South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 544

| Noteup | LawCite

Mpini v S (A412/2011) [2011] ZAWCHC 544 (4 November 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: A412/2011

DATUM: 4 NOVEMBER 2011


In die saak tussen:


DUMISANI MPINI ….............................................................................................Appellant


en


DIE STAAT …..................................................................................................Respondent




UITSPRAAK


VELDHUIZEN. R:

Die appellant is in die streekhof skuldig bevind op 'n aanklag van moord. Hy is tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Hierdie appel word met verlof van die verhoorhof gebring teen beide die skuldigbevinding en vonnis.



Mnr Ngeba Mfeni, 'n smokklehuiseienaar het getuig dat hy op 3 November 2007 omstreeks vier namiddag uit sy kamer geroep is. Toe hy uit sy kamer kom, het hy die appellant en sy broer met messe gesien staan waar die oorledene op die grond gele het. Hy het nie enige wapens by die oorledene gesien nie. Hy en die appellant is na buite waar die appellant horn om verskoning gevra het en gemeld het dat hy en die oorledene vroeer ook baklei het. Hierdie getuie het nie gesien hoe die oorledene sy beserings opgedoen het nie.


Hy het wel waargeneem dat die appellant, wat hy as 'n skraapmerk beskryf het, aan sy kop gehad het. Dit moes vars gewees het, want dit het nog gebloei. Volgens dr E Molefi, wat die lykskouing op die oorledene uitgevoer het, het die oorledene ses insnydingswonde opgedoen. Aan sy gesig was ook beserings wat deur stompgeweld veroorsaak is. Namens die appellant is erken dat die oorledene se dood deur 'n steekwond van sy buik veroorsaak is.



Die appellant se weergawe was dat hy en die oorledene vroeer die dag in 'n vuisgeveg by 'n smokkelhuis betrokke was. Nadat hulle uitmekaar gehaal is, het hy na die staatsgetuie se smokkelhuis gegaan. Daar is hy later deur die oorledene met 'n mes aangeval. Hy het sy eie mes uitgehaal en die oorledene in selfverdediging gesteek. Hy was nie seker hoeveel steekwonde hy die oorledene toegedien het nie, maar het dit op drie geskat, hoewel hy toegegee het dat dit meer kon wees. Volgens horn het hy self vier wonde opgedoen.



Die landdros het ter verwerping van die appellant se getuienis bevind dat sy weergawe dat die oorledene horn vier steekwonde toegedien het, leuenagtig is, omrede dit nooit deur sy prokureur aan die staatsgetuie gestel is nie. Met hierdie gevolgtrekking stem ek nie saam nie. Die staatsgetuie was nie 'n ooggetuie nie en gevolglik was daar geen plig op die kruisverhoorder om so 'n stelling aan die getuie te maak nie. Ook die feit dat die appellant en die staatsgetuie in die verlede 'n probleem gehad het wat ter ruste gele is, het, na my mening, nie veel om die lyf nie.



'n Nalees van die getuienis toon, na my mening, dat die appellant se weergawe dat die oorledene horn aangeval het, nie as vals bo redelike twyfel verwerp kan word nie. Ek het oorweging geskenk aan die vraag of die appellant nie die perke van noodweer oorskry het nie, dit veral gesien dat die oorledene ses steekwonde opgedoen het. So 'n bevinding sou egter verg dat hierdie hof 'n leunstoelhoudingbenadering volg wat natuurlik nie toelaatbaar is nie.



Ek is van mening dat die redelike moontlikheid dat die appellant in noodweer opgetree het, nie uitgesluit kan word nie. Bygevolg word die appellant se appel gehandhaaf en sy skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.


VELDHUIZEN, R


Ek stem saam:


STEYN, R