South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 333

| Noteup | LawCite

Kido v S (A421/12) [2012] ZAWCHC 333 (19 October 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)






SAAKNOMMER: A421/12

DATUM: 19 OKTOBER 2012

In die saak tussen:

EBRAHIM KIDO ...............................................................................................................Appellant

en

DIE STAAT ...................................................................................................................Respondent



UITSPRAAK

VAN STADEN, WnR

1. Die appellant in hierdie aangeleentheid is in die Knysna landdroshof skuldig bevind op een aankiag van huisbraak en gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf. Verlof is toegestaan om teen beide skuldigbevinding en vonnis appel aan te teken. In die klagstaat word beweer dat die beskuldigde die huisbraak gepleeg het gedurende die nag van 1 en 2 September 2011, en dat ’n skootrekenaar, ’n Nokia selfoon, ’n flits en kontant van R1 200 uit die klaer se huis gesteel is.

2. Mr. Mpondo, ’n medepligtige het in hierdie saak getuig. Daar was getuienis van hom dat hy ’n sekere mnr Toring, wat ook ’n getuie was, na die appellant geneem het. Mnr Toring het in die koop van die skootrekenaar wat tydens die inbraak gesteel is belang gestel. Die getuienis was dat Toring ’n bedrag van R100 betaat het en dat daar krediet aan hom verleen is vir die balans van die verskuldigde bedrag. Dit blyk dus dat die skootrekenaar wat tydens die huisbraak gesteel is inderdaad in die besit van die appellant was.


3. Soos blyk uit Bewysreg van Schmidt, (4de Uitgawe) bladsy 177, kan �fn afleiding gewoonlik gemaak word dat �fn persoon wat in besit gevind word van goed wat onlangs gesteel is inderdaad die betrokke goed gesteel het, of �fn deler met betrekking tot die diefstal van daardie goed is. Ingevolge ons regspraak word diefstal as �fn voortdurende misdaad beskou en word daar nie �fn onderskeid gemaak tussen daders en delers of begunstigdes nie. (Strafreg van C R Snyman, 5de Uitgawe, bladsy 498 tot 500; Principles of Criminal Law van Burchell 3de Uitgawe, bladsy 795 tot 796 en De Wet en Swanepoel, Strafreg bladsy 344.) Op sy eie weergawe is die appellant dus minstens skuldig aan diefstal van die skootrekenaar.

4. Die verhoorlanddros het bevind dat die appellant, wat op parool uit was, se weergawe dat hy bereid was om die gesteelde skootrekenaar te hou omdat hy geld nodig gehad het, nie �fn waarskynlike weergawe is nie.


5. Daar was geringe verskille in die getuienis van die staatsgetuienis maar die verhoorlanddros het dit as van mindere belang beskou omdat getuienis 'n geruime tyd nadat die voorval plaasgevind het gelewer is. Die verhoorlanddros het ook aanvaar dat die getuienis van die medepligtige, mnr Mpondo, versigtig benader moes word omdat hy, wat sekere wesenlike aspekte betref, �fn enkelgetuie was. Hy was boonop slegs 16 jaar oud in die stadium toe die voorval plaasgevind het.


6. Die gevolgtrekking dat �fn beskuldigde skuldig of onskuldig is hang van die totaliteit van die gelewerde getuienis af. Al die getuienis moet in ag geneem word, met betrekking tot gedeeltes van die getuienis mag bevind word dat dit vals is en ten opsigte van ander gedeeltes kan bevind word dat dit onbetroubaar is, maar geen getuienis mag net eenvoudig geTgnoreer word nie. (S v Chabalala 2003(1) SACR 134 SCA te para 15.) Dit is vir my duidelik dat die verhoorlanddros alle getuienis oorweeg het.


7. Ek kan ook nie fout vind met die wyse waarop die waarskynlikhede in hierdie geval beoordeel is nie. Soos ek die saak sien was die verhoorlanddros se benadering in hierdie geval korrek, ook wat sy beoordeling van die waarskynlikhede betref.



8. Wat vonnis betref kan daar geen argument wees dat daar nie ligtelik met ’n vonnis op appel ingemeng word nie. In die ongerapporteerde saak van Dumile Dlamini v S A348/10 (WKHH), uitspraak gelewer op 20 Augustus 2010 het Griesel, R in para 8 die volgende gese:

The power of this Court to interfere with the sentence imposed by a lower court is of course very limited. See for example S v Kubido 1989(2) SACR 213 SCA at 216g-h...This court has no jurisdiction to interfere with a trial court’s finding... unless such finding is vitiated by misdirection or irregilarity or is one which no reasonable court could have come to. (S v Sadler 2000(1) SACR 331 (SCA) para 6-11; S v Dyantyi 2011(1) SACR 540 (Ecg) at 543i-g.)’

9. In hierdie geval behoort daar dan ook nie ligtelik ingemeng te word nie, daar is geen wanvoorligting of enige onreeimatigheid in die vonnis wat opgele is nie en veral in die lig van die lang lys vorige veroordelings van die appellant, saamgesien met die erns van inbraak, is daar geen sprake van enige gevoel van skok wat deur die opgelegde vonnis opgewek word nie.


10. In die omstandighede sou ek die APPEL TEEN BEIDE DIE SKULDIGBEVINDING EN DIE VONNIS VAN DIE HAND WYS.



VAN STADEN, WnR


Ek stem saam, en dit word so beveel.



DLODLO, R