South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 334

| Noteup | LawCite

Links v S (A218/12) [2012] ZAWCHC 334 (19 October 2012)

Download original files

PDF format

RTF format





IN DIE HOOGGE REGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: A218/12

DATUM: 19 OKTOBER 2012


In die saak tussen:

BERNARD LINKS ...............................................................................................Appellant


en


DIE STAAT ........................................................................................................Respondent

UITSPRAAK

GAMBLE, R

Die appellant het in die Streekhof te Bellville verskyn op ’n klagte van motordiefstal deurdat hy, op 2 April 2011 te Durbanweg, Bellville ’n Fiat Uno met registrasienommer CA608160, die eiendom van Mnr Gerhard van Zyl Wiese, gesteel het, Hy het onskuIdig gepfeit en is deur ’n prokureur bygestaan.

Die appellant is op 21 November 2011 skuldig bevind aan motordiefstal en is gevonnis ingevolge Artikel 276(1 )(i) van die Strafproseswet tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort is vir drie jaar. Die appellant kom nou in hoer beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis. Die feite van die saak is redeIik eenvoudig en hoef nie in groot besonderheid uiteengesit te word nie.

Mnr Wiese het op 2 April 2011 besiuit om sy tweedehandse wit Fiat Uno te verkoop en dit geneem na ’n motorhawe in Durbanweg Betlvil'le. Hy het die motor daar gelos en die sleutel aan ’n verkoopsman besorg. Die voertuig was buite op die werf van die besigheid tentoongestel saam met sowat 50 ander motors. Ongeveer twee of drie dae daarna het mnr Wiese self ’n koper gekry vir sy motor wat hy toe gaan haal het by die motorhawe. Met sy. aankoms al daar het die verkoopsman die sleutel vir horn gegee en hy is toe na buite om met die motor weg te ry. Hy vind toe tot sy verbasing dat die motor nie meer daar is nie en dat dit kiaarblykiik gesteel is. :

Die motor het ’n sogenaamde “Tracker" toestel gehad en die voertuig opsporingsmaatskappy is in kennisgestel. Vyf dae later is die voertuig opgespoor deur die “Tracker” toeste! en is die BlitspatroMie in kennis gestel dat die voertuig op die appellant se werf te Ravensmead staan. Ek merk terioops op dat Ravensmead nie te ver vanaf Beliville gelee is nie.

Toe die polisie by die appellant se perseel opdaag is hulie deur sy vrou meegedeel dat die voertuig aan haar man behoort en dat hy dit onlangs gekoop het, maar net ’n dag of twee vantevore. Kort daarna het die appellant by die perseel opgedaag nadat sy vrou horn ontbied het en is hierdie fejte aan die polisie bevestig.

Die polisie het die appellant gevra vir die voertuig se lisensie dokumente, asook besonderhede aangaande die verkoper. Die lisensie dokumente wat hy toe vorendag gebring het is in die naam van ene How a rd H a! d r e N at us en is v e r g ese Ivann afskrif van laasgenoemde se identiteitsdokument. Die appellant kon glo nie enige bewyse aan die polisie toon met betrekking tot die verkoper nie, en veral met betrekking tot sy kontaknommer en/of adres nie.

Adjudant-offisier Ackermann van die Biitspatrollie het bietjie speurwerk op die toneel gedoen en bevind dat die registrasienommer op die nommerplaat verskil het van die op die lisensieskyfie op die voorruit van die voertuig. Hy het ook bevind dat die voertuig se VIN nommer (die sogenaamde “vehicle identification number”) op die registrasie dokument nie ooreengestem het met die op die Fiat se enjin self nie. Aangesien die appellant nie ’n adres of telefoonnommer van die beweerde verkoper kon verstrek nie, en gegee die agterdog rondom die VIN nommer en die registrasienommer is h'y. daareri dan gearresteer op’n klagte van motordiefstal.


Voor die hof a quo het die appellant getuig dat hy die voertuig die vorige dag by ene Andries gekoop het. Hy beweer dat. .-hy;..': R6 500 daarvoor betaal het en reeds R4 000 afbetaal het aan Andries. Die verkoop was bevestig met gelyktydige inskrywing tot dien effekte in die appellant se dagboek op 6 April 2011 wat deur horn en Andries onderteken is. Daaruit blyk 'dit\-_dat:; Andries se van Koopman is alhoewel die appellant gese het dat hy nie geweet het wat die verkoper se van was nie.

Die kern van die appellant se verweer was dat hy nie geweet het dat die motor gesteel was nie, en verder dat hy dit bona fide by Andries gekoop. - het op die veronderstelling dat laasgenoemde die reg gehad het om ontslae te raak van die motor. Die kwessie is of daardie weergawe redelik moontiik waar was al dan nie.

Die appellant het getuig dat hy vir omtrent 15 jaar al handel in tweedehandse voertuie. Hy het gese hy is lid van die SITT, n groep “informal traders” soos hy dit genoem het, Wat voertuie koop en verkoop vanaf’n stuk grond in Stikland, wat glo aan 'n trust behoort. Elke handelaar huur ’n stukkie grond by die trust en verkoop voertuie daar. Oor die jare heen was die appellant a! betrokke by die verkoop van minstens 150 voertuie.


Die integriteit van die appellant se verweer moet na my mening beoordeel word aan die hand van sy ondervinding. ’n Redelike tweedehandse motorhandelaar in daardie omstandighede sal seker maak dat die voertuig wat hy koop op so ’n perseel vir herverkoop nie gesteel is nie. Hy sal basiese stappe neem o.m toe te sien dat die enjin en die VIN nommers van die voertuig ooreenstem met die besonderhede op die lisensiedokumente, en die lisensieskyf. Dit is immers die eerste ding wat Ackermann gedoen het in hierdie saak.


Die getuienis van Ackermann was ook dat die sleutel van die Fiat nie die oorspronklike fabrieksleutel was nie: dit was eerder ’n sleutel wat na bewering gelyk het na ’n slot se sleutel. So ’n toestand van sake sou by enige normale motorhandelaar onmiddellik agterdog geskep het, en dan is daar die feit dat daar ’n probleem was met die Fiat se battery en die aansitter, (die sogenaamde “starter”). Dit sou ook agterdog by iemand laat setel as so ’n voertuig gestoot moes word om hom aan die gang te kry. Oor die identiteit en verdere besonderhede van “Andries” was die appellant besonder vaag. Hy kon geen van, adres of telefoonnommer aan die polisie verstrek nie. Die verduideliking was dat mense nie vir hom kan bel nie, maar dat hy (dit is Andries) vir jou sal bel as jy ’n boodskap vir hom los.

Laastens was daar die getuienis van mnr Wiese dat daar binne ’n paar dae reeds opknapwerk op die Fiat gedoen is. Sy sitp!ekoortreksels was verwyder, hy is gedeeltelik oorgeverf, ’n kieiner battery was daar ingesit en die sonskerms was reeds afgehaal. Hierdie feite dui aan dat iemand graag die voertuig wou laat vermom het en vinnig weer wou verkoop.

Die streeklanddros het 'n baie deeglike uitspraak gelewer waarin sy vollediglik gehandel het. met die toets met betrekking tot omstandigheidsgetuienis. Ek kan nie enige fout vind met haar beoordeling van die saak nie. Na my mening het die streeklanddros tereg bevind dat die appellant se weergawe nie redelik moontiik waar was nie, en dat hy wel op een of ander stadium moes besef het dat die voertuig. gesteel was. Daar is weliswaar nie bewys dat die appellant self die voertuig te Durbanweg by die motorhawe perseel verwyder het nie. Die waarskynlikhede is eerder dat die appellant inderdaad die voertuig by iemand anders bekom het, wel wetende dat dit gesteelde eiendom was.

In hierdie opsigte meen ek dat die appellant se skuldvorm dolus eventualis was eerder as dolus directus, met ander woorde dat dit redelikerwys van hom verwag kon word om te voorsien dat die motorvoertuig gesteel was en dat hy homself met daardie moontlikheid vereenselwig het. Dit is geykte reg dat diefstal ’n sogenaamde “voortdurende” misdaad is, met ander woorde dat die Fiat Uno gesteel gebly het totdat dit aan mnr Wiese terugbesorg was. (Sien S v Cassiem 20Q1 (1) SASV 489 SC A.)

Die appellant is derhalwe korrek skuldig bevind aan diefstal en EK SOU DIE SKULDIGBEVINDING BEKRAGTIG.

Wat vonnis aanbetref is ek van mening dat die opgelegde vonnis onredelike swaar was, dat dit in elk geval nie juis sin maak nie, en dat daarmee ingemeng behoort te word.

Die appellant is ’n getroude man van 46 jaar, en het ’n skoon rekord. Sy skuldvorm was dolus eventualis en sy aandadigheid aan die steel van die Fiat is, soos in Engels gese word “accessorial”. Daardie feite regverdig na my mening ’n ten voile opgeskorte vonnis nieteenstaande die feit dat die misdaad ernstig is en vrylik voorkom in hierdie Hof se gebied. Die klaer het ook sy voertuig teruggekry en die bedrag wat die appellant reeds aan Andries betaal het verloor hy nou in die omstandighede.

Ek sou derhalwe die volgende bevel maak:

1. DIE APPEL TEEN SKULDIGBEVINDING WORD AFGEWYS en die skuldigbevinding word bekragtig.

2. DIE APPEL TEEN VONNIS SLAAG. Die vonnis deur die streeklanddros opgele word tersyde gestel en vervang met die volgende vonnis, 5 (VYF) JAAR GEVANGENISSTRAF VIR 5 (VYF) JAAR PPGESKORT op voorwaarde dat die beskuldigde gedurende die tydperk van opskorting nie skuldig bevind word aan die misdade van diefstal, die ontvangs van gesteelde goedere, wetende dat dit gesteel is, of ’n oortreding van Artikels 36 of 37 van die Algemene Regswysigingswet nommer 62 van 1955 nie.

GAMBLE, J


Ek stem saam, en dit word so beveel



TRAVERSO, ARP