South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2011 >> [2011] ZAWCHC 67

| Noteup | LawCite

Kennedy v S (A591/2010) [2011] ZAWCHC 67 (9 March 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


-5-

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAK NR: A591/2010


In die saak tussen:

JEREMY KENNEDY .....................................................................................Appellant

en

DIE STAAT …............................................................................................Respondent


UITSPRAAK GELEWER OP 9 MAART 2011




1. Die appellant het tereggestaan op :n aanklag van die oortreding van artikel 3 gelees met artikels 1, 56(1), 57, 58, 59. 60 en 61 van die Strafregwysigingswet (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede). Wet 32 van 2007 (verkragting) gelees met artikels 92(2), 94, 256, 257 en 281 van die Strafproseswet 51 van 1977 met, as n alternatiewe aanklag. n oortreding van artikel 55 van voormelde wet (gepoogde seksuele penetrasie). Die eerste aanklag was ook onderhewig aan die bepalings van artikel 51 en bylae 2 van die Regswysigingswet, 105 van 1997, soos gewysig - die minimum vonnis wetgewing.

2. Die klagtes het voortgespruit uit gebeure wat plaasgevind het op 2 Augustus 2009 te Dysselsdorp, Kaap. Die appellant het na bewering die klaagster verkrag. Hulle het mekaar geken.

3. Die klaagster het getuig dat sy die aand in die geselskap van haar kerel, ene Tollie, deurgebring het by 'n shebeen en dat sy hom huistoe vergesel het waar sy saam met hom op sy dubbelbed in 'n beskonke toestand aan die slaap geraak het. Sy het geen herinnering van wat daarna gebeur het nie, maar is sy die volgende oggend deur ene Charlton Stuurman en Anton Baardman meegedeet dat die appellant gemeenskap met haar gehad het.

4. Dit was aan haar gestel dat die appellant sou kom getuig dat sy haar hand in sy broek gedruk het - alhoewel dit later geblyk het dat dit moet wees sy broeksak. Die appellant sou na bewering op haar gevloek het waarop die twee nefies. Charlton Stuurman en Anton Baardman, die kamer sou binnegestorm het Dit het aanleiding gegee tot 'n alterkasie tussen die drie. Hiervan het sy geen kennis gedra nie.

5. Sy het getuig dat die appellant die volgende dag voor sy vriende gespog het dat hy gemeenskap met haar gehad het.

6. Mnr Charlton Stuurman het getuig dat hy die aand deurgebring het in die geselskap van sy neef. Anton Baardman. by dieselfde shebeen waar die klaagster was. Terug by die woning van Tollie het sy neef. Anton, hom geroep. Charlton het getuig dat beide die klaagster en haar kerel beskonke was. Die appellant was in die bed saam met die klaagster en haar kerel. Charlton het onomwonde getuienis gegee dat die appellant gemeenskap gehad het met die klaagster Die klaagster se klere was tot by haar kniee afgetrek en so ook die appellant. Anton sou die appellant berispe het. Die appellant het groot geskrik toe hy vir Charlton en Anton sien. Hy het probeer om hulle met 'n mes te steek. Die appellant het hulle gejaag en hulle het deur die venster ontsnap. Die klaagster se kerel, Tollie, het die appellant uit die huts verjaag. Die nefies het gehardloop om die appellant se moeder te roe p.

7. Mnr Anton Baardman was saam met Charlton gewees en het tot 'n groot mate sy getuienis bevestig, alhoewel hy nie dieselfde grafiese waarneming gemaak het as wat Charlton gemaak het nie. Hy het Charlton geroep om te kom kyk wat besig was om te gebeur Hy het getuig dat die appellant hulle met 'n mes gejaag het. Hy het daarna die klaagster se moeder, Mev Dina Stuurman, geroep het.

8. Mev Kennedy het getuig dat haar man die oom van die appellant is. Die appellant het 'n huis naasliggend tot hulle gebly. by sy oom, ene Mnr van Rooyen, en die se vrou. Hulle het sedertdien geweier om verblyf aan horn te verskaf. In die oggendure van Sondag, 3 Augustus 2008, dit was nog donker. het die appellant besoek by haar en haar man afgele. Die appellant het haar man in haar teenwoordigheid meegedeel dat hy 'n meisiekind verkrag het. Hy het skynbaar gese dat hy 'n kondoom gebruik het. Die appellant het verder gese dat hy die huismense "daar op horings gejaag" het. Mev Kennedy het getuig dat sy agter n gordyn afskorting was toe die gesprek plaasgevind het.

9. Sy is gekruisverhoor omdat sy skynbaar in haar verklaring sou gese het dat sy mededeling was dat hy gemeenskap sonder n kondoom gehad het. Sy het verduidelik dat die verklaring wat sy onderteken het, nie aan haar teruggelees was nie. Sy het getuig dat sy inderdaad laasgenoemde mededeling aan die ondersoekbeampte gemaak het en dat dit inderdaad korrek was Sy is nie gekruisverhoor oor enige andere verskille tussen haar getuienis - waar sy onomwonde van verkragting melding gemaak het - en haar verklaring - waarin sy slegs van omgang melding gemaak het nie.

10. Die appellant het getuig dat hy die betrokke aand by Tommy, die broer van die klaagster, besoek wou afle. Hy het vroeer by die dans gedrink. Ene Brendan het by die klaagster se huis die deur oopgemaak en hom meegedeel dat Tommy sou kom en dat hy net vir Tommy moes wag. Tommy bly alleenig in 'n kamer. Die appellant is na Tommy se kamer. Hy het persone op die kooi opgemerk en op die bed gaan sit. Hy het ingesluimer. Hy het 'n hand in sy linkerkantste sak gevoel, dit gegryp en begin vloek. Dit is toe dat Charlton en Anton opdaag en die duvet van die klaagster en haar kerel wegruk.


11. Die twee Staatsgetuies Charlton Stuurman en Anton Baardman het mekaar in alle wesentlike opsigte gestaaf. Die agbare verhoorlanddros het deeglik oorweging gegee aan die teenstrydighede in hulle getuienis. Hierdie teenstrydighede is egter, insigself, soos die geleerde verhoorlanddros tereg bevind het, nie van wesentlike belang nie en dui eerder op die geloofwaardigheid van die getuies

12. Namens die verdedigmg is daar gewag gemaak van die feit dat mnr Kennedy, die oom, nie geroep was as 'n getuie nie. Die getuienis van Mev Kennedy staan egter in wese onbetwis. Dit is getuienis van wat sy gehoor het die appellant self se. Dit laat weinig twyfel oor die aandadigheid van die appellant aan verkragting. Haar getuienis ondersteun die getuienis van Anton en Charlton aangaande die verkragting.

13. In die vooropstelling is ek die mening toegedaan dat die appellant tereg skulidig bevind is aan die ten laste gelegde misdaad.


14. By vonnisoplegging het die agbare verhoorlanddros bevind dat daar 'n
enkele aspek is wat die oplegging van die voorgeskrewe 10 jaar gevangenisstraf onvanpas sou maak. Dit was die feit dat die appellant reeds 'n jaar en ses maande in hegtenis was. Hy het dit in ag geneem en bevind dat 'n toepaslike straf 7 jaar gevangenisstraf sou wees.


15. Die appellant is gedurende 1997 skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf wat opgeskort was vir 4 jaar. In 2003 is hy skuldig bevind aan die besit van gesteelde eiendom en is hy n boete van R1 600.00 of 4 maande gevangennisstraf opgele wat vir 4 jaar opgeskort is. In 2003 was hy ook skuldig bevind aan kwaadwillige saak beskadiging en beboet tot R600.00 of
60 dae, opgeskort vir 3 jaar. In 2004 was hy skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel, asook diefstal. en was hy gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf. In 2007 was hy ook gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf vir aanranding met die opset om ernstig te beseer.

16. Die agbare verhoorlanddros het andersins breedvoerig aandag gegee aan die persoonlike omstandighede van die appellant, die misdaad en die belange van die gemeenskap

17. Daar is na my mening geen gronde om in te meng met hierdie bevindinge nie en is die vonnis van 7 jaar gevangennisstraf geensins onvanpas in die omstandighede nie.

18. In die vooropstelling sou ek die skuldigbevinding en vonnis handhaaf en die appel van die hand wys.


S, OLIVER (WnR)



Ek stem saam.


GOLIATH, R