South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 470

| Noteup | LawCite

S v Williams (A1080/2010) [2011] ZAWCHC 470; 2012 (2) SACR 158 (WCC) (24 October 2011)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WESKAAPSE HOER HOF, KAAPSTAD)

RAPPORTEERBAAR

HERSIENINGSAAKNR. A1080/2010

LANDDROS SE REEKSNR.

HOOGGEREGSHOF VERW. NR. 11705


In die saak tussen: DIE STAAT

En

LEON WILLIAMS


Coram : DLODLO, R

Uitspraak deur : DLODLO, R


Hersieningsuitspraak gelewer op : 24 OKTOBER 2011























IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WESKAAPSE HOER HOF, KAAPSTAD)

RAPPORTEERBAAR


HERSIENINGSAAK NR. A1080/2010 LANDDROS SE REEKSNR. HOOGGEREGSHOF VERW. NR. 11705


In die saak tussen:


DIE STAAT


En


LEON WILLIAMS BESKULDIGDE



SPESIALE HERSIENINGSUITSPRAAK GELEWER OP 24 OKTOBER 2011



DLODLO, R

[1] Hierdie aangeleentheid dien voor my op die basis van Spesiale Hersiening ingevolge die bepalings van Artikel 304 (4) van die Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig ("die Strafproseswet"). Ek word deur die Landdros Atlantis versoek om die tersydestelling van die skuldigbevinding en vonnis te oorweeg. Die. Beskuldigde het op 'n aanklag van oortreding van die Wet dp Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede tereggestaan.


[2] Hy was vryggelaat op borgtog van Een duisend rand (Rl 000.00). Op 1 April 2011 het die Beskuldigde versuim om in die Hof te verskyn. Gevolglik is 'n Lasbrief vir sy inhegtenisneming gemagtig en ingevolge die bepalings van Artikel 67 (1) van die Strafproseswet is die borgtog voorlopig ingetrek en die borggeld (voorlopig) aan die Staat verbeurd verklaar. Die Beskuldigde het blykbaar voorts versuim om binne veertien (14) dae na die uitreiking van die lasbrief voor die Hof te verskyn. Die gevolg was dat die voorlopige intrekking van die borgtog en verbeurdverklaring van die borggeld op 15 April 2011 finaal gemaak was ingevolge Artikel 67 (2) van die Strafproseswet. Op 30 Mei 2011 toe die Beskuldigde op die Lasbrief verskyn het, het die Hof klaarblyklik op summiere wyse ondersoek ingestel na die Beskuldigde se versuim om die verrigtinge by te woon en horn terstond daaraan skuldig bevind. Hy is gevonnis tot vyf honderd rand (R500.00) of vyftig (50) dae gevangenisstraf. Die Beskuldigde het hierdie boete betaal.


[3] Dit is gepas om die bepalings van Artikel 67 (2) van die Strafproseswet hieronder uiteen te sit:

"67 (2) (a) Indien die beskuldigde binne veertien dae vanaf die uitreiking ingevolge subartikel (1) van die lasbrief tot inhegtenisnmeming voor die hof verskyn, bekragtig die hof die voorlopige intrekking van die borgtog en die voorlopige verbeurdverklaring van die borggeld, tensy die beskuldigde die hof oortuig dat sy versuim ingevolge subartikel (1) om te verskyn of aanwesig te bly, nie te wyte was aan skuld aan sy kant nie.

(b) Indien die beskuldigde die hof oortuig dat sy versuim nie aan skuld aan sy kant te wyte was nie, verval die voorlopige intrekking van die borgtog en die voorlopige verbeurdverklaring van die borggeld. "

Dit is duidelik dat Artikel 67 (2), soos bo uiteengesit, nie daarvoor voorsiening maak dat daar op die stadium waarop die beskuldigde horn voor die Hof bevind het, op hierdie wyse 'n ondersoek na sy versuim ingestel en/of geloods kan word waaruit 'n skuldigbevinding en vonnis kan voortspruit nie. Artikel 67 A skep wel 'n misdryf, maar die gesag is dit eens dat 'n skuldigbevinding en vonnis slegs kan volg op 'n formele verhoor en nie op 'n summiere ondersoek nie. Op hierdie stadium, moet noodwendig na gesag verwys word. Sien Hiemstra se Strafproseswet bladsy 9-29 (die siening van Kruger). Du Toit et at se "Commentary on the Criminal Procedure Act" gee 'n duidelike uiteensetting van die ware toedra van sake in hierdie verband, naamlik:

"The criminalization of a failure to appear or to comply with a bail condition, should be seen against the background of decisions like S v Sibiya 1979 (3) SA 192 (T), S v Ndwayana 1983 (1) PH H93 (E), S v Nkosi 1987 (1) SA 581 (T) and S v Bobani 1990 (2) SACR 187 (T). These cases made it clear that the Act — as it stood at the time of each decision, i.e, prior to the insertion of S67 A - did not make non-appearance, or non-compliance with a bail condition, punishable. Forfeiture of bail money and loss of liberty were the 'sanctions'. In S v Ndwayana (supra) it was held, for example, that an accused who was on bail and failed to appear could not be convicted of contravening SI 70 which deals with the failure of an accused to appear after an adjournment or to remain in attendance. And in S v Sibiya (supra) it was held that S67 could not be read with S72 (4), ie, a sentence could not be imposed. "


[4] Ons is daarop bedag dat voor die invoeging van Artikel 67 A was daar 'n oenskynlike onlogiese onderskeid tussen 'n beskuldigde op dagvaarding of waarskuwing se nie-verskyning by die verhoor en die versuim om te voldoen aan borgvoorwaardes, onder andere om by die verhoor op te daag. Ons dra kennis daarvan dat in S v Mabaso 1990 (1) SASV 675 (T) hierdie anomalie uitgelig was en 'n oplossing voor die dag gebring was. Om terug te keer na die bespreking waarmee ek besig is, die afwesigheid van 'n "gegronde rede" is 'n element van die misdryf wat (soos dit die geval is met ander misdrywe) bo redelike twyfel deur die Staat bewys moet word. Sien S v Mabuza 1996 (2) SASV 239 (T) op 244 c. Die verhoor moet afsonderlik van 'n ondersoek onder Artikel 66 gehou word.

Ek stem derhalwe saam met die Landdros dat nog die skuldigbevinding nog die vonnis regtens geoorloof was in die omstandighede van hierdie aangeleentheid. Die skuldigbevinding asook die vonnis in die onderhawige saak word tersyde gestel.

DLODLO, R



Ek Stem saam



STEYN,R