South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 353

| Noteup | LawCite

S v Petersen en Anders (SS21/2011) [2012] ZAWCHC 353 (14 November 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)


SAAKNOMMER: SS21/2011

DATUM: 14 NOVEMBER 2012



In die saak tussen:



DIE STAAT



en



MALLICK PETERSEN .................................................................................Beskuldigde 1

RUSHDIEN KOEBERG ................................................................................Beskuldigde 2

HEINRICH VAN WYK ...................................................................................Beskuldigde 3

MOENEEB PIETERSEN ...............................................................................Beskuldigde 4

JULIANO WILLIAMS ....................................................................................Beskuldigde 5

JEROME PIETERSE .....................................................................................Beskuldigde 6

DERACO PIETERSE ....................................................................................Beskuldigde 7

MOEGAMAT NAZEEM DAVIDS ..................................................................Beskuldigde 8

MOGAMAT WALEED DAVIDS ....................................................................Beskuldigde 9

ALOYSIUS GASLIN ....................................................................................Beskuldigde 10

ROEDOLF CLOETE ...................................................................................Beskuldigde 11

ELRICO THOMPSON ................................................................................Beskuldigde 12

WAYNE VALENTINE ..................................................................................Beskuldigde 13

ISAAC LOTZA .............................................................................................Beskuldigde 14

BRANDON RHODES ..................................................................................Beskuldigde 15

LEANDRO JOHANNES ..............................................................................Beskuldigde 16



UITSPRAAK



STEYN, R:

Hierdie uitspraak volg na aanleiding van die vraag of sekere lasbriewe vir selfoonrekords regsgeldiglik uitgereik is ingevolge die bepalings van artikel 205 van die Strafproseswet, 51 van 1977, soos gewysig en of die rekords dus toelaatbaar is as getuienis in hierdie verhoor.

Alhoewel dit nie die gebruik is nie, het ek besluit om ’n voliedige uitspraak op hierdie stadium te verskaf aangesien ek glo die partye is daarop geregtig om te weet wat die Hof se oorwegings is. Ek is nie van voornemens om geloofwaardigheidsbevindings te maak op hierdie stadium wat betref getuies wat waarskynlik nog in die verhoor mag getuig nie.

Artikel 205 is die prosesregtelike instrument om getuies, gewillig of nie, voor die Hof te bring en bepaal in bree trekke dat ’n regtelike beampte “kan”, behoudens sekere bepalings, op versoek van ’n regtelike amptenaar “iemand wat waarskynlik wesenlike of tersaakHke inligting betreffende ’n beweerde misdryf kan verstrek, hetsy dit bekend is deur wie die misdryf gepleeg is of nie” aanse om voor hom of haar of ’n ander regtelike beampte te verskyn vir ondervraging.

Die artikel is Vi hulpmiddel vir die vervolging voor strafregtelike verrigtinge ’n aanvang neem. Dit beoog om inligting te bekom wat die ondersoek na misdaad kan bevorder. Dit beoog ook om iemand wat beskik oor inligting betreffende ’n misdaad, maar dit nie aan die polisie wii gee nie, te dwing om onder eed te getuig.

As die vervolging die gelewerde inligting by ’n strafverhoor wil gebruik, moet dit op die gebruiklike wyse aangebied word met inagneming van die oorweging dat strafregpleging afhanklik is van iedereen se getuiepiigtigheid. Die werking van artikel 205 as ’n dwingmiddel tot getuiepiigtigheid is soms kontensieus waar dit gaan oor joernaliste, geneeshere of ontvangers van vertroulike inligting wat onwillig is om te getuig.

Artikel 205 is in Nel v Le Roux NO & Others [1996] ZACC 6; 1996 (4) BCLR 592 (KHH) grondwetlik aanvaarbaar bevind omdat dit saamgelees met artikel 189 van die Strafproseswet en behoorlik toegepas, geen skending van verskanste regte veroorsaak nie.

Daar is al bevind deur ons howe dat onsekerheid aangaande die aard van die misdaad nie !n beletsel is vir die u it re i k i n g van so ’n dagvaarding of grond vir ’n getuie om te weier om te getuig nie. Daar is 6ok bevind dat die getuiedagvaarding nie die misdaad of die bewerings wat verband hou met die misdaad so noukeurig hoef te spesifiseer soos in ’n aanklag nie, maar die uiteensetting moet voldoende genoeg wees dat die regtelike beampte sy of haar diskresie behoorlik kan uitoefen.

ArtikeI 205 beoog nie ’n verhoor oor die vraag of die feite bestaa n of nie e n d ie Wetgewer het nie be p a a I d at d i e bestaan van die feite bo redelike twyfel of selfs op ’n oorwig van waarskynlikheid bewys moet word nie. In R v Parker 1966 (2) SA 56 (R) op 58C-H is soos volg bevind:

The question of whether the evidence before the magistrate is adequate is for him to decide. I think that it is clear that uncertainty as to the nature of the offence alleged or to the adequacy of the evidence to establish the particular offence alleged, does not constitute a bar.; to the issue of a subpoena under s205.”

Die regtelike beampte self moet die aard en omvang van die bewys van die jurisdiksioneie feite bepaal. Daar is eenstemmigheid oor die feit dat artikel 205 prosedure nie ligtelik opgeneem moet word nie, veral nie wanneer regte van persone wat verplig word om te getuig deur die werking daarvan gedek word nie.

Die jurisdiksioneie vereistes wat artikel 205 daarstel is in wese byvoorbeeld ’n beweerde misdryf, feitelike bewerings wat aandui dat die beoogde getuie waarskynlik wesenlike of tersaaklike inligting betreffende die beweerde misdryf kan verstrek en 'n versoek van die Prokureur-generaal of

staatsaanklaer dat die regtelike beampte die beoogde getuie: moet aanse om vir ondervraging deur die staatsaanklaer voor; ’n regter of landdros te verskyn.

Indien bevind word dat die jurisdiksionele feite aanwesig is, verleen artikel 205 aan die regtelike beampte, wat so ’n versoek ontvang, ’n diskresionere mag om die getuiedagvaarding in terme van artikel 205 uit te reik. Die landdros moet die uitoefening van sy diskresie benader op d:ie grondslag dat daar nie met die vryheid van ’n getuie ingemeng behoort te word hie tensy daar, benewens die jurisdiksionele feite, ’n goeie rede daarvoor bestaan, byvoorbeeld, dat die inligting redelikerwys nodig is in die openbare belang vir die behoorlike voortsetting van die regspleging.

Wat die feite of feitelike bewerings (wat aandui dat die beoogde getuie waarskynlik wesenlike of tersaaklike inligting kan verstrek) betref, moet die regtelike beampte ’n gesonde of behoorlike oordeel uitoefen. Die regsgesag is duldelik dat die regtelike beampte nie ’n blote werktuig van die vervolging is in die uitoefening van sy diskresie in terme van hierdie artikel nie, maar dat hy ook die meriete van die saak in ag moet neem voordat die potensiele getuie gedagvaar word.

Na my mening is dit duideiik uit die gesag dat die regtelike

beampte wai aansoeke, soos hierdie, oorweeg, die feitebevindings wat betref tersaaklike inligting verstandig en versigtig moet oorweeg, maar versigtigheid moet nie ’n gesonde oordeei verplaas nie.

Aspekte wat al deur die howe oorweeg is, sluit in die voordeel van die gemeenskap indien die versoekte informasie verkry word. Wanneer die regtelike beampte. tevrede is dat die persoon wat getuienis moet afle, waarskynlik materiele inligting sal gee, is dit sy plig om ’n subpoena te magtig: Ek : verwys na Havsom v Additionai Magistrate, Cape Town & Another 1979 (3) SA 155 (C) 159B.

In die gemelde Havsom besiissing het Van Winsen, R opgemerk dat wanneer 'n lasbrief gemagtig word deur 'n regtelike amptenaar, kan dit aanvaar word in die afwesigheid van getuienis tot die teendeel dat die magtigende regtelike beampte ’n behoorlike diskresie uitgeoefen het. Dit is dan vir die persoon wat die teendeel, beweer om teenstrydige getuienis te produseer wat die voorsittende beoordelende beampte in staat stel om te oordeei of die subpoena geldiglik uitgereik is. Daar is egter nie 'n mening gelig oor die vraag of daar in hierdie omstandighede ’n onus op enige party is nie. Ek haal aan op bladsy 159:

The scope of the assumption of due performance of a duty is not easily definable and must, to some extent, depend upon all the circumstances of the case, In coming to this conclusion, I have confined myself to the facts of this case and have been influenced by the fact that the probabilities point to the duty having been regularly performed... In the case of Kellerman u Minister of Interior 1945 TPD 179 Millin, J quotes with approval at 193 the principles stated in Best on Evidence at 353 to the effect that -

there is a general disposition in courts of justice to uphold a official judicial or other acts rather than to render them inoperative and with this in view where there is general evidence of acts having been legally and regularly done to dispense with proof of circumstance strictly speaking essential to the validity of these acts.’"

Wat die onus betref, is die Hof ook verwys na Pandav v Minister of Police and Others 2012 (2) SAKV 421 (KZN) waar bevind is dat die onus op die applikant is om te wys dat hy benadeel is waar hy ’n besluit om subpoenas uit te reik wou hersien. Die Hof het in daardie saak bevind dat die applikant nie gewys het dat hy enigsins benadeel is nie.



In hierdie aangeieentheid moet die Hof vasstei of die subpoenas wat uitgereik is, geidig is, nie omdat die Hof die besluit van die uitreikende ianddros hersien nie, maar omdat dit die Hof se plig is om die prosedure te kontroleer van getuienis wat voor die Hof geplaas word, sodat die verrigtinge in ooreenstemming is met die reg en wetlike bepalings. Sien ook S v Matisonn 1981 (3) SA 302 (A) te 311.

In die Panday besiissing, supra, is daar ook oorweeg of die inligting in die aansoeke wat deur die landdroste oorweeg is, voldoende is om ’n besiissing te regverdig om subpoenas uit te : reik en daar was. weereens daarop gewys dat subpoenas uitgereik kan word ten opsigfe van mense wat “waarskynlik materiele of relevante” inligting met betrekking tot die beweerde misdaad kom gee. Die doel van die subpoenas is om inligting te verkry in die loop van ’n ondersoek ten opsigte van ’n beweerde misdaad en in hierdie saak het die regter bevind dat die uitreikende regsbeampte onder eed bevestig het dat hulle die aansoeke behoorlik oorweeg het en dat hulle dus nie ’n rubberstempel was nie en derhalwe dat daar geen regsbasis was waarop die Hof hulle bevindings of bewerings sou verwerp as vals nie.

Die saak voor die Hof:

In hierdie saak beweer die Staat dat die 16 beskuldigdes skuldig is aan die pleeg van meerdere misdrywe wat verband hou met krimineie bende-aktiwiteite insluitend klagtes met betrekking tot moord. Die beskuldigdes het onskuldig gepieit. Die Staat het deurentyd aangevoer dat beskuidigde 1, Mallick Petersen, die leier is van ‘n bendegroep wat bedrywig is in die Atlantis area en dat hy opdragte gegee het vir die pleeg van sekere misdrywe. Verskeie getuies het getuig dat Atlantis geteister word deur bendeverwante krimineie aktiwiteite, soveel so dat ’n spesiale taakspan aangestel is om die bendebedrywighede te ondersoek.

Tydens hierdie ondersoek en wel op 22 Desember 2009 is ene Reginald Valentine arresteer nadat ene Andrew Lloyd, bekend as Eier, die beweerde leier van die Rasta bende doodgeskiet is. Valentine het skuld beken en inkriminerende verklarings gemaak. Die Staat het besluit om hom ’n artikel 204 getuie te maak en hy het getuienis gelewer tydens die verhoor wat die beskuldigdes in die saak impliseer by krimineie aktiwiteite, insluitend die dood van Eier. Die verdediging beweer dat Valentine se weergawes, wat hulle betrek by die misdade, fabriseer is en dat die Atlantis polisie Valentine gebruik om valslik ’n saak te bou teen die beskuldigdes.

Kort nadat Valentine ’n aantal verklarings gemaak het en wel op 26 Januarie 2010, het die ondersoekbeampte in die moordsaak teen Eier, A/O Phillips, !n lid van die Spesiale Taakspan wat die bendeverwante aktiwiteite in Atlantis ondersoek, die eerste aansoek gebring vir die uitreiking van ’n subpoena ingevolge die bepalings van artikel 205 van die Strafproseswet, deur die landdros van Atlantis, Mnr Albertus.

Verskeie soortgelyke aansoeke het hierna gevoig, almal vir die uitreiking van iasbriewe gerig aan die relevante selfoonverskaffers wat verband . hou. met die gespesifiseerde selfoon- of simkaartnommers. Die algemene bewerings in die beedigde verklarings wat die aansoeke om Iasbriewe vergesel het, was dat die aangevraagde nommers gekoppel kon word aan sekere verdagtes in vermeende misdrywe.

Gedetailleerde selfoondata is versoek oor ’n geruime tydperk wat betrekking het op die gemelde nommers. Van die nommers wat verskaf is, waarvan selfoondata versoek is, was beweerdelik die nommers van beskuldigde 1. Die 12 Iasbriewe wat versoek is, waarvan 10 gemagtig was deur landdros Albertus en twee deur landdros Botha van Atlantis, is uitgereik en vermoedelik is gedetailleerde selfoondata ontvang wat betrekking het op die gespesifiseerde nommers. Hierdie data is deur die polisie gebruik in die verdere ondersoek van die beweerde misdrywe.

Die Staat het non aansoek gedoen om die inligting/selfoondata wat bekom is deur die lasbriewe voormeld, in te handig as bewysstukke. Namens beskuldigde 1 is beswaar deur sy verteenwoordiger aangeteken. Die basis vir die beswaar is gemeld as die wyse/proses waarop die inligting bekom is, wat beweerdelik daartoe gelei het dat inligting onresgmatiglik bekom is en verder dat stappe geneem is, nadat inligting reeds verkry is, om aansoeke te loods terwyl die inligting reeds in die besit van die poiisie was.

Daar is ook aangevoer, as basis vir die beswaar, dat die landdros nie sy/haar diskresie behoorlik uitgeoefen het nie en nie die uitreiking van die lasbriewe behoorlik oorweeg het nie. Mnr Rossouw het namens beskuldigde 1 aangevoer dat die inligting in die verklarings ter ondersteuning van die lasbriewe nie altyd akkuraat was nie en dat dit gelei het tot die misleiding van die betrokke landdroste.

Die Hof moes by wyse van ’n verhoor-binne-'n-verhoor beslis oor die toelaatbaarheid al dan nie van die inligting wat van die selfoonverskaffers verkry is by wyse van die artikel 205 subpoenas ten opsigte van die selfoonrekords wat beweerdelik: verbind kon word aan sekere van die beskuldigdes insluitende beskuldigde 1. Geen ander beskuldigde het beswaar aangeteken teen die inhandiging van die data nie en met die; uitsluiting van beskuldigde 3, het geen beskuldigde kennis gegee dat die selfoonnommers wat beweerdelik met hulle verbind word, foutief is nie of dat dit nie die.nommers was wat hulle gebruik het tydens die relevante tydperk nie.

Tydens die verhoor-binne-’n-verhoor het A/O Phillips, die ondersoekbeampte in die saak, getuig. Hy het die agtergrond tot die aansoeke vir die uitreiking van Iasbriewe geskets wat gevolg het nadat hy die verklarings van Valentine gelees het. Volgens hom het hy nie voor 26 Januarie aansoek gedoen vir selfoondata nie en het hy voor 20 Januarie 2010 nie die selfoonnommer van en.ige beskuldigde gehad nie. Hy het die nommer van beskuldigde 1, naamlik 082 645 9225, op 20 Januarie 2010 van kolonel Wagter, ’n lid van die Spesiale Taakspan ontvang. Koionel Wagter was die persoon wat verskeie verklarings van die 204 getuie Valentine, geneem het. Wagter het aan Phillips gemeld dat Valentine die nommer aan hom verskaf het.

Die aansoeke vir Iasbriewe is uiteengesit in Bewysstuk NN. Dieselfde formaat is gevolg in elk van die 12 aansoeke voor die Hof wat ’n beedigde verklaring van Phillips ter ondersteuning van elke aansoek bevat. Die rede vir die versoeke word uiteengesit en daar word verwys, in bree trekke en opsommenderwys, na die relevante omstandighede. Phillips het die aansoeke onderteken, so ook die betrokke aanklaer en die landdroste, Mnr Albertus of Mev Botha. Die dokumentasie in elke aansoek toon aan dat die formele jurisdiksionele vereistes, soos uiteengesit in artikel 205, nagekom is.

Phillips het die aansoeke in Engels voltooi terwyi hy Afrikaanssprekend is. Hy het die proses nie maklik ervaar nie en die eerste aansoek ingevoige artikel 205 vervat in NN, was die eerste sodanige aansoek wat hy ooit gebring het. Dit kan wees dat hierdie faktore bygedra het daartoe dat sekere onakkurate steilings in die verklarings gemkorporeer is en waarom sekere bewerings taalkundig nie korrek is nie.

Mettertyd het Phillips ook getuig hoedat nommers van verdagtes vasgestel is met verwysing, onder andere, na selfoondata wat ontvang is uit vroeere aansoeke saamge!ees : met die inhoud van die verklaring van Valentine wat betref betrokkenes en tydperke wanneer daar kommunikasie was. Ek gaan nie nou besonderhede herhaal van hoe afleidings gemaak is wat betref nommers wat beskuldigdes verbind nie, behaiwe dat daar speurwerk betrokke was om by wyse van afleidings en analise van data en verklarings vas te stel dat se ke re no mm e rs re I evant is en m oon tlik verbind k a n word met die moord op Eier.


Daar word argumenteer deur die Staat - en dit !yk op die oog af, dat al die nommers waarvoor Iasbriewe uitgereik is deei is van ’n netwerk van nommers wat beweerdelik verband h.ou met kommunikasie tussen sekere van die beskuldigdes wat ooreenstem met die getuienis van Valentine wat betref gebeure.

Kolonel Wagter het getuig van sy kontak met Valentine en dat hy in sy oorkoepelende en leidende posisie nommers by Valentine gekry het wat hy aan die ondersoekspan bekend gemaak het. Hy het ontken, soos Phillips, dat hy selfoondata van beskuldigde 1 gehad het op die stadium wat die aansoeke vir Iasbriewe uitgereik is en het in besonderhede verduidelik hoe hy aanvanklik beskuldigde 1 se nommer by Valentine gekry het.

Die twee landdroste wat betrokke was by die magtiging van die Iasbriewe het getuig. Hulle het nie ’n onafhanklike herinnering van die oorweging van die aansoeke nie, maar het in besonderhede getuig van hulie normale puntenerige praktyk wanneer hulle versoek word om artikel 205 Iasbriewe te magtig.

Land dro s Albertus het byvoor bee Id spesifi ek gem eld dat: hy onthou dat hy opgemerk het die aansoeke volg dieselde formaat en dat hy noukeurig was om vas te ste! dat onakkurate herhalings weens “cut and paste” nie plaasvind nie. Hy het opgemerk dat hy vol “nonsense” is met betrekking tot hierdie tipe aansoeke.

Wat landdros Botha betref, was dit duidelik dat sy bekend is as ’n persoon wat noukeurig en riougeset haar werk benader. Sy het op een stadium, toe sy gevra is oor die lang tydperk van die aangevraagde rekords, byvoorbeeld verduidelik waarom sy sekere afleidings gemaak het en haar diskresie ten gunste van die uitreiking van die subpoenas uitgeoefen het. Sy het:h besondere goeie indruk op die Hof gemaak as iemand wat haar werk met die nodige erns beoefen en wat haar nie sal laat stoomroiler om ’n ondeurdagte besluit te neem nie. Die Hof het: nie twyfel dat beide landdroste eerlike en betroubare getuies was nie.

Beskuldigde 1 het nie getuig nie en geen getuies is namens hom geroep nie.

Beide die Staat en advokaat Rossouw het voliedige argumentshoofde aan die Hof verskaf en argumenteer na aanleiding daarvan. ’n Enkele ander ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof wat verband hou met selfoonlasbriewe, is tydens argument aan die Hof aangehaa!; naamlik S v S W de Vries, saak 67/2005, ’n uitspraak van Bozalek, R gelewer op 20 April 2006. Bozalek, R het in ’n vroeere verhoor-binne-'n-verhoor in dieselfde aangeieentheid van De Vries oor die toeiaatbaarheid van selfoonrekords bevind dat die aangevraagde rekords nie toelaatbaar was nie, weens die feit dat die regtelike beampte kiaarblyklik op sy eie erkenning geensins sy diskresie uitgeoefen het nie en slegs Iasbriewe onderteken het sonder enige oorweging van die inhoud daarvan.

Tydens die latere uitspraak, waarna ek verwys het, het Bozalek, R egter bevind dat dieselfde, voorheen ontoelaatbare, selfoonrekords toelaatbaar was, nadat daar weer aansoeke gerig was vir Iasbriewe en die aansoeke op hierdie geleentheid behoorlik oorweeg was na ’n meer formele gepaste prosedure. Die Hof het in terme bevind dat daar geen beletsel is ingevolge die bepalings van artikel 205 dat die prosedure vir die aanvraag van Iasbriewe om waarskynlik relevante inligting te bekom, herhaai word nie, omdat die bevinding dat inligting ontoelaatbaar is, ’n tussentydse bevinding is, wat in gepaste omstandighede gewysig kan word.

Ek is in ooreenstemming met die bevinding van my ampsbroer

wat hierdie aspek betref vir die gedetailieerde redes soos deur hom verskaf en ek stem nie saam met mnr Rossouw dat hernude aansoeke, waar die eerste aansoeke vir lasbriewe onreelmatig was, nie toelaatbaar is nie en dus ongeldig is nie.

Wat betref die aantygings namens beskuldigde 1 dat die:Staat in besit was van selfoonrekords van beskuldigde 1 voor en tydens die bring van die aansoeke vir lasbriewe, is die inligting voor die Hof op hierdie onderwerp geensins indikatief van; die korrektheid van hierdie bewerings, wat op spekulasie berus : nie. Dit is nie vir my duidelik of die bewering is dat beskuldigde 1 se data sonder lasbriewe verkry is nie want die: getuienis voor die Hof is dat aansoeke gebring Word ingevolge. artikel 205 juis’ omdat seifoonverskaffers nie andersihs inligting bekend maak nie.

Die Hof moet uiteindelik oordeel of die toelating van die relevante seifoondata sal lei tot die onregverdigheid van die verhoor of nadelig sal wees vir die administrasie van reg en geregtigheid. In die De Vries beslissing, supra, het Bozalek,

R die volgende bevind aan die einde van die uitspraak waarmee ek respekvol saamstem:

Both the State and the broader community which it represents have an interest in seeing that evidence which is material to a criminal prosecution, if lawfully and

fairly obtained, is placed before the trial court for consideration and not excluded on the basis of overly technical or insubstantial objections.”

In hierdie aangeleentheid is daar tans vir my geen rede om te glo dat die noukeurige prosedure wat die. landdroste gewoonlik toepas, nie toegepas is in die aansoeke wat voor die Hof dieri nie. Die aansoeke het begin in die aanvangstadium van die ondersoek na die moord op Eier en die verbandhoudende misdrywe. Daar kan nie verwag word dat die inligting Wat verskaf is in die verklarings Vir Iasbriewe heeltemal so akkuraat sal wees as die inligting wat in klagstate vervat is of wat tans voor die Hof is nie. Daar is nie ’n plig op landdroste om notas te hou van aansoeke nie en in hierdie saak het hulle wel die oorspronklikes van a 11 e aansoeke gehou. Dit is nie redelik of prakties om van die landdroste te verwag om die besonderhede van elke aansoek wat voor hulle dien te onthou nie, in sekere gevalle, vir jare.

Voorts is die Hof nie van mening dat inligting in verklarings wat betref relevante wesenlike materiele aspekte tot so ’n mate onakkuraat of vals was dat dit sou lei tot misleiding van die landdroste, soveel so dat hulle hulle diskresie nie behoorlik sou uitoefen nie. Die landdroste het die verklarings in die geheel beskou en oorweeg en geen van die beweerde onakkurate sterlings was vir hulle van so ’n wesenlike of relevante aard dat hulle tot ’n mate mislei is of hulle diskresie nie behoorlik uitgeoefen is nie. Ek is ook tevrede dat mnr Phillips geensins beoog het om enige landdros in enige aansoek opsetlik te mislei nie.

Laastens is ek nie oortuig dat die feit dat die landdroste met verloop van tyd begin kennis dr.a het van die ondersoek in hierdie saak, hulle sodanig beTnvloed het dat hulle nie ’n behoorlike diskresie kon uitoefen om Iasbriewe uit te reik tydens die ondersoek en voorverhoorprosedures nie.

Uiteindelik moet die Hof dus die beiange van die gemeenskap om teen misdaad beskerm te word, die beiange va n beskuidigdes om teen wanpraktyke beskerm te word en om hulle konstitusionele regte te beskerm, sowel as die beiange van die Staat om nie weens tegniese redes gekniehalter te word in die aanbieding van hulle saak nie, oorweeg.

Met oorweging van al hierdie faktore en, in die fig van die spesifieke omstandighede van hierdie saak, bevind ek as volg:

Inligting en gedetailleerde data wat die Staat ontvang het, na aanleiding van die Iasbriewe wat gemagtig en uiteengesit is of inkorporeer word in Aanhangsel NN, is toelaatbaar tydens die verhoor van hierdie saak


STEYN, R