South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2011 >>
[2011] ZAWCHC 534
| Noteup
| LawCite
S v Thomas en Ander (SS12/2010) [2011] ZAWCHC 534 (30 November 2011)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS12/2010
DATUM: 30 NOVEMBER 2011
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
GEORGE THOMAS Beskuldigde 1
JASON STYNDER Beskuldigde 2
FRED WILLIAMS Beskuldigde 3
PETER MCNIEL Beskuldigde 4
DERRICK CLAASEN Beskuldigde 5
GIOVANNI KANNEMEYER Beskuldigde 6
ALFONSO VAN HEERDEN Beskuldigde 7
HERMAN WAKEFIELD Beskuldigde 8
MOGAMMAT STEMMET Beskuldigde 9
JEROME KARLMEYER Beskuldigde 10
ASHLEY APPOLLIS Beskuldigde 11
KENNETH LAVITA Beskuldigde 12
HOWARD JANSEN Beskuldigde 13
RONALD SWARTS Beskuldigde 14
GREGORY MEYER Beskuldigde 15
ASHRAF RYKLIEF Beskuldigde 16
RODNEY JOUBERT Beskuldigde 17
ASHWIN CHARLES Beskuldigde 18
REYAAZ DENNIS Beskuldigde 19
UITSPRAAK
(Aansoek in terme van artikel 153 en 154 en 74)
FORTUIN, R
Lasgewinge vir in camera verhore behoort nie ligtelik gegee te word nie. Die ope hof beginsel, wat vervat word in artikel 36(3)(c) van die Grondwet, moet nie sonder meriete ongedaan gemaak word nie. Dit is egter 'n feit dat 'n lasgewing wat die effek sal he dat Staggie se identiteit openbaar mag word, 'n streep sal trek deur die Hof se vroeere bevele dat Staggie en sy vrou se identiteit beskerm moet word.
Na aanhoor van betoe blyk dit dat daar 'n prakties uitvoerbare wyse is om die twee vorige getuies se identiteite te beskerm en terselfdertyd die grondwetlike beginsel tot die reg tot 'n ope hof te handhaaf. Gevolglik maak ek die volgende bevel:
1. Die aansoek van die Staat in terme van artikel 153 van die Strafproseswet WORD VAN DIE HAND GEWYS. Die getuienis van Cockrell sal in 'n ope hof aangehoor word. Getuie Cockrell sowel as enige ander hofamptenaar word verbied om die identiteit van die vorige twee getuies op enige wyse te openbaar, asook enige besonderhede van die getuiebeskermingsprogram. Enige nie-nakoming van hierdie bevel deur enige amptenaar sal neerkom op minagting van die Hof met gepaardgaande gevolge.
2. In terme van artikel 154 van die Strafproseswet mag geen informasie rakende die identiteit van die twee vorige getuies of besonderhede van die getuiebeskermingsprogram gepubliseer word nie.
3. In terme van artikel 174(3) van Wet 21 van 1998, sal enige persoon wie enige informasie in stryd met hierdie bevel bekend maak, skuldig wees aan 'n misdryf.
FORTUIN, R