South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2012 >>
[2012] ZAWCHC 10
| Noteup
| LawCite
PPM Incorporated Attorneys v Greyling and Ander (14982/2011) [2012] ZAWCHC 10 (6 February 2012)
Download original files |
UITSPRAAK
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF,
KAAPSTAD)
SAAK NO:14982/2011
DATUM: 6 FEBRUARIE 2012
In die saak tussen:
PPM
INCORPORATED ATTORNEYS Applikant
en
HENDRIK JOHANNES
GREYLING 1ste Respondent
ESTER BERDINA GREYLING 2de
Respondent
UITSPRAAK
SMIT, WnR:
Hierdie is 'n aansoek om die finale sekwestrasie van die eerste Respondent,
Hendrik Johannes Greyling. 'n Voorlopige sekwestasiebevel
is toegestaan op 1
Augustus 2011, op grond daarvan dat vonnis in die Landdroshof, BelIvilie,
toegestaan is teen eerste respondent
en dat die balju 'n nulla bona
relaas gelewer net Die keerdatum is vasgestel op 6 September
2011.
Op 2 September 2011 is 'n opponerende beedigde verklaring van die eerste respondent geliasseer waarin drie substansiele verwere geopper is, naamik -
(a) dat die vonnis wat op 6 Junie 2011 toegestaan is, onregmatig was aangesien eerste respondent te a lie tersaaklike tye opgetree het namens Golf & Leisure Joint Ownership (Edms) Beperk en dat die eisbedrag deur die maatskappy verskuldig geword het;
(b) dat eerste respondent die geregistreerde eienaar van Erf 359, Bantrybaai, is en dat dit gevolglik ontken word dat hy nie oor vervreembare bates beskik ter voldoening van die beweerde eis teen horn nie;
(c) dat die feit dat hy direkteur van verskeie maatskappye is, op sigself waardeloos is. Volgens hom het hy die dagvaarding onmiddellik aan Kulenkampff prokureurs in Somerset-Wes oorhandig, maar hulle het versuim om die saak te opponeer en verstekvonnis moes derhalwe nooit teen hom toegestaan gewees het nie.
Op 6 September 2011 is die aansoek uitgestel na 7 Desember 2011 op die semi-dringende rol op die basis dat applikant repliserende stukke teen 19 September 2001 moes liasseer. Op 11 September is die saak by ooreenkoms uitgestel tot 6
Februarie 2012 op die basis dat die betooghoofde ooreenkomstig die
praktykreels geliasseer moet word.
Geen betoogshoofde is namens eerste respondent geliasseer nie en vanoggend is
ek voorsien van 'n aansoek om uitstel op die basis dat
eerste respondent aansoek
wil doen om tersydestelling van die vonnis. Hy beweer dat die prokureurs wat hom
gehelp het met die opstel
van die opponerende stukke hom nie geadviseer het dat
hy kan aansoek doen om tersydestelling van die vonnis nie. Hy beweer dat hy
eers
op 3 Februarie 2012 deur advokaat Walters geadviseer is dat hy kan aansoek doen
vir tersydestelling van die vonnis.
In paragrawe 12 tot 17 van sy funderende verklaring in die aansoek om uitstel beweer hy as volg:
"12. My voormalige prokureurs, Johan Viljoen & Genote, het my bygestaan met die opstel van my opponerende verklaring waartydens ek op hulle advies gesteun het.
13. Ongelukkig het my prokureur nie geadviseer dat ek
kan aansoek doen om die verstekvonnis, wat ten gunste van die applikant teen my verkry is, tersyde te laat stel nie en was ek self ook onbewus van hierdie opsie wat beskikbaar is.
14. Ek het op ongeveer 27 Januarie 2012 my nuwe prokureur, mnr Francois Greeff, aangestel om my hierin te verteenwoordig.
15. My prokureur het vir die eerste maal op 2 Februarie 2012 die aansoekstukke ontvang weens die feit dat my voormalige prokureur sy lien oor die inhoud van sy leer uitgeoefen het, hangende die afhandeling van n geskil wat tussen ons ontstaan het.
16. My prokureur kon eers op 3 Februarie om ongeveer 14:15 aan advokaat Andre Walters opdrag gee en die aansoekstukke hierin aan horn voorsien.
17. Dit was eers na aanleiding van die advies wat van advokaat Walters bekom is, dat ek vir die eerste maal in kennis gestel is dat ek kan aansoek doen vir die tersydestelling van die vonnis wat die applikant teen my verkry het. Ek het my prokureur dadelik van instruksies voorsien om die nodige dokumente op te stel vir die bring van die nodige aansoek in hierdie verband."
By die beedigde verklaring wat ter opponering van die uitstel geliasseer is, is 'n afskrif aangeheg van 'n aansoek om tersydestelling van die vonnis wat deur Johan Viljoen & Genote namens die eerste respondent geliasseer is waaruit dit blyk dat die aansoek reeds op of ongeveer 10 Oktober 2011 geliasseer is.
Uit die voorgaande blyk dit nie alleen dat die aansoek om uitstel nie bona fide is nie, maar dat die tweede respondent getrag het om die Hof positief te mislei. Die aansoek om uitstel word derhalwe met koste van die hand gewys en die finale sekwestrasiebevel word toegestaan.
SMIT, WnR