending. Die eerste appellant het sy onderhemp onder die oorledene se kop gesit. Die appellante woon in dieselfde straat tewete Jamesstraat. as die getuie. Daar was ook 'n straatlig in die gang self Die huis waar die getuie was is ongeveer 20m vanaf die gang. Hoewel sy toegee dat die oorledene moontlik n mes gehad het. het sy nie een by hom gesien nie. Sy het gedink dat die eerste en tweede appellante die oorledene vashou sodat hulle nie verder kon baklei nie. Volgens die getuie se mening het die eerste appellant nie besef dat die oorledene gesteek is nie. Hy het sy T-hemp uitgetrek sodat hy met die oorledene kon baklei. Volgens haar het die eerste appellant nie die oorledene vasgehou met die doel dat die derde appellant hom kon steek nie. Dit is gestel namens eerste appellant dat die oorledene wet 'n mes by hom gehad het. Die getuie van Aswegen het nie gesien dat die tweede appellant en die oorledene in 'n vuisgeveg betrokke geraak het nie. Soos dit namens die tweede appellant aan haar gestel is nie. Sy het ook nie gedink dat die tweede appellant geweet het dat die oorledene gesteek is nie. Dit blyk uit kruisverhoor namens die derde appellant dat die oorledene van Poentjies se werf oorkant die straat oor die straat gehardloop het en dat die eerste en tweede appellante by die ingang van die gang gestaan het en toe hy by hulle wou verby hardloop, het hulle hom vasgegryp en daar het 'n stoeiery tussen hulle ontstaan. Die oorledene wou verby hardloop en die eerste en tweede appellant het hom by die ingang na die gang vasgekeer. In kruisverhoor namens die derde appellant het sy bevestig dat die derde appellant wel 'n mes van ongeveer 18 sentimeters in lengte in sy hand gehad het. In herverhoor bevestig die getuie dat die oorledene wel die derde appellant se naam genoem het.



[11] Die tweede staatsgetuie, Oelte Abdul staaf die weergawe van Me van Aswegen in al die wesentlike opsigte. behalwe dat sy getuig, anders as Me van Aswegen. dat sy die tweede appellant eers opgemerk het nadat die oorledene reeds die noodlottige wond opgedoen het.



[12] Die streeklanddros het bevind dat die derde staatsgetuie. Seppie Jordaan wat getuig het dat hy die betrokke nag onder die invloed van dwelms was, se getuienis onbetroubaar was en dat daar geen peil getrek kan word op sy getuienis nie. 'n Deurlees van die rekord bevestig hierdie bevinding en ek meen dat Jordaan se getuienis tereg deur die streeklanddros buite rekening gelaat is.



[13] Die getuienis van die appellante kom in bree trekke daarop neer dat hulle gedurende die loop van die dag en aand saam heelwat bier en wyn of brandewyn gedrink het. Teen middernag het hulle by 'n huiswinkel in Jamesstraat aangekom om sigarette te koop. Die oorledene het in die deur van die huis gele en TV kyk. Een of meer van die appellante (hulle getuienis is nie in hierdie verband duidelik nie) het verby of oor die oorledene getree en in die proses is die oorledene deur een of meer van die appellante geskop. 'n Gestry het ontstaan en hulle is deur ene Lam van die huis verwilder. Oor wat daarna gebeur het is die getuienis van die appellante teenstrydig. In bree trekke beweer die eerste en tweede appellante dat die stryery voortgegaan het en dat die oorledene, wat volgens hulle 'n mes gehad het. die derde appellant wat gevlug het, gejaag het tot in die werf van Me Iris James waar hulle agter die vibracrete heining verdwyn het. Kort daarna het die oorledene weer te voorskyn gekom. Daar was lets met horn verkeerd aangesien hy nie behoorlik geloop het nie. Hy het nietemin met sy mes in sy hand op die eerste appellant afgepeil en het in 'n verbete geveg met horn betrokke geraak. Hulle het op die grond te lande gekom en het daar met mekaar gestoei. Uiteindelik het die oorledene die oorhand begin kry en die tweede appellant het hom van die eerste appellant afgetrek. Kort daarna het die oorledene egter inmekaar gesak en is hy kort daarna op die toneel dood aan "n steekwond in die bors. Hoewel nie een van die eerste of tweede appellante se dat hulle gesien het dat die derde appellant die oorledene met 'n mes gesteek het nie terwyl hulle buite sig op Me James se werf was, is dit duidelik dat hulle suggereer dat dit is wat gebeur het omdat hulle altwee beweer dat die oorledene nie in die stoeiery tussen hom en die eerste en tweede appellante beseer is nie. Dit is ook in bree* trekke waarop die getuie Lewis se getuienis neerkom. Die derde appellant se weergawe is dat hy weggehardloop het en op Me James se dak skuiling gesoek het. Volgens hom het hy en die oorledene glad nie op Me James se werf met mekaar baklei nie. Me James se getuienis neem nie die saak verder nie. Al wat sy kan bevestig is dat die derde appellant op haar dak kom skuil het. Sy het nie die oorledene op haar werf gesien nie. Die derde appellant se weergawe gee geen verduideliking van hoe die oorledene die dodelike wond opgedoen het nie.



[14] Die getuienis van die appellante wemel van ieenstrydighede, nie net wat die getuienis van die drie onderling (en die getuienis van Lewis) betref nie, maar ook wat hul eie getuienis self betref. Trouens, die eerste appellant het in kruisverhoor selfs so ver gegaan om te bevestig dat hy en die tweede appellant die oorledene vasgehou het toe die derde appellant die oorledene gesteek het nie. Die streeklanddros het tereg bevind dat die drie appellante onbevredigende getuies was en dat op al die getuienis as 'n geheel beoordeel die staat se weergawe dat die eerste en tweede appellante die oorledene vasgehou het terwyl die derde appellant met 'n mes in die hand nadergekom het. bo redelike twyfel aanvaar moet word.



[15] Die streeklanddros het die appellante op twee basisse skuldig bevind. Eerstens op die basis dat hulle met 'n gemeenskaplike oogmerk om die oorledene te dood opgetree het. Tweedens, dat hulle die oorledene se dood nalatiglik veroorsaak het.



[16] Daar moet onderskei word tussen die posisie van die eerste twee appellante aan die een kant en die posisie van die derde appellant aan die ander kant. Die derde appellant het die oorledene gesteek terwyl die ander twee horn vasgehou het.



[17] Die eerste vraag is of die streeklanddros korrek was om die appellante aldrie op grond van die leerstuk van gemeenskaplike oogmerk aan strafbare manslag skuldig te bevind. Dit is geyk dat die leerstuk wel toepassing vind by strafbare manslag maar ek meen nie dat die afleiding bo redelike twyfel gemaak kan word dat die eerste en tweede appellante gemeensaak gemaak het met die derde appellant wat die oorledene gesteek het nie. Nadat die oorledene reeds deur die derde appellant gesteek is, het die eerste appellant nog sy hemp uitgetrek om met die oorledene te baklei. Hy het ook. toe hy besef dat die oorledene wel gewond is, sy T-hemp onder sy kop gesit om horn gemaklik te maak. Nie die optrede van iemand wat gemeenskaplike opset gehad het om die man te dood nie. Die feit dat daar vroeer die nag onmin tussen die appellante en die oorledene was regverdig na my mening nie die afleiding wat die streeklanddros gemaak het nie, tewete dat

'daar op die wyse 'n gemeenskaplike oogmerk ontstaan het/ nie.

Hierdie afleiding is na my mening nie geregverdig nie.


[18] Daar is egter veel te se vir die verdere bevinding van die streeklanddros dat die eerste en tweede appellante ...



'nalatig was in die sin dat hulle anders opgetree het as wat die redelike persoon onder die omstandighede sou wees deur die oorledene vas te hou terwyl beskuldigde drie gewapend nader kom.'



Die streeklanddros se bevinding kom daarop neer dat 'n redelike persoon sou besef het dat die eerste appellant, wat van voor gekom het met die mes in sy hand terwyl die eerste en tweede appellante die oorledene, een (no 1) van agter en die ander een (no 2) skuins van agter, die oorledene vasgehou het, die oorledene mag steek en 'n dodelike wond kan toedien. Die streeklanddros se bevinding kom verder daarop neer dat 'n redelike persoon in hierdie omstandighede sou besef het dat die oorledene gedood kon word en dus nie sou voortgegaan het om die oorledene vas te hou nie. Die eerste en tweede appellante het dus op hierdie bevinding, die dood van die oorledene op 'n nalatige wyse veroorsaak. Hoewel die eerste en tweede appellante dus nie die moontlikheid voorsien het dat die oorledene gedood sou kon word nie, sou 'n redelike persoon in hul posisie dit wel voorsien het en sou die redelike persoon die oorledene, anders as wat die eerste en tweede appellante gedoen het, laat gaan het voordat die derde appellant hom met die mes kon steek. Ek meen dat die streeklanddros korrek was in hierdie bevindinge en ek sou die skuldigbevindings van die eerste en tweede appellante bekragtig.



[19] Wat die derde appellant betref was die streeklanddros tereg, na my mening, nie heeltemal oortuig dat hy, weens die feit dat hy onder die invloed van drank was en die feit dat hy die oorledene slegs een steekwond toegedien het, die oogmerk gehad het om die oorledene te dood nie of dat hy selfs die moontlikheid voorsien het dat hy die oorledene kon dood nie. Direkte opset en dolus eventualis was dus in die geval van die derde appellant afwesig. Hy het egter, so bevind die streeklanddros anders opgetree as wat ln redelike persoon sou opgetree het. Dit kom daarop neer dat 'n redelike persoon wel die moontlikheid van dood sou voorsien het en daarom nie die oorledene in sy bors sou gesteek het nie. Die derde appellant is dus skuldig van strafbare manslag.



[20] Ek handel vervolgens met die appel teen die vonnis van vier jaar effektiewe gevangenisstraf wat die appellante opgele is. Die korrektiewe beampte Mnr. Stander wat ten opsigte van vonnis getuig het, het gese dat aldrie kwalifiseer vir en het trouens aanbeveel dat die hof oorweeg om aldrie appellante 'n vonnis van korrektiewe toesig op te le. Die streeklanddros het so 'n vonnis oorweeg maar tot die gevolgtrekking gekom dat hoewel so 'n vonnis, wat die appellante se persoonlike omstandighede betref. geskik is, in die lig van die erns van die misdaad en die belange van die gemeenskap, die oplegging van direkte gevangenisstraf waarvan 'n gedeelte opgeskort word, die enigste gepaste vonnis is.



[21] Ek meen dat hierdie een van daardie gevalle is waar die persoonlike omstandighede van die appellante en die omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is. sodanig is dat ondanks die tragiese gevolge, 'n vonnis van korrektiewe toesig wel die gepaste vonnis is.



[22] Hier het drie jong mans waarvan een sewentien jaar en die, ander twee negentien jaar oud was, hulself deur drankmisbruik in 'n posisie geplaas waar hulle in 'n stryery en later 'n geveg met 'n vyftien jarige seun betrokke geraak het. Die oorledene was self ook met 'n mes gewapen. Daar was oor en weer uitdagings en uiteindelik het een van hulle een dodelike meswond opgedoen. Die voorval was geheel en al onbeplan en het ongelukkig uitgeloop op die dood van een van die betrokkenes.



[23] Die derde appellant was sewentien jaar oud ten tyde van die voorval. Sy twee metgeselle was altwee negentien jaar oud. Behalwe vir die tweede appellant wat 'n vorige veroordeling vir diefstal gehad het. het die eerste en derde appellante ten tyde van die voorval geen vorige veroordelings gehad nie. Hulle was gedurende die loop van die verhoor wat oor etlike jare gestrek het. op borg (nommers een en twee) en op waarskuwing vrygelaat en ten tyde van vonnisoplegging meer as ses jaar na die voorval, toe hulle reeds 25 jaar en 23 jaar oud was het hulle nog steeds geen verdere veroordelings gehad nie. Die oorledene se moeder treur nog steeds oor die dood van haar seun. Sy ouers het die appellante vergewe en praat met hulle as hulle hul raakloop. Die tweede appellant kom soms by hulle aan't huis.



[24] Die eerste appellant is op 28 Oktober 1983 gebore en was onderskeidelik negentien jaar oud ten tye van die voorval en 25 jaar oud met vonnisoplegging. Ten tyde van vonnis het appellant vir twee maande nie 'n vaste werk gehad nie en was op daardie stadium van sy familie afhanklik. Wanneer hy wel werk. maak hy 'n bydrae tot die huishouding van sy ouers. Hy is ongetroud en het geen afhanklikes nie. Hy woon by sy familie en het die ondersteuning van sy gesin.



[25] Die tweede appellant het tot op standerd sewe op skool gevorder en het sedert die voorval begin werk as 'n handlanger by 'n konstruksie firma teen n loon van R400 per week. Hy is op 19 Augustus 1983 gebore en was slegs negentien jaar oud ten tye van die voorval. Hy woon saam met sy gesin wat horn ondersteun en het geen verhouding of afhanklikes nie. Hy gebruik nie dwelms nie maar is geneig tot oormatige geleentheidsdrinkery.



[26] Die derde appellant het tot op standerd nege op skool gevorder en het sedert die voorval in 2002 begin werk as 'n taxi assistent. Hy het mettertyd sy bestuurderslisensie bekom en het 'n permanente werk as taxibestuurder teen 'n loon van R700 per week. Hy het by sy grootouers groot geword en bly nog steeds by sy oupa nadat sy ouma sedertdien oorlede is. Hy het die ondersteuning van sy gesin en het volgens horn, wat bevestig is deur sy oupa, moeder en meisie van twee jaar sedert die voorval afgesien van die gebruik van alkohol en dwelms.

[27] Ek meen dat die appellante uiters geskikte kandidate is om buite die gevangenis te habiliteer Dit is nie in die belang van die gemeenskap dat die appellante wat klaarblyklik sterk kandidate vir rehabilitasie is, aan die negatiewe invloede van gevangenisstraf blootgestel moet word nie.



[28] Ondanks die ernstige gevolge van die misdaad meen ek dat 'n vonnis ingevolge Artikel 276 (1)(h) van Wet 51 van 1977 'n gepaste vonnis is.




Ek sou dus die volgende bevel maak

  1. Die eerste, tweede en derde appellante se appel teen hul skuldigbevindmgs word afgewys en hul skuldigbevindings aan strafbare manslag word bekragtig..

  2. Die appellante se appel teen hul vonnisse slaag en die vonnisse wat die eerste, tweede en derde appellante opgele is word tersyde gestel en word in elke geval vervang met 'n vonnis van drie jaar korrektiewe toesig ingevolge Artikel 276 (1)(h) van Wet 51 van 1977, met die voorwaardes uiteengesit in die aanhangsel tot die verslag van die korrektiewe beampte Mnr Stander, 'n afskrif waarvan hierby aangeheg word gemerk "X".



W J LOUW

Regter van die Hooggeregshof


Ek stem saam.


T. NDITA

Regter van die Hooggeregshof