South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 402
| Noteup
| LawCite
Moos v S (A745/2010) [2011] ZAWCHC 402 (26 August 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A745/2010
DATUM: 26 AUGUSTUS 2011
In die saak tussen:
KOOS MOOS …................................................................................................................Appellant
en
DIE STAAT …................................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
SMIT, WnR:
Die appellant is in die Streekhof, Oudtshoorn, skuldig bevind aan die verkragting van h 13-jarige meisie en gevonnis tot 18 jaar gevangenisstraf. Appellant het skuldig gepleit aan die klagte van verkragting en 'n verklaring afgele wat as volg gelui het:
"Hiermee verklaar ek, Koos Moos, as volg: Ek is die beskuldigde in hierdie saak en ek verstaan die aanklag teen my, naamlik verkragting. Ek pleit skuldig en ek erken dat ek op 19 September 2009 te Witplaas in die Prins Albert distrik, wederregtelik en opsetlik met 'n vrouepersoon, te wete Hester Abrahams, 13 jaar oud, geslagsgemeenskap gehad het sonder haar toestemming. Ek voer aan dat beide my en die klaagster se oordeelsvermoe ten tyde van die pleeg van die misdryf vanwee alkoholinname, benewel was, wat veroorsaak het dat ek nie redelike oordeel kon uitoefen nie. Ek voer voorts aan dat ek nie enigsins, ten tyde van die pleging van die misdryf, (en dan is dit onduidelik) het dat sy onder die ouderdom van 16 jaar was nie. Asook dat die klaagster se optrede ten tyde van die pleeg van die misdryf, nooit by my daardie indruk gelaat het nie. Ek voer voorts aan dat ek eers die volgende dag tot die besef gekom het, nadat ek daartoe ingelig is, dat die klaagster slegs 13 jaar oud was. Ek erken dat toe ek die daad gepleeg het, ek geweet het dat dit wat ek gedoen het verkeerd is en dat my optrede strydig en strafbaar is in die gereg. Ek erken ook dat die klaagster ten tyde van die voorval sekere beserings opgedoen het waartoe sy medies behandel. Ek maak hierdie verklaring vrywillig en sonder dat ek daartoe oorreed of verplig is."
Ongelukkig is geen getuienis gelei oor die omstandighede wat die verkragting voorafgegaan het en daartoe gelei het dat daar seksueel verkeer is met die klaagster nie. Appellant se prokureur het "h ex parte betoog ter versagting gelewer en nie die appellant se getuienis aangebied oor die omstandighede wat geheers het voor en tydens die pleging van die misdaad nie.
Daar was wel "h verslag van 'n korrektiewe beampte, mnr John Plaatjies, voor die hof ten tyde van vonnisoplegging. Hiervolgens het appellant sy weergawe van die gebeure as volg uiteengesit:
"Die beskuldigde was op 11 September 2009 in 'n voorval betrokke waar hy gevolglik skuldig bevind is op Yi klagte van verkragting. Hierdie voorval het plaasgevind te Vrolikheid-plaas, Klaarstroom, wat resorteer onder die Prins Albert munisipaliteit. Beskuldigde beweer dat hy op die aand van die voorval saam met sy vriend in die geselskap was van drie onbekende vroue, waaronder die klaagster. Beskuldigde beweer dat hulle (dis nou bedoelende hy en die vroue) gekuier het waar hulle onder meer wyn gedrink het. Beskuldigde beweer dat die een ding het aanleiding gegee tot die ander en hy gevolglik later saam met een van die vrouens begin vry het. Beskuldigde erken dat hy saam met die vrou, net bekend as Tanya, seks gehad het met haar toestemming in Tn verlate plaashuis. Beskuldigde beweer dat hy en sy vriend toe later vrouens geruil het en in die geval was sy ruilmaat juis die klaagster. Beskuldigde erken dat hy die seksdaad nie ten voile uitgevoer het nie, omrede die klaagster begin huil het. Beskuldigde beweer dat hy sy seksaksie gestop het en van die klaagster geklim het en eenkant gaan slaap het. Die toestand van die klaagster na die voorval word deur een van haar vriende as baie tragies beskryf. Volgens die vriendin was die klaagster se langbroek deurweek van bloed, asook die bed waarop die beskuldigde die klaagster verkrag het. Beskuldigde getuig dat hy verbaas was die volgende dag toe die polisiebeamptes horn arresteer het op h klagte van verkragting."
Appellant se weergawe is tot "h mate gestaaf deur die feit dat dit uit die pleitprosedure en die oorkonde blyk dat daar 'n medebeskuldigde was en dat die verhore geskei is. Dit is verder tot 'n mate gestaaf deur die betoog van die aanklaer, waar hy as volg betoog het op bladsy 21 van die oorkonde:
"... so kan Yi mens nie die klaagster penaliseer ten opsigte van die feit dat sy dan die volgende dag of twee die rapport gemaak het nie. Daar was 'n geweldige bloeding, skeure en as gevolg daarvan, Edelagbare, was die klaagster dan gekonfronteer en sy het sy toe dan Yi rapport gemaak."
Die staatsaanklaer het tydens sy betoog ten opsigte van vonnis, toegegee dat die staat appellant se pleit aanvaar het op die basis dat appellant, ten tyde van die pleging van die misdaad, nie geweet het hoe oud die klaagster was nie.
Die landdros het, myns insiens tereg, daarop gewys dat die klaagster ernstige besering aan haar geslagsorgane opgedoen het vanwee penetrasie en dat die gedrag van appellant nie verskoonbaar is vanwee die feit dat beide partye onder die invloed van sterk drank was nie.
Ek is egter nietemin van mening dat daar in ag geneem behoort te word dat hierdie nie ‘n geval was waar die klaagster met geweld oorval is of aangerand is voor of tydens die verkragting nie. Indien hierdie feite in ag geneem word, en in ag geneem word dat daar 'n vrywillige seksuele samesyn tussen die partye was, is ek van mening dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede was om 'n ligter straf as 18 jaar gevangenisstraf te regverdig.
Ek is van mening dat gevangenisstraf van 'n periode van 10 jaar voldoende is in die omstandighede en is verder van mening dat daar h voldoende afwyking is van die opgelegde gevangenisstraf en die voorgestelde periode van 10 jaar ten einde inmenging met die opgelegde straf te regverdig. Ek sou die opgelegde vonnis vervang met die volgende, 10 (TIEN) JAAR GEVANGENISSTRAF.
SMIT, WnR
Ek stem saam, dit word so bevel. Die vonnis word teruggedateer tot 25 Augustus 2010, die datum waarop die landdros die oorspronklike vonnis opgele het.
DLODLO, R