South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2012 >>
[2012] ZAWCHC 307
| Noteup
| LawCite
S v van Staden (SS36/2012) [2012] ZAWCHC 307 (11 September 2012)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFR1KA
(OOSTELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING) GEHOU TE OUDTSHOORN
SAAKNOMMER SS36/2012
DATUM 11 SEPTEMBER 2012
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
FOURIE. R:
Mnr Van Staden, by die oplegging van ‘n gepaste vonnis neem die Hof oorwegend drie faktore in ag. Eerstens is daar die aard en omvang van die misdrywe wat u gepleeg het. Tweedens moet ek kyk na die belange van die gemeenskap wat dan ook insluit die belange van diegene wat nadelig geraak is deur u optrede. Derdens die laaste faktor waarna ek moet kyk is u persoonlike omstandighede. Ek moet dit alles saamneem en bepaal wat ‘n gepaste vonnis is.
Wat die misdrywe bet ref, is hierdie twee u iters ernstige misdrywe. Moord is waarskynlik die mees ernstige misdryf waaraan ‘n mens skuldig bevind kan word, veral omdat dit ‘n ander persoon se reg op lewe permanent wegneem. Van oudsher af is moord al bestraf met die swaarste vonnisse wat daar beskikbaar is.
In hierdie geval het u ‘n uiters wrede moord gepleeg deur die oorledene herhaaldelik met 'n graaf te slaan en haar noodlottig te beseer. Die rede wat u aanvoer waarom u dit gedoen het, is omdat sy teenoor u erken het dat sy met Klaas May gemeenskap sou gehad het. Maar u moet egter onthou dat die oorledene nie u besitting was waarmee u kon maak en doen soos wat u wil nie.
Volgens u getuienis kom dit my in elk geval voor dat u haar met die graaf aangerand het sodat sy wel daardie erkenning moet maak. Hoe dit ook al sy, ‘n mens ys om te dink watter pyn en emosionele trauma dit vir haar moes veroorsaak het toe u haar nou so aangerand het. Nie net het u dit goedgedink om haar met fatale gevolge drie kopwonde toe te dien nie, maar u het haar ook verder aangerand terwyl sy hulpeloos daar in die voorkamer gele het.
Soos ek nou alreeds vanoggend beskryf het, was die ooriedene se lyk oortrek van kneus-, en skraapwonde benewens die drie ernstige houe wat sy teen die kop opgedoen het. Wat verder verswarend is, is dat hierdie aanranding nie alleenlik binne gesinsverband plaasgevind het nie, maar dat u die ooriedene voor julle jong seun so wreed met die graaf aangerand het. Hy het vir die Hof beskryf hoe u haar twee keer op die kop geslaan het voordat sy geval het. Daarna het hy gesien hoe u vir haar etlike houe toedien terwyl sy op die grond gele het. Hy getuig ook dat hy vir u moes aanspreek om sy ma te los, voordat u opgehou het met die aanranding.
U het dus nie alieen geen respek vir die ooriedene getoon nie, maar ook geen gevoel vir die seun getoon deur sy ma op hierdie wyse voor hom aan te rand nie. ‘n Mens vra jouself af watter emosionele impak die gebeure op hierdie 12-jarige seun moes gehad het en nog in die toekoms sal he. Hy moes nie net aanskou hoe sy ma voor sy oe vermoor word deur sy pa nie, maar het hy ook sy pa verloor want u word nou deur ln lang termyn gevangenisstraf in die oe gestaar. Die seun is nie alieen die liefde en die bystand van beide ouers ontneem nie, maar ook nou word hy sonder enige broodwinner gelaat. So wie moet nou vir hom sorg?
Die getuienis toon dat hy nou op George op skool is waar hy in die kinderhuis bly en word hy deur die Staat se maatskapiike dienste onderhou. Die iede van die gemeenskap vra met reg dat die een wat misdrywe van hierdie aard pleeg, swaar vonnisse opgele moet word. Daar moet ‘n boodskap aan andere uitgestuur word dat die howe nie optrede van hierdie aard sal duld nie, veral waar die welsyn en fisiese integriteit van vroue en kinders so geminag word.
Dit mag wees dat die oorledene se familielede bereid was om u te vergewe, maar soos die verslag aandui, vra hulle steeds dat ek vir u gevangenisstraf sal ople.
Soos ek gese het, neem ek ook u persoonlike omstandighede in ag, soos blyk uit die voorvonnisverslag, Bewysstuk K, en soos dit deur mnr Marx aan my voorgehou is.
U vorige veroordelings skep egter ‘n donker prentjie. U is reeds tevore aan nie minder as agt geweldsmisdrywe skuldig bevind, wat insluit aanranding, aanranding met die opset om ernstig te beseer en opsetiike saakbeskadiging. Daarbenewens was daar sewe oortredings waar dwelms betrokke was en een van huisbraak. Verder ontstellend is die feit dat by sommige van hierdie geweldmisdrywe die oorledene en julle minderjarige seun betrokke was, as die slagoffers.
Ek kan nie anders as om met mnr Julius, namens die Staat, saam te stem dat u nie alleen geen respek vir u medemens en in besonder diegene wat naaste aan u is, het nie, maar ook geen respek vir die regspleging toon nie. Dit blyk dan ook uit die ontstellende feit dat, nadat u op waarskuwing vrygelaat is, u, terwyl die moordaanklag hangende was, die verdere misdryf van verkragting gepleeg het.
Soos u alreeds gehoor het, wat die moordklagte betref, skryf die wetgewer ‘n verpligte minimum vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf voor, wat ek moet ople behalwe, se die wetgewer, as ek kan bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat ‘n mindere vonnis regverdig. Dit is namens u betoog dat sodanige omstandighede wel gevind kan word.
Na oorweging is ek egter van oordee! dat die kumulatiewe effek van enige omstandighede wat in u guns mag tel, so ver oorskry word deur die verswarende omstandighede waarna ek nou reeds verwys het, dat dit nie gevind kan word dat daar wesenlike en dwingende omstandighede best aan om die oplegging van ‘n mindere vonnis te regverdig nie.
In besonder moet ek meld dat ek nie kan bevind dat u ware berou toon of getoon het vir die moord op die oorledene nie. Ook was u nie vir 'n beduidende tydperk verhoorafwagtend nie.
Die feit dat u aan moord met die opsetsvorm dolus eventualis skuldig bevind is, kan na my mening ook nie ‘n wesenlike of dwingende omstandigheid daarstel vir die oplegging van ‘n mindere vonnis as vyftien jaar gevangenisstraf nie.
Deel II van Bylae 2 van Wet 105 van 1997, maak juis voorsiening vir ‘n moord van hierdie aard, met ander woorde wat nie beplan of met voorbedagte rade gepleeg is nie.
Ek bevind derhalwe dat daar ten aansien van aanklag 1 geen wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is wat die oplegging van ‘n mindere tydperk van gevangenisstraf as die voorgeskrewe vyftien jaar regverdig nie.
Wat die misdryf van verkragting betref, vra die gemeenskap dat streng opgetree moet word teen oortreders en het ons howe al by herhaling beklemtoon dat dit ‘n uiters ernstige en moreel afkeurenswaardige misdaad is. Nie alieen word daar inbreuk gemaak op die liggaamlike integriteit van ‘n vrou nie, maar ook haar eergevoel word ernstig daardeur aangetas.
Dit is soveel te meer die geval in hierdie saak waar die verkragting voor die klaagster se 6-jarige seun plaasgevind het. Dit wys dat u nie alieen die klaagster se regte geminag het nie, maar ook nie omgee wat u voor jong kinders doen nie.
By nadenke is ek egter van oordeel dat, vir soverre die verkragting betref, daar wel ‘n aantal besondere feite en omstandighede aanwesig is wat in ag geneem moet word. Ten eerste was daar die aan- en af verhouding tussen u en die klaagster. Die getuienis toon dat dit ‘n intieme verhouding was wat seksueie omgang ingesluit het. Dit was dus nie ‘n geval waar u ‘n wildvreemde vrou voorgekeer en verkrag het nie. Dit kan uiteraard nie as verskoning dien vir u optrede nie, maar moet ek tog in gedagte hou dat die verkragting sy oorsprong gehad het in hierdie stormagtige verhouding tussen julle twee, waar u vermoed het dat die kiaagster en Assie die Saterdagaand gemeenskap sou gehad het. Dit blyk dat dit u baie ontstel het, en bygedra het tot u behoefte om dan nou seks met die klaagster te he om, soos u vir ons verduidelik het, vas te stel of sy dan met Assie ook gemeenskap gehad het.
Ek moet verder in ag neem dat die klaagster, volgens haar eie getuienis nie gehee! en al onwillig sou gewees het om met u seksueie omgang te he nie, aangesien sy self se dat as u vir haar by die huis gevra het, kon dit daar gebeur het. Dit is eerder 'n geval dat die klaagster, soos te verstane is, nie bereid was om met u omgang te he in die openbaar nie en in besonder in die teenwoordigheid van haar sesjarige seun. Soos sy dit self gestel het in haar getuienis, dit is tog ‘n skande om dit voor die kind te doen.
Dit is natuurlik ook die klaagster se reg om te besluit wanneer en waar sy bereid sou wees om seksuele omgang met u te he. ‘n Verdere faktor ten aansien van die klaagster se ingesteldheid, wat ek in ag moet neem, is haar gewilligheid om na die voorval blykbaar vir u te vergewe en te poog om die aanklag teen u terug te trek. Ek moet egter byvoeg dat sy getuig het dat dit weens finansiele oorwegings was.
Andersyds egter moet dit nie uit die oog verloor word dat u die klaagster hardhandig behandel, en selfs met ‘n klip teen die kop geslaan het. Daarbenewens moet ek steeds ook die vernedering wat die klaagster moes ervaar het deur die verkragting in die openbaar ten aanskoue van ander mense en in besonder haar jong seun, in gedagte hou.
Wat ek ook in ag neem is die feit dat die inname van sterk drank, soos ongelukkig so dikwels die geval is, ongetwyfeld ook in hierdie geval ‘n rol gespeel het. Soos u ook gehoor het, ten aansien van die verkragting skryf die wetgewer 'n minimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf voor, behalwe as ek sou bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat ‘n mindere vonnis regverdig. Uiteraard met die beantwoording van hierdie vraag, neem ek ook u persoonlike omstandighede in ag. Maar, weereens, is die lang lys van vorige veroordelings en die feit dat u die klaagster verkrag het terwyl u verhoorafwagtend was op die moordklagte, verswarende omstandighede.
Na oorweging is ek egter van oordeel dat die kumulatiewe effek van die besondere omstandighede van hierdie geval, waarna ek nou reeds verwys het, wel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel wat die oplegging van ‘n mindere vonnis as die voorgeskrewe, in die geval van aanklag 2, regeverdig. Ek is verder deur u regsverteenwoordiger versoek om met die oplegging van die twee vonnisse te waak daarteen dat die kumulatiewe effek van die vonnisse ‘n onnodige lang tydperk in die gevangenisstraf tot gevolg sal he.
Ek is egter van oordeel dat in die besondere omstandighede van die twee misdrywe, die effektiewe termyn van gevangenisstraf wat ek van voornemens is om op te leT nie buitensporig sal wees nie en dat dit dus nie nodig is om te gelas dat enige gedeelte van die twee vonnisse samelopend uitgedien moet word nie.
Na al hierdie faktore en omstandighede in ag geneem is, word u as volg gevonnis:
OP AANKLAG 1, DIT IS DIE AANKLAG VAN MOORD, WORD
U GEVONNIS TOT VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. OP AANKLAG 2, DIT IS DIE AANKLAG VAN VERKRAGTING, WORD U GEVONNIS TOT AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF.
DIE EFFEKTIEWE TYDPERK VAN DIE GEVANGENISSTRAF WAT U DUS MOET UITDIEN, BELOQP DRIE EN TWINTIG (23) JAAR.
FOURIE, R