South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 412

| Noteup | LawCite

S v Thomas en Anders (SS12/2010) [2011] ZAWCHC 412 (25 October 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: SS12/2010


DATUM: 25 OKTOBER 2011


In die saak tussen:


DIE STAAT


En


GEORGE THOMAS …..........................................................................................Beskuldgde 1

JASON STYNDER …............................................................................................Beskuldgde 2

FRED WILLIAMS …..............................................................................................Beskuldgde 3

PETER MCNIEL …................................................................................................Beskuldgde 4

DERRICK CLAASEN …........................................................................................Beskuldgde 5

GIOVANNI KANNEMEYER …..............................................................................Beskuldgde 6

ALFONSO VAN HEERDEN …..............................................................................Beskuldgde 7

HERMAN WAKEFIELD …....................................................................................Beskuldgde 8

MOGAMMAT STEMMET …..................................................................................Beskuldgde 9

JEROME KARLMEYER …..................................................................................Beskuldgde 10

ASHLEY APPOLLIS ….......................................................................................Beskuldgde 11

KENNETH LAVITA ….........................................................................................Beskuldgde 12

HOWARD JANSEN …........................................................................................Beskuldgde 13

RONALD SWARTS ….........................................................................................Beskuldgde 14

GREGORY MEYER …........................................................................................Beskuldgde 15

ASHRAF RYKLIEF ….........................................................................................Beskuldgde 16

RODNEY JOUBERT ….......................................................................................Beskuldgde 17

ASHWIN CHARLES …........................................................................................Beskuldgde 18

REYAAZ DENNIS …............................................................................................Beskuldgde 19



UITSPRAAK

(Aansoek in terme van artikel 153 en 154 en 74)



FORTUIN, R


'n Opponerende aansoek van enorme omvang dien voor die Hof oor die relatief simplistiese vraag of die voornemende getuie Staggie in camera of in 'n ope hof getuienis moet afle. Die algemene reSI tot die reg tot 'n ope hof sowel as die beperking daarop, soos in artikei 153 van die Strafproseswet neergele, is soos volg deur Bertelsman, R in S v Phaswane 2008 (2) SASV 216 te 239-240 en wel te para 100 en 102 soos volg gestel:



"[100] It is one of the basic tenets of criminal justice that a trial should be held in public. This principle is entrenched in the Constitution in section 35(3)(c) and is of indisputable importance to ensure the public's trust in the independence and functioning of the courts. See S v Du Toit & Andere 2005(1) SACR 47 (T)

[102] The need to protect such witnesses without whom the criminal process could not function may in exceptional cases allow the court to exclude the public or certain members or categories of the public from attending. See S v Staggie & Another 2003(1) SACR (1) 323 (C)."


Daar is nie gevestigde reels waarna verwys kan word in die geval waar 'n artikel 204 getuie wie in die getuienis-beskermingsprogram is, verder beskerm hoef te word teen moontlike addisionele en onbekende fisiese nadeel nie.



Die Staat se aansoek is gebring in terme van artikel 153 en 154 van die Strafproseswet asook in terme van artikel 74 van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 121 van 1998.



Gedagtig aan die regte soos vervat in ons Grondwet en die feit dat reeds ses potensiele getuies in hierdie saak vermoor is, is ek van mening dat hierdie 'n uitsonderlike geval is, soos na verwys in S v Phaswane.



In opweging van die potensiele nadeel wat 'n bevel om in camera te getuig vir beide die Staat en die verdediging mag inhou, is ek van oordeel dat die nadeel grotendeeis aan die kant van die Staat sal wees. Ek is dus van mening dat dit in belang van geregtigheid, soos bedoel in artikel 153(1) is, en is ek tevrede dat dit in belang van geregtigheid, soos bedoel in artikel 74(1 )(b)(i) is dat die getuienis van mnr Staggie in camera aangehoor word.




In die omstandighede word die aansoek van die Staat toegestaan en maak ek die volgende bevel:

1. In terme van artikel 153(2)(a) dat die getuienis van mnr Staggie agter geslote deure sal geskied en dat geen persoon sal teenwoordig wees nie tensy die teenwoordigheid noodsaaklik is of deur hierdie Hof gemagtig is.

2. In terme van artikel 153(2)(b) dat die identiteit van die getuie nie bekend gemaak sal word alvorens hierdie hof nie daardie verbod ophef nie.

3. In terme van artikel 154 mag geen informasie rakende die identiteit en enige besonderhede rakende die getuienisbeskermingsprogram op enige wys gepubliseer word nie.

4. Hierdie bevele word ook gemaak in terme van artikel 174(1) en (2) van Wet 121 van 1998 en in terme van artikels 74(3) sal enige persoon wie enige informasie in stryd met hierdie bevel bekend maak, skuldig wees aan 'n misdryf.



FORTUIN, R