South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 498
| Noteup
| LawCite
S v Humphreys (SS10/2011) [2011] ZAWCHC 498 (12 December 2011)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD
[Rapporteerbaar]
SAAKNR: SS10/2011
In die geval tussen:
DIE STAAT
Teen
JACOB HUMPHREYS ….................................................................................Beskuldigde
UITSPRAAK: 12 DESEMBER 2011
HENNEY, R INLEIDING
[1] Die beskuldigde staan tereg op tien (10) klagtes van moord, alternatiewelik strafbare manslag, asook vier (4) klagtes van poging tot moord, alternatiewelik aanranding met die opset om ernstig te beseer. Al die aanklagtes spruit voort uit 'n botsing van 'n voertuig ("taxi") bestuur deur die beskuldigde met 'n trein op 25 Augustus 2010 te Buttskopweg spoorwegkruising, Blackheath, in die distrik van Kuilsrivier. Daar was veertien (14) skoolgaande kinders aan boord tydens die botsing. Tien (10) kinders het gesterf in die botsing en vier (4) het ernstige inwendige en uitwendige beserings opgedoen.
[2] Die Staat beweer ten opsigte van klagtes 1 tot 10 dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik die persone in die klagstaat genoem gedood het deur die minibus taxi waarvan hy die bestuurder was oor die spoorwegkruising te bestuur, terwyl hy by die genoemde kruising moes gestop het, en toe met 'n trein gebots het, waarna die persone noodlottig beseer is. Alternatiewelik tot die hoofklagtes van moord, beweer die Staat dat die beskuldigde die persone in die klagstaat genoem, se dood nalatiglik veroorsaak het.
[3] Die persone ("oorledenes") (soos genoem in die klagstaat) wat na bewering opsetlik en/of nalatiglik deur die beskuldigde se wyse van bestuur gedood is, is die volgende:
Aanklag 1: Nolan February (minderjarige manlike persoon) +- 13 jaar oud;
Aanklag 2:Nadine Marthinissen (minderjarige vroulike persoon) +- 16 jaar oud;
Aanklag 3: Jason Pedro (minderjarige manlike persoon) +-13 jaar oud; Aanklag 4:Reece Smith (minderjarige manlike persoon) +- 7 jaar oud; Aanklag 5:Michaelin De Koker (minderjarige vroulike persoon) +-11 jaar oud;
Aanklag 6:Cody Erasmus (minderjarige manlike persoon) +- 15 jaar oud;
Aanklag 7: Jody Phillips (minderjarige manlike persoon) +- 13 jaar oud;
Aanklag 8: Lisle Augis (minderjarige vroulike persoon) +-11 jaar oud; Aanklag 9:Jeane Willeman (minderjarige manlike persoon) +- 13 jaar oud;
Aanklag 10: Jade Adams (minderjarige manlike persoon) +-10 jaar oud.
[4] Die Staat beweer ten opsigte van aanklagte 11 tot 14 dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik gepoog het om die persone in die klagstaat genoem te dood deur die minibus taxi, waarvan hy die bestuurder was, oor die spoorwegkruising te bestuur onderwyl die beskuldigde by die genoemde kruising moes gestop het en toe met 'n trein gebots het. Alternatiewelik tot die hoofklagtes van poging tot moord, dat die beskuldigde wederregtelik en opsetlik die persone in die klagstaat genoem, aangerand het, met die opset om hulle ernstig te beseer.
[5] Die persone soos genoem in die klagstaat, ten opsigte van wie die beskuldigde na bewering wederregtelik en opsetlik gepoog het om te dood en/of ernstig aan te rand, is die volgende;
Aanklag 11: Kyle Warner - minderjarige manlike persoon;
Aanklag 12: Luciano de Koker- minderjarige manlike persoon;
Aanklag 13: Emillio Marthinissen - minderjarige manlike persoon;
Aanklag 14: Jamie Isaac - minderjarige vroulike persoon.
[6] Die Staat beweer verder dat die bepalings van Artikel 51(2) van die Strafreg Wysigingwet (Minimum Vonnisse), 1997 [Wet 105 van 1997] van toepassing is op al die aanklagte. [Klagte 1 tot 10: Moord gelys in Deel II van Bylae 2 van die Wet en klagtes 11-14 gelys in Deel III van Bylae 2 - aanranding met die opset om ernstig te beseer van 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar].
[7] Die beskuldigde het onskuldig gepleit op die hoof en alternatiewe aanklagtes van die ten laste gelegde misdrywe. Die beskuldigde se regsverteenwoordiger, Adv Engelbrecht SC het aangedui dat beskuldigde sy swyreg uitoefen en derhalwe geen pleitverduidelikende verklaring ingevolge Artikel 115(2) van die Strafproseswet, 1977 [Wet 51 van 1977] maak nie. Die Staat het ingevolge Artikel 220, van die Strafproseswet, 1977 by ooreenstemming met die verdediging, formele erkennings deur die beskuldigde, vervat in Bewysstuk "A" ingehandig. Bewystukke "B" tot "K" is die regsgeneeskundige lykskouings verslae wat uitgevoer is op die liggame van die tien (10) oorledenes. Volgens die verslae is al die oorledenes minderjarig en as gevolg van veelvuldige beserings gedood.
[8] Mediese verslae Bewysstuk "P" tot "S" ten opsigte van klagtes 11 tot 14 bevestig dat die oorlewende minderjariges ernstige uitwendige en inwendige beserings opgedoen het.
[9] Bewysstuk "L" en "M", volledige polisieverslae met foto album en sleutel daartoe, is ook met instemming van die beskuldigde ingehandig. Die inhoud gee 'n volledige en goed gedokumenteerde prentjie van die toneel by die kruising tussen die treinspoor en Buttskopweg.
[10] Bewysstuk "O" is die polisieverslag ten opsigte van die meganiese werking/toestand van die beskuldigde se voertuig CFR 76742 ten tyde van die voorval. Hier volgens was die voertuig in 'n goeie padwaardige toestand tydens die voorval.
[11] Die beskuldigde het verdere erkennings gemaak ingevolge Artikel 220 van die Strafproseswet, 1977 soos vervat in Bewysstuk "U".
11.1 Dat op 25 Augustus 2010 om ongeveer 06h30 hy die bestuurder was van 'n motorvoertuig, 'n wit Mazda Marathon Minibus met registrasienommer CFR 76742.
11.2. Dat hy gery het in Buttskopweg, Blackheath in die distrik van Kuilsrivier op die datum van voorval.
11.3. Die oorledenes soos per aanklagte 1-10 sowel as die klaers soos per aanklagte 11 - 14 in die Akte van Beskuldiging genoem almal op daardie stadium passasiers in sy voertuig was.
11.4. Dat by die spoorwegkruising in Buttskopweg en die treinspoor vanaf Blackheath treinstasie sy voertuig deur 'n trein aangery is.
11.5. Die oorledenes soos per aanklagte 1 - 10 is almal oorlede as gevolg van beserings wat hulle tydens die voorval waar sy voertuig deur die trein aangery is, opgedoen het.
11.6. Die beserings soos per bewysstukke "P" tot "S" is opgedoen deur die klaers in aanklagte 11-14 van die Akte van Beskuldiging genome, tydens die voorval waar sy voertuig deur die trein aangery was.
[12] DIE GESKILPUNTE
Die geskilpunte wat bereg moet word is die volgende:
i.
of die
beskuldigde op die relevante tyd bewustelik of
onbewustelik
gehandel het, toe hy in die baan van aankomende verkeer die
spoorkruising binne gegaan het;
ii.
indien die
beskuldigde bewustelik opgetree het, of sy
handeling wat tot die
dood van die oorledenes en die beserings wat die oorlewendes gelei
het, opsetlik of nalatig was;
[13] OPSOMMING VAN DIE GETUIENIS
Die Staat het vyf (5) getuies geroep, waarvan vier (4) ooggetuies was van die voorval. Die vyfde getuie se getuienis was hoofsaaklik van tegniese aard aangaande die werking en prosedures van die waarskuwings stelsels. Daarbenewens is daar ook 'n inspeksie ter plaatse gehou. Die waarnemings is vervat in bewysstuk "W".
[14] Die Staat het as eerste getuie vir Kyle Eldon Warner geroep. Hy het getuig dat hy 16 jaar oud is en tans 'n skolier in Graad 10 is. Dat die beskuldigde horn en ander kinders op 'n daaglikse basis na en van die skool vervoer. Voor die voorval op 25 Augustus 2010, het hy vir ongeveer 'n jaar daagliks op dieselfde roete saam met beskuldigde gery. Op 25 Augustus 2010, die oggend van die voorval, het die beskuldigde hulle 'n bietjie later as gewoonlik opgetel om 06h30 in plaas van 06h20. Hulle was +-10 minute laat.
[15] Hy getuig dat hulle langs die normale roete gery en in Frederickstraat wat parallel met die spoorlyne loop, het hulle die stopteken by die T-aansluiting uit Buttskopweg genader. Daar was reeds voertuie stilstaande by die stopteken in Frederickstraat. Die beskuldigde het na regs oorgegaan en die stilstaande voertuie verbygesteek en het toe links in Buttskopweg gedraai. Daar moes beskuldigde 'n U-draai maak om agter in die lyn van karre in te val wat gewag het om die kruising oor te gaan. Die beskuldigde het toe na 'n paar sekondes uitbeweeg in die regterbaan en die stilstaande voertuie in die baan van aankomende verkeer in Buttskopweg verbygesteek.
[16] Toe die beskuldigde die kruising nader was die valhek nog nie af nie. Toe die voertuig egter die kruising bereik was die valhek af. Die beskuldigde het daarna om die valhek die kruising binne gery. Daarna het die botsing plaasgevind. Die getuie getuig dat hy direk agter die beskuldigde in die voertuig gesit het. Volgens horn, het die beskuldigde ongeduldig geraak. As hy geduldig was sou hy gewag het.
[17] Op versoek van die hof het die getuie 'n sketsplan geteken wat die paaie aandui en die rigting waarin die beskuldigde gery het. [Bewysstuk "V"]. Volgens die sketsplan is daar 'n valhek aan weerskante van die spoorlyn wat slegs die linkerbaan aan beide kante vir verkeer afsluit wanneer dit af is. Daar is dus genoeg spasie vir 'n voertuig om deur die kruising te kan beweeg al is die valhekke af.
[18] In kruisondervraging het die getuie getuig dat dit net voor 07h00 in die oggend was en dat daar baie stilstaande voertuie by die kruising was. Hy weet nie hoeveel nie want hy het hulle nie getel nie. Getuie kan egter nie onthou of daar enige swaar voertuie stilstaande was nie. Hy getuig verder dat hy agter die bestuurder gesit het en dat sy uitsig beperk was. Hy kon egter sywaarts goed sien en as hy na links oorbuig kon hy deur die voorruit ook sien.
[19] Die getuie het getuig dat die beskuldigde al by twee (2) vorige geleenthede wanneer die ligte reeds geflikker het en net voordat die valhek sou sak, deur die kruising gery het terwyl ander karre gewag het by die spooroorgang. In kruisondervraging is dit betwis, maar die getuie het volgehou dat dit voorheen gebeur het. Volgens horn was die beskuldigde die betrokke dag laat en is hy uitgevang.
[20] Volgende getuie vir die Staat was Luciano de Koker. Sy getuienis stem wesenlik ooreen met die van die vorige getuie, Kyle Warner, se weergawe.
[21] Hy getuig dat hulle die betrokke oggend 'n bietjie laat was. Hy beskryf ook hoedat hulle in Frederickstraat gery het tot by die T-aansluiting met Buttskopweg. Verder se hy ook dat die beskuldigde stilstaande verkeer by die stopstraat in Frederickstraat verby gesteek het en links gedraai in Buttskopweg, waar hy 'n U-draai na regs gemaak het en inbeweeg het agter die voertuie wat reeds by die spooroorgang stilgestaan en gewag het om die kruising oor te gaan. Die beskuldigde het daarna uitgetrek van agter die lyn van stilstaande karre in Buttskopweg en oorbeweeg na die regterbaan vir aankomende verkeer en het hy toe reguit deurgery tot in die kruising waama die botsing plaasgevind het.
[22] Hy se verder dat toe hulle alreeds in Frederickstraat na die stopstraat gery het, hy alreeds gesien dat die die waarskuwingsligte by die kruising reeds aangeskakel was en dat die valhekke reeds plat was. Hy het die trein sien aankom van Blackheath se kant.
[23] Verder se hy ook dat die beskuldigde nie altyd reg bestuur het nie. Hy was haastig die oggend en karre verby gesteek in die druk verkeer.Hy getuig ook dat die beskuldigde al vantevore deur die geslote valhekke gery het. In kruisverhoor se hy dat nadat die beskuldigde 'n U-draai voltooi het en agter die lyn van stilstaande voertuie in Buttskopweg inbeweeg het, die beskuldigde nie gestop het nie maar oor beweeg het na die regter baan vir aankomende verkeer en aanbeweeg het tot in die kruising.
[24] Gerhard Esterhuizen is in diens van Metrorail as 'n treindrywer met 29 jaar diens. Hy was die drywer van die trein wat met die voertuig wat beskuldigde gery het gebots het. Die betrokke kruising waar die voorval plaasgevind het, is tussen Blackheath en Meltonrose stasie. Die het in die vroegoggend om ongeveer 06h30 plaasgevind toe dit nog effens skemer was.
[25] Verder verduidelik hy dat die trein eers by die Blackheathstasie gestop het. Hy het ook die prosedure verduidelik wanneer gestop en weggetrek word asook die werking van die sjinjale en waarskuwings ligte op die spoorlyn en by die kruising. Dit is as die trein die stasie verlaat, dan begin die rooi flitsende ligte by die kruising vir verkeer eerste flikker waarna die valhek sluit.
[26] Verder dat die trein se hoof lig aan was en dat hy die trein se sirene/fluit geblaas het 400 meter vanaf die kruising. Die fluit het hy beskryf soos hy dit genoem het'n "high pitched" klank. Die laaste 125 meter na die kruising was die trein se sirene aan gewees. By die kruising het hy lang toue verkeer links en regs van die kruising gesien. Die valhekke was af gewees en binne in die kruising het hy lets" aan die regterkant van die trein gesien.
[27] 'n Voertuig is daarna deur die trein getref, waarna hy die remme vol aangeslaan het en die trein tot stilstand gebring het. Die voertuig is reg in die middel aan die passasierskant getref.
[28] Die getuie Raymond Maseko getuig dat hy in diens is van Metrorail as 'n "Regional Signals Engineer"' sedert 1 April 2002. Hy het aan die hof die tegniese aard van die sisteme, prosedures en die werking van stelsels by spoorwegstasies en spooroorgange verduidelik. Hy getuig dat hy toegang tot alle rekords het, en die rekords aangaande die betrokke kruising na die voorval op 27 Augustus 2010 volledig nagegaan is. Daar is vasgestel dat alle stelsels behoorlik gewerk het op die dag van die voorval.
[29] In kruisondervraging is dit aan die getuie gestel dat die beskuldigde vanaf 1976 - 2001 as 'n rangeerder by die Spoorwee gewerk het en slegs baie basiese opleiding ontvang het. Hierop kon hy nie veel kommentaar lewer nie.behalwe deur te se dat daar nie veel van die prosedures verander het intussen nie.
[30] Stuart Pekeur getuig dat hy op die oggend van 25 Augustus 2010 net voor 07h00 op pad was met sy motor na Blackheathstasie om sy verloofde daar af te laai. Dit was nog skemer. Hy het by die stopstraat in Frederickstraat na regs gedraai in Buttskopweg. Die waarskuwingsligte by die oorgang het geflikker en het hy gestop +-5 meter vanaf die kruising. Sy motor het heel voor gestop terwyl die valhekke nog in die lug was. 'n Motor agter horn het getoet, maar hy het nie gery nie. Hy kyk terug en merk dat 'n "taxf van agter in die regterbaan aankom en hy het op daardie stadium gedink die voertuig gaan voor horn stop omdat daar genoeg spasie was. Verder getuig hy net soos die ander twee getuies oor hoe die taxi die kruising binne gery het nadat die valhekke reeds gesak het en hoedat die botsing plaasgevind het.
[31] 'n Inspeksie ter plaatse is gehou en daar is verkseie waarnemings, soos ingelees in die rekord gemaak. Die mees relevante hiervan is die volgende:
31.1. dat daar vir verkeer wat in Buttskopweg na die kruising beweeg 'n sperstreep loop vir +-70 meter [gemeet].
31.2. dat die beskuldigde op die toneel uitgewys het waar hy in Buttskopweg 'n U-draai gemaak het, +-30 meter vanaf die beginpunt van die sperstreep wat tot by die kruising loop.
31.3. dat vanaf die posisie in Buttskopweg waar die beskuldigde 'n U-draai gemaak en agter die lyn karre ingeval het, die trein slegs sigbaar raak vanaf +-200 meter van die kruising.
Dit was die getuienis vir die Staat.
[32] Die beskuldigde het daarna getuig en die hof meegedeel dat hy 'n 56 jarige man is en dat hy sy eie besigheid bedryf. Hy bedryf 'n huiswinkel en het ook die kinders vervoer. Hy het 'n bestuurderslisensie in 1984 bekom. Die betrokke dag van 25 Augustus 2010 het hy soos normaalweg opgestaan. Op daardie stadium het hy geen persoonlike probleme gehad met sy huwelik .finansies of enigiets anders nie. Die betrokke oggend het hy eers sy vrou gehelp om die huiswinkel oop te maak.
[33] Beskuldigde getuig hy was daardie oggend 'n bietjie laat, maar was daar nog genoeg tyd om betyds by die skool uit te kom. Hy het daardie oggend effens afgewyk van die normale roete, want hy het die kind wat hy gewoonlik eerste optel, nie opgetel nie weens die feit dat hulle dood in hulle familie gehad het. Hy het die die dogter ook bekend as "Little Rock"1 ,wie hy gewoonlik daarna optel, die dag eerste opgetel.
[34] Hy getuig dat hy in Frederickstraat by die stopteken na links beweeg het en afbeweeg in Buttskopstraat vir +-30 meter en daar 'n U-draai na regs gemaak om agter die voertuie in te val wat reeds stilstaande was vanaf die kruising. Hy getuig dat daar nie in Frederickstraat 'n lyn van stilstaande voertuie voor die kruising was nie. Hy getuig dat toe hy in Frederickstraat by die stopteken kom, was die valhekke reeds af gewees en het die waarskuwingsligte geflikker. Daar was 'n wit voertuig wat ook 'n U-draai gemaak het en voor horn in die lyn van voertuie in Buttskopweg ingeglip het.
[35] Nadat hy gestop het in die lyn van stilstaande voertuie in Buttskopweg, kan hy nie onthou wat verder gebeur het nie.Die volgende gewaarwording was toe hy wakker word en hoor iemand skreeu op horn. Toe hy wakker word het hy horn aan die voorkant van die kombi op die grond bevind. Hy het beserings opgedoen en is na die Netcare hospitaal in Kuilsrivier afgevoer.
[36] Beskuldigde getuig verder dat daar veertien (14) kinders in die bus was en hy hulle onder geen omstandighede leed wou aandoen nie. Hulle was soos sy eie kinders. Hulle het horn vertrou.
Hy ontken dat hy al by 'n vorige geleentheid deur die valhekke gery het. Verder dat sy voertuig vanuit sy stilstaande posisie tot die kruising nie kon versnel het meer as 30 kilometer per uur nie.
[37] Beskuldigde getuig dat hy nie alkohol gebruik nie en op die betrokke dag nie moeg was nie aangesien hy 'n behoorlike nagrus gehad het. Volgens horn kan hy die voorval nie erken nie, omdat hy dit nie kan onthou nie.
[38] In kruisverhoor het die beskuldigde bevestig dat hy op die oggend van 25 Augustus 2010 nie kwaad was vir iemand, nie gestress was nie, of met iemand baklei het nie, nie gedrink het nie en 'n goeie nagrus gehad het. Daar was niks wat horn in 'n toestand kon plaas om so op te tree nie. Daar was ook niks wat horn gepla het en kon veroorsaak het dat die ongeluk gebeur het nie.
Beskuldigde het egter volgehou dat hy nie weet hoe sy voertuig in die kruising gekom het nie.
[39] Op 'n vraag van die hof antwoord beskuldigde dat hy nie kan stry met ander mense (getuies) wat se hulle onthou wat gebeur het nie, hy weet egter nie of dit so kan wees nie. Beskuldigde ontken dat hy ongeduldig was omrede hy laat was.
EVALUASIE
[40] Die meeste getuienis in hierdie saak is nie in geskil nie. Dit is gemenesaak dat die beskuldigde wel met sy voertuig die spoor oorkruising binnegegaan het en as gevolg hiervan is die oorledenes se dood veroorsaak en die oorlewende persone ernstig beseer.
[41] Die beskuldigde voer aan dat hy nie bewus was dat hy die voertuig binne die kruising voor die aankomende trein ingery het nie. Die weergawe van die staatsgetuies hieroor word derhalwe nie betwis nie. Die beskuldigde kan sy optrede ook nie verklaar nie.
[42] Die ooggetuies, veral Warner, De Koker en Pekeur het getuig oor die gebeure ten tye van die voorval. Hulle getuienis hieroor word deur die hof aanvaar. Hulle het 'n goeie indruk op die hof gemaak en daar is geen rede vir die hof om hulle weergawe oor die gebeure te bevraagteken nie. Daar is enkele weersprekings uitgelig, maar dit is nie so wesentlik van aard, dat die hof hulle getuienis moet verwerp soos Mnr Engelbrecht aangevoer het nie. Hulle staaf mekaar op wesentlike aspekte.
[43] Mnr Engelbrecht voer aan dat die staatsgetuies nie die weergawe van die beskuldige dat hy stilgestaan het in die ry voertuie voor die kruising, betwis nie. Met hierdie submissie kan nie saamgestem word nie. De Koker se in sy hoofgetuienis sowel as die getuienis gelewer in kruisondervraging dat die beskuldigde nie agter die stilstaande voertuie gestop het nie.
[44] Warner het in sy hoofgetuienis gese dat die beskuldigde 'n u-draai gemaak het in Buttskopweg en uit die lyn van wagtende voertuie oor die sperstreep beweeg het tot in die baan van aankomende verkeer. Gedurende kruisondervraging maak hy 'n toegewing dat die beskuldigde nadat hy die U-draai gemaak het, wel vir enkele sekondes tot stilstand gekom het.
[45] Mnr Engelbrecht voer aan dat hierdie brokkie getuienis stawing verleen aan die weergawe van die beskuldigde dat hy wel gestop het en stil gestaan het in die lyn van voertuie wat gestaan het voor die kruising. Dit kan eenvoudig nie die geval wees nie.
[46] Alles dui daarop dat hy nie gestop het nie en ook nooit van plan was om te stop nie. Dit het al begin in Frederick straat waar hy selfs ook nie in die ry van voertuie wat gestaan voor die kruising van Frederick en Buttskop weg stilgehou en sy kans afgewag het nie. . Dit dui alles op 'n deurlopende, roekelose en uitdagende bestuurswyse. Wat beteken dat die beskuldigde alreeds vanaf Frederick straat nie van voorneme was om enigsins te stop of sy kans af te wag in enige lyn van stilstaande voertuie nie. Nou vind ek dit eienaardig, indien Mnr Engelbrecht reg sou wees as hy argumenteer asof Warner en De Koker sou getuig het dat beskuldigde wel gestop het in Buttskopweg, dit strook nie met die algehele trant en indruk van hulle getuienis oor hierdie aspek nie. Dit terwyl hulle in dieselfde asem getuig dat hy ook enkele oomblikke voor dit nie gestop en stilgestaan het in die ry van voertuie in Frederickstraat nie.
[47] Die getuienis van beide van hulle was dat hy nie gestop het en in die ry van voertuie gewag het ook soos die ander gewag het nie.
[48] Hoewel dit moontlik kan wees dat hy vir enkele sekondes stilstaande was, nadat hy die U-draai uitgevoer het om weer uit te beweeg oor die sperstreep in die baan vir aankomende verkeer is dit nie stawing vir die beskuldigde se weergawe dat hy inderdaad stilgehou het en gewag het agter die voertuie wat voor die kruising gestaan het nie.
Beide getuies De koker en Warner wat in die voertuig was, is dit eens dat hy nie sy beurt afgewag het agter die ander voertuie nie.
[49] Wat die beskuldigde eintlik probeer se is dat hy wel sy kans afgewag het en dat sy voertuig op die een of ander onverklaarbare wyse vanuit die lyn van voertuie uitbeweeg het oor die sperstreep tot binne die kruising.Wat opvallend is, is dat hy se sy voertuig as dit so sou beweeg het nie met 'n spoed van meer as 30 kilometer per uur kon beweeg het nie.
[50] Hy is baie duidelik en klinklaar in sy getuienis dat hy stilgestaan en sy kans afgewag het. Dit onthou hy baie goed en betwis die weergawe van die staatsgetuies dat hy nie tot stilstand gekom en agter die ander voertuie wat reeds stilgestaan het voor die kruising in Buttskopweg gewag het nie. Net so is hy ook duidelik en klinklaar waar hy hulle getuienis wat op 'n deurlopende bestuurswyse dui, betwis dat daar in Frederickstraat wel 'n ry voertuie voor die kruising was en dat hy ook hierdie voertuie nie verbygesteek het nie.
As beskuldigde se hy het agter die ander voertuie sy kans afgewag en die staatsgetuies, De Koker, se hy het nie gestop nie en Warner se hoewel hy enkele sekondes gestop het, maar nie in die lyn sy kans afgewag nie, moes die beskuldigde om dit te kan ontken, bewus gewees het van sy optrede toe hy se hy het sy voertuig tot stilstand gebring en gewag.
[51] Wat die staatsgetuies se is dat hy beweeg het in die baan van aankomende verkeer in Buttskop weg, sonder om te wag in die lyn van voertuie wat stilgestaan het, voor die kruising.
Die probleem wat die hof het met hierdie getuienis van die beskuldigde asook sy aanvanklike getuienis in hoof wat hy gelewer het is dat as hy nie die gebeure wat daartoe gely het dat sy voertuig voor die trein inbeweeg het, kan onthou nie, op watter basis dan betwis hy die weergawes van De Koker en Warner dat hy nie stilgehou het nie. Hulle getuienis wat beskuldigde nie kan onthou nie, dui eerder dat hy op 'n uiters roekelose en uitdagende wyse sonder om te stop en sy kans af te wag die kruising binne gery het.
[52] Selfs al word sy getuienis dat hy nie die gebeure ten tye van die voorval kan onthou nie, aanvaar, is sy getuienis hieroor nie oortuigend nie. Dit is onwaarskynlik dat hy alle gebeure onthou tot net voor die voorval en daarna die gebeure onmiddellik na die voorval, maar nie die gebeure tydens die voorval nie. Mens sou eerder verwag het dat hy hoegenaamd niks kan onthou nie.Hierdie is net te gerieflik en dui op 'n selektiewe geheue.
[53] Daar is genoegsame getuienis wat die hof tot so 'n slotsom kan laat kom. Hierdie getuienis is die volgende;
Hy het op 'n berekende en doelgerigte wyse volgens die staatsgetuies die voertuig op 'n deurlopende,waaghalsige,uitdagende en vreeslose wyse bestuur.
Dit was 'n voertuig wat hy bestuur het met 14 skoolkinders daarin. Die manier waarop hy bestuur het ingeslote, die verbysteek van 'n tou voertuie voor horn by die kruising van Frederick en Buttskopweg, die links draai in Buttskopweg, die beweging agter ander voertuie in, die swenk weer na regs in die baan van aankomende verkeer, die verder ry van die voertuig vir 45 meter tot binne in die kruising terwyl die valhekke reeds gesluit is en die waarskuwingsligte flikker, die uitvoer van 'n halwe s-vormige beweging om die valhek en binnegaan van die kruising terwyl dit onveilig is.
[54] Hierdie dui alles op doelgerigte en rasionele optrede wat konsentrasie en 'n sterk teenwoordigheid van gees vereis. Asook 'n hoe mate van vaardigheid en behendigheid.
Hierdie feite bevestig die getuienis wat daarop dui dat die beskuldigde inderdaad bewus was van sy optrede.
[55] Die weergawe van die beskuldigde is niks anders as 'n desperate en onbeholpe poging van 'n persoon wat eerder besef het hy het een van die mees verskriklikste en absoluut weersinwekkendste dade gepleeg wat nou uitkoms kans soek om verantwoordelikheid daarvoor te ontduik. Derhalwe het hy as gevolg hiervan hierdie vergesogte verweer wat teen die bewese getuienis indruis, opgedis.
[56] Selfs al sou die hof op sy eie gebrekkige weergawe kan bevind dat hy aan 'n vorm van amnesia ly,beteken dit nie dat hy nie bewus van sy optrede ten tye van die pleging van die misdaad nie.
SKULD AAN DIE KANT VAN DIE BESKULDIGDE
[57 ] Die volgende vraag is of die beskuldigde die nodige opset gevorm het om die oorledenes te dood ten einde 'n bevinding dat die beskuldige skuldig is aan Moord in sover dit klagtes 1 tot 10 aangaan.uit te bring. Verder om 'n bevinding van Poging tot Moord op klagtes 11 tot 14 uit te bring .Opset om te dood het verskillende verskyningsvorme. Dit is duidelik dat daar nie 'n direkte opset was om te dood nie of te wel dolus directus aan die kant was van die beskuldigde nie.
[58] 'n Verdere vorm van opset is die van opset by moontlikheids bewussyn of te wel dolus eventualis.
Snvman2
" Daar is twee vereistes vir die bestaan van dolus eventualis .Die eerste is dat X die moontlikheid van die gevolg voorsien, en die tweede is dat hy horn versoen met die idee dat die gevolg mag intree" Hierdie is 'n subjektiewe toets en die vraag wat 'n geregshof homself of haarself moet afvra is of die beskuldigde in 'n gegewe geval die moontlikheid voorsien het maar nogtans voortgegaan het met die uitvoering van die handeling.
Hierdie is 'n toets wat al telkemale in ons howe toegepas. In S v Sigwala 1967(4) SA 566 op 570 B-E is die toepassing van hierdie toets
soos volg uiteengesit:
"That, however, does not conclude the enquiry because the following propositions are well settled In this country:
The expression 'intention to kill' does not, in law, necessarily require that the accused should have applied his will to compassing the death of the deceased. It is sufficient if the accused subjectively foresaw the possibility of his act causing death and was reckless of such result. This form of intention is known as dolus eventualis, as distinct from dolus directus. The fact that objectively the accused ought reasonably have foreseen such possibility is not sufficient. The distinction must be observed between what actually went on in the mind of the accused and what would have gone on in the mind of a bonus paterfamilias in the position of the accused. In other words, the distinction between subjective foresight and objective foreseeability must not become blurred. The factum probandum is dolus, not culpa. These two different concepts never coincide.
Subjective foresight, like any other factual issue, may be proved by inference. To constitute proof beyond reasonable doubt the inference must be the only one which can reasonably be drawn. It cannot be so drawn if there is a reasonable possibility that subjectively the accused did not foresee, even if he ought reasonably to have done so, and even if he probably did do so."
[ 59] Dit is 'n verdere vereiste dat 'n persoon nie noodwendig die dood
of gevolge van sy of haar optrede begeer of beplan nie maar weens
normale menslike ervaring die dood of ingetrede gevolg besef of
aanvaar en ondanks sodanige besef voortgaan met sy of haar optrede.
Burchell en Milton 3 omskrif dit soos volg:
"Intention in the form of dolus eventualis relates to the circumstance or consequences which the actor does not plan or desire but which, in the light of human experience, can be expected to follow if the actor proceeds with a planned course of action. Dolus eventualis thus has as its focus those circumstances or consequences which are expected and which the actor has realized will come about. In other words the focus is upon the consequences or circumstances foreseen by the actor. "
Dit is ook 'n verdere vereiste dat indien die beskudigde 'n moontlikheid
voorsien hoe verwyderd ookal dat die verbode gevolg wat sou intree is
dit genoegsaam of dolus eventualis daar te stel. In S v De Bruyn 1968
(4) SA 498 (A) op 501 G- H, is soos volg oor hierdie aspek beslis:
"Second, dolus eventualis. The accused foresees the possibility, however remote, of his act resulting in death to another, yet he persists in it, reckless whether death ensues or not. On analysis, the multiple characteristics of this form of dolus are
1. Subjective foresight of the possibility, however remote, of his unlawful conduct causing death to another.
2. Persistence in such conduct, despite such foresight.
3. An insensitive recklessness (which has nothing in common with culpa).
4. The conscious taking of the risk of resultant death, not caring whether it ensues or not.
5. The absence of actual intent to kill. "
[60] Ek stem ook verder met Mev. Galloway saam dat daar by opset by moontlikheidsbewussyn wel 'n graad verskil kan bestaan sonder dat dit die opsetsvorm erodeer of selfs heeltemal uit die weg ruim.ln sekere sake sal die graad waarin die moontlikheid voorsien word voor die hand liggend wees, waar dit kan wissel tussen 'n baie sterk of vanselfsprekende moontlikheid tot 'n verwyderde moontlikheid dat dit aan luxuria of wat ook bekend staan aan bewuste nalatigheid grens.
[61] Nie net moet die beskuldigde die gevolg voorsien het nie maar
hy/sy met het die moontlikheid dat die gevolg sal intree.
Snyman4
"« Mens kan « gevolg voorsien, en nogtans nie dolus eventualis ten opsigte daarvan he nie, as j'y naamlik besluit dat die gevolg nie sal intree nie. Vandaar die tweede vereiste vir die vorm van opset, naamlik dit moet vasstaan dat X horn versoen het met die moontlikheid dat die gevolg kan intree. Dit beteken dat hy besluit het om voort te gaan met sy handeling, nieteenstaande sy voorsiening van die moontlike gewraakte newegevolg wat dit mag he. Hy neem hierdie sekondere gevolg 'op die koop toe'. Dit maak vir horn nie saak of dit gaan intree of nie. Hy laat horn nie afskrik deur die vooruitsig dat die verbode gevolg mag intree nie. Hy is roekeloos of onverskillig ten aansien van die intrede van die gevolg. "
Verder se Snyman (4de Uitgawe) ook die volgende hieroor:
"Ook by hierdie vorm van opset kan « persoon in die oe van die reg dus opset he met betrekking tot « gevolg al het hy daardie gevolg nie begeer nie. Trouens dolus eventualis kan aanwesig wees selfs al het X gehoop en gewens dat die gewraakte handeling of gevolg nie sal intree nie."
Die teenwoordigheid van dolus eventualis word afgelei uit die feite en
omstandighede van elke saak . In R v Jolly 1923 AA 1765 op 181 is
alreeds bevind dat:
"It lay upon the Crown to prove affirmatively the intent which the indictment alleged and which was an essential feature of the crime charged. But such an intent could be established not merely by direct evidence but by inference from the circumstances of the case. And the Court might draw such an inference in spite of the assertions of the accused, to the contrary, if it considered the facts sufficiently strong. "
[62] In hierdie saak is daar wel genoegsame omstandigheidsgetuienis waaruit afleidiings gemaak kan word om tot die slotsom te kom of die beskuldigde bewus was dat optrede die dood of beserings kon veroorsaak.
Die volgende feite ondersteun sodanige afleiding:
1) dit kan algemeen aanvaar word dat indien 'n persoon voor 'n aankomende trein inry, mense kan sterf of ernstig beseer word;
2) dat die beskuldigde vertroud was met die betrokke kruising en die omstandigede wat daar geheers het ten tye van die voorval;
3) dat beskuldigde baie ervaring as ranggeerder het en dat hy beskik oor besondere kennis van die werking van sjinjale, valhekke en waarskuwings ligte;
4) dat hy het self getuig dat hy as gevolg van sy ervaring en kennis die gevaar besef as 'n voertuig deur 'n trein aangery word;
5) dat beskuldigde met 'n taxi vol kinders verby stilstaande voertuie in die baan vir aankomende verkeer die kruising binne gery het met tragiese gevolge.
[63] Gegewe hierdie agtergrond en feite is die vraag in hierdie saak of die beskuldigde wel subjektief die moontlikheid voorsien het dat sy optrede, om met 'n taxi vol skoolkinders oor die spoorlynkruising te ry, terwyl die valhekke en waarskuwingsligte aan is en terwyl 'n trein in aankom is, wel tot ernstige beserings en dood van die persone in die voertuig sou lei.
[64] Ek kan nie aan 'n beter voorbeeld dink, as hierdie geval, waar dit met redelike sekerheid aanvaar kan word dat iemand voorsien het dat die dood sal intree nie. Watter ander afleiding kan 'n mens maak? Hier is nie eers sprake van 1 verwyderde moontlikheid nie, maar 'n daadwerklike en baie sterk of amper voor die handliggende moontlikheid van voorsienbaarheid dat die dood sal intree.
[65] Dit is 'n soortgelyke geval waar 'n mens 'n man in 'n hok vol honger leeus sou ingooi of 'n put vol giftige of dodelike slange of ook soos Mev Galloway betoog het dat dit "amper is soos iemand wat Russian Roullette" speel. Waar daar 'n besef is dat die dood sal moontlik intree, maar die dader onverskillig staan teenoor die gevolge .
Dit is duidelik dat die afleiding hieruit gemaak kan word dat die beskuldigde geweet het, as hy 'n voertuig op so 'n wyse bestuur, sy optrede dood of ernstige beserings kan veroorsaak. Met hierdie besef het hy nogtans voortgegaan met sy optrede en was hy roekeloos teen aansien van die gevolge.
[66] Derhalwe bevind die hof dat hy wel die opset gehad het om die oorledenes te dood en die oorlewendes ook te dood. Gevolglik is die hof van oordeel dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het,
dat die beskuldigde wel op 'n opsetlike wyse die dood van die oorledenes veroorsaak net en ook gepoog net om die oorlewendes te dood.
[67] 'n Verdere vraag ter oorweging is of die beskuldigde aan al die onderskeie klagte van Moord of Poging tot Moord skuldigbevind word ten spyte van die feit dat die dood of beserings van die verskeie persone die gevoig was van een handeling.
In S v Naidoo and Others 2003 910 SACR 347 (SCA) is soos volg
hieroor beslis op 359 F-G:
"Just as in the case of murder it is immaterial whether multiple killings were the result of one act (such as throwing a grenade) and as many counts of murder as the number of people who have been killed may be preferred, so too in the case of culpable homicide where multiple deaths have been caused is it immaterial that they were caused by a single negligent act or omission, provided only that multiple deaths were a reasonably foreseeable consequence. "
[68] Ek is gevolglik oortuig dat die saak teen die beskuldigde bo redelike twyfel bewys is en dat hy skuldig is aan al 14 ten laste gelegde klagtes. Hy word aldus so skuldig bevind.
R.C.A. HENNEY
Regter van die Hoe Hof
1' Oorledene klagte 8- sy het hierdie bynaam gekry as gevolg van die feit dat sy in 2006 nadat vekrag en in 'n vuur gegooi was,dit oorleef het.
2Strafreg: Derde uitgawe op 191
3Principles of Criminal Law (3rd Ed): 306-307
4Derde uitgawe op 192; Sv Ngubane 1985 (3) SA 677 (A) 685 D-G
5Sien Rv Blom 1939 AD 188