South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2012 >>
[2012] ZAWCHC 306
| Noteup
| LawCite
S v van Staden (SS36/2012) [2012] ZAWCHC 306 (11 September 2012)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(OOSTELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING) GEHOU TE OUDTSHOORN
SAAKNOMMER: SS36/2012
DATUM: 11 SEPTEMBER 2012
In die saak tussen
DIE STAAT
en
FRANS VAN STADEN
UITSPRAAK
FOURIE, R:
Die beskuldigde word van die pleging van die volgende misdrywe aangekla:
Aanklaq 1, is een van moord deurdat die beskuldigde op of omtrent 22 Junie 2010 en te of naby Besemkop Plaas, Calitzdorp, in die distrik van Oudtshoorn, wederregtelik en opsetlik vir Dina Oerson, ‘n vroulike persoon, gedood het deur haar met ‘n graaf te kap en te slaan. Die Staat beweer verder dat die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 van toepassing is deurdat die misdaad genoem word in Deel II van Bylae 2 van gemelde wet.
In Aanklag 2, word dit die beskuldigde ten laste gele dat hy artikel 3 van Wet 32 van 2007 oortree het, deurdat hy op of omtrent 11 Maart 2012 en te of naby Withoek, Caiitzdorp, in die distrik van Oudtshoorn, wederregtelik en opsetlik [n daad van seksuele penetrasie gepleeg het met Celeste Antonie, ‘n volwasse vroulike persoon, sonder haar toestemming, deurdat hy sy penis in haar vagina geplaas het.
Die Staat beweer dat dit ‘n oortreding is waar die bepalings van Artikel 51 van wet 105 van die 1997 van toepassing is, deurdat die misdaad genoem word in Deel III van Bylae 2 van gemelde Wet.
Die beskuldigde het op aanklag 1 ‘n pleit van onskuldig aari moord maar wel skuldig aan die bevoegde uitspraak van strafbare manslag aangebied, terwyl hy onskuldig gepieit het op aanklag 2. Die Staat het egter nie die pleit van skuldig op strafbare manslag op aanklag 1, asook die feitelike grondslag waarop dit aangebied is, aanvaar nie. Die gevolg was dat die Staat gevolglik die vervolging ten aansien van aanklag 1, asook die vervolging uit hoofde van aanklag 2, voortgesit het.
Die beskuIdigde het 'n skrifteIike pIeitverduideliking ingevoIge: artikel 112(2) van die Strafproseswet aangebied ten aansien van aanklag 1, sowel as ‘n skriftelike pleitverduidel iking ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet ten aansien van aanklag 2. Weens die nie-aanvaarding deur die Staat van die beskuldigde se skuldig pleit ten aansien van aanklag 1, en in die !ig van sy pleit van onskuldig ten aansien van die aanklag van moord, b!y die erkennings deur hom gemaak in sy artikel 112(2) ’ pleitverduideliking, staan as bewy.s van die bewerings waarop dit betrekking het. Verdere erkennings is dan ook deur hom gemaak in sy artikei 115 pleitverduideliking ten aansien van aanklag 2 waarna ek later sal verwys.
In die lig van voormelde en in die iig van die verdere onbetwiste getuienis is die volgende gemeensaak, wat aanklag 1 betref:
Gedurende die aand van 22 Junie 2010 en te Besemkop, Caiitzdorp, het die beskuldigde die oorledene verskeie houe met die plat kant van ‘n graaf toegedien wat tot haar dood op 26 Junie 2010 aanleiding gegee het. Volgens die nadoodse ondersoekverslag van die patoloog, dr Mariette Hurst, is die oorledene dood as gevolg van subdurale breinbloeding met verhoogde skedeldruk en gevolglike sekondere longontsteking. Die volgende beserings is aan die liggaam van die oorledene gevind;
Skaafwonde aan die kniee, linkerwang, regter- skouer, links agter aan die kop, die linker enkei, linker ken en linker voorkop;
Kneuswonde aan die linkervoorarm, bors, beide voete, linkerbobeen, regterskouer, regterboarm; ‘n Verdere kneuswond met inwendinge bloeding aan die linkeroog is ook waargeneem;
Ook drie individuele diep kneuswonde aan die kop. Laasgenoemde : het wydverspreide subdurale bloeding tot gevolg gehad, met gevolg dat dele van die oorledene se brein, aldus die patoloog, dood is.
Volgens die geneesheer is die beserings hoofsaaklik veroorsaak deur stompgeweld wat versoenbaar is met die gebruik van die graaf, Bewysstuk 1, se platkant. Ek mag meld dat hierdie graaf die een is wat die beskuldigde in die aanval op die oorledene gebruik het en is dit ongeveer 1,1 tot 1,2 meter lank met ‘n gewig van 1,830 kg.
Die beskuldigde erken voorts in sy pleitverduideliking dat sy optrede wederregtelik was en dat hy nalatig was in sy optrede aangesien ‘n redelike persoon wel die moontlikheid sou voorsien het dat die oorledene kon sterf weens die feit dat ‘n graaf gebruik was om haar mee aan te rand. In sy pleitverduideliking se die beskuldigde egter verder dat hy nie die oorledene wou doodslaan nie. Hy het ook nie voorsien dat sy moontlik kon sterf weens die .wyse waa.rop hy haar aangerand het nie. Hy se dan verder dat hy ten tyde van die voorval onder die invioed van sterk drank was en dat dit sy toerekeningsvatbaarheid beperk het. Derhalwe is dit die beskuldigde se saak dat hy wel skuldig is aan strafbare manslag, maar nie die nodige opset gehad het om die oorledene te vermoor nie.
In die lig hiervan is die weseniike geskiipunt in hierdie saak, wat aanklag 1 betref, dus of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde die nodige opset gehad het om die oorledene te vermoor.
Eerstens kan daar in hierdie verband kortliks gehandel word met die invioed wat die sterk drank wat die beskuldigde na bewering vroeer die aand van die moord ingeneem het, moontlik op hom kon gehad het.
Na my mening is daar nie enige meriete in hierdie aspek van die verweer nie. In kruisondervraging het die beskuldigde dan ook geredelik-toe.geg.ee dat, nieteenstaande die inname van drank deur hom, hy steeds geweet het wat hy doen en dus insig gehad het in sy handelinge toe hy die oorledene met die graaf te lyf gegaan het. As daar dan gelet word op sy beskrywing van die gebeure die betrokke aand voor en na die aanranding, is dit duideiik dat hy voldoende by sy positiewe was en geweet het wat hy doen, met gevolg dat hy beheer oor sy handelinge en optrede gehad het.
Soos ek reeds gemeld het, se die beskuldigde in sy s krifte I ike pleitverduideliking dat hy nie voorsien het dat die oorledene moontlik kon sterf weens die wyse waarop hy haar met die graaf aangerand het nie. In kruisondervraging gee hy egter toe dat die graaf ‘n gevaarlike wapen is en dat jy ‘n persoon daarmee kan doodslaan, veral as die persoon teen die kop geslaan word. In herondervraging wei die beskuldigde hierop uit en se dat toe hy die oorledene met die graaf geslaan het, het hy geweet dat hy haar kan doodslaan. Later, ook in herondervraging, het hy probeer terugkrabbel en gesuggereer dat hy eintlik net die doodslag voorsien het, in ‘n geval waar die slagoffer met die skerp kant van die graaf geslaan of gekap sou word.
Hierdie was egter ;n deursigtige poging om sy getuienis aan te pas en aan die gevolge daarvan te ontkom, veral aangesien sy weergawe is dat hy die oorledene met die platkant van die graaf geslaan het en is dit op hierdie basis wat sy getuienis aangebied is, en hy onder kruisverhoor geneem is.
Ons reg erken twee verskyningsvorms van opset. Enersyds is daar dolus directus oftewel opset by sekerheidsbewussyn, andersyds dolus eventualis, oftewel opset by moontlikheids- bewussyn. By dolus directus gaan die handeling gepaard met die wil om die dood van die siagoffer te bewerkstel.ling. Dolus eventualis is van toepassing waar die persoon by die verrigtinge van die handeling die moontlikheid van die dood van die siagoffer voorsien en hom daarmee te versoen dat die dood kan intree.
Soos ek nou reeds aangetoon het, het beskuldigde toegegee dat toe hy die oorledene met die graaf geslaan het, hy voorsien het dat hy haar kan doodslaan. Selfs indien hy nie. So 'n toegiwing sougemaak het nie, is die Hof van oordeeI dat die enigste reelike afleiding wat van objek tiewe feite gemaak kan word, is dat die beskuldigde inderdaad subjektief die moontlikheid van die doodslag van die oorledene voorsien het.
Die gesag toon dat hoe meer waarskynlik die moontlikheid van die intrede van die nadelige gevolg van die handeling is, hoe makliker sal dit vir die Hof wees om as ‘n fe it te bevind dat die dader wel die moontlikheid voorsien het. In die onderhawige geval het ons met ‘n uiters gevaarlike wapen te doen. Dit weeg 1,8 kg en weens die iang steel daarvan, kan aansienlike momentum daarmee verkry word as dit gebruik sou word om ‘n persoon ‘n hou mee toe te dien. Die plat kant van die graaf is van metaai en verskaf ‘n plat, bree oppervlakte waarmee die slagoffer beseer kan word.
In hierdie geval is daar minstens drie. baie harde houe op dje kop van die oorledene toegedien. ‘n Mens se kop is uiteraard ‘n baie sensitiewe deel van die iiggaam, aangesien dit die brein huisves en is dit aigemeen menslike kerinis dat 'n harde hou of houe wat met ‘n gevaarlike wapen op die kop toegedien word, breinbeserings en die dood van die slagoffer kan veroorsaak. Aanranding van hierdie aard met gevaarlike wapens, soos ‘n graaf, waar drie baie harde houe teen die kop toegedien word, hou na my mening objektief gesproke ‘n groot waarskynlikheid in dat ernstige beserings en die dood van die slagoffer kan intree.
Ek het dus geen huiwering om as ‘n feit te bevind dat in die omstandighede van hierdie saak die beskuldigde die m oo ntlikheid va n die d o o d s I a g van die o o rledene voo rsien het.
Dit is verder gemeensaak dat hy nieteenstaande hierdie insig voortgegaan het om die ooriedene met die graaf te slaan en sodoende haar dood te veroorsaak. Dit volg dus dat volgens my bevinding die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde die nodige opset by moontlikheidsbewussyn gehad het om die ooriedene te vermoor.
Ek is egter van oordeel dat die Staat nie bo redelike twyfei bewys het dat die beskuldigde opset in die vgrm van dolus directus gehad het nie. Hierdie blyk vir my eerder aan die hand van die getuienis ‘n geval te wees waar beskuldigde se: wil daarop gemik was om die oorledene liggaamlik te beseer, in omstandighede waar hy voorsien het dat hy haar mag dood, maar sy hoofoogmerk nie was om haar te dood nie.
Die beskuldigde is eerder in die posisie van die persoon wat die Appeihof in S v De Bruin en Ander 1968(4) SA 418 te 510 H as volg beskryf het:
“His dominant purpose may have been to inflict some injury upon him without actual intent to kill.
But if he foresees the possibility, however remote, of resultant death, and is reckless of its fulfilment, persisting in his conduct, he has the required dolus, and the law calls it murder.”
Die gevolg is dus dat ‘n skuldigbevinding op aanklag 1 moet voig. Dit is dan ook nie op hierdie stadium vir my nodig om uit te brei op die verdere getuienis ten aansien van aanklag 1 nie. Vir soverre nodig sal dit dan mettertyd gedoen word in die uitspraak ten aansien van vonnis.
Dit bring my dan by aanklag 2. Soos blyk uit die beskuldigde se skriftelike pleitverduideliking, erken hy dat hy op 11 Maart 2012 opsetlik met die klaagster Celeste. Antonie, geslagtelike gemeenskap gehad het te Withoek, Calitzdorp. Soos egter verder daaruit blyk, is die grondslag van sy verweer dat die geslagsgemeenskap met die toestemming van die klaagster geskied het.
Die getuienis toon dat die beweerde misdryf in die volgende omstandighede gepieeg is: In die aanloop tot Sondag, 11 Maart 2012, het beskuldigde vermoed dat die klaagster, Celeste Antonie, met wie hy in ‘n verhouding van tyd tot tyd betrokke was, die Saterdagaand self betrokke was by ‘n ander man, ene Assie. Dit is nie vir my nodig om in te gaan op die omstandighede wat aanleiding tot hierdie vermoede gegee het nie, aangesien ek aanvaar dat beskuldigde wel die vermoede gehad het en die volgende dag na die huis van die klaagster se suster, Sarah Munro, gegaan het met die doel om die klaagster te konfronteer met hierdie vermoede wat hy gehad het.
Dit is gemene saak dat die drie van hulie, asook die sesjarige seun van die klaagster, op ‘n stadium vanaf die klaagster se suster se huis na Bergsig geloop het om klere daar te gaan haal. Dit is verder gemene saak dat die twee volwassenes die Sondag by Sarah Munro se huis, asook by ‘n ander huis op pad na Bergsig, sterk drank gebruik het. Daarna, op pad na Bergsig, het huile deur ‘n beboste klofie gestap. Daar het die beskuldigde toe vir die klaagster gese dat hy seksuele omgang met haar wou he met die doe.l om vas te ste{ of sy die vorige aand met Assie gemeenskap gehad het.
In ‘n ietwat bisarre verduideliking getuig die beskuldigde dat hy op hierdie manier in staat sou wees om vas te stel of die klaagster wel met ander mans seksuele omgang sou gehad het. Hoe dit ook al sy, die beskuldigde en die klaagster is toe die bosse in waar hulle geslagsgemeenskap gehad het.
Die geskilpunt is egter of hierdie gemeenskap met of sonder die klaagster se toestemming geskied het. Ten einde hierdie geskilpunt te beslis, moet na die getuienis as ‘n geheel gekyk word. Dit moet steeds in gedagte gehou word dat die bewyslas op die Staat rus om bo redelike twyfel te bewys dat die gemeenskap sonder die klaagster se toestemming geskied het. Daar is geen bewyslas op die beskuldigde nie, en as sy weergawe redelikerwys moontlik waar kan wees, moet hy vrygespreek word.
Wanneer daar nou besin word oor die geskilpunt van toestemming aldan nie, moet ‘n belangrike toegewing wat die beskuldigde in kruisondervraging gemaak het, voor oe gehou word. In sy pleitverduideliking en getuienis in hoof was dit die beskuldigde se saak dat die klaagster, nadat hy vir haar gese het dat hy gemeenskap met haar wil hou, om vas te stel of sy ook met Assie gemeenskap gehad het, vir hom vrywilliglik vergesel het na die beboste dee! van die klofie, waar geslagsgemeenskap met haar toestemming plaasgevind het.
In kruisverhoor egter, stem hy saam dat toe hy hierdie versoek aan die klaagster gerig het, sy nee gese het, veral aangesien haar kind by was. Sy het bygevoeg dat beskuldigde vir haar by die huis kon gevra het om gemeenskap met haar te hou. In latere kruisondervraging is pertinent aan hom gestel dat hy dus nie die toestemming van die klaagster gehad het om geslagsgemeenskap met haar in die bosse te he nie en haar gevolglik verkrag het. Hy het aanvanklik met hierdie stelling saamgestem. In herondervraging getuig hy egter verder dat die klaagster wel eers gese het dat sy nie seks met hom wil he nie, maar in sy woorde:
“Agterna vra ek weer en toe se sy ons kan seks.”
Die vraag wat dus beantwoord moet word, is of die klaagster, nadat sy die beskuldigde se aanvanklike versoek om seks te he van die hand gewys het, daarna haar toestemming daartoe verieen het. Weereens moet bekiemtoon word dat hierdie weergawe nie die beskuldigde se aanvanklike saak was nie en dus nie aan enige van die staatsgetuies in kruisondervraging gestel is nie. Dit bots dan ook lynreg met die getuienis van veral die klaagster en haar suster oor wat daar plaasgevind: het.
Volgens die klaagster en haar suster het die beskuldigde die klaagster met geweld die bosse ingeneem. Die klaagster se sy het geweier om die beskuldigde na die klofie se kant te volg. Volgens haar het die beskuldigde haar aan haar arm die ruigte ingetrek.. Sy het gese dat hy haar moet los, maar hy het voortgegaan om haar in die rigting van die kloof, waar daar doringbome was, te trek.
Hierdie weergawe word deur haar suster, Sarah Munro, bevestig. Sy getuig dat die beskuldigde die klaagster in die rigting van die klofie getrek het en die klaagster gese het:
“Los my!”
Volgens haar het die klaagster ook teruggerem, maar die beskuldigde het voortgegaan om haar in die klofie se rigting te trek. Dit is toe wat Sarah Munro, besluit het om te gaan hulp soek. Die getuienis van die twee susters dui dus onteenseglik daarop dat die klaagster nie alleen geweier het om toe te stem tot die beskuldigde se aanvanklike versoek om geslagsgemeenskap te hou nie, maar dat sy haar teenkanting steeds geopenbaar het toe sy en beskuldigde die beboste area binnegegaan het. Dit het vir Sarah Munro genoop om te gaan hu!p soek.
Beskuldigde ontken wel dat hy vir klaagster die bosse ihgetrek het. Maar in die lig van sy erkenning dat die klaagster nie bereid was om seks te he nie, blyk dit hoogs onwaarskynlik te wees dat sy vir hom vrywilliglik die bosse sou ingevolg het, aangesien sy toe geweet het dat hy net een doel voor oe gehad het, naamlik om met haar seks te he in omstandighede waar haar jong seun nog teenwoordig was.
Die verdere vraag wat nou ontstaan, is waarom die klaagster, nadat hulle die bosse in is, volgens beskuldigde se weergawe, nou vrywilliglik sou toestem dat die beskuldigde in die bosse met haar gemeenskap kan hou. Daar blyk vir my iogieserwys geen oortuigende rede te wees waarom sy nou skielik van besluit sou verander nie. Verder moet in gedagte gehou word dat volgens die klaagster se weergawe, wat gestaaf word deur twee onafhanklike getuies, naamlik Violet Horseband en John Manual het beskuldigde in die klofie met klaagster gemeenskap gehad in die onmiddellike teenwoordigheid van klaagster se jong seun. Dit sal onthou word dat die rede vir die weiering van die klaagster om met beskuldigde seks te he: in die veld, die teenwoordigheid van die jong seuntjie was.. Waarom sou sy dus nou, volgens die beskuldigde, toesterh om in die seuntjie se teenwoordigheid vrywilliglik seks te he? Dit is wel so dat die beskuldigde later getuig het dat die seuntjie nie in die onmiddellike nabyheid was toe die gemeenskap piaasgevind het nie, maar dat hy ‘n ver ent van hulle af agter ‘n bos gesit het.
Hierdie weergawe is nie alleen direk in stryd met die klaagster se weergawe nie, maar word weerspreek deur Violet Horseband en John Manual, met wie die beskuldigde nog nooit enige probleme gehad het nie. Die rede waarom hierdie twee/ onafhanklike getuies dan ook so ontsteld was, toe hulle sien dat die klaagster en die beskuldigde in die veld gemeenskap ; gehad het, is volgens hulle, juis die teenwoordigheid van die seuntjie op die toneel waar hy kon sien hoe hulle seks het.
Dit is dan verder ook insiggewend dat beskuldigde self in paragraaf 21 van sy pleitverduideliklng, Bewysstuk A, die volgende se:
“Daarna is ek en sy die bosse in waar ons weer geslagsgemeenskap met wedersydse toestemming gehad het. Ons is egter onderbreek deur mense wat ontevrede was dat ons so geslagsgemeenskap hou voor die klaagster se minderjarige kind.”
Hiervan moet ek aflei dat die gemeenskap volgens die beskuldigde se pleitverduideliking wel in die teenwoordigheid van die klaagster se seun geskied het. Dit volg dus ook dat beskuldigde sy getuienis aangepas het deur te se dat die kind nie naby hulle was nie. Verder is dit van belang om daarop te let dat toe die beskuldigde aanvanklik in sy kruisverhoor hieroor gevra is, hy gese het “die kind was nie daar nie,” bedoelende op die toneel waar hy en die klaagster seks gehad het. Ek mag ook, meer in die algemeen, meld dat toe beskuldigde gevra is waarom klaagster en haar suster hom nou valslik sou beskuldig, hy gese het dat die klaagster se suster dit doen want:
“Sarah wil he ek moet by haar le, nou vertel sy die I e u e n s. ”
Dit is nooit gestel aan Sarah Munro toe sy getuig het nie en is, na my mening, soos die beskuldigde se ander pogings om ln motief om hom valslik te wil beskuldig aan die twee susters toe te dig, sonder enige meriete.
‘n Verdere aspek wat in hierdie verband van belang is, is die beserings wat die klaagster aan haar kop en binnearms opgedoen het. Dit word deur die dokter wat haar na die voorval ondersoek het, bevestig. Die klaagster het getuig dat beskuldigde haar hard hand ig be hand el het en onder andere met ‘n klip teen die kop geslaan het.
Die beskuldigde het ook ten aansien hiervan verskillende weergawes aangebied. Aanvanklik ontken hy dat hy haar hoegenaamd aangerand het en dat sy waarskynlik die vorige aand toe hulle saam was, die beserings kon opgedoen het. Daarna se hy, dat hulle die Saterdagaand gestry het en dat dit:
“Moet seker so wees soos sy se.”
Later val hy terug op sy gebrekkige geheue. en se dat hy nie kan onthou waar sy die beserings sou opgedoen het nie.
Dit is waarskynlik nou ook ‘n gepaste tyd om kortliks my indrukke oor die getuies weer te gee. Die klaagster en haar suster het my bemdruk as betroubare getuies. Dit is so, soos aangetoon deur mnr Marx namens beskuldigde, dat daar verskille of teenstrydighede in hulle weergawes is, maar sou dit na my mening in die omstandighede we! te wagte wees. Die verskille en teenstrydighede is egter na my oordeel nie van wesenlike aard nie, veral nie ten aansien van die belangrike vraag of klaagster toegestem het tot die gemeenskap in die bosse nie.
Dit het eerder gegaan oor sydelingse aspekte, soos of die suster die oggend tekens van klontjiesiekte getoon het, of waarom die suster wat gaan hulp soek het, nie na die toneel teruggekeer het nie. Mnr Marx het ook aangevoer dat daar gebreke in die klaagster se weergawe is. Byvoorbeeld, waarom het sy nie om hulp geroep terwyl sy na bewering verkrag is nie en waarom het sy nie aan Violet en John Manual gerapporteer dat sy verkrag is nie?
Wat die eerste aspek betref, moet in gedagte gehou word dat die klaagster getuig het dat die beskuldigde haar met geweld tot oorgawe gedwing het. Nie net het hy haar met ‘n klip teen die kop gekap nie, maar se sy hy het ook haar een arm onder haar vasgepen. Sy se dat sy gepoog het om hom met die ander arm weg te stoot. Dit word bevestig deur Violet en John Manual.
Sy getuig dan ook dat sy nie om hulp geskree het nie, want die twee persone het toe op hulle afgekom. Sy se ook dat sy nie aan hulle gese het dat sy verkrag is nie, want hulle het tog op haar en die beskuldigde afgekom en dit self gesien. Daarby getuig Violet dan ook dat die klaagster onder die beskuldigde gele en skel het, soos sy dit gestel het. Sy se die klaagster het gese:
“Frans, los my!"
Die feit van die saak is verder dat die klaagster aan die polisiebeampte wat daarna op die toneel aangekom het, gese het dat sy verkrag is.
Konstabel Fortuin bevestig dan ook dat die klaagster baie senuweeagtig was. ln Verdere belangrike mededeling is aan konstabel Fortuin, gemaak deur Violet Horseband toe sy ingebei het om die voorval te rapporteer, naamlik dat dit ‘n geval van ‘n verkragting is.
Die beskuldigde daarenteen was, soos ek reeds aangedui het, ‘n uiters swak getuie. Hy was nie alleen huiwerig en onseker nie, maar het in wesenlike opsigte sy getuienis aangepas en verander. Daar is by my geen twyfel dat, in die lig van die getuienis in sy geheel, dat beskuldigde se weergawe nie redeiikerwys waar kan wees nie en dus as vals verwerp moet word.
Die bevinding wat ek dus maak, is dat die klaagster nie tot hierdie geslagtelike gemeenskap toegestem het nie. Toe sy aanvanklik deur beskuldigde gevra is, het sy nee gese. Toe sy daarna deur die beskuldigde die bosse ingeneem is, is dit na my mening geheel en al onwaarskynlik dat sy nou vrywiUiglik sou toegestem het tot gemeenskap ten aanskoue van haar jong seun. Die seun se teenwoordigheid was juis die hoof rede waarom sy geweier het om seks met die beskuldigde te he. Die geweld en gepaardgaande beserings wat die klaagster opgedoen het, dui ook onteenseglik daarop dat die : klaagster nie vrywillig ingestem het nie.
Die onafhanklike getuies wat toe op hulle afgekom. het, bevestig ook dat hierdie nie ‘ri geval van vrywillige gemeenskap was nie. Ek moet ook noem dat gewag gemaak: is van die feit dat die klaagster mettertyd bereid was om die klagte teen beskuldigde terug te trek. Soos sy egter verduidelik het, was sy bereid om dit weens finansiele oorwegings te doen. Dit is dus eerder.ln faktor wat relevant gaan wees tydens die vonnisverrigtinge.
Ek bevind derhalwe dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde sonder die klaagster se vrywillige toestemming met haar geslagsgemeenskap gehad het en haar derhalwe verkrag het.
Mnr Van Staden, in die lig van die getuienis wat ek nou opgesom het en die bevindings wat ek gemaak het, is die Hof se uitspraak vandag as volg:
OP AANKLAG 1 WORD U SKULDIG BEVIND AAN MOORD MET DIE OPSETSVORM DOLUS EVENTUALIS. OP AANKLAG 2 WORD U SKULDIG BEVIND SOOS AANGEKLA.
FOURIE, J