South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2012 >>
[2012] ZAWCHC 326
| Noteup
| LawCite
Venter v Swart (A584/11) [2012] ZAWCHC 326 (9 October 2012)
Download original files |
Republiek van Suid-Afrika
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNR: A584/11
JOSEPH JOHANNES VENTER ..........................................Appellant
En
HANS JAKOB SWART ...................................................Respondent
UITSPRAAK GELEWER DINSDAG:09 OKTOBER 2012
HENNEY, R:
[1] Die Appellant het ‘n deliktuele eis teen die Respondent in die landdroshof te Bellville ingestel. Mr Du Plessis het vir die Appellant verskyn en Mnr CHJ Maree het vir die Respondent verskyn.
Hierdie deliktuele eis spruit voort uit bewerings in die Besonderhede van Eis van die Appellant waarin beweer word dat die Respondent betrokke was in 'n owerspelige verhouding met sy gewese vrou ene, Ronelle Venter.
Besonderhede van Eis
[2] Vir die periode 2001 tot Mei 2006 was die Respondent met die Appellant se gewese vrou betrokke in ‘n owerspelige verhouding. Die owerspel het eers tot die Appellant se kennis gekom op of ongeveer 9 Mei 2006. Die Appellant beweer verder dat op 14 Desember 2007 het die Respondent die owerspelige verhouding met sy vrou erken.
[3] As gevolg hiervan beweer die Appellant dat hierdie owerspelige verhouding inbreuk gemaak het op sy persooniikheidsreg wat deel vorm van sy huwelik met Ronelle Venter.
[4] Die onregmatige en opsetlike optrede het ‘n ernstige invioed gehad op die Appellant se geestelike en fisiese gesondheid wat tot gevolg gehad het dat die Appellant van tyd tot tyd sielkundige en mediese hulp moes ontvang van professionele mense. Ten tye van die instel van die verrigtinge was die Appellant onder sielkundige en mediese behandeling wat tot gevolg gehad het dat hy daadwerklike skade gelei het, waarvoor die Respondent aanspreeklik is.
[5] As gevolg hiervan het die Appellant skade gelei wat aanvanklik in die Besonderhede van Eis ‘n bedrag van R110 000,00 weergee was. Dit was iater gewysig tot ‘n bedrag van R114 060,45 en op ‘n latere stadium verder gewysig tot ‘n bedrag van R77 829,21. Die uiteindelike bedrag van skade wat die Appellant beweer hy gelei het was dus R77 829,21. Vir die doeleindes van hierdie uitspraak is dit nie belangrik, hoe die bedrag van skade wat die
Appellant beweer hy gelei het, saamgestel was nie. Pleit
[6] Hierteenoor het die Respondent in sy pleit nie ontken dat hy met die Appellant se vrou van ‘n owerspelige verhouding, betrokke was nie. Hy het egter ontken dat die owerspelige verhouding wat hy met die Appellant se vrou gehad, het inbreuk gemaak het op die Appellant se persoonlikheidsregte wat deel gevorm het van sy huwelik met sy (Appellant) vrou.
[7] Dit was omdat die Appellant se huwelik in die tyd onder groot emosionele druk was, as gevolg van die optrede van die Appellant teenoor sy vrou wie hy fisies aangerand het. Hy het haar ook ai met ‘n wapen gedreig. Die Appellant se vrou en kinders het bloot na hom teruggekeer omdat hy gedreig het om selfmoord te pleeg. Die Appellant se buitengewone obsessie en jaloerse geaardheid het ook bydra tot die verbrokkelde toestand waarin sy huwelik was.
[8] Hy ontken verder dat hy onregmatig en opsetlik opgetree het, omdat hy redelikerwys verwag het dat die Appellant se vrou van hom sou geskei het. In die altematief het hy bona fide geglo, aangesien die Appellant sy vrou aanrand en dreig dat hy regmatiglik in ‘n verhouding met die Appellant se vrou betrokke kon wees aangesien sy van voorneme was om die Appellant te verlaat.
[9] Hy ontken laastens dat hy eensydiglik aanleiding gegee het tot die verhouding en dit aangemoedig het. Die Respondent het ‘n teeneis ingestel teen die Appellant wat ook deur die hof a quo afgewys was.
Gronde van Appel
[10] Die Appellant voer aan dat die landdros nie korrek was in haar bevinding dat die Appellant se getuienis teenstrydig is met sy skuldoorsaak (soos gepleit) nie. Verder voer die Appellant aan dat as gevolg van die erkennings wat die Respondent gemaak het, hy wel in ‘n owerspelige verhouding met die Appellant se vrou was. Dit moes aangewend gewees het ter bewys van die Appellant se eis wat gebaseer was op owerspel.
Die Getuienis
[11] Daar was getuienis gelewer deur die Appellant self, asook Dr Paul Bezuidenhout en Dr Samuel Scheepers. Vir die Respondent het hyself getuig asook Dr Larry Loebenstein. Die hele saak het gedraai om die getuienis van die Appellant.
Sy getuienis was kortliks soos volg. Dat dit beide hy en sy gewese vrou se derde huwelik was. Sy het deurentyd haar liefde vir hom verklaar. Hulle huwelik het ‘n drastiese verandering ondergaan nadat sy gewese vrou in September 2001 begin werk by ‘n maatskappy F & R Diesel. Die Respondent het ook daar gewerk.
[12] Hy het begin onraad vermoed in die manier hoe sy opgetree het. Sy het ook meer as gewoonlik gewerk, selfs oor naweke. Sy het ook verskriklik angstig en senuweeagtig voorgekom. Hy het op ln stadium vir haar gevra wat gaan aan maar dan wou sy niks se nie. Veral as die seifoon lui het sy verskriklik angstig begin raak. Hy het later agter gekom dat die Respondent maak ‘n verskriklike klomp oproepe na sy vrou toe. Hy het ‘n seifoon staat getrek en agtergekom dat daar daagliks oproepe en ook oor naweke gemaak was. Hy het sy gewese vrou daaroor gekonfronteer wie hom meegedee! dat dit werksverwant is.
[13] Op ‘n stadium het hy die Respondent in haar teenwoordigheid hieroor gekonfronteer en hom ook gevra of hy ‘n verhouding het met sy gewese vrou. Hy het dit ontken en gese hulle is net kollegas en die oproepe gaan net oor werk. Daar is ook as ‘n rede vir die vele oproepe aan hom gese dat dit was omdat sy getreiter was deur £n kiient en die Respondent haar as gevolg hiervan bygestaan het.
[14] Hy het toe begin besef dat hy £n fout maak. Hy en die Respondent het dinge uitgepraat. Hy was gerus gestel, maar daarna was daar weer oproepe en sy gewese vrou het weer senuweeagtig begin voorkom. Hy kon egter nie geglo het dat daar iets was tussen sy vrou en die Respondent nie.
[15] Op ‘n stadium het sy gewese vrou van werk verander en hulle het ook verhuis vanaf Durbanville na Somerset Wes. Na ‘n tyd is sy weer terug na F & R Diesel om weer daar te gaan werk. Aan haar was meegedee! dat die Respondent na Vredendal verplaas gaan word. In Januarie 2003 nie iank daarna nie, hy het weer agtergekom dat sy gewese vrou weer senuweeagtig en angstig voorkom.
[16] Hy het ook in die tyd agtergekom dat die Respondent en sy gewese vrou met mekaar kommunikeer per e-pos. In hierdie e-pos verwisseling het hy agtergekom dat hulle besig was om liefdesboodskappe aan mekaar te versend. Hy het haar daaroor gekonfronteer. Sy wou nie met hom praat nie en hy is later gekontak deur twee persone wat volgens hom beraders is. Ene Willie Van der Merwe en Nico Grobler. Daar is aan hom meegedeel dat daar berading aan sy gewese vrou gegee is omdat sy oor die jare heen seksueel geteister en verkrag was.
[17] Hy het later die Respondent gekonfronteer oor die feit dat hy ‘n verhouding met sy vrou het, wat hy weereens ontken het op daardie stadium. Hy het ook met die Respondent se vrou daaroor gepraat.
[18] Op ‘n latere stadium het hy met sy gewese vrou hieroor gepraat. Sy het hom in die fynste detail vertel wat gebeur het. Hy weer die Respondent hierna gebel en hom daarvan beskuldig dat hy sy gewese vrou verkrag het. Daar was ook ‘n kriminele saak van verkragting teen die Respondent by die polisie aanhangig gemaak. Die saak is op ‘n latere stadium teruggetrek deur die Staatsaanklaer te Bellville.
[19] As gevolg van hierdie voorval het sy gevoelens vir sy gewese vrou in so ‘n mate verander dat hy vir haar gehaat het. Hy kon ook nie die feit verwerk dat sy gewese vrou, soos hy dit gestel het, deur die Respondent besmet was, deur sy aanraking en molestering. As gevolg hiervan was daar konstante bakleiery en struweling in die huwelik. Die Respondent het direk in sy huwelik ingemeng en sy gewese vrou afgepers, gemanipuleer, verkrag en gemolesteer.
[20] Die Appellant het ook later onder kruisondervraging toegegee dat sy saak voor die hof, nie is dat daar !n vrywillige verhouding tussen die Respondent en sy gewese vrou was nie. Dit was ‘n gedwonge verhouding deur middel van teistering, afpersing en verkragting. Hy het voorts getuig dat hy aan Dr Scheepers en Dr Bezuidenhout meegedeel het dat sy toestand veroorsaak was deur die feit dat sy gewese vrou verkrag en geteister was.
[21] Dit het sy eer asook sy menswaardigheid aangetas. Dit het inbraak gemaak op sy vertroue wat hy in sy vrou gehad het. Die verdere getuienis wat aangebied was in die saak van die Appellant was die van twee deskundiges. Dit was Dr Paul Bezuidenhout, ‘n voorligting sielkundige, wie die Appellant behandel het nadat die Appellant verwys was deur sy mediese praktisyn Dr Scheepers.
[22] Volgens Dr Bezuidenhout is dit aan hom meegedeel deur die Appellant en sy gewese vrou dat die oorsaak van die Appellant se versteurde gemoedstoestand, die seksuele teistering en molestering van sy vrou was. Sy gevolgtrekking was dat die seksuele teistering en optrede van die Respondent ‘n direkte impak gehad het op die huweliks lewe en verdere geestelike welstand van die Appellant.
[23] Dr Scheepers is ‘n mediese dokter wie die Appellant behandel het na die gebeure. Hy het die Appellant vir die eerste keer gesien op 5 April 2007. Hy het gekla van spannings hoof pyne en hy het onder geweldige spanning verkeer op daardie stadium. Die spanning, volgens die getuie het die Appellant aan hom meegedeel, was as gevolg van die feit dat sy vrou (gewese) geteister was. Daarna het hy weer die Appellant op 24 Mei 2007 gesien en hy het depressief voorgekom. Hy was geweldig gespanne en angstig en het gekla oor slapeloosheid weens die gebeure. Hy is daarna op medikasie vir depressie en slapeloosheid geplaas en daarna verwys na £n kliniese sielkundige, Dr Bezuidenhout.
Respondent se Weerqawe
[24] Hy getuig hy het met die Appellant se gewese vrou gewerk. Sy het bedank en een van die redes daarvoor was, dat sy deur hom seksueei geteister was. Hy was as gevolg hiervan gedaag voor ‘n dissiplinere verhoor. Die aantygings is egter nooit verder geneem nie. Hy en die gewese vrou van die Appellant was wel in ‘n verhouding betrokke. Hy was lief vir haar. Hulle het mekaar leer ken in Mei 2000 en die verhouding het aangehou tot in 2006. Dit het begin in Mei 2000 toe sy ‘n afspraak gemaak het om vir hom te kom kuier. Hy het haar meegedeel dat dit nie nodig is nie maar sy het gese sy wil kom en sy sal selfs haar mini rokkie aan trek. Sy het wel gekom die volgende dag. Hulle het begin gesels.
[25] Hulle het mekaar daarna, selfs nadat hy en sy, van werk verwissel het gereeld nog gesien. in September 2001 het hulle verhouding intiem begin raak. Hulle het daarna mekaar op verskeie plekke ontmoet waar hulle geslagsgemeenskap gehad het. Op ‘n stadium het hulle die verhouding beeindig. Dit was nadat die Appellant verskeie kere sy eie vrou gebel het. Die Appellant het ook sekere valse aantygings teen horn gemaak.
[26] Hy ontken ook dat hy die Appellant se vrou afgepers en geforseer het om sekere dinge te doen. Hy het wel vir haar geld geleen, maar dit was op ‘n stadium toe hulle verhouding al in ‘n seksuele verhouding ontwikkel het. Hy gee toe in kruisondervraging dat die buite-egtelike verhouding vir horn baie probleme veroorsaak het.
[27] Hy gee ook toe dat hy vir die Appellant se gewese vrou gese het dat sy nie die seksuele verhouding moet erken nie. Hy ontken verder dat hy haar verkrag, gedwing, geteister of gemolesteer het. Die Respondent se verder dat daar ‘n wedersydse vrywillige verhouding tussen horn en die Appellant se gewese vrou was wat hy van die begin af erken het.
[28] Dr Larry Loebenstein is £n kiiniese sielkundige wat deur die Verweerder geroep was as getuie. In sy getuienis word die feit dat die verhouding tussen die Respondent en Appellant se gewese vrou ‘n impak op sy emosionele en geestelike welstand nie in twyfel getrek nie. Hy bevraagteken egter die wyse waarop Dr Scheepers tot die slotsom gekom het om die Appellant te diagnoseer met depressie na slegs 3 konsultasies. Hy het ook ‘n probleem gehad met die tipe medikasie of die kombinasie van medikasie wat vir die Appellant voorgeskryf was.
Evaluasie
[29] Hoewel daar twyfel bestaan of die Appellant se getuienis genoegsaam was om ‘n saak daar te stel, is daar die verdere kwessie rondom die feit of die Appellant op die aangebode getuienis ‘n kousale verband bewys het tussen sy gelede skade en die optrede van die Respondent.
[30] Dit is gemenesaak dat op die pleitstukke die Appellant se saak een was van skadevergoeding op grond van owerspel. Terwy! in die hof die Appellant op grond van die aagebode getuienis, wat sy eie getuienis insluit, nie sy eis gebaseer owerspel bewys nie, maar op verkragting, molestering en teistering van sy gewese vrou Ronel Venter.
[31] Mnr Du Plessis wie namens die Appellant verskyn het, het geargumenteer dat die hof die getuienis wat deur die Appellant aangebied was tydens die verhoor in die hof a quo, geignoreer moet word as ontoelaatbare hoorse.
[32] Die landdros het nie ‘n formele bevinding gemaak, volgens Mnr Du Plessis, oor die toelaatbaarheid van hierdie getuienis oor wat die Appellant se gewese vrou vir hom gese het wat tussen haar en die Respondent gebeur het nie. Sy gewese vrou het ook nie self getuig nie.
Mnr Du Plessis het voorts geargumenteer dat die erkenning, wat die Respondent gemaak het waarin hy toegee dat hy owerspel met die gewese vrou van die Appellant gepleeg het, as getuienis moet dien dat daar owerspei gepleeg was.
[33] Selfs a! sou hierdie argument aanvaar word, is die getuienis wat deur die Appellant wat aangebied was om sy skade te bewys gebaseer op verkragting, molestering en teistering van sy vrou. Die behandeling en gevolge van sy toestand was volgens hom veroorsaak deur die verkragting en teistering. Die Appellant het geglo dat sy vrou nie owerspel gepleeg het nie, maar dat sy verkrag en geteister was. Hy het seffs geglo dat sy nie owerspel gepleeg het nie.
[34] Neethling Potgieter - Visser, in The Law of Delict op 176 se die volgende ... “There can be no question of delictual liability if it is not proved that the conduct of the wrongdoer or defendant caused the damage to the person suffering the harm”.
Die skade wat die Appellant derhalwe bewys het was nie gebaseer op die getuienis van owerspel nie, maar verkragting, molestering en teistering van sy vrou. Op grond van hierdie feit kan sy appel dus nie slaag nie.
Kostes
[35] In die oorweging oor die kwessie van koste is dit die algemene reel dat die koste die uitslag van die geding moet volg. (sien in die algemeen; The Law of Costs, AC Cilfiers diens uitgawe 26.) Ek is in hierdie geval van oordeel dat gegewe die omstandighede van hierdie saak, daar goeie grande bestaan om af te wyk van hierdie reel. Die optrede van die Respondent was nie die van ’n naiewe onskuldige party nie. Hy het erken in die fynste detail en op die mees onsmaaklikste wyse hoe hy betrokke was met die Appellant se gewese vrou in ’n owerspelige verhouding. Hy kon dit getemper het.
[36] Dit het meer sout in die wonde van die reeds emosioneel gekwesde Appellant ingevryf. Hierdie siviele aksie het ’n geweldige impak op die Appellant en sy gesin gehad, terwyl die Respondent feitlik ongeskonde daaruit kom. Om die Appellant nog op te saal met !n koste beve! sal nie billik en regverdig teenoor hom wees nie.
Ek sou dus ’n bevel maak dat eike party sy eie koste moet dra.
Bevel
[37] Die appel word van die hand gewys. E!ke party is verantwoordelik vir sy eie koste.
HENNEY, R
Ek stem saam en dit word so beveel.
SALDANHA, R