South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 405

| Noteup | LawCite

Colidiza v S (A62/2011) [2011] ZAWCHC 405 (2 September 2011)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)




SAAKNOMMER: A62/2011


DATUM: 2 SEPTEMBER 2011




In die saak tussen:

AYANDA COLIDIZA …...................................................................................Appellant

en


DIE STAAT ….................................................................................................Respondent




UITSPRAAK






LOUW. R:



Die appellant wat deurgaans deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is, het by die aanvang van sy verhoor in die Blue Downs Streekhof op h aanklag dat hy die agjarige Marisha Afrika op 2 April 2009 verkrag het, onskuldig gepleit en het deur sy regsverteenwoordiger verklaar dat hy geen kennis dra van die beweerde verkragting nie.



By die afloop van die verhoor op 22 Oktober 2010 is die appellant aan verkragting skuldig bevind en is hy daarna op dieselfde dag tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Die appellant appelleer nou teen beide sy skuldigbevinding en die vonnis wat horn opgele is.



Die getuienis toon dat die klaagster en haar familie, wat bestaan uit haar moeder en vader en 'n jonger broer gedurende April 2009 vir reeds ongeveer drie maande as huurders in "h houthuis in die agterplaas van die appellant se perseel in die Bloekombos woongebied gewoon het. Die klaagster en haar vader het getuig dat hy gedurende die middag van 2 April 2009 op versoek van die appellant, die klaagster na die appellant se kamer gestuur het, omdat hy haar wou stuur om 'n brood en sigarette by h naby gelee winkel vir die appellant te gaan koop. Volgens die getuienis van die klaagster en haar vader het die appellant ook by vorige geleenthede vir die klaagster na die winkel gestuur.



Die klaagster getuig dat sy na die appellant se kamer gegaan het en dat hy haar versoek het om sy voete en rug met salf, wat hy aan haar gegee het, in te smeer. Dit het sy toe gedoen en daarna het die appellant die kamerdeur toegemaak en die skuif opgesit. Hy het toe haar onderklere uitgetrek en haar verkrag. Hy het ook sy vinger in haar vagina gedruk. Nadat hy haar verkrag het, het die appellant vir haar gese dat sy nie vir haar ma moet se nie en het beloof om haar R5.00 te gee.

Die klaagster is na buite waar sy haar vader ontmoet het en sy het vir horn gese dat sy die appellant se voete en rug met salf gesmeer het. Sy het nie gese dat sy deur die appellant verkrag is nie. Hierdie getuienis word deur haar vader bevestig wat ook se dat hy opgemerk het dat sy rooi in die gesig was. Hy het egter nie verder ondersoek ingestel nie. Die klaagster se moeder het later die middag van die werk gekom, maar die klaagster het steeds nie vertel dat die appellant haar verkrag het nie.



Die volgende oggend, wat Vi Vrydag was, was die klaagster se bene seer en kon sy nie lekker opstaan nie en het sy ongemaklik geloop en sy is nie skool toe nie. Die klaagster se moeder het getuig dat die klaagster die oggend gekla het oor haar bene en dat sy toe gese het dat sy nie skool toe moet gaan nie, maar saam met haar broer by tant Poppie moes bly vir die dag. Volgens die klaagster en haar moeder het sy die middag toe haar moeder uit die werk kom gele by tant Poppie en kon sy nie opstaan nie omdat haar bene so seer was. Haar moeder se dat sy onraad vermoed het en gevoel het dat die klaagster "vuurwarm, kokendwarm was". Sy het toe die klaagster gevra wat fout is en volgens beide die klaagster en haar moeder het sy toe vertel dat die appellant haar verkrag het.

Die polisie is ontbied en die klaagster is ongeveer 10 uur die betrokke Vrydagaand deur Yi dokter ondersoek, wat h J88 mediese vorm voltooi het. Hierdie verslag is by ooreenkoms, en met erkenning van die inhoud daarvan deur die appellant, as getuienis toegelaat. Die verslag toon dat die dokter vars kneus- en skaafbeserings aan haar vagina gevind het en dat daar verskeie vars skeure van haar hymen was. Volgens die verslag het die dokter bevind dat hierdie beserings te versoen is met Yi verkragting van die klaagster in die voorafgaande 72 uur.



In kruisverhoor is dit aan die staatsgetuies gestel dat die appellant nie die klaagster verkrag nie het nie en dat die klaagster se ouers 'n valse aanklag van verkragting teen die appellant gele het omdat hy van voornemens was om hulle uit te sit van sy perseel. Die klaagster se ouers het getuig dat daar nooit voor die voorval enige sprake daarvan was dat die appellant hulle sou uitsit nie. Hulle het wel erken dat wanneer hulle onder die invloed van drank was, hulle luidkeels met mekaar geredekawel het.



Die appellant het ook, na sy arrestasie, deur middel van Yi familielid laat weet dat die klaagster en haar gesin sy perseel moet verlaat, wat hulle toe wel gedoen het. Die appellant het self getuig en het ontken dat hy die klaagster die betrokke dag deur haar vader laat roep het om vir horn na die winkel te gaan. Trouens hy het ontken dat hy dit ooit by h vorige geleentheid gedoen het. Hy het ook ontken dat die klaagster by horn in die kamer was en dat hy haar verkrag het. Hy het ook getuig dat hy meen dat die valse klagte teen horn gele is omdat hy die klaagster se vader en moeder gewaarsku het dat hy hulle sou uitsit van sy perseel omdat hulle, wanneer hulle onder die invloed van drank was, met mekaar baklei het.



Die landdros het in sy uitspraak gese dat die klaagster h besonder goeie indruk op horn gemaak het en ek moet se dit word bevestig, tot die mate dat die rekord Yi refleksie is van die verrigtinge wat in die hof plaasgevind het, dat sy wel so Yi indruk op die landdros kon gemaak het. Die landdros het ook tereg stawing vir die klaagster se getuienis gevind, in die mediese getuienis, dat sy beserings gehad het wat dui op Yi verkragting. Hierdie stawing is natuurlik net stawing vir die bewering dat sy verkrag is, maar nie wie die persoon is wat haar sou verkrag het nie.



Beide die ouers van die klaagster het ook Yi goeie indruk op die landdros gemaak en hy het hulle weergawe aanvaar. Die landdros het daarop gewys dat die appellant se weergawe in wese Y» blote ontkenning is. Die landdros het ook verwys na die feit dat die appellant se weergawe was dat Yi valse klagte teen horn gele is omdat hy vroeer, volgens horn, gedreig het om die gesin uit te sit vanaf sy perseel. Die landdros was van mening dat hierdie verklaring in die konteks nie sin maak nie omdat hulle, nadat hy laat weet het uit die gevangenis dat hulle moet trek, inderwaarheid dit gedoen het.



Die landdros het na my mening tereg bevraagteken waarom die klaagster se ouers Yi valse klag teen die appellant sou le ten einde te voorkom dat hulle uitgesit word van die appellant se perseel nadat hy, volgens hulle, reeds voor die voorval gewaarsku het dat hulle sou uitsit. Dit sou, na my mening, hulle niks in die sak gebring het om 'n valse aanklag in daardie omstandighede teen horn te le nie.



Mnr Theunissen het die landdros se uitspraak in hierdie opsig gekritiseer en gese dat die landdros het te veel klem gele op hierdie aspek van die getuienis. Die vraag oor hoekom Yi valse aanklag gele sou word, is slegs tersake om die waarskynlikhede aan te dui. Dit kan nooit verder as dit gebruik word nie. Ek meen in elk geval, en afgesien van hierdie aspek, dat die gewig en kwaliteit van die staatsgetuies, dis nou van die klaagster en haar twee ouers en ook die mediese getuienis, van sodanige aard is dat die appellant se ontkenning nie waar kan wees nie en ek meen dat die landdros tereg die appellant se ontkenning as nie redelik moontlik waar verwerp het.



Die appel teen die skuldigbevinding moet dus, na my mening, van die hand gewys word. Die appellant het twee vorige veroordelings. In 2004 is hy tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis op 'n aanklag van roof. In 2007 is hy tot R300.00 of 30 dae gevangenisstraf gevonnis op "h aanklag van diefstal. Hy is op 11 November 2008 op parool uit die gevangenis vrygelaat en ten tyde van die voorval was hy nog steeds op parool. Die appellant was ten tyde van vonnisoplegging 25 jaar oud.



Die landdros het in sy uitspraak op vonnis tereg gewys die baie ernstige aard van die misdryf. Hy het ook gewys daarop dat gedurende die verloop van die verrigtinge het die appellant, wat volgehou het dat hy onskuldig is, soos hy geregtig is om te doen, geen berou getoon het vir wat hy gedoen het nie. Die hof het ook in ag geneem dat die appellant ten tyde van vonnisoplegging reeds sedert 2 April 2009, dit wil se ongeveer een jaar en ses maande in aanhouding was. Die landdros het ook tereg verwys na die fisiese en sielkundige letsels wat die klaagster sal oorhou van hierdie voorval.


Die landdros het, nadat hy, soos hy dit gestel het, met 'n fyn kam deur die inligting tot die hof se beskikking gegaan het opsoek na wesenlike en dwingende omstandighede, bevind dat daar geen sodanige omstandighede aanwesig is nie en dat lewenslange gevangenisstraf gevolglik opgele moet word. Onder sodanige omstandighede was die landdros van mening, was die hof verplig om die voorgeskrewe vonnis op te le. In S v Vilakazi 2009 (1) SASV 552 (HHA) op 560-561, paragrawe 14 en 15 het die appelhof dit egter duidelik gemaak dat:



"It is incumbent upon a court in every case before it imposes a prescribed sentence, to assess upon consideration of all the circumstances of the particular case, whether the prescribed sentence is indeed proportionate to the particular offence. The Constitutional Court made it clear that what is meant by the offence in that context:

"Consists of all factors relevant to the nature and seriousness of the criminal act itself, as well as all relevant personal and other circumstances relating to the offender, which could have a bearing on the seriousness of the offence and the culpability of the offender."


Die posisie is dus dat indien die hof, na 'n oorweging van die ter saaklike omstandighede, tevrede is dat 'n ligter vonnis in die betrokke geval opgel§ moet word, sodanige gevolgtrekking die oplegging van h ander vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig. Onder sodanige omstandighede is die hof verplig om die mindere vonnis op te le (Vilakazi. 561a-c).



Ek meen dat in hierdie geval, ten spyte van die ems van die misdryf en die ongetwyfelde belange van die gemeenskap en die slagoffer en haar familie, die oplegging van lewenslange gevangenisstraf buite verhouding tot die aard en erns van die misdryf en die persoonlike omstandighede van die appellant en die belang van die gemeenskap sal wees. Die hoogste hof van appel het nou al verskeie male daarop gewys dat ondanks die erns van die verkragting van jong kinders, nie alle gevalle dieselfde is nie. Vonnisse moet gepas wees vir die besondere geval. Ek meen dat in die onderhawige geval, en met inagneming van die feit dat die appellant ten tyde van vonnisoplegging alreeds een jaar en ses maande in aanhouding was, 'n vonnis van 18 jaar gevangenisstraf "n gepaste vonnis sal wees.



Dit volg dus dat die volgende bevel, na my mening, gemaak moet word:


1. Die appel teen skuldigbevinding word afgewys en die skuldigbevinding aan verkragting word bekragtig.

2. Die appel teen vonnis slaag en die vonnis wat die landdros opgele het word tersyde gestel en word vervang met Yi vonnis van 18 (AGTIEN1 JAAR GEVANGENISSTRAF.



3. Die vonnis wat hierdie hof ople sal loop vanaf die datum van vonnisoplegging in die Streekhof, te wete 22 Oktober 2010.



Ek stem saam:




MOSES, WnR


Dit word dan so beveel:



LOUW, R