South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 217

| Noteup | LawCite

S v Baadjies (SS35/2012) [2012] ZAWCHC 217 (31 August 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SIHD-AFRIKA

(OOSTELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING)

GEHOU TE OUDTSHOORN



SAAKNOMMER SS35/2012

DATUM 31 AUGUSTUS 2012

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

ABRAHAM BAADJIES

UITSPRAAK

FOURIE, R:

Die beskuldigde word die volgende misdrywe ten laste gele:

Aanklag 1 is een van aanranding met die opset om ernstig te beseer; deurdat hy tussen 5 en 6 Februarie 2011, en te Claassenstraat 17, Bergsig, Calitzdorp, in die distrik van Oudtshoorn, wederregtelik en opsetlik vir Carmen Rene Pedro aangerand het deur haar met ‘n koppie op die kop te slaan met die opset om haar ernstig te beseer.

Aanklaq 2 is een van moord deurdat die beskuldigde op 9 Februarie 2011 en te dieselfde adres, wederregtelik en opsetlik vir Carmen Rene Pedro, ‘n vrouepersoon, gedood het, deur haar met ‘n mes te steek.

Die Staat beweer verder dat die minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf ingevolge Artikel 51(1)(a) van Wet 105 van 1997, gelees met Dee! 1 van Bylae 2, van toepassing is.

Die Staat beweer voorts dat die moord beplan of met voorbedagte rade gepleeg is en/of dat die misdryf gepleeg is terwyl die oorledene ‘n persoon was wat moontlik wesenlike getuienis sou gee, soos voorsien in Bylae 1 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977.

Die beskuldigde het ‘n pleit van skuldig op beide aanklagte aangebied met ‘n gepaardgaande skriftelike pleitverduideliking kragtens Artikel 112(2) van die Strafproseswet. Die Staat het egter nie die pleite en die feitelike basis waarop dit gegrond is, aanvaar nie, met gevolg dat die Hof ingevolge Artikel 113 van die Strafproseswet ‘n pleit van onskuldig ten aansien van beide aanklagte genotuleer het en het die Staat met die vervolging voortgegaan.

Die erkennings wat die beskuldigde egter wel uit hoofde van sy aanvanklike pleite en pleitverduideliking gemaak het, bly kragtens Artikel 113 van die Strafproseswet staan as bewys van die bewerings waarop dit betrekking het. Uit hoofde van die erkennings wat die beskuldigde aldus gemaak het, en die getuienis wat die Staat aangebied het wat nie in geskil geplaas is nie, blyk die volgende gemeensaak te wees.

Eerstens wat aanklag 1 betref:

1. Die beskuldigde het op 5 Februarie 2011 en in die kombuis van die woning te Claassenstraat 17, Bergsig, Calitzdorp, vir Carmen Rene Pedro, na wie ek hierna as die oorledene verwys, met ‘n porseleinkoppie oor die kop geslaan. Die koppie het gebreek na die eerste hou, waarna beskuldigde vir die oorledene ‘n verdere hou of houe met die gebreekte koppie toegedien het. Die oorledene is in die proses beseer deurdat sy snywonde aan haar voorkop opgedoen het. Die wonde is met mediese hegsteke geheg en was onderskeidelik 40, 35, 20 en 10 mm in lengte. Die omvang daarvan blyk uit foto’s geneem tydens die latere nadoodse ondersoek. Dit is foto’s 4 en 5 van Bewysstuk D.

2. Die oorledene het om hulp geroep en haar broer het gekom en die gebreekte koppie, wat die beskuldigde in sy regterhand gehad het, van horn afgeneem.

3. Die beskuldigde het geweet dat die koppie ‘n gevaarlike wapen is en dat hy ‘n persoon ernstig daarmee kan beseer. Hy erken voorts dat sy optrede wederregtelik en opsetlik was.

Wat daar nog in geskil is ten aansien van aanklag 1 is die volgende:

Was die beskuldigde ten tyde van die aanranding op die oorledene ten voile toerekeningsvatbaar of was hy in ‘n verminderde mate toerekeningsvatbaar weens die inname van sterk drank en die beweerde provokasie weens die optrede van die oorledene?

Die antwoord op hierdie vraag kan gevind word in die getuienis wat handel oor die omstandighede wat geheers het tydens die betrokke aanranding.

Daar was geen ooggetuies teenwoordig in die kombuis in die aanloop tot en tydens die aanranding nie. Die oorledene se broer wat haar te hulp gesnel het toe sy geskree het, het getuig dat beskuldigde en oorledene in die kombuis “gestry en baklei het.” Toe hy egter op die toneel gekom het, was die oorledene reeds beseer, terwyl die beskuldigde met die gebreekte koppie in sy hand gestaan het.

Aan die hand hiervan moet ek aanvaar dat daar waarskynlik wel ‘n argument of stryery tussen die beskuldigde en die oorledene was wat uitgeloop het op haar aanranding deur die beskuldigde met ‘n porseleinkoppie.

Volgens die foto’s van die oorledene se beserings aan haar voorkop, bevind ek dan ook dat beskuldigde vir die oorledene meerdere houe met die koppie, insluitende die gebreekte koppie wat ‘n skerp snykant gehad het, soos beskryf deur die oorledene se broer, toegedien het.

Wat die toerekeningsvatbaarheid van die beskuldigde betref, is die getuienis van die oorledene se broer dat al die teenwoordiges, insluitende die beskuldigde, die betrokke aand sterk drank ingeneem het, maar dat hulle nie baie gedrink het nie. Die strekking van sy getuienis was dat alhoewel die beskuldigde gedrink het, hy voldoende by sy positiewe was ten einde te weet wat hy gedoen het.

In sy pleitverduideliking se die beskuldigde dan ook dat hy steeds geweet het wat hy doen en dat hy beheer oor sy handelinge en optrede gehad het. In die lig hiervan bevind ek dat die beskuldigde weens sy inname van drank die aand van die aanranding, nie dermate onder die invloed was dat dit sy toerekeningsvatbaarheid wesenlik beinvloed het nie.

Wat die beweerde provokasie betref, moet dit na my mening gesien word teen die volgende agtergrondfeite wat gemeensaak is of nie wesenlik in geskil is nie.

Die oorledene en die beskuldigde was deur die jare in ‘n verhouding betrokke, blykbaar reeds vanaf die stadium wat die oorledene in standerd 8 op skoot was. Die twee het, soos ek dit verstaan, dieselfde skool bygewoon. Nadat die oorledene haar skoolloopbaan voltooi het, sy het matriek geslaag, het sy swanger geraak en is ‘n dogter gebore. Die beskuldigde is die natuurlike vader van die kind, wat nou reeds twaalf jaar oud is.

In 2004 was die oorledene vir ‘n tydperk by haar ouers in die Kaap woonagtig. Sy het egter in 2007 of 2008 na Calitzdorp teruggekeer en is die verhouding tussen haar en die beskuldigde weer voortgesit. Ongeveer tien maande nadat die oorledene teruggekeer het na Calitzdorp, het die beskuldigde, na hy sy gebruiklike Vigs toets ondergaan het, vasgestel dat hy met die HIV virus besmet is. Dit het geblyk dat hy besmet is deur die oorledene wat toe reeds HIV positief was. Dit het groot spanning tussen die partye teweeggebring. Die beskuldigde was veral verbitterd oor die feit dat die oorledene klaarblyklik ontrou aan horn was en aldus die HIV virus opgedoen het, asook dat sy versuim het om horn mee te deel van haar positiewe status, nadat sy van die Kaap teruggekeer het en hy dus gei'nfekteer is toe hulle gemeenskap gehad het. Die gevolg was dat die oorledene en die beskuldigde baie baklei en gestry het, soos ook beskryf deur me Dorothea Julies, ‘n huisvriend van beide, wat hulle tevergeefs tot ander insigte probeer bring het. Soos ek reeds gemeld het, het die beskuldigde en die oorledene voigens laasgenoemde se broer weer die aand van die aanranding, soos hy dit gestel het, gestry en baklei het en is dit nie vergesog om te aanvaar dat die HIV status probleem waarskynlik die oorsaak van die spanning tussen hulle was nie.

Die beskuldigde self beskryf die gebeure as volg in sy bekentenis, dit is Bewysstuk E:

Ons het toe van tyd tot tyd gestry, want Meina ...”

(dit is nou die troetelnaam wat die beskuldigde vir die oorledene gegee het:

... wou nog ‘n kind gehad het en ek wou nie meer kinders he nie. Gedurende 2010, ek dink dit was Juniemaand gewees, het Meina swanger geraak.

Die HIV behandeling het Meina baie siek gemaak en ‘n aborsie is op haar gedoen nadat sy plus minus twee maande swanger was. Meina het ook sterk begin drink en dan los sy haar medikasie vir die Vigs. Meina was verskeie kere in die hospitaal oor sy so swak was. As ek dan gepraat het oor sy nie haar pille gereeld drink nie, was daar rusie. So het ek en Meina ook gestry op 4 Februarie 2011 gedurende die aand. Meina was weer gedrink en sy het my baie lelik uitgeskel. Ek het kwaad geraak en haar toe aangerand.”

In die lig van hierdie getuienis kom ek dus tot die gevoigtrekking dat die HIV status-probleem waarskynlik ‘n deurlopende bron van onmin tussen die partye was en dat die oorledene se optrede tydens die argumente wat daaruit voortgespruit het, ook waarskynlik as provokasie kon gedien het, wat ‘n bydrae sou geiewer het ten einde die beskuldigde te beweeg om haar so wreed met die koppie aan te rand.

Dit mag dus wel ‘n verminderde mate van toerekenings- vatbaarheid tot gevolg gehad het, maar die beskuldigde volgens sy eie weergawe, het geweet wat hy doen en het hy beheer oor sy handeling en optrede gehad. Verder, soos ek reeds aangedui het, erken die beskuldigde al die elemente van die misdryf van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Dit bring my dan by die moordklagte, aanklag 2, waar die volgende feite gemeensaak is, of minstens nie werklik in geskil is nie.

1. Die oorledene is vroegoggend op 9 Februarie 2011 in die TV kamer van haar gemelde woonhuis, verskeie steek- en snywonde met ln mes deur die oorledene toegedien. Sy het daarin geslaag om na die aanranding 'n aantal tree in die huis te beweeg, waarna sy ineengestort en gesterf het weens die beserings veroorsaak deur die steek- en snywonde.

2. Die aanval op die oorledene was uiters wreedaardig, soos blyk uit die foto’s in Bewysstuk D en dit word as volg deur die patoloog beskryf in sy nadoodse ondersoek verslag wat as Bewysstuk C voor die Hof dien. Ek haaf aan uit die verslag:

Eerstens waar die patoloog handel met die steekwonde wat opgedoen is, en dit as volg beskryf:

1. On the apex of the posterior triangle of the right side of the neck, 15 mm in length and to the subcutaneous tissues only.

2. Large zigzag incised wound on the anterior aspect of the neck and superior arm, 17 mm in length; superficial into the subcutaneous tissues; inferior arm, 19 mm in length, continuous; superficial into the subcutaneous tissues; it appears that somebody tried to cut the deceased’s throat, or tried to decapitate the deceased.”

Die patoloog het dan ook getuig dat hierdie zigzag wond soos hy dit hier beskryf, waarskynlik die doodsveroorsakende wond was wat die oorledene toegedien is.

3. Behind the left ear, 13 mm in length, into the muscular layer of the scalp;

4. Into the middle of the posterior triangle of the left side of the neck, 45 mm in length. Large gaping stab wound into the muscles of the neck only and does not injure any of the blood vessels.”

Dit is die einde van die aanhaling vir sover dit die steekwonde betref.

Ten aansien van die snywonde wat die oorledene opgedoen rapporteer die patoloog as volg:

1. Superior aspect of the left shoulder, 15 mm in length into the deep muscles of the shoulder.

2. Right axiai aspect of the scalp, 15 mm in length, large gaping laceration into the subcutaneous tissues of the underlying scalp.

3. Large gaping laceration involving the whole of the right ear which has been bisected from top to bottom, no underlying scull fracture.”

Ek gaan dan voort met die aspekte wat gemeensaak of minstens nie wesenlik in geskil is nie.

3. Die beskuldigde het geweet dat messteke in die nek van die oorledene noodlottig kan wees, maar het nieteen- staande die wete opsetlik voortgegaan om haar met die mes te steek. Hy het ook tydens die aanval oor die nodige wederregtelikheidsbewussyn beskik.

4. Die beskuldigde het na die aanval die hasepad gekies maar binne ongeveer ‘n uur daarna homself aan die polisie oorgegee.

5. Die oorledene het na die aanranding op haar deur die beskuldigde, op 5 en 6 Februarie 2011, waarna ek reeds verwys het, [n klagte van aanranding teen hom aanhangig gemaak. Die beskuldigde was bewus daarvan dat sy die klagte teen hom gele het en het hy gepoog om haar te oorreed om dit terug te trek. Die oorledene het egter geweier en dit het tot verdere onmin tussen huile aanleiding gegee. Wat dan nou nog in geskil is ten aansien van hierdie moordklagte, is die volgende:

1. Was die beskuldigde ten tyde van die doodslag van die oorledene in ‘n verminderde mate toerekenings­vatbaar weens provokasie?

2. Het die beskuldigde die moord beplan of dit met voorbedagte rade gepleeg?

3. Was die slagoffer van die moord, naamlik die oorledene, ‘n persoon wat waarskynlik wesenlike getuienis met betrekking tot 'n in Bylae 1 van die Strafproseswet bedoelde misdryf by strafregtelike verrigtinge in ln hof sou afle?

Wat die eerste geskilpunt betref, is ek vir die redes reeds vermeld ten aansien van aanklag 1, van oordeel dat die HIV status-probleem tussen die partye en die gevolglike rusies daaroor, ook onderliggend as provokasie sou gedien het, wat waarskynlik ‘n verminderde mate van toerekeningsvatbaarheid tot gevolg sou gehad het, ook in die geval van aanklag 2. Ek haas my egter om by te voeg dat, op beskuldigde se eie weergawe, hy steeds geweet het wat hy doen en steeds beheer gehad het oor sy handelinge.

Verder, wat provokasie betref, moet verwys word na die inhoud van paragrawe 20 en 22 van beskuldigde se verklaring ingevolge Artikel 112(2) van die Strafproseswet, dit is Bewysstuk A, waar hy die volgende se:

20. Daar het ‘n mes op die koffietafel reg voor die TV gele. Die oorledene het dit gegryp en na my gesteek. Ek het die mes afgeneem en in die proses is my vinger gesny. Ek het haar, na ek die mes afgeneem het, verskeie kere met die mes gesteek. Op die stadium nadat ek die mes by haar afgeneem het, was daar geen verdere aanvalle van haar nie. My lewe was ook nie in gevaar nie en ek het ten spyte daarvan voortgegaan om haar te steek met die mes.

22. Nadat ek die oorledene gesteek het, het ek weggehardloop. Sy het die mes, toe ek uithardloop, in haar hand gehad.”

Daar was geen ooggetuie tot hierdie moord nie, en word namens beskuldigde aangevoer dat hierdie weergawe vervat in sy gemelde Artikel 112(2) verklaring, deur die Hof as bewese aanvaar moet word. Ek stem egter nie saam met hierdie betoog nie.

Eerstens, is die inhoud van die verklaring, anders as erkennings van die beskuldigde wat daarin vervat word, nie getuienis voor die hof nie. Dit vorm wel deel van die bewysmateriaal, maar is ek van oordeel dat dit geen werklike bewyswaarde het nie, aangesien tweedens, dit direk in stryd is met die beskuldigde se eie bekentenis wat as getuienis voor die hof dien in die vorm van Bewysstuk E.

In die bekentenis beskryf beskuldigde die moord as volg: Ek haal aan uit sy verklaring in Bewysstuk E:


In die TV kamer het ek en Meina weer woorde gehad oor die aanrandingsaak wat sy teen my gemaak het.

Ek sien toe ‘n silwerkleurige tafeimes le langs die bank. Ek buk toe, te! die mes op en toe steek ek vir haar met die mes. Ek weet nie hoeveel keer ek haar gesteek het nie, maar dit was meer as een keer wat ek haar gesteek het. Waar ek haar gesteek het, weet ek ook nie. Ek het die mes toe neergegooi en weggehardloop.”

Geen melding hoegenaamd word gemaak in die bekentenis dat die oorledene eerstens die mes sou gehad het en na die beskuldigde sou gesteek het en hy dit toe afgevat en haar gesteek het nie. Ook nie dat toe hy weggehardloop het, die oorledene die mes in haar hand gehad het nie. Hy meld ook nie in die bekentenis dat hy in die proses ‘n wond aan sy vinger sou opgedoen het nie.

Vir sover die beskuldigde deur stellings in kruisverhoor aan Kaptein Linde, wat die bekentenis afgeneem het, wou voorgee dat hy wel al hierdie aspekte genoem het, maar dat Kaptein Linde dit nie neergeskryf het nie, word dit as duidelik vals verwerp. Waarom sou Kaptein Linde wat meer as twee uur spandeer het om beskuldigde se bekentenis rustig af te neem, nou nagelaat het om sulke kardinale mededelings in die verklaring op te neem?


Dit volg dus dat ek hierdie weergawe van die beskuldigde vervat in paragrawe 20 en 22 van sy Artikel 112(2) verklaring, vir sover as dit as toelaatbare getuienis geag mag word, as duidelik vals verwerp. Die weergawe vervat in sy bekentenis oor hoe dit gekom het dat hy die moord gepleeg het, word dus as die ware weergawe van die relevante feite aanvaar.

Dit bring my dan by die tweede oorblywende geskilpunt, naamlik of die beskuldigde die moord beplan of met voorbedagte rade gepleeg het. Ek is nie van voorneme om te veel tyd hieraan te spandeer nie, aangesien ek nie oortuig is dat die Staat dit bo redelike twyfel bewys het nie. Daar is sekerlik optrede en uitlatings van die beskuldigde wat verdag voorkom en steun bied vir ‘n moontlike gevolgtrekking dat hy die moord met voorbedagte rade gepleeg het. Daar is egter terselfdertyd getuienis wat op die teendeel dui. Hierdie.is 'n strafsaak wat ek nie aan die hand van waarskynlikhede kan beslis nie. As daar ‘n redelike moontlikheid bestaan dat die getuienis ‘n ander afleiding as die een wat die Staat voorstaan, regverdig, moet die beskuldigde die voordeel van die twyfel kry. Na my oordeel kan die afleiding dat die beskuldigde nie bepland of met voorbedagte rade opgetree het nie, nie as £n redelike afleiding oor die hoof gesien word nie.

Getuienis wat in hierdie verband van belang is, is dat die beskuldigde vir minstens twee jaar of meer voor die moord, bewus was van die HIV status-probleem. Desnieteenstaande het hy steeds sy liefde vir die oorledene en hulle kind geopenbaar en uitgeleef, soos bevestig deur me Fiorina Baadjies. Waarna ek verwys, is dat die beskuldigde en die oorledene begerig om te trou en sou hulle 'n Wendy huis vir hulle agter in haar erf bou. Dit is optrede wat teenstrydig blyk te wees met ‘n persoon wat ‘n moord in gedagte gehad het.

Ook die oggend van die moord is die beskuldigde blykbaar soos gebruiklik na die woning van die oorledene waar sy en hulle dogter, asook Jolene Karelse, saam geslaap het. Dit blyk onwaarskynlik te wees dat beskuldigde met voorbedagte rade soontoe is om die oorledene in die huis waar sy saam met hulle dogter geslaap het, te vermoor. Sy optrede deur blykbaar ook vir die dogter tee en vetkoek te neem, stem ook nie ooreen met ‘n persoon wat ‘n moord in gedagte het nie. Daarbenewens het hy hom ook nie bewapen toe hy na die oorledene se huis gegaan het nie.

Dit blyk gemene saak te wees dat die mes in die oorledene se huis aanwesig was en nie deur beskuldigde daarheen geneem is nie. Dit is natuurlik so dat die beskuldigde, synde die enigste persoon wat die Hof kon inlig oor sy gemoedstoestand ten tyde van die moord, verkies het om nie te getuig nie. Dit het sekere gevolge, onder andere dat die prima facie saak wat daar teen hom mag wees, aan die hand van die getuienis aangebied deur die Staat, nou onbeantwoord staan.

Ek is egter steeds nie oortuig dat die getuienis wat die Staat wel op hierdie aspek aangebied het, van sodanige aard is dat dit selfs in die afwesigheid van getuienis deur die beskuldigde, kan dien as getuienis wat bo redelike twyfel toon dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is nie. Ek kan derhalwe nie bevind dat die beskuldigde die moord beplan of dit met voorbedagte rade gepleeg het nie.

Wat die laaste geskilpunt ten aansien van aanklag 2 betref, behoef dit na my mening nie veel betoog dat die oorledene wel ‘n slagoffer was wat waarskynlik wesenlike getuienis met betrekking tot ‘n Bylae 1 van die Strafproseswet bedoelde misdryf in strafregtelike verrigtinge sou afle nie. Sy het die klagte van aanranding teen die beskuldigde aanhangig gemaak. Dit het betrekking op ‘n misdryf in Bylae 1 van die Strafproseswet beskryf, naamlik aanranding waar ‘n gevaarlike wond toegedien word. Sy het geweier om die aanklag terug te trek toe die beskuldigde haar daartoe versoek het. ‘n Verhoor sou waarskynlik in die toekoms gevolg het.

Die beskuldigde was bewus van hierdie wesenlike feite en

volgens sy eie weergawe en sy bekentenis, het hulle, voordat hy die oorledene met die mes gesteek het, en ek haal aan: “...weer woorde gehad oor die aanrandingsaak wat sy teen my gemaak het.”

Dit is duidelik dat die feit dat die oorledene hierdie klagte teen hom aanhangig gemaak het, die beskuldigde baie ontstel het, en klaarblyklik 'n beduidende rol gespeel het in sy wreedaardige optrede teenoor haar die oggend van 9 Februarie 2011.

Mnr Baadjies, na oorweging van al die relevante getuienis wat voor die Hof geplaas is, WORD U SKULDIG BEVIND OP AANKLAG 1, AANRANPING MET DIE OPSET OM ERNSTIG TE BESEER SOOS AANGEKLA.

OP AANKLAG 2 WORD U SKULDIG BEVIND AAN MOORD, SOOS AANGEKLA, MET DIE NODIGE OPSET. IN DIE VORM VAN DOLUS DIRECTUS.

DIE HOF BEVIND VERDER DAT PIE MISDRYF VAN MOORD GEPLEEG IS TERWYL DIE OORLEDENE ‘N PERSOON WAS WAT MOONTLIK WESENLIKE GETUIENIS TEEN U SOU GEE, SOOS VOORSIEN IN BYLAE 1 VAN DIE STRAFPROSESWET

51 VAN 1977.






FOURIE, R