South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 38
| Noteup
| LawCite
Dominee v S (A518/2010) [2011] ZAWCHC 38 (4 February 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A518/2010
DATUM: 4 FEBRUARIE 2011
In die saak tussen:
STANLEY DOMINEE …...........................................................................................Appellant
and
DIE STAAT …................................................................................................Respondent
JUDGMENT
LE GRANGE, R
Die appellant was in die Streekhof te Bellville skuldig bevind aan n aanklag van roof met verswarende omstandighede en ingevolge die minimum vonniswet. Wet 105 van 1997 gevonnis tot n termyn van 15 jaar direkte gevangenisstraf. Die appellant se aansoek om verlof om te appelleer teen skuldigbevinding en vonnis. was geweier deur die verhoorlanddros en was hierdie hof gepetiste. Die petisie het gedien voor Cleaver. R en Klopper. WnR en is slegs verlof om te appelleer teen vonnis toegestaan. Hierdie appel is dus derhalwe slegs teen vonnis.
Aangesien die minimum vonniswet van toepassing is het die verhoorlanddros bevind dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n minimum vonnis regverdig nie en is die minimum vonnis van 15 jaar toe opgele. Die feite wat die skuldigbevinding onderskraag kan as votg saamgevat word. Die appellant en ene Bronnie het die klaagsters agtervolg toe hulle op pad was om sekere lone te gaan afhaal by n plek genaamd USS Graphics te Epping. Nadat die lone ontvang was, het die klaagsters uit die perseel gekom en dit is waar die appellant en sy mededader hulle beroof het.
Die appellant het die twee klaagsters met n mes gedreig om stil te staan. Hy het ook die mes teen Bronwyn Isaacs se keel gedruk toe sy haar teegesit het. Sy mededader. Bronnie, het n vuurwapen teen Catherine Isaacs se kop gedruk en haar beroof van haar selfoon ter waarde van R900.00 Haar suster was beroof van 'n selfoon van R900.00, ringe ter waarde van R2 200,00, 'n hangertjie ter waarde van R700.00. 'n armband en n onbekende hoeveelheid geld. Niks van die geroofde goedere is ooit teruggevind nie.
Die appellant het ook sy mes gebruik om Bronwyn se ringe van haar vingers af te kry en in die proses is haar vingers raak gesny. Terwyl appellant Bronnie se vuurwapen vasgehou net het Bronnie, dit is nou sy mededader, Bronwyn Isaacs se halsnoer probeer afruk. Daar was ook na die klaagsters geskree terwyl hulle weghardloop, deur die appellant en sy mededader, dat hulle aan die 28 bendegroep behoort en dat hulle vir die klaagsters gaan doodmaak.
Die appellant, ten tye van hierdie voorval, was n eerste oortreder Sy moeder was geroep om namens haar seun ter versagting te getuig. In kort het sy getuig dat hy 23 jaar oud was ten tye van die voorval. Hy is getroud. maar geen kinders om voor te sorg nie. Hy het op skool slegs gevorder tot Standerd 1, waar daar toe vasgestel is deur die onderwysers dat hy 'n wesenlike agterstand toon en was hy na 'n aanpassingskool gestuur waar hy bitter min vordering gemaak het as gevolg van verskeie faktore. Hy het die skool verlaat toe hy omtrent 15 jaar oud was en het daarna verskeie los-werkies verrig.
Ten spyte van die feit dat hy in 'n aanpasstngsklas was, kon hy nie juis lees en skryf nie en openbaar hy gedragsprobleme deur opstandig te wees en gou kwaad te word. Volgens die moeder blyk dit ook dat die appellant se medebeskuldigde, wat skynbaar nooit gearresteer was nie, die voorbok was. of horn in hierdie aangeleentheid verlei het.
Die appellant was by vonnis reeds 10 maande en 17 dae in hegtenis Die misdryf waaraan hy homself skuldig gemaak het is ernstig en was die klaagsters ook deur die aanval op hulle fisies beseer. Die appellant het Bronwyn se vingers met die mes raak gesny toe hy gesukkel het om haar van haar ringe te beroof Die appellant se medebeskuldigde het ook sy arm by haar borste ingedruk om die halsnoer wat van haar nek afgeval het. uit te haal.
By die soeke of daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat 'n mindere vonnis regverdig, het die verhoorlanddros die persoonlike omstandighede van die appellant oorweeg. Sy skolastiese agtergrond was ook in ag geneem Mnr Solomons, wat namens die appellant verskyn het vandag argumenteer dat die verhoorlanddros nie genoegsame klem gele het op hierdie persoonlike omstandighede nie en as gevolg daarvan het hy h mistasting begaan
Mnr Badenhorst. wat namens die staat verskyn. se argument was indien daar gekyk word na die manier en wyse waarop die appellant sy verhoor hanteer het. die feit dat hy onskuldig gepleit het teen die aangeleentheid, dat daar ook agterna probeer was om die klaagsters te nader sodat hulle die saak moet terugtrek, is aanduidend dat hy nie enige berou toon in hierdie aangeleentheid nie en kumutatief is daar nie wesenlike en dwingende omstandighede om af te wyk van hierdie vonnis nie. Verder het hy ook geargumenteer dat die vonnis ook nie disproporsioneel is tot die misdaad en die appellant se persoonlike omstandighede nie.
In S v Malaas 2001 (1) SASV op 469 (SCA) te par 25 het die Hoogste Hof van Appel soos volg beslis:
Courts are required to approach the imposition of sentence conscious that the legislature has ordained life imprisonment (or the particular prescribed period of imprisonment) as the sentence that should ordinarily, in the absence of weighty justification, be imposed for the listed crimes in the specified circumstances Unless there are. and can be seen be truly convincing reasons for a different response, the crimes in question are, therefore, required to elicit a severe standardised and consistent response from the courts. The specified sentences are not to be departed from lightly and for flimsy reasons Speculative hypothesis favourable to the offender, undue sympathy, aversion to imprisoning first offenders, personal doubts as to the efficacy of the policy underlinng the legislation and the marginal differences in the personal circumstances or the degrees of the participation between the co-offenders, are to be excluded."
Hierdie benadering was weereens beklemtoon in h onlangse beslissings van S v Vuyisile Mathyitvi wat op 30 September 2010 gelewer was in die Hoer Hof van Appel en die verwysing is 695/09 2010. Op bladsy 15. paragraaf 23 van die uitspraak is gese:
Despite certain limited successes, there has no real let up in the crime pandemic that engulfs our country. The situation continues to be alarming. It follows that to borrow from Malgas, it is still no loner business as usual and yet one notices all too frequently a willingness on the part of sentencing courts to deviate from the minimum sentences prescribed by the legislature for the flimsiest of reasons, reasons as here, but do not survive scrutiny."
Dan verder af in die paragraaf se die regters die volgende:
Courts are obliged to impose those sentences unless there are truly convincing reasons for departing from them. Courts are not free to subvert the will of the legislature by resort to vague, ill defined concepts such as relative youth, youthfulness or equally vague and ill founded hypothesis that appear to fit the particular sentencing officer's personal notion of fairness. Predictable outcomes, not outcomes based on the whim of an individual judicial officer, is foundational to the rule which lies at the heart of a constitutional order.
Dit as riglyne en in ag geneem die erkende doelstellings van straf. is ek van mening dat daar geen oortuigende faktore is wat wesenlik en dwingend ten gunste van die appellant is om 'n mindere vonnis te regverdig nie. Inteendeel daar is heelwat faktore teenwoordig wat 'n vonnis van hierdie aard regverdig ten spyte daarvan dat die appellant 'n eerste oortreder is en vir ongeveer 10 maande verhoorafwagtend was. Die opgelegde vonnis is ook nie disproporstoneel tot die misdaad en die appellant se persoonlike omstandighede nie Myns insiens het die verhoorlanddros geen mistasting begaan in sy benadering tot vonnis nie.
Dit volg dat die appel teen vonnis nie kan slaag nie In die gevolg word die volgende bevel voorgestel DIE APPEL TEEN VONNIS WORD VAN DIE HAND VERWYS.
LE GRANGE, J
ZONDI. J: Ek stem saam.
ZONDI, J