South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 430

| Noteup | LawCite

Phillips v S (A395/2010) [2011] ZAWCHC 430 (2 September 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


UITSPRAAK


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER: A395/2010

DATUM: 2 SEPTEMBER 2011



In die saak tussen:

PAUL DENZIL PHILLIPS …................................................................Appellant

en

DIE STAAT …..................................................................................Respondent




UITSPRAAK






LOUW. R:



Die appellant het op 21 Augustus 2007 in die Streekhof op Atlantis skuldig gepleit op 'n aanklag dat hy op 9 Mei 2004 vir Gert Smith vermoor het deur horn met "h mes dood te steek. Die appellant is op sterkte van sy pleit en die verklaring wat hy ingevolge artikel 112(2) van Wet 51 van 1987 gemaak het, skuldig bevind op die moordaanklag. Die appellant is daarop tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Appellant appelleer nou, met verlof van die hof a quo wat op 12 Oktober 2009 aan horn toegestaan is, teen die vonnis wat horn opgele is.

Dit blyk uit die regsmediese verslag, wat by ooreenkoms as getuienis voor die hof geplaas is, dat die oorledene dood is as gevolg van een meswond aan sy linkerbors wat sy hart binnegedring het. Die ter saaklike gedeelte van die appellant se artikel 112(2) verklaring lui soos volg:



"Op bogenoemde datum het beskuldigde (die appellant) en h paar van sy vriende af in bogenoemde straat (Jonkershoekstraat, Atlantis) geloop. Daar het 'n motorvoertuig verby hulle gery wat amper een van hulle raak gery het. Die beskuldigde en sy vriende het toe nader na die voertuig beweeg om uit te vra oor wie die bestuurder van die voertuig was. Daar het toe 'n stryery ontstaan, waarop die beskuldigde kwaad geraak het vir die oorledene en horn een keer met die mes gesteek het. Die beskuldigde erken dat hy nie die direkte opset gehad het om die oorledene dood te steek nie, maar net om horn skrik te maak. Derhalwe word erken dat die beskuldigde, indien hy iemand met Yi mes steek, dat daardie persoon kan sterf en ten spyte hiervan het hy voortgegaan om die oorledene met die mes te steek. Beskuldigde erken dat sy daad die dood van die oorledene veroorsaak het, die steekwond wat hy toegedien het."



Die appellant wat ten tyde van die pleging van die misdryf 32 jaar oud was, het 'n hele aantal vorige veroordelings wat insluit Yt skuldigbevinding aan moord in 1992, dit wil se ongeveer 12 jaar voor hierdie betrokke voorval. Op daardie aanklag is hy indertyd tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan drie jaar op sekere voorwaardes vir vier jaar opgeskort is. Die appellant het voorts verdere veroordelings vir besit van dagga, kwaadwillige beskadiging van eiendom, huisbraak, aanranding en diefstal, die laaste waarvan in 2001 was.



In haar uitspraak op vonnis wys die landdros daarop dat aangesien die beskuldigde 'n vorige veroordeling vir moord het, die ter saaklike minimum vonnis wat in die afwesigheid van wesenlike en dwingende omstandighede opgele moet word, 20 jaar gevangenisstraf is.



Die appellant se persoonlike omstandighede is niks buitengewoon nie. Hy het indertyd by sy suster in Atlantis gewoon. Hy is ongetroud, maar hy het 'n vyfjarige dogter. Hy het tot in Standerd 4 op skool gevorder en het gewerk en het indertyd ongeveer R280.00 per week verdien. Hy het ook 'n mediese probleem wat verg dat hy daagliks salf aan sy vel moet smeer.

Die landdros het by vonnisoplegging tereg daarop gewys dat die appellant oor die jare gereeld met die gereg gebots het. Omdat die vorige veroordeling van moord egter reeds uit 1992 dateer het, het die landdros besluit dat die 20 jaar gevangenisstraf nie opgele moet word nie. In die lig egter van die feit dat hy vir die tweede keer met opset h ander se lewe geneem het, hierdie keer as gevolg van wat oenskynlik h beuselagtige stryery was en die appellant wat sy humeur verloor het, het die landdros 10 jaar gevangenisstraf opgele.



Mnr Theunissen. wat vanoggend namens die appellant optree, het grootliks nie fout te vind gehad met die uitspraak van die landdros op vonnis nie, maar het tog geopper dat die aspek van berou wat kan dui op die feit dat die appellant rehabiliteerbaar is en wat blyk uit die feit dat hy skuldig gepleit het, deur die landdros oor die hoof gesien is.



Die appellant het skuldig gepleit. Dit is nie duidelik of hy dit gedoen het uit berou vir wat hy gedoen het nie. 'n Mens kan jou voorstel dat daar waarskynlik heelwat getuies was van wat gebeur het en dat in die omstandighede daar werklik geen basis was waarop die appellant met vrug onskuldig sou kon gepleit het nie, maar dit is alles spekulasie. Die vraag uiteindelik is of die vonnis wat die landdros opgele het so onvanpas is dat hierdie hof met sodanige vonnis moet inmeng.

Ek meen dat die vonnis van 10 jaar gevangenisstraf glad nie ontstellend onvanpas is nie en ek meen trouens dat in die lig van sy geskiedenis van geweld en die dood van "n ander persoon by 'n vorige geleentheid, die vonnis waarskynlik selfs aan die ligte kant is. Dit volg dat daar na my mening geen basis is waarop hierdie hof met die opgelegde vonnis kan inmeng nie. Ek sou dus die volgende bevel maak:

1. Die skuldigbevinding aan moord word bekragtig.

2. Die appel teen vonnis word afgewys en die vonnis van 10 jaar gevangenisstraf word bekragtig.


Ek stem saam:



MOSES, WnR


Dit word dan so beveel:



LOUW, R