South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 502

| Noteup | LawCite

Piedt en Anders v S (A393/10) [2011] ZAWCHC 502 (22 December 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


RAPPORTEERBARE UITSPRAAK



IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA (WES KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAK NO: A393/10

In die saak tussen:

RICARDO PIEDT ….......................................................................................1ste Appellant

HESTER RONIKA AFRICA ….........................................................................2de Appellant

RUBY MARAIS …..........................................................................................3de Appellant
en

DIE STAAT …..................................................................................................Respondent

Namens die 1ste Appellant: Adv M Broeksma


Namens die 2de Appellant: Adv N McKenzie


Namens die 3de Appellant: Adv PJ de Bruyn SC, Port Elizabeth



Opdraggewende prokureurs


Namens 1ste Appellant: Regshulpraad


Namens 2de Appellant: Regshulpraad


Namens 3de Appellant: De Klerk & Van Gend (CA Albertyn)



Namens die Respondent: Adv JH Theron


Opdraggewende Prokureurs: Prokureur Generaal


Datum van verhoor: 29 July 2011


Datum van uitspraak: 22 Desember 2011









IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD


SAAK NO: A393/10


RICARDO PIEDT …...............................................................................................1ste Appellant


HESTER RONIKA AFRICA …................................................................................2de Appellant


RUBY MARAIS …...................................................................................................3de Appellant


v


DIE STAAT …............................................................................................................Respondent




UITSPRAAK GELEWER OP HIERDIE 22ste DAG VAN DESEMBER 2011

FORTUN, R:

INLEIDING

[1] Die drie appellante Mnr Ricardo Piedt (die eerste appellant), Mev Hester Afrika (die tweede appellant) en Mev Ruby Marais (die derde appellant) saam met drie ander persone, Mnr Ivan Sefoor (hierna verwys as "Sefoor"), Me Elizabeth Lawerdien (hierna verwys as "beskuldigde 4") en Mev Caroline May (hierna verwys as "May") het in die Suidelike Rondgaande Afdeling van die Wes-Kaapse Hoe Hof van Suid-Afrika te Swellendam terreggestaan op een aanklag van moord, te wete dat hulle die derde appellant se eggenoot, Mnr Jacobus Petrus Marais,vermoor het.

[2] Die appellante, asook beskuldigde 4, is op 28 Augustus 2009 skuldig bevind aan moord. Die eerste en derde appellante is gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf elk terwyl die tweede appellant en beskulidgde 4 elk 16 (sestien) jaar gevangenisstraf opgele is. Daaropvolgens is verlof tot appel ten opsigte van skuldigbevinding deur die verhoorhof geweier, maar verlof om te appelleer teen vonnis is toegestaan aan al drie appellante. Beskulidgde 4 het nie om verlof tot appel aansoek gedoen nie.





[3] Daarna is verlof om teen skuldigbevinding te appelleer ook deur die Hoogste Hof van Appel geweier, terwyl 'n soortgelyke aansoek deur die Konstitusionele Hof van die hand gewys is op grond van die feit dat daar nie 'n grondwetlike punt ter sprake was nie.






STAATSAAK


[4] Die staat het beweer dat op 7 Oktober 2007 die eerste appellant, met die van die tweede appellant en andere, die oorledene in die garage van sy huis te Stilbaai vermoor het. Verder, dat die derde appellant die tweede appellant, wie haar huishulp was, sodanig be'invloed het dat sy die hulp van twee van haar beskuldigde 4 in die hof a quo en May, ingewin het om die oorledene te dood. staat het verder beweer dat die derde appellant die polisie om die bos probeer het toe sy die aand van die moord suksesvol beplan het om die oorledene uit te kry sodat die huurmoordenaar (die eerste appellant) horn met 'n mes kon doodsteek. Verder dat die derde appellant op meer as een vorige geleentheid hulp van May, wie Lawerdien saamgeneem het, gevra het om sangomas te raadpleeg om met die oorledene af te reken en dat die voorval waarin die gedood is, die laaste van 'n reeks pogings was waarin die derde appellant die oorledene wou laat vermoor.




[5] Die staat het verder beweer dat die tweede appellant, met die hulp van May en beskuldigde 4, vir die eerste appellant teen 'n beloofde bedrag geld gehuur het om die moord te pleeg. Verder, dat hulle gereel het dat Sefoor hulle in sy motor tot naby die oorledene se huis ry. Die groep van vyf het eers by Sefoor se huis bymekaargekom, waarna Sefoor aan die eerste appellant 'n blou oorpak en 'n mes verskaf het. Na die moord, is die groep terug na Sefoor se huis waar die eerste appellant die blou oorpak uitgetrek het en homself gewas het om van die bloed op sy lyf ontslae te raak. Die beloofde geld is hierna aan die eerste appellant oorhandig.


[6] Die staat het verder beweer dat die derde appellant, met die hulp van die ander, gereel het dat die eerste appellant homself as 'n polisiebeampte moes voordoen en die aand van die moord 'n vals selfoonoproep na die oorledene moes maak om horn na die plek te lok waar die aanval sou plaasvind. Later het die derde appellant ene Granville Moses, 'n voormalige werker van die oorledene, as 'n moontlike verdagte genoem om die polisie te mislei. Sy het ook na die insident 'n vals selfoonboodskap, wat 'n doodsdreigement teenoor haar sou bevat, aan die polisie laat bekend word.


GEMENESAAK


[7] Dit is gemenesaak dat die derde appellant vir 'n periode van agt jaar buite gemeenskap van goedere met die oorledene getroud was. 'n Paar maande voor die oorledene se dood het die tweede appellant as huishulp by die egpaar begin werk. Dit is verder gemenesaak dat dat die oorledene die aand met 'n mes doodgesteek is en dat die eerste en tweede appellante en beskuldigde 4, Sefoor en May almal saam in die motorvoertuig was.




BEVINDING VAN DIE HOF A QUO

[8] Die hof a quo het bevind dat die staat se saak bo redelike twyfel bewys is en dat, onder andere, die moord wel in opdrag van die derde appellant gepleeg is, en verder, dat daar geen getuienis van mishandeling teenoor die derde appellant tydens haar huwelik met die oorledene was nie.




[9] Gerieflikheidshalwe sal ek eerstens die appel ten opsigte van die eerste appellant behandel.


DIE EERSTE APPELLANT



Die eerste appellant se weergawe


[10] Die eerste appellant se weergawe is in kort dat hy op vorige geleenthede vir 'n vriendin van May drank vir haar smokkelhuis gaan haal het en was onder die indruk, toe sy hom die aand van die voorval vra om die res van die beskuldigdes te vergesel, dat dit was om 'n soortgelyke werkie te verrig. Hy was onder die invloed van drank. Voorts is dit sy weergawe dat hy die tweede appellant, beskuldigde 4, Sefoor en May vergesel het tot naby die oorledene se huis die aand van die moord, waar hulle stilgehou het.Volgens hom het hy en Sefoor, nadat hulle stilgehou het, saam die motor verlaat waarna hy 'n entjie saam met Sefoor gestap het in die rigting van die oorledene se huis toe die alleen verder gestap het en die oorledene gaan vermoor het. Dit is ook sy weergawe dat dit Sefoorwas.en nie hy nie, wie die aand van die voorval die blou oorpak aangehad het en daarna homself gewas het om van die bloed ontslae te raak.



Die eerste appellant se gronde van appel

[11] Die eerste appellant, slegs 23 jaar oud ten tyde van die voorval, het dat hy die moord gepleeg het, en dit is namens hom betoog dat die feit dat hy aandeel aan die vorige mislukte pogings gehad het nie, behoort sy vonnis van van die derde appellant te onderskei. Verder, dat alkohol-inname voor die as versagtend beskou behoort te word. Dit is ook betoog dat, omdat daar getuienis was dat die eerste appellant homself in die verlede aanskuldig gemaak het nie, dit nie 'n gevolgtrekking regverdig dat hy 'n gevaar vir samelewing inhou nie.






Die reg


[12] Dit is geykte reg dat 'n hof van appel nie ligtelik met die uitoefening van die diskresie van 'n verhoorhof sal inmeng waar vonnis deur so 'n hof opgele is nieen verder, dat 'n hoer hof slegs sal inmeng indien daar 'n mistasting was deur die verhoorhof, en waar daardie mistasting so ernstig is dat dit duidelik is dat daardie hof sy diskresie onbehoorlik of onredelik uitgeoefen het. Waar dit wel so is staan dit die hof van appel vry om van nuuts af vonnis op te le.




[13] In S v Ferreira and Others1 ("Ferreira) het die beskuldigde ook n huurmoordenaar gekry om haar eggenoot, wie haar oor baie jare mishandel dood. Die persoonlike omstandighede van die huurmoordenaars in Ferreira is soortgelyk aan die persoonlike omstandighede van die eerste appellant in dat die huurmoordenaars die oorledene slegs vir finansiele gewin vermoor het.





Toepassing op die feite


[14] Ten einde vas te stel of die verhoorhof in casu sy diskresie op n en onredelike wyse ten opsigte van die eerste appellant uitgeoefen het, is ditdat daar na die faktore wat die verhoorhof in ag geneem het tydens gekyk moet word.




[15] Die misdryf waaraan die drie appellante skuldig bevind is, is 'n misdryf soos beskryf in artikel 51 van die Strafproseswet 105 van 1997, waarvoor 'n minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf voorgeskryf is. 'n Hof mag slegs afwyk van die voorgeskrewe minimum vonnis waar daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan. Artikel 51 (3)(a) lees soos volg:

"Indien 'n hof in subartikel (1) en (2) bedoel, tevrede is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis as die vonnis by daardie subartikels voorgeskryf regverdig, teken hy daardie omstandighede in die notule van die verrigtinge aan en kan hy daarop sodanige mindere vonnis ople."





[16] In hierdie geval sien ook S v Malgas2 te para 22:


"If that is the result of a consideration of the circumstances, the court is entitled to characterise them as substantial and compelling and such as to justify the imposition of a lesser sentence."




[17] In casu was daar, soos in Ferreira ook geen getuienis dat die eerste appellant enige kennis gedra het van die geskiedenis van die derde appellant huwelik met die ooledene nie. Gevolglik kon dit geensins tot sy gevoel teenoor oorledene bygedra het nie. Die eerste appellant het hier glad nie die oorledene geken nie en ook nie die derde appellant nie en dus kon beinvloeding deur nie 'n faktor wees nie.




[18] Net soos in die geval van die dader in Ferreira, is hier slegs versagtende omstandighede in die eerste appellant se persoonlike omstandighede aanwesig, maar soos in Malgas beslis, stel dit op sigself nie dwingende en wesenlike omstandighede daar nie. Na my mening kan die feit dat die eerste appellant nie aan die vorige moordpogings deelgeneem het nie, ook nie in sy guns tel nie.



Bevinding


[19] Ek is gevolglik van mening dat 'n afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis nie geregverdig is nie, en dat, soos in Ferreira, die verhoorregter nie 'n mistasting begaan het toe die eerste appellant lewenslange gevangenisstraf opgele is nie. Gevolglik sal ek nie inmeng nie.

DERDE APPELLANT



Die derde appellant se weergawe


[20] Ek gaan die appel van die derde appellant behandel alvorens ek die tweede appellant se appel hanteer.





[21] Die derde appellant het aanvanklik enige betrokkenheid by die moord ontken. Later het sy egter haar weergawe verander en was dit aan die tweede appellant gestel dat die opdrag aan haar was om die oorledene slegs die skrik op die lyf te jaag deur hom 'n pakslae te gee. Op haar weergawe was dit nodig, aangesien sy vir die duur van haar huwelik die slagoffer van mishandeling aan die hande van die oorledene was. Dit is tydens kruisondervraging aan die tweede appellant gestel dat dit haar idee was om die oorledene te vermoor.Tydens die verhoor was dit dus in dispuut of die moord in opdrag van die derde appellant gepleeg is, asook of dit die opdrag was om die oorledene te dood of slegs aan te rand. Verder, ontken die derde appellant ook dat sy aan sommige van haar medebeskuldigdes opdrag gegee het om sangomas se hulp in te win om haar man se geweldadige aard te verander.



Die derde appellant se gronde van appel


[22] Die derde appellant se gronde van appel is in kort eerstens, dat die verhoorregter verkeerdelik bevind het dat daar geen mishandeling in haar met die oorledene was nie. Verder, dat die verhoorregter verskillende begaan het deur bevindings te maak wat nie geregverdig was nie. Dit is verder aangevoer dat baie van die getuienis ten opsigte van die mishandeling van die appellant nie in kruisondervraging aangeval is nie en dat sodaninge getuienis gevolglik nie in dispuut is nie.




[23] Daar word namens haar geargumenteer dat die verhoorregter fouteer het deur onder andere te bevind dat sy nie 'n mishandelde vrou was nie. Ten einde vas te stel of daar enige meriete in hierdie argument is, is dit noodsaaklik om te kyk na die getuienis rakende die mishandeling.





Mishandeling as gronde van appel


[24] Vir gerieflikheidshalwe sal ek die gronde van appel afsondelik behandel. Eerstens die onafhanklike getuienis ten opsigte van die mishandeling. Ten minste sewe onafhanklike getuies het oor die mishandeling binne die egpaar se huwelik getuig. Dit word namens die derde appellant betoog dat die getuienis van die onafhanklike getuies nie deur kruisondervraging aangeval is nie en behoort daardie getuienis dus te staan. Ek keer later terug na die gebrek aan kruisondervraging.



Toepaslike feite ten opsigte van die mishandeling

[25] Die hof a quo het gevind dat die derde appellant se getuienis aangaande die mishandeling nie aanvaar kan word nie en wel vir die volgende redes:

1. Dat die derde appellant so baie leuens vertel het dat dit moeilik was om haar te glo aangaande die mishandeling;

2. Sy kon om die dieselfde rede nie geglo word oor haar aantygings dat die oorledene haar vele male verkrag het nie;

3. Die aantygings dat die oorledene die derde appellant se dogter, sowel as sy eie dogter, verkrag het, is deur beide van hulle ontken;

4. Sy het informasie oor die gebruikmaking van sangomas as deel van die beplanning in aanloop tot die moord, van die sielkundige, Mnr Meyer, weerhou;

5. Die verhoorhof het aanvaar dat die motief vir die moord geldelike oorwegings was;

6. Die verhoorhof het aanvaar dat die derde appellant in 2005 met gemak 'n beskermingsbevel teen die oorledene kon kry, maar dat haar verduideliking waarom sy nie dieselfde in September 2006 kon doen nie, onwaarskynlik is;

7. Die verhoorhof het haar verduideliking dat sy op daardie stadium nie nugter kon dink nie ook verwerp aangesien sy na die pleeg van die moord stories kon opdis oor Sers. Japhta, sowel as stories oor die vals teksboodskap oor die diamante;

8. Die verhoorhof het ook haar geloofwaardigheid bevraagteken op grond van die feit dat sy slegs vier minute nadat die oorledene die huis verlaat het 'n oproep na May gemaak het wat haar bewering, dat sy nie nugter kon dink na die insident nie, onder verdenking geplaas het.


[26] Op grond van al hierdie faktore het die verhoorhof bevind dat daar nie getuienis van mishandeling was nie en gevolglik dat daar geen wesenlike of dwingende omstandighede teenwoordig was wat 'n afwyking van die minimum vonnis regverdig nie.




[27] Die derde appellant het self getuig aangaande haar huwelik met die oorledene. Haar getuienis oor die mishandeling wat sy verduur het kan soos volg saamgevat word:

1. Die oorledene het haar fisies aangerand, haar geslaan, geskop, gewurg en met wapens gedreig;

2. Die oorledene het haar verkrag wanneer sy gemeenskap geweier het en het na sodanige insidente met prostitute omgegaan en bordele

3. B^sgelesenthede waar sy gemeenskap geweier het, het die oorledene haar gewurg en met 'n mes gedreig;

4. Die oorledene het haar emosioneel mishandel en afgetakel deur op haar te skree en te skel, nie net in privaatheid nie, maar ook in die

5. Opeobalffldene het gedreig dat hy haar dogter fisies leed sou aandoen en sou laat dood maak;

6. Die oorledene het haar en haar dogter vroeer in hulle huwelik in die huis toegesluit;

7. Per geleentheid, wanneer die oorledene op die derde appellant afgekom het terwyl sy besig was om haar Bybel te lees, sou hy die Bybel gryp en dit teen die muur gooi terwyl hy op haar gevloek het;

8. Die oorledene het die derde appellant se hondjies by geleentheid geskop en teen die muur gegooi;

9. Die oorledene het verskeie buite egtelike verhoudings met ander vroue gehad;

10.Die oorledene het die derde appellant se dogter, toe sy nog jonk was, seksueel gemolesteer terwyl sy geslaap het; en

11. Die nag voor die oorledene se dood het hy die derde appellant op haar hurke in die buitekamer op 'n koue sementvloer laat sit en slaap.




[28] Daar is namens die derde appellant geargumenteer dat hierdie getuienis nooit ernstig in kruisverhoor aangeval is nie en dat dit om hierdie rede aanvaar moes word.




[29] Die derde appellant se getuienis is egter nie die enigste getuienis oor haar mishandeling nie. Die tweede appellant, Mnr Christoffel Marais (Marais) en Mev Joubert (Joubert), almal onafhanklike getuies, het ook oor sodanige mishandeling op die meriete van die saak getuig.





[30] Die tweede appellant het soos volg oor hierdie aangeleentheid getuig:

1. Terwyl sy as huishulp vir die oorledene en die derde appellant gewerk het, het sy dikwels gesien hoe die appellant soggens uit die kamer uitkom met rooi oe wat aanduidend was daarvan dat sy gehui

2. BytkuNejitoBotateoyevap^ellant onder geweldige stres was;

3. Sy het op 'n geleentheid merke op die appellant se skouer en arm waargeneem. Die merke op die appellant se arm was aanduidend van iemand wat haar hard gedruk het aangesien duidelike vingermerke sigbaar was;

4. Die derde appellant het haar meegedeel dat sy gehuil het aangesien sy nie langer kon verduur hoe die oorledene haar behandel het nie, veral oor die besighede en eiendomme wat in haar naam geregistreer was en dat hy wou he dat sy die besighede in sy naam moes oordra;

5. In die laaste paar maande voor sy dood het die derde appellant in die middae, voordat die oorledene by die huis gekom het, kalmeerpille gedrink om te verhoed dat hy moes sien hoe sy bewe, aangesien dit volgens haar tot verdere mishandeling sou lei;

6. Die tweede appellant het op een geleentheid 'n groot blou merk op die derde appellant se rug waargeneem wat volgens laasgenoemde die gevolg was van 'n aanranding deur die oorledene.





[31] Marais, wie onbekend is met die derde appellant, se getuienis oor die mishandeling kan soos volg opgesom word:

1. Marais het getuig dat hy ongeveer twee weke voor die oorledene se dood na sy werksplek gegaan het. Daar was niemand voor in die winkel nie, maar vanaf die kantore agter het hy 'n stem gehoor asof iemand oor die telefoon gepraat het en die persoon het geskree en geskel. Hy het gedink dit was 'n telefoniese gesprek, aangesien hy

2. H^betir££letiliiBgte*ratoDh^estap en deur 'n oop deur het hy gesien hoe die oorledene met sy rug na die deur staan, en 'n dame, wie hy later besef het die derde appellant was, het met haar rug na die deur toe op 'n stoel gesit.

3. Die oorledene het sy hande om die derde appellant se keel gehad en was besig om haar te wurg en so te skud dat haar kop heen en weer geswaai het terwyl hy op haar geskree en geskel het.

4. Marais het omgedraai en teruggeloop na buite waar hy gepoog het om die oorledene op sy selfoon te skakel. Die oorledene het kort hierna teenoor Marais verskoning aangeteken en gese dat hy sy humeur baie vining verloor en dat hy nie weet wat oor hom gekom het nie. Hy getuig verder dat die derde appellant 'n paar minute later by die kantoor uitgekom het en dat hy steeds die rooi merke om haar nek kon sien en dat sy saggies gehuil het.




[32] Die volgende onafhanklike getuie oor die mishandeling was Joubert, wie sedert Februarie 1996 tot ongeveer middel 1998 vir die derde appellant en die oorledene gewerk het toe hulle in die destydse Transvaal gewoon het.

1. Haar kantoor was reg onder die derde appellant se kantoor en sy kon dikwels hoor hoe die oorledene op die derde appellant skree en skel;

2. Sy het dikwels merke aan die derde appellant se liggaam gesien wat gedui het op aanranding;

3. Sy het by een geleentheid gesien hoe die appellant flou val gedurende 'n skelsessie met die oorledene en dat sy hierna met die derde appellant hospitaal toe moes jaag waarna sy opgeneem was vir

4. Siygbeeetyn'weBHtajer geleentheid gehoor hoe die oorledene op die derde appellant skree en gese het dat hy haar sou "fokken doodmaak, die donnerse bitch";

5. Die getuie het gereeld die derde appellant se medikasie by die dokter gaan haal en weet daarom dat sy kalmeermiddels gebruik het.




[33] Tydens die verrigtinge op die meriete van die saak was die tweede appellant, Joubert en Marais onafhanklike getuies aangaande die mishandeling. Daar behoort op gelet te word dat Marais nie die derde appellant voor die insident geken het nie. Na skuldigbevinding en wel tydens die voorvonnis prosedure is 'n aantal getuies ten opsigte van dieselfde aspek vir die derde appellant geroep, o.a Mev van Aardt (van Aardt), Mev Swart (Swart), Mev Meiring (Meiring) en Mnr Meyer (Meyer).


[34] Die getuienis van Van Aardt kan soos volg opgesom word. Sy was die oorledene se tweede eggenote en het getuig oor hoe die oorledene haar aangerand en mishandel het, drank misbruik het en met prostitute omgegaan het. Sy het oor spesifiek een insident getuig waar sy een aand op haar kniee gestaan het met haar rug teen die muur en die oorledene haar keer op keer deur die gesig geslaan het. Sy het getuig dat hy haar ten minste sewentien keer geklap het. Sy het ook getuig dat die oorledene by een geleentheid met sy voet haar kop in hulle grasperk ingetrap het en slegs gestop het toe 'n werker van hulle op hom geskree het.


[35] Swart het getuig dat, kort voor die oorledene se dood, het sy na sy en kantoor gegaan. Sy het waargeneem dat die derde appellant agter die gesit en sukkel het met die rekenaar. Sy het verder getuig dat die oorledene sy humeur verloor het en met sy arm alles wat op die lessenaar was afgevee hetdit op die vloer gele het en dat hy in 'n aanval van woede op die appellant het. Sy het verder getuig dat sy eerstehandse kennis het van hoe vroue optree omdat sy self vir 'n baie lang tyd 'n mishandelde vrou was. Sy verder getuig dat mishandelde vroue normaalweg nie hulle mans verlaat nie.




[36] Meiring het getuig dat sy en haar eggenoot die oorledene 'n paar jare lank geken het terwyl hulle op Stilbaai gebly het. Die oorledene het haar en haar eggenoot meegedeel hoe die appellant se voordurende gelees uit die Bybel hom geTrriteer het. Sy het verder getuig dat hy hulle ook meegedeel het dat hy van voorneme was om van die appellant te skei, maar dat hy dit eers sou doen nadat al haar eiendomme in sy naam oorgedra is.





Gebrek aan kruisondervraging as gronde van appel


[37] Die reel met betrekking tot kruisondervraging is in vele uitsprake deur howe opgesom. Hierdie hof is verwys na die uitspraak in The President of the Republic of South Africa v SARFU3 en wel na paragrawe 61-63:

"61. The institution of cross-examination not only constitutes a right, it also imposes certain obligations. As a general rule it is essential, when it is intended to suggest that a witness is not speaking the truth on a particular point, to direct the witness's attention to the fact by questions put in cross-examination showing that the imputation is intended to be made and to afford the witness an opportunity, while still in the witness box, of giving explanationopen to the witness and of defending his or her character. If a point in dispute is left unchallenged in cross-examination, the party calling the witness is entitled to assume that the unchallenged witness's testimony is accepted as correct. This rule was enunciated by the House of Lords in Browne v Dunn (1893) 6 R67 (HL).

62. The rule in Browne v Dunn is not merely one of professional practice, but 'is essential to fair play and fair dealing with witnesses'. It is still current in England and has been adopted and followed in substantially the same form in the Commonwealth jurisdictions.

63. The precise nature of the imputation should be made clear to the witness so that it can be met and destroyed, particularly where the imputation relies upon inferences to be drawn from other evidence in the proceedings. It should be made clear not only that the evidence is to be challenged, but also how it is to be challenged. This is so because the witness must be given an opportunity to deny the challenge, to call corroborative evidence, to qualify the evidence by the witness or others and to explain contradictions on which reliance is to be placed."




[38] Die reel aangaande kruisondervraging is ook in 'n latere beslissing van Mavinini4 bespreek waar Cameron R die volgende te para 12 en verder se:

"12 A cross examiner who later suggests that a witness is lying on a particular point must generally confront a witness with the
imputation

13 The general requirement that the witness must be confronted with

damaging imputations, is not a formal or technical rule. It is a preset of
fairness

15 There should be at least some basis for rejecting the witness's unchallenged evidence out of hand - whether it arises from some intrinsic feature of the evidence itself or from other evidence at the trial. Here there is no basis at all. "






Toepaslike feite ten opsigte van gebrek aan kruisondervraging


[39] Vir volledigheidshalwe gaan ek die onafhanklike getuienis aangaande die mishandeling van die derde appellant tydens haar huwelik ondersoek en probeer vasstel welke van hierdie getuienis nie deur kruisondervraging aangeval is nie en derhalwe as stawing vir die appellant se weergawe van mishandeling beskou kan word.




[40] Marais se getuienis oor die insident ongeveer twee weke voor die se dood is nie in kruisondervraging betwis nie. Dit is inderdaad so dat die aangevoer het dat Mnr Marais se getuienis nie aanvaar moet word nie omdat weet wat die insident voorafgegaan het nie. Hierdie submissie is na my verregaande. Wat die insident voorafgegaan het is irrelevant tot die vraag of wel 'n geweldadige insident plaasgevind het of nie. Verder is Marais nooit die geleentheid gegun tydens kruisondervraging om te verduidelik waarom hy nie insident by die polisie of die welsyn aangemeld het nie.'n Nadelige afleiding verhoorhof oor sy motief is dus nie geregverdig nie. Ek is gevolglik van daar geen basis is waarop Marais se getuienis aangaande hierdie insident is nie en moet daardie getuienis dus as onafhanklike getuienis van 'n insident kort voor die dood van die oorledene aanvaar word.




[41] Die getuienis van Joubert oor die mishandeling van die derde appellant vroeer in haar huwelik met die oorledene is ook nooit tydens kruisverhoor aangeval nie. As die algemene reels ten opsigte van kruisondervraging dus toegepas word is dit nie in dispuut dat daar mishandeling, selfs vroeg in die huwelik van die Marais egpaar, was nie.





[42] Dieselfde geld vir die getuienis van Van Aardt. Haar getuienis oor die geweldadige aard van haar huwelik met die oorledene is nooit in kruisondervraging aangeval nie en behoort gevolglik te staan. Soos deur Adv de Bruyn vir die derde appellant geargumenteer, is dit inderdaad so dat die moontlikheid dat van Aardt 'n verskuilde motief gehad het om valse getuienis teenoor die oorledene te lewer nooit tydens kruisondervraging aan haar gestel nie. Daar is dus nooit tydens haar getuienislewering enige twyfel oor haar motief gesaai nie en is sodanige gevolgtrekking deur die Verhoorhof nie geregverdieg nie.


[43] Swart se getuienis kan op dieselfde manier oorweeg word. Die getuienis Swart oor die insident wat sy by die oorledene se besigheid kort voor sy dood waargeneem het, moet gevolglik ook aanvaar word aangesien dit nooit tydens kruisverhoor aangeval is nie.




[44] Ook die getuienis van Meiring kan op soortgelyke manier oorweeg word. Haar getuienis oor die oorledene se irritasie met die derde appellant se voortdurende Bybel-lesery asook haar getuienis aangaande die oorledene se ongeduld met die oordrag van eiendomme, is nooit in kruisondervraging in dispuut geplaas nie. Sy staaf ook beskuldigde 2 in hierdie verband.




[45] By oorweging van hierdie getuienis is dit duidelik dat dit tot 'n groot mate stawing is vir die derde appellant se weergawe dat daar wel mishandeling in haar huwelik met die oorledene was. Indien die verhoorhof korrek was om die getuienis van die derde appellant te verwerp, behoort die bogenoemde onafhanklike getuienis steeds as onderlinge stawing vir die aanwesigheid van mishandeling in die Marais-huwelik aanvaar te word.




[46] Die getuienis van Meyer is wel in dispuut geplaas en wel deur Zabou en Kalisky. Hulle het egter slegs die derde appellant se vermoe om reg en verkeerd te onderskei in dispuut geplaas. Meyer se getuienis oor die mishandelde vroue nie geredelik van hulle eggenote skei of hulle verlaat nie, hulle ook nie geredelik teenoor buitestaanders en ander mense erken dat hulle mishandel word nie, is nooit in dispuut geplaas nie, selfs nie deur een van twee deskundige getuies nie.

[47] Die verhoorhof se vrae oor waarom die derde appellant nie van die oorledene geskei het of hom verlaat het nie is kommerwekkend as dit bygedra het tot die bevinding dat daar as gevolg daarvan geen getuienis van mishandeling in die huwelik was nie. Die getuienis wat deur middel van Meyer se verslag voor die hof gedien het oor hoe vroue, wie die slagoffers van mishandeling in hullle huwelik is, sou optree, is baie duidelik. Ek haal aan uit die verslag:

"... The wife is usually hopeful that, if she pleases her husband, the abuse will stop. For his part the husband usually expresses remorse after a beating and attempts to reconcile with gifts and/or promises to refrain from abuse in the future. The wife then sees the husband in a different light and is filled with false hope. Another aspect of this syndrome is that the wife eventually feels that she cannot escape her tormentor and that she will be tracked down if she attempts to flee the situation. Her self-esteem vanishes and her confidence is shattered. She feels that no-one would believe her if she told them about the abuse and, thus, she keeps it to herself."




[48] Meyer se getuienis in hierdie verband strook met die getuienis in ander soortgelyke gerapporteerde sake. In S v Ferreira and others5 is die volgende paragraaf 24 gese:

"The appellant left the deceased on at least four occasions. He traced her three times and by begging forgiveness persuaded her to return. His tactic was to be contrite and apologetic, promising change and material advantages."

[49] In casu weerspreek proffessore Zabou en Kalisky nie hierdie getuienis van Meyer nie. Soos vroeer genoem, was hulle getuienis slegs ten opsigte van die derde appellant se vermoe om tussen reg en verkeerd te onderskei. Die getuienis van Meyer ten opsigte van die res staan dus onbetwis.




[50] Na my mening, selfs waar die getuienis van die derde appellant buite rekening gelaat word soos die verhoorregter geregtig was om te doen, behoort die onafhanklike getuienis van mishandeling tydens die huwelik van die derde appellant en die oorledene aanvaar te word. Dit is geykte reg dat 'n hof 'n gedeelte van 'n getuie se getuienis kan aanvaar en 'n gedeelte verwerp. Waar die onafhanklike getuies appellant drie se getuienis oor mishandeling staaf, moet haar getuienis in daardie opsig aanvaar word.





[51] Daar is deur Adv de Bruyn betoog dat die verhoorregter ook op verskeie ander geleenthede selektief die getuienis beoordeel het en dat dit op 'n neerkom. Sou hierdie hof bevind dat dit wel so is, stem ek saam met Adv de want, soos bevind in S v van der Meyden6, moet alle getuienis oorweeg word kan geen getuienis bloot net geTgnoreer word nie.


"...What must be borne in mind, however, is that the conclusion which is reached (whether it be to convict or to acquit) must account for all the evidence. Some of the evidence might be found to be false; some of it might be found to be unreliable; and some of it might be found to be only possibly false or unreliable; but none of it may simply be ignored'.

[52] Die getuienis van die derde appellant is in geheel deur die verhoorhof verwerp.





[53] Ek is in ooreenstemming met die verhoorregter dat ons hier te make het met 'n baie ernstige misdryf. Die derde appellant se skuldigbevinding aan moord is daarom nie te bevraagteken nie. Die verhoorregter het haar regtens skuldig bevind aan moord. Die vraag is slegs of daar getuienis van mishandeling was en, indien wel, of dit as dwingende en wesenlike omstandighede in aanmerking geneem moes word.




[54] Hierdie aangeleentheid is in Gabriel v The State7 bespreek, en ek haal uit par 16:

"Dit is geykte reg dat 'n hof van appel nie ligtelik met die uitoefening van 'n diskresie en gevolglik met die vonnis wat deur 'n laer hof opgele is sal inmeng nie. 'n Hoer hof sal slegs inmeng indien 'n laer hof 'n mistasting begaan het wat van so 'n aard, graad of erns is dat dit regstreeks op die afleiding gese kan word dat die hof sy diskresie nie uitgeoefen het nie, of dit onbehoorlik of onredelik uitgeoefen het. Indien dit die geval is, staan dit die hof van appel vry om na eie goeddunke vonnis op te le. In hierdie aangeleentheid is gevangenisstraf die appellant opgele op grond van feitebevindinge wat nie deur die getuienis gestaaf word nie. Dit regverdig hierdie hof om opnuut vonnis te fel."

[55] Ek is van mening dat die verhoorhof aan die derde appellant gevangenisstraf opgele het en dit gebaseer het op die bevinding dat daar geen mishandeling in haar huwelik met die oorledene was nie. Die erns van die as een van die faktore wat in aanmenrking geneem is by vonnisoplegging soos v Zinn8 voorgeskryf, het duidelik tot gevolg gehad dat die misdryf wat wel as 'n baie ernstige misdryf bestempel was.





[56] Daar is deurgaans deur Adv de Bruyn geargumenteer dat die feite in hierdie aangeleentheid soortgelyk is as die feite in Ferreira, en dat, as gevolg daarvan, die vonnis, indien daarmee ingemeng sou word, soortgelyk moet wees as die in Ferreira. 'n Opgeskorte vonnis van 6 (ses) jaar gevangenisstraf is dus voorgestel, alternatiewelik, soos in die minderheidsuitspraak van Marais AR 8 (agt) jaar gevangenisstraf. Ek is ongelukkig nie oortuig deur hierdie argument nie. Eerstens is dit belangrik om te noem dat vonnis altyd in die diskresie van 'n verhoorhof is en dat daar slegs in uitsonderlike gevalle daarmee ingemeng kan word. . Verder, indien daar wel vergelykenderwys na soortgelyke sake gekyk word, is dit so dat Mev Ferreira se omstandighede ietwat anders is as die van die derde appellant. Soos vroeer vermeld is ek in ooreenstemming met die verhoorregter, die Hoogste Hof van Appel en die Konstitutionele Hof dat die skuldigbevinding in hierdie saak nie bevraagteken kan word nie en is hierdie hof in ieder geval nie met die skuldigbevinding belas nie.



Bevinding

[57] Wanneer die posisie van die derde appellant se posisie vergelyk word met die van Mev Ferreira, is dit so dat die objektiewe getuienis oor die mishandeling deur die oorledene wel dwingende en wesenlike omstandighede daarstel soos bedoel is in S v Malgas supra. Soos dan inderdaad in die Ferreira saak bevind is,is ek van mening dat sodanige omstandighede 'n afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig. In die omstandighede sou ek die appel ten opsigte van vonnis ten opsigte van die derde appellant handhaaf.




Gepaste vonnis

[58] Die verdere vraag is egter of die vonnis identies aan die in die Ferreira appel moet wees. Die feite relevant ten opsigte van vonnis in die geval van Ferreira was dat die appellant skuldig gepleit het en dat haar weergawe deurgaans dieselfde was. As hierdie objektiewe feite met die van die derde appellant in casu vergelyk word, word die volgende duidelik. Sy het onskuldig gepleit en die polisie oorspronklik op 'n dwaalspoor probeer plaas en verder het sy haar magsposisie teenoor die tweede appellant en beskuldigde 4 misbruik en selfs tydens haar verhoor die idee van die moord voor die deur van die tweede appellant probeer plaas.


[59] Addisioneel tot bogenoemde faktore het die derde appellant ook die van drie ander gesinne verwoes. Daar is geen getuienis dat die tweede enigsins voor haar ontmoeting met die derde appellant enige kriminele gehad het nie. Inteendeel, daar is getuienis dat sy die liefdevolle moeder van 'n belowende jong dogter was wie haar bygestaan het om'n nuwe lewe vir die deur middel van haar studies te probeer maak. Die mag wat die derde haar huishulp gehad het en wat sy uiteindelik misbruik het, het nie net die lewe die tweede appellant vernietig nie, maar ook die van haar jong dogter en haar uitgebreide familie, en in besonder die beskuldigdes wie aan haar bekend was.





[60] Wanneer 'n gepaste vonnis vir die derde appellant dus oorweeg word, is ek van mening dat hierdie misbruik van haar sosio-ekonomiese bevoordeling teenoor weerlose vroue uit minder gegoede sosio-ekonomiese omstandighede, wie onder haar beheer was, negatief teen haar in aanmerking geneem moet word. Dit onderskei ook haar feite van die van Ferreira. Verder verswarend is die feit dat sy haarself probeer verontskuldig het en die vrou, wie haar huishouding waargeneem het en haar in haar nood bygestaan het, aan die pen wou laat ry. Haar misbruik van sommige van haar mede-beskuldigdes noop my dus om nie dieselfde vonnis as in Ferreira op te le nie. Gevolglik is ek van oordeel dat die persoonlike omstandighede van die derde appellant, sowel as haar optrede tydens die verhoor, en veral haar dislojaliteit teenoor haar medebeskuldigdes, 'n swaarder vonnis as in Ferreira regverdig. As die getuienis van die tweede appellant oor haar verhouding met die derde appellant aanvaar word, en welke getuienis wel deur die verhoorhof aanvaar is, is dit duidelik dat sy haar posisie as werkgewer misbruik het. Dit maak haar optrede meer afkeurenswaardig as die van Ferreira.



TWEEDE APPELLANT


Die tweede appellant se weergawe


[61] Die tweede appellant se weergawe is in kort dat sy die eerste appellant van advies voorsien het oor hoe om die oorledene se geweldadigheid te hanteer. Volgens haar het sy nooit enige opdrag gegee dat die oorledene vermoor word nie, maar slegs dat hy aangerand moes word om hom sodoende 'n les te leer. Dit is haar weergawe dat sy die derde appellant jammer gekry het aangesien sy 'n slagoffer van gesinsgeweld was. Sy was die aand van die voorval saam met Sefoor, die eerste appellant, May en beskuldigde 4 in die motor.



Gronde van appel


[62] Dit was namens die tweede appellant betoog dat die hof a quo haar persoonlike omstandighede onderbeklemtoon het. Verder dat verskeie faktore nie in aanmerking geneem is nie o.a. dat sy 'n 44 jarige eerste oortreder is, sy die primere broodwinner in haar gesin is, sy bygedra het om haar dogter verder te laat studeer, sy 'n baie kleiner rol as die ander beskuldigdes in die moord gehad het en dat sy maklik manupileerbaar was. Dit is verder namens haar betoog dat die verhoorhof die ems van die misdryf en die belang van die gemeenskap oorbeklemtoon het.



Toepaslike feite


[63] In die appel deur die tweede appellant het die staat toegegee dat die opgele ten opsigte van die tweede appellant verkeerd was aangesien die verhoorregter bevind het dat daar geen wesenlike en dwingende bestaan het om van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf af te wyk nie, maar desnieteenstaande voortgegaan het en 'n van 16 (sestien) jaar in plaas van lewenslange gevangenisstraf opgele het. Die het betoog dat, alhoewel dwingende en wesenlike omstandighede wel was in lig van die feit dat sy onder die invloed van die derde appellant was, 'n van 16 (sestien) jaar gevangenisstraf nie buitensporig is nie.





Bevinding


[64] Ek is van mening dat daar nie voldoende aandag aan die ongelyke magsverhouding wat tussen die tweede en derde appellant bestaan het geskenk is nie. Soos reeds hierbo ten opsigte van derde appellant genoem, is dit duidelik dat die derde appellant in 'n posisie was om die tweede appellant te be'i'nvloed. Derde appellant het die simpatie van die tweede appellant sowel as die swakker finansieele posisie van beide die tweede appellant en beskuldigde 4 misbruik om voordeel vir haarself te kry.




[65] Ek is verder van mening dat hierdie ongelyke magsverhouding wel dwingende en wesenlike omstandighede ten opsigte van die tweede appellant daarstel en dat die verhoorregter se bevinding in daardie opsig verkeerd was. Ek sou gevolglik, soos inderdaad gedoen was, nie die minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf opgele het nie.



Gepaste vonnis

[66] Die vraag is egter of 'n vonnis van 16 jaar gevangenisstraf van pas is. Ek is van mening dat daar verskeie faktore is waarom die opgelegde vonnis nie van pas is nie, o.a., soos vroeer vermeld, die derde appellant se invloed oor die tweede appellant, haar mindere rol by die beplanning en die moord self en die feit dat daar met die derde appellant se vonnis ingemeng gaan word.





[67] Gedagtig aan die feit dat daar met die derde appellant se vonnis ingemeng word, is ek van mening dat die vonnis van die tweede appellant dienooreenkomstig aangepas moet word. Ek sou gevolglik die appel teen vonnis ten opsigte van die tweede appellant handhaaf en met die vonnis inmeng.



BESKULDIGDE 4

[68] Dit bring ons by die vonnis opgele ten opsigte van beskuldigde 4. Geen appel is deur hierdie beskuldigde aangeteken nie. Namens die respondent is betoog dat die verhoorregter misgetas het toe lewenslange gevangenisstraf nie vir beide die tweede appellant en die vierde beskuldigde opgele is nie gesien in die lig van die feit dat daar ten opsigte van beide geen wesenlike en dwingende omstandighede gevind is nie. Daar is egter toegegee dat die vierde beskuldigde, net soos die tweede appellant, ondergeskik aan die derde appellant was en dat hulle deur haar gemanupileer is.






[69] Die vraag is of daar ook met haar vonnis ingemeng moet word.





[70] 'n Soortgelyke situasie het hom voorgedoen in die appel van S v Toll9, se skuldigbevinding en vonnis is op appel ter syde gestel. Sy Olifant, wie nie appel aangeteken het nie en wie se posisie dieselfde as Toli s'n se skuldigbevinding en vonnis is ook ter syde gestel. Chetty, R het soos volg daaroor beslis:

"... Although Olifant has not noted an appeal, his position is no different from that of the appellant. In his case too a grave injustice has occurred and we are at liberty to set his conviction and sentence aside. In the result the following orders will issue:-


1. The appeal succeeds.

2. The appellant's conviction and sentence are set aside.

3. The conviction and sentence of Ismael Olifant is likewise set aside.

4. The Registrar of this court is directed to ensure that a copy of this order is forwarded to him."





[71] 'n Soortgelyke situasie het hom voorgedoen in S v Isaacs and Another10 waar die skuldigbevindings en vonnisse van beskuldigdes wie nie appel het nie, ooreenkomstig aangepas is.





[72] Ek is van mening dat die posisie van beskuldigde 4 in casu soortgelyk is aan die van die tweede appellant en aan die van Oliphant in S v Toli, supra en die medebesk uldigdes in S v Isaacs, supra. In casu was beskuldigde 4 onderworpe aan dieselfde magsvehouding as die tweede appellant en dus ook bemvloedbaar deur die derde appellant.




[73] Verder is ek van mening dat hierdie faktore kummulatief wesenlike en dwingende omstandighede daarstel en sou ek gevolglik in die belang van geregtigheid die vierde beskuldigde se vonnis ooreenkomstig aanpas.

BEVEL



[74] In die omstandighede, sou ek die volgende bevel maak:

1. Die eerste appellant se appel word van die hand gewys en sy vonnis word bekragtig.

2. Die tweede appellant se appel word gehandhaaf. Haar vonnis word ter syde gestel en vervang met die volgende:


12 (twaalf) jaar gevangenisstraf.


3. Die derde appellant se appel word gehandhaaf en haar vonnis
word vervang met die volgende:


20 (twintig) jaar gevangenisstraf


4. Die vonnis van beskuldigde 4 word ooreenkomstig ter syde gestel
en vervang met die volgende :


12 (twaalf) jaar gevangenisstraf


5. Die Griffier van hierdie hof word beveel om 'n afskrif van hierdie
uitspraak aan beskuldigde 4 te besorg.

6. Die vonnisse ten opsigte van appellant 2, 3 en beskuldigde 4 hierbo is terugwerkend van krag vanaf die datum van vonnisoplegging in die hof a quo.


FORTUIN, R



Ek stem saam.



ALLIE, R



Ek stem saam en dit word so beveel.



YEKISO, R


32000(1) SA1 (CC)

42009 (1)SACR 523 SCA

5Supra, te 474 e-f

6 1999 (1) SACR 447 (W) at 450 h

72010 SALR212 A

9[2011] ZAECGHC 39;CA&R 292/2006 (24 August 2011)

102007(1)SACR 43 ©