South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2012 >>
[2012] ZAWCHC 83
| Noteup
| LawCite
S v Adendorff en Anders (SS29/2011) [2012] ZAWCHC 83 (12 June 2012)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNO: SS29/2011
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
VIRGIL ADENDORFF …........................................................................Beskuldigde 1
WINSTON VAN DER LEER …..............................................................Beskuldigde 2
EUGENE WILLIAMS ….........................................................................Beskuldigde 3
CLINT DE HAHN …...............................................................................Beskuldigde 4
RYAN ABRAHAMS …...........................................................................Beskuldigde 5
UITSPRAAK GELEWER OP 12 JUNIE 2012
BLIGNAULT R:
[1] Die beskuldigdes is aangekla van vyf misdade, te wete:
(1) die moord van Cameron Clyde Philander deur horn op 18 Julie 2010 te Ascensionstraat, Heideveld opsetlik met 'n vuurwapen te skiet.
(2) Die moord van Liezel Saunders deur haar op 18 Julie 2010 te Ascensionstraat, Heideveld opsetiik met 'n vuurwapen te skiet.
(3) Die wederregtelike besit, op dieselfde plek en tyd, strydig met die bepalings van artikel 3 van die Wet op die Besit van Vuurwapens 60 van 2000, 'n Z88 pistool met reeksnr Q119676 wat 9 mm koeels kan afvuur.
(4) Die wederregtelike besit, op dieselfde tyd en plek, van ammunisie.
(5) Die wederregtelike besit, op 30 Julie 2010 te Jonkershoekweg 43, Heideveld, strydig met die wetsbepaling onder aanklag 3 hierbo vermeld, van die vuurwapen onder aanklag 3 hierbo vermeld.
[2] Die verhoor het op 10 April 2012 in aanvang geneem. Mnr M O Julius het as staatsaanklaer opgetree, mnr R Kassel het beskuldigde 1 verteenwoordig, mnr M Holland beskuldigde 2, me J Bhayat beskuldigde 3, me L Arnott beskuldigde 4 en me D Haldenby beskuldigde 5.
[3] Beskuldigdes 1 tot 4 het onskuldig gepleit op al vyf aanklagte. Beskuldigde 5 het onskuldig gepleit op aanklagte 1 tot 4 maar hy het skuldig gepleit op aanklag 5. Hy het 'n pleitverduideliking ingelewer waarin hy, in kort, gese het dat 'n pistool op 29 Julie 2010 aan horn oorhandig was deur Virgil Adendorff vir tydelike bewaarneming. Hy het die vuurwapen onder 'n duvet bo-op 'n klerekas in sy slaapkamer weggesteek. Die polisie het vroegoggend daar opgedaag en die perseel ondersoek en die pistool gevind. Die polisie het horn meegedeel dat die vuurwapen 'n 9 mm Parabellum kaliber Vektor model Z88 met reeksnr Q119676 was en hy het dit as korrek aanvaar. Hy is ook meegedeel dat die polisie die pistool ondersoek het en gevind het dat dit in werkende toestand was en nie in staat was om om meer as een skoot te skiet met 'n enkele depressie van die vinger nie. Hy het die feit ook aanvaar. Hy het verder erken dat hy nie 'n lisensie gehad het om die pistool te besit nie en dat sy besit onwettig was.
[4] Die agtergrondfeite is nie in geskil nie. Die twee oorledenes Cameron Clyde Philander ("Cameron") en Liezel Saunders ("Liezel") het in die vroee oggendure op 18 Julie 2010 in 'n maroenkleurige Ford motor gesit. Die motor was parkeer op 'n gruisgedeelte aan die kant van Ascensionstraat in die woongebied genaamd Heideveld. Ascensionstraat strek nagenoeg in 'n rigting vanaf oos na wes. Die neus van die motor het in 'n westelike rigting gewys.
[5] Terwyl Cameron en Liezel nog in die motor gesit het, is daar met vuurwapens op hulle geskiet. Cameron is in of baie kort na die skietery oorlede terwyl hy nog in die motor gesit het. 'n Lykskouing het getoon dat daar nege skietwonde in sy liggaam was. Daar was minstens twee fatale wonde. Die een het sy brein deurboor en die tweede een het sy borsholte binnegedring en die lewer en tragea geskeur.
[6] Liezel het onmiddellik na die aanval nog geleef. Sy het by 'n tante van haar, mev Lameez Lakay, gaan hulp soek wat gereel het dat sy hospitaal toe geneem is. Sy is dieselfde dag nog oorlede. 'n Lykskouing het getoon dat sy vier skietwonde opgedoen het wat haar liggaam deurdring het as gevolg waarvan sy gesterf het.
[7] In die loop van die polisieondersoek het adjunk-offisier A van Zyl ongeveer 8 afgevuurde koeels en 14 lee doppies op die toneel gevind. Die patroondoppies het meestal aan die voor en regterkant van die motor gele, relatief naby daaraan met 'n konsentrasie van doppies ongeveer twee meter weg.
[8] Die beskuldigdes het almal erken dat die agt koeels en veertien koeeldoppies wat op die toneel gevind was asook die koeelpunte wat in die Ford motor en in die liggaam van Cameron gevind is, korrek verpak, geberg, versend en ontvang is deur die Ballistiese Eenheid van die
SAPD se Forensiese Wetenskap Laboratorium ("die Ballistiese Eenheid"). Die beskuldigdes het ook erken dat die 9mm parabellum Vektor 288 pistool waarop adjudant-offisier Koeberg beslag gele het, korrek verpak, geberg, versend en ontvang is deur die Ballistiese Eenheid.
[9] Sersant Philemon Nhlapo is verbonde aan die ballistiese eenheid. Hy het getuig dat die veertien doppies en agt afgevuurde koeels wat op die toneel gevind was, deur minstens twee vuurwapens afgevuur was,. Dit is bevestig deur me Zelda Meiring van die Ballistiese Eenheid se getuienis.
[10] Sersant Xolelwa Bokwe is ook werksaam by die Ballistiese Eenheid. Sy het die 9mm Parabellum kaliber Vektor model Z88 semi-outomatiese pistool met reeksnommer Q119676 ondersoek het en gevind het dat dit in werkbare toestand was. Die pistool kon sig self outomaties laai maar dit kon nie meer as een skoot afskiet met 'n enkele depressie van die vinger nie.
[11] Dit sou nuttig wees om op hierdie stadium die strate in die omgewing te beskryf. Die hof het dit tydens 'n inspeksie ter plaatse waargeneem. Ascensionweg loop in 'n oos-wes rigting. Aan die oostekant sluit dit aan by Duinefonteinweg wat 'n hoofweg is. Die skietvoorval het ongeveer 115 meter noord vanaf Duinefonteinweg plaasgevind. Die afstand vanaf die punt, uitgewys deur Armedien, vanwaar hy die skietery gesien het, tot by die toneel waar dit plaagevind het, is 65 meter. Posternweg sluit vanaf die noordekant by Ascensionweg aan ongeveer regoor die punt waar die voorval plaasgevind het. Die garage op die hoek van Ascensionweg en Posternweg is 50 meter weg van die toneel van die skietery. Ongeveer 50 meter vanaf Ascensionweg sluit Rooibergsingel by Posternweg aan. Rooibergsingel strek noordwaarts tot naby Duinefonteinweg waar dit weswaarts swenk. Die afstand vanaf die hoek van Rooibergsingel en Posternweg tot by die hoek waar Rooibergsingel na links swenk, is 141 meter.
[12] Daar was heelwat getuienis oor die straat genaamd Jonkershoekweg. Dit loop van wes na oos en sluit by Duinefonteinweg aan, ongeveer 280 meter suid van die punt waar Ascensionweg daarby aansluit. Die afstand vanaf Jonkershoekweg 1D tot Jonkershoekweg 10 is 64 meter. Daar is drie straatligte oor hierdie afstand, gelee aan die oorkant van Jonkershoekweg 1D. Die huis by Jonkershoekweg 1D het 'n enkele ry vibracrete blaaie. Langs dit is daar 'n opening van 3,4 meter wat dien as 'n oop hek. Die afstand vanaf Jonkershoekweg 1D tot Duinefonteinweg is 45 meter.
[13] Nabielah Syce het getuig dat sy en Cameron reeds vir 9 jaar 'n verhouding gehad het. Hy was 'n "bouncer"' by 'n klub en 'n lid van die bende bekend as die Terrible Westsiders. Sy het Cameron so teen drie-uur die Saterdagmiddag voor die voorval laas gesien. Sy het gese dat sy beskuldigde 4 geken het. Hy het ook vir Cameron geken.
[14] Me Lameez Lakay het getuig dat sy die tante (moeder se suster) van Liezel Saunders is. Sy woon in Ascensionweg naby die huis waar Liezel by 'n vriend gebly het. Sy het die saam met vriende by 'n klub, Stables, gaan kuier. Sy was by die klub van ongeveer 02h00 tot 04h00. Toe sy naby haar huis kom het sy gesien daar staan 'n maroen Ford. Toe sy by die motor verbystap het sy gesien sy dat dit Liezel was en Cameron. Liezel het haar aan Cameron bekend gestel. Shameena Lakay het daar opgedaag en haar gevra om in haar motor te klim. Sy en Shameena is toe later daar weg.
[15] Die staat se volgende getuie was Rameez Armedien. Die betrokke Sondagoggend het hy en sy meisie Carol buite haar huis te Jonkershoekweg 1D in Heideveld gesit. Hy het op daardie stadium by haar gewoon. Hulle het teen 'n vibracrete muur aan die straat se kant van die huis gesit waar hulle besig was om te vry. Dit was stil gewees totdat daar 'n silwerkleurige Quantum taxi verby gery het waar hulle gesit het. Die taxi het by die huis van ene Ismail Jaffer wat hy as
Gadget geken het, stilgehou. So ver hy weet het die taxi aan Gadget behoort. Gadget was ook in die voertuig. Gadget se huis, nr 10 Jonkershoekweg, was skuins oorkant die huis waar sy meisie gewoon het. Dit was binne sy sig. Daar het onder meer dames uit die taxi geklim wat dronk was en geraas het. Al die persone wat uit die taxi geklim het, het in die huis ingegaan. 'n Paar ander motors het opgedaag. Hy het toe gesien dat drie persone by die huis uitgekom het. Die een het soos Gadget gelyk. Hy is na 'n ruk weer die huis binne. Die ander twee het in hulle rigting begin stap. Hulle het agter 'n vibracrete muur gesit sodat die persone wat in die straat afgeloop het, hulle nie sou sien nie. Hy het die twee persone geken. Dit was beskuldigde 1 en beskuldigde 4 gewees. Hy het beskuldigde 4 dikwels by Gadget se huis gesien. Hy het skynbaar vir Gadget gewerk. Beskuldigde 1 het hy in die tronk leer ken.
[16] Armedien het getuig dat hy gesien het dat elkeen iets voor in sy broek indruk. Hy was onder die indruk dat dit lollies ('n tipe tik-houer) was. Sy meisie het horn gevra om te kyk of hy nie 'n lollie van hulle kon koop nie. Hy het veronderstel dat die twee persone op pad was na 'n nabygelee garage om sigarette te koop. Hy het besluit om hulle te volg ten einde 'n lollie by hulle te koop terwyl hy vir homself sigarette koop. Toe hy agter die muur uitkom was hulle besig om regs te draai by die hoek van Ascensionstraat en Duinefonteinweg. Hulle het toe in Duinefontein afbeweeg. Hy het hulle gevolg maar hulle het horn nie gesien nie. Hy het gese dat die twee persone lede was van 'n bende genaamd die Junky Funky Kids maar dat die bende genoem die Americans die gebied rondom die garage beheer het. Beskuldigdes 1 en 4 het in Duinefontein afbeweeg in 'n noordelike rigting. Hulle het die hoofweg gekruis en voortgegaan in dieselfde rigting. Die twee beskuldigdes het toe links gedraai in 'n onopsigtelike straatjie. Hy kon hulle nie sien toe hy by die hoek van heirdie straatjie kom nie. Hulle het teen 'n vinnige pas gestap. By die hoek van Duinefonteinweg en Ascensionweg het hy links gedraai in Ascensionweg. 'n Rukkie later het hy gesien dat hulle vanuit 'n systraatjie aan die linkerkant van Ascensionweg uitgekom het en verder in Ascensionweg afgeloop het in die rigting van die garage. Hy het hulle gevolg.
[17] Terwyl hy in Ascensionweg afbeweeg het, het hy skielik skote gehoor. Hy het ook die vuur van die skote gesien. Dit was vanaf 'n punt laer af in Ascensionweg. Hy het beskuldigde 4 gesien met 'n vuurwapen in sy hand. Hy het ook vir beskuldigde 1 in sy teenwoordigheid gesien. Hy het groot geskrik en onmiddellik teruggehardloop na sy meisie se huis toe. Hy dink dat hy twee vuurwapens gesien het. Hy het nie gesien waarheen die persoon of persone geskiet het nie. Die twee persone wat hy gesien het, was aan die linkerkant van die pad soos hy na hulle gekyk het. Hy het onder kruisondervraging getuig dat die beligting in Ascensionweg goed was.
[18] Armedien het getuig dat hy nie 'n lid van 'n bende buite die tronk was nie. Beskuldigde 1 en beskuldigde 4 was lede van die bekend as die Junky Funky Kids. Gadget was die hoof van daardie bende. Daar was ook 'n bende in Heideveld genaamd die Terrible Westsiders.
[19] Wayne Koeberg is 'n konstabel in die Suid Afrikaanse Polisiediens ("die SAPD"). Op 18 Julie 2010 het hy as deel van sy pligte die perseel te Jonkershoekweg 23 deursoek. Hy en 'n kollega het met die eienaar se toestemming 'n "wendyhouse" op die perseel deursoek. In een van die kamers het haar seuns geslaap. Dit was met 'n hangkas verdeel met 'n bed aan elke kant. Hy het die kant van Mark Abrahams deurrsoek. Sy kollega het die ander kant deursoek. 'n Pistool het van die kas af tot op die grond geval. Koeberg het die reeksnr Q119674 neergeskryf. Hy het albei persone toe arresteer.
[20] Me Shafieka Abrahams het getuig dat sy op 18 Junie 2010 teen 06h00 op pad was van 'n huis te Elsa Court, Heideveld waar sy die nag geslaap het. Sy was op pad na 'n vriend se huis in Heideveld waar sy die Sondag sou deurbring. Sy het by 'n winkel wat deel vorm van 'n garage in Ascensionweg gestop om sigarette te koop. Nadat sy die sigarette gekoop het, terwyl sy nog op die perseel van die garage was, het sy skote hoor afgaan. Sy het opgekyk en toe gesien dat twee persone op 'n motor geskiet het. Die motor het oorkant die straat in Ascensionweg gestaan, omtrent 50 meter weg van die garage. Die twee persone het om die motor geloop en toe daarna geskiet. Dit was 'n maroen Ford gewees
[21] Sy het ook 'n wit bakkie gesien wat in Posternstraat geparkeer was. Sy ligte het op die kar geskyn waarop daar geskiet was. Die bakkie was in Posternstraat parkeer, ongeveer in die middel tussen Ascensionstraat en Rooibergsirkel. Die bakkie het toe weggery in Ascensionstraat af. Sy het die bakkie geken. Dit het aan Gadget behoort. Sy het nie gesien wie die wit bakkie bestuur het nie.
[22] Shafieka het getuig dat sy toe in Rooibergsingel afgeloop het. Die twee persone het by haar verbygehardloop in dieselfde rigting. By 'n huis op die punt waar Rooibergsingel na links swenk het sy gesien dat die twee persone vanuit die binnekant van die heining teugspring in die straat. Op die stadium het sy gesien dat albei die lappe en musse oor hul koppe afgehaal het. Die een persoon het ook sy swart top uitgetrek. Die ander een het nog sy swart top aangehad. Hulle het verder gehardloop na Langkloof toe. Sy het agterna gestap. Dit was net besig om lig te word. Sy het die twee persone geken. Dit was Virgil (beskuldigde 1) en Clint (beskuldigde 4). Sy het hulle al lank geken en al 'n paar keer met hulle gepraat. Hulle was lede van die Junky Funky Kids bende. Sy het gese dat sy beskuldigde 4 ook geken het omdat hy 'n baba by 'n vriendin van haar gehad het
[23] Volgens Shafieka het beskuldigde 1 en beskuldigde 4 toe Duinefonteinweg gekruis en aangeloop tot in Laingsburgweg. Daar het hulle het in 'n silwer BMW X5 motor ingeklim. Sy het die BMW geken. Dit het aan Gadget behoort. Sy kon nie sien wie dit bestuur het nie. Sy het toe verder geloop na haar vriend se huis en daar gaan slaap. Sy het Liezel geken, hulle was saam op skool. Sy het ook nie gesien wie die wit Corsa bakkie bestuur het nie. Sy het die BMW en die wit bakkie identifiseer op foto's wat deur die polisie aan haar getoon is. Sy het ook getuig dat sy met Rooibergsingel gestap het omdat dit 'n veiliger pad is as Ascensionweg.
[24] Kaptein Theodore Matthys het getuig dat hy 'n fotoparade gereel het. Twaalf foto's van manspersone is aan Shafieka Abrahams getoon. Sy het onmiddellik vir beskuldigdes 1 en 4 uitgeken.
[25] Konstabel Lieutenant Juvase van die Manenberg polisie het getuig dat hy op 18 Julie 2010 op diens was. Hy het 'n oproep ontvang oor die skietvoorval. Dit was ongeveer 05h45. Hy het dadelik daarheen vertrek en hy was die eerste polisiebeampte op die toneel.
[26] Sersant Lyon Mfiki van die SAPD het getuig dat hy opleiding ontvang het in die aflaai van data vanaf selfone. Hy het van konstabel Lekas drie selfone ontvang plus 'n sak met inligting oor elke foon wat horn in staat gestel het om die afgelaaide data met elke selfoon te verbind.
[27] Me Hilda du Plessis is reeds 16 jaar in diens van die selfoonmaatskappy MTN as 'n dataontleder. Sy het relevante rekords van die volgende selfone op 18 Julie 2010 voor die hof geplaas:
Eienaar: Beskuldigde 1 nr 073 342 6158
Eienaar: Beskuldigde 1 nr 074 1773 1861
Eienaar: Beskuldigde 2 nr 074 520 2464
Eienaar: Beskuldigde 4 nr 084 812 5379
Eienaar: Nie geidentifiseer nie nr 073 117 9089
[28] Me du Plessis het die selfoonnommers vergelyk met die besonderhede van kontakte wat op elke selfoon verskyn het.
(Geriefshalwe vermeld ek net die laaste vier syfers van elke nommer.) Op selfoon 1861 (beskuldige 1) se kontakte verskyn die naam van "Clinty de Haan" twee keer, elke slag met nommer 6619. Op selfoon 6158 (beskuldigde 1) se kontakte kom die name "Clinty de Haan" en "Clinty" voor, in albei gevalle met nommer 6619. Op selfoon 2464 (beskuldigde 2) se kontakte verskyn die naam "Clinty jfk", ook met die nommer 6619. Op beskuldigde 4 se selfoon, nommer 5379, se kontakte kom beskuldigde se naam en nommer twee keer voor.
[29] By haar rekords het me du Plessis kaarte aangeheg wat die verskillende ontvangstorings aantoon en die gebied waar seine van elke toring en na elke toring ontvang kan word. Dit blyk hieruit dat die woongebied Heideveld oor die areas van die torings van Heideveld en Nico Malan strek. Lansdown val in 'n aparte gebied wat 'n aansienlike afstand van Heideveld is. 'n Selfoon in Heideveld sal nie 'n sein vanaf 'n toring in Lansdown optel nie en omgekeerd.
[30] Me du Plessis het onder meer rekords verskaf met betrekking tot beskuldige 1 se selfoon met nommer 6158 oor die tydperk van 00:26 tot 06:33 op 18 Julie 2010. Dit word hieronder saamgevat:
Tyd |
Nommer waarvandaan |
Nommer waarheen |
Toring waarvandaan |
Toring waarheen |
00h26 |
8981 |
6158 |
|
Heideveld VC |
00h30 |
6158 |
5010 |
Heideveld VC |
Nico Malan |
00h33 |
6158 |
9981 |
Gugulethu VC |
Gugulethu VC |
00h41 |
6158 |
6619 |
Nico Malan |
Heideveld |
00h51 |
6158 |
6619 |
Heideveld VC |
Nico Malan |
00h53 |
6158 |
0412 |
Nico Malan |
Heideveld |
02h37 |
6619 |
6158 |
|
Heideveld VC |
02h38 |
6619 |
6158 |
|
Heideveld VC |
03h07 |
2473 |
6158 |
Heideveld VC |
Heideveld VC |
05h58 |
2473 |
6158 |
|
Nico Malan |
06h32 |
6158 |
2473 |
Nico Malan |
Heideveld VC |
06h33 |
6158 |
2464 |
Heideveld VC |
Nico Malan |
[31] Dit blyk uit hierdie rekords dat beskuldigde 1 se selfoon nr 6158 op 18 Julie 2010 vanaf 00:00 (middernag) tot 06h33 altesaam 12 oproepe ontvang of gestuur het. In al twaalf van hierdie gevalle is die oproep binne Heideveld of 'n naasliggende gebied ontvang. In agt gevalle is die oproepe vanaf die Heideveld gebied gestuur (vier is nie bepaal nie).
[32] Dit blyk ook dat twee oproepe gestuur is van selfoon 6158 na selfoon 6619 teen ongeveer 00:41. Selfoon 6158 het twee oproepe ontvang van selfoon 6619 tussen 02h00 en 03h00. .
[33] Adjudant offisier White is reeds 13 jaar verbonde aan die SAPD te Manenberg. Hy is verantwoordelik vir die verkryging van inligting aangaande misdaad in die betrokke omgewing. Dit sluit inligting oor bendebedrywighede in. Hy ken die bende Junky Funky Kids goed. Dit is die vernaamste bende in Heideveld. Hy ken ook die Terrible Westsiders wat ook in Heideveld bedrywig is. Elk bende probeer 'n bepaalde gebied beheer waarin hulle die handel in dwelms bedryf. Daar is gereeld vyandigheid tussen die bendes ten einde groter gebiede te beheer. Dit loop dikwels op 'n skietery oor en weer uit.
[34] Melvin Galant is 'n lid van die Terrible Westsiders in Heideveld. Hy het Cameron geken. Cameron was reeds vir vyf jaar 'n lid van die Terrible Westsiders. Hy het getuig dat daar dikwels vyandigheid was en is tussen die twee bendes. As voorbeeld het hy 'n voorval genoem wat in Mei 2010 plaasgevind het.
[35] Video-opnames is per toeval van die gebeure gemaak. Die volgende is waargeneem. Net na middernag het daar 'n silwerkleurige BMW X5 en 'n wit Corsa bakkie op die perseel van die garage arriveer. Van 'n huis oorkant die plek waar die skietery plaasgevind het ("die skiettoneel") word later 'n voertuig gesien wat in Ascensionweg afbeweeg en by die skiettoneel stilhou ("die eerste motor"), 'n Ruk later het 'n tweede motor langs die eerste motor stilgehou. Persone het uit die tweede motor geklim en toe terug daarin. Die tweede motor het wegbeweeg van die toneel. Daar het 'n wit bakkie in Posternweg beweeg in die riging van Ascensionweg waar dit regs gedraai het. Later het twee persone te voet die eerste motor van agter genader. Kort daama is daar 'n groot klomp vonke sigbaar op die skiettoneel. Die twee persone beweeg toe weg van die toneel in Posternweg.
[36] Die aanklaer het in die loop van die verhoor aansoek gedoen dat die verklarings van beskuldigde 1, beskuldigde 4 en beskuldigde 5, na gelang van die geval, as hoorse-getuienis teen elk van die ander beskuldigdes toegelaat word.
[37] Die aanklaer het gesteun op die bepalings van artikel 3(1 )(c) van die Wysigingswet op die Bewysreg 45 van 1988. Ingevolge die bepaling kan hoorse-getuienis toegelaat word indien die hof, met inagneming van
'n reeks faktore daarin vermeld van oordeel is dat daardie getuienis in die belang van geregtigheid toegelaat behoort te word.
[38] Die advokate vir al vyf die beskuldigdes het die aansoek teengestaan.
[39] Die aanklaer het ter aanvang betoog dat die verklarings nie enige beskuldigde direk inkrimineer nie. Dit bevat egter getuienis van sekere kollaterale gebeure wat die staat se saak mag staaf. Hy het sterk gesteun op die beslissing van die Hoogste Hof van Appel in S v Ndhlovu 2002(2) SASV 325 (H) waar soorgelyke verklarings as hoorse-getuienis aanvaar is.
[40] Die beslissing in S v Ndhlovu, supra, is gekritiseer in 'n obiter dictum van Ponnan AR in S v Balkwell & Another [2007] ZASCA paras [33] en [36]..
[41] In Libazi v S 2010 (2) SASV 233 (HHA) het Mlambo AR in 'n eenparige beslissing die Ndhlovu saak stilswyend gekritiseer maar toe onderskei soos uiteengesit in para [16]:
"[16] For all the aforegoing it is apparent that I do not regard the Ndhlovu approach as all-encompassing. The matter at hand is a case of the classical 'absent witness', as opposed to Ndhlovu and Molimi where the makers of the statements testified disavowing the statements attributed to them. In our case, Shasha was clearly an accomplice and did not testify. This effectively emasculated the court from evaluating the evidence in the statement and applying the necessary cautionary rules. This, in my view, clearly militated against the admission of the statement as hearsay evidence against the appellants. I also am not persuaded by the State's argument that the failure by Shasha to testify was mitigated by the evidence of Mbulawa who, the State asserted, could have been cross-examined on the statement, as his evidence, so the submission went, was similar to that contained in the statement. Strictly speaking, this is not factually correct. Fundamentally, however, Mbulawa was not the author of the statement and he could conceivably never be cross-examined on its contents."
[42] Na my oordeel kan die feite in die huidige geval onderskei word van die in die Ndhlovu uitspraak op die grondslag dat elk van die beskuldigdes wat die verklarings afgele het, nog nie getuig het nie. Indien hy getuig kan hy in kruisverhoor geneem word. Indien nie, geld die oorwegings in die Libazi saak genoem, met voile krag, naamlik dat sy reg op 'n billike verhoor en die versigtigheidsreel by medepligtiges geskend word.
[43] Die aanklaer se aansoek om die verklarings van beskuldigde 1, beskuldigde 4 en beskuldigde 5 teen mekaar en teen die ander beskuldigdes as getueinis aan te voer, word gevolglik van die hand gewys.
[44] Die aanklaer het ook gepoog om verklarings in te handig wat deur lede van die SAPD van die beskuldigdes geneem is. Beskuldigde 1, beskuldigde 4 en beskuldigde 5 het nie beswaar gemaak daarteen nie. Beskuldigdes 2 en 3 het egter beswaar gemaak teen die inhandiging van hul verklarings. Hul een grond van beswaar was dat hulle vooraf aangerand en geTntimideer was. Die tweede grond van beswaar was dat hulle regte om met 'n regspraktisyn van hul eie keuse te konsulteer, soos bepaal in artikel 35(2)(b) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996, geskend is.
[45] Wat die beweerde aanrandings betref was daar heelwat getuienis deur beskuldigde 2 en beskuldigde 3 aangebied. Die polisiegetuies, aan die ander kant, het ontken dat daar enige aanranding of intimidasie was. In die lig van die gevolgtrekking waartoe ek gekom het met betrekking tot die beskuldigdes se regte op behoorlike regsverteenwoordiging, is dit nie vir my nodig om tot enige beslissing te kom betreffende die beweerde aanrandings en intimidasie nie.
[46] Konstabel Leukes het beskuldigde 3 se verklaring geneem en konstabel Witbooi die van beskuldigde 2. Dieselfde prosedure is in elke geval gevolg. Die neem van die verklarings self is voorafgegaan deur 'n onderhoud. Die inhoud van die onderhoud word aangeteken op 'n standaard dokument wat 'n volledige stel instruksies bevat. Dan volg 11 paragrawe waarin sekere besonderhede en sekere antwoorde op vrae wat aan die verdagte gestel is.
[47] Die vorm self maak voorsiening vir twee tipes verklarings. Die een word 'n "statement" genoem en die ander 'n stel "questions and answers". Die doel van hierdie onderskeid, moet ek se, is vir my nie duidelik nie. Dit kan inderdaad verwarring veroorsaak. Dit sou tog onlogies vir 'n verdagte wees om te verkies om nie 'n "statement" te maak nie maar tog bereid te wees om antwoorde op vrae te beantwoord. Dit het in die geval van beide beskuldigde 2 en beskuldigde 3 gebeur.
[48] Ek is nie van plan om die vorms betreffende beskuldigde 2 en beskuldigde 3 volledig te ontleed nie. Wat beskuldigde 2 betref, geneem deur konstabel Witbooi, is die paragrawe wat betrekking het op regsverteenwoordiging, byna glad nie ingevul nie en heeltemal teenstrydig met die inhoud van die vorm en die instruksies. Beskuldigde 3 se vorm, geneem deur konstabel Leukes, is effens meer volledig ingevul. Volgens die vorm het beskuldigde 3 aangedui dat hy met 'n regsverteenwoordiger wil konsulteer. Op 'n vraag welke verdere stappe geneem is om horn die geleentheid daartoe te gee, word aangeteken "will arrange a lawyer". Konstabel Leukes het egter geen sulke reelings getref nie. Hy het eenvoudig met die alternatiewe werkswyse, vrae en antwoorde, voortgegaan.
[49] Konstabel Witbooi het vaagweg getuig oor kommunikasie wat hy oor die naweek met 'n prokureur, mnr N Hassen, gehad het. Mnr Hassen het getuig dat hy inderdaad instuksies gehad het om na beskuldigde 2 en beskuldigde 3 se belange om te sien. Hy het konstabel Witbooi telefonies so ingelig. Hy het bevestig dat hy nooit uitgenooi was om enige onderhoud met beskuldigde 2 of beskuldigde 3 by te woon nie. Hy is gevra of hy 'n klient sou adviseer om nie 'n verklaring te maak nie maar wel vrae te beantwoord. Hy het geantwoord dat geen bevoegde prokureur so iets sou toelaat nie.
[50] In die lig van die omstandighede wat ek hierbo geskets het, het ek geen twyfel dat beskuldigde 2 en beskuldigde 3 se grondwetlike regte op regsverteenwoordiging geskend was nie. Ek het gevolglik beslis dat die verklarings van beskuldigde 2 en beskuldigde 3 nie toegelaat word as getuienis nie.
[51] Dit het die staatsaak afgesluit. Beskuldigdes 2 en 3 het toe aansoek gedoen om ontslag op al vyf aanklagte. Beskuldigde 5 het aansoek gedoen om ontslag op aanklagte 1 tot 4. Aangesien daar in wese geen getuienis teen die betrokke beskuldigdes op die vermelde aanklagte aangevoer is nie, is hulle aldus ontslaan.
[52] Virgil Adendorff (beskuldigde 1) het getuig dat hy 31 jaar oud was. Hy het twee kinders maar hy is nie getroud nie. Ten tyde van die voorval was hy te Groenbergweg 20, Heideveld woonagtig. Dit is sy moeder se huis. Op 18 Julie 2010 was hy saam met sy meisie by sy moeder se huis. Hy het toe besluit om na Club Atmosphere in Lansdowne te gaan. Hy het saam met beskuldigdes 2 en 3 gegaan. Hulle was vanaf eenuur tot sesuur voormiddag daar. Nadat die klub gesluit het, het hulle nog buite gestaan en drink.
[53] Teen ongeveer 05h30 het hulle die klub verlaat. Beskuldigde 2 het Quantum taxi toe gaan haal. Hulle het ongeveer 06h30 by Gadget se huis aangekom. Daar was nog 'n partytjie aan die gang maar hy het nie daarin belangestel nie. Hy het gaan slaap in Gadget se huis. Ongeveer agtuur het kolonel Baker van die persone in die huis wakkergemaak en polisiestasie toe geneem. Hy was een van hulle.
[54] Adendorff het getuig dat hy Armedien van aansien geken het. Hy het vir Armadeen by een geleentheid gesien toe hy tik by Jonkershoekweg 12 gekoop het. Hy het bevestig dat Armedien horn goed genoeg geken het om horn te herken as hy horn sou gesien het. Hy het Shafieka Abrahams ook geken. Hulle het op een stadium 'n verhouding gehad vir omtrent 2 maande. Sy het ook tik gebruik.
[55] Hy het onder kruisondervraging bevestig dat hy reeds vir 6 jaar lank 'n lid van die Junky Funky Kids bende was. Hy het getuig dat hy nie sy verklaring, wat sonder enige beswaar ingehandig is, gelees het voordat hy dit onderteken het nie. Hy het bevestig dat hy Cameron geken het. Hy was 'n lid van die Terrible Westsiders. Hy het te kenne gegee dat daar geen vyandigheid tussen die Junky Funky Kids en die Terrible Westsiders was nie, ondanks die getuienis van adjudant-offisier White en Melvin Galant. Hierdie stukkie getuienis is nooit aan die twee persone gestel toe hulle getuig het nie. Hy bevestig dat hy betrokke was by die insident in Mei 2010 wat deur Galant genoem was maar hy het nie saam met ander "brasse" messe gaan haal en die Westsiders gesoek, soos hy in sy eie verklaring vermeld het nie. Volgens horn het konstabel Leukes, wat die verklaring geneem het, sy eie storie daar geskryf.
[56] Wat die selfoonrekords betref, kon hy nie se wie se telefoonnommer as 'n kontak op sy selfone langs beskuldigde 4 se naam verskyn nie. Hy het ook getuig dat hy sy eie selfoon die nag by 'n vriendin gelaat het om gelaai te word. Die stukkie getuienis was nooit aan die staatsgetuies gestel nie.
[57] Clint de Hahn (beskuldigde 4) het getuig dat hy 30 jaar oud was. Hy het in sy ouers se huis te Waterbergstraat 44 gebly. Hy was reeds 4 jaar lank 'n lid van die Junky Funky Kids gewees. Hy was deel van die groep persone wat die Sondagoggend opgetel is. Sy ma het horn gebel en gese dat die polisie horn soek.
[58] Hy het 3 Augustus 2010'n polisieverklaring afgele. Hy het daarop gewys dat daar twee selfoonnommers op sy verklaring aangeteken was. Die eerste (084 812 5379) was sy eie nommer. Die tweede nommer (078 562 5505) was die van 'n ander persoon wat sy (beskuldigde 4) se selfoon polisiestasie toe kon bring. Hy het getuig dat hy nie 'n selfoon besit het met die nommer 079 9562 6619 nie. Volgens horn het hy die vorige dag vir die eerste keer gehoor van vyandigheid tussen die Junky Funky Kids en die Terrible Westsiders. Hy het getuig dat hy vir Shafieka geken het van skooltyd af, asook Liezel. Hy en hulle twee het een dag tik gebruik in 'n huis in Laingsburgweg. Haar huis was in Waterbergstraat, ongeveer 15 tot 20 minute van Gadget se huis. Shafieka het gereeld tik gebruik. Hy het Cameron geken. Hulle was vriende gewees.
[59] Onder kruisondervraging het hy getuig dat hy en Cameron nie meer vriende was nadat hy (beskuldigde 4) by die Junky Funky Kids aangesluit het nie. Hy het ook getuig dat hy nou en dan vir Gadget gehelp het om tik te verkoop. Hy het bevestig dat daar vroumense saam was toe hulle die Saterdagaand van die klub teruggekeer het na Gadget se huis.
[60] Beskuldigde 5 het sy saak gesluit sonder om te getuig of enige getuies te roep.
[61] Voordat ek die getuienis bespreek is dit nodig dat ek kortliks kommentaar lewer op die indrukke wat die twee ooggetuies gemaak het. Armedien is nie 'n geletterde of gesofistikeerde persoon nie en hy het nie voorgegee om een te wees nie. Hy was nie 'n tipiese of normale getuie nie. Hy het baie te se gehad. Hy het ook die advokate en die hof per geleentheid onderbreek, soseer so dat hy gewaarsku is dat hy horn aan minagting van die hof kon skuldig maak. Hy was ook 'n kaartman, soms het hy gelyk of hy die aandag geniet het. Nieteenstaande hierdie opmerkings tel dit in sy guns dat hy onafhanklik voorgekom het, sonder enige vooroordele teen of vir die beskuldigdes. Sy weergawe was 'n eenvoudige een en hy het basies daarby gebly. Daar is ook geen inherente onwaarskynlikhede of wesentlike weersprekings in sy getuienis nie.
[62] Shafieka se optrede in die getuiebank was beter as die van Armedien. Sy was ooglopend skrikkerig vir die hofsituasie en waarskynlik ook vir die beskuldigdes. Sy het baie sag gepraat maar by ontleding was die inhoud van haar getuienis duidelik en nie onwaarskynlik nie. Sy het by haar weergawe gebly en daar was geen inherente onwaarskynlikhede of wesentlike weersprekings daarin nie.
[63] Beskuldigde 1 en beskuldigde 4 se advokate het aanvaar dat die vernaamste geskilpunt in die saak die identifikasie van die twee beskuldigdes was. Hulle het ook aanvaar dat die eerlikheid van die twee ooggetuies in die huidige omstandighede nie as sodanig die vernaamste faktor is nie. Dit gaan hoofsaaklik om die betroubaarheid van elke getuie se identifikasie van die beskuldigdes.
[64] By oorweging van die bewyskrag van die staat se identifikasiegetuienis is daar na my mening vier faktore wat van belang is. Die eerste is dat Armedien en Shafieka presies dieselfde twee persone, en niemand anders nie, identifiseer het alhoewel hulle dit van verskillende posisies gedoen het. Blykens die getuienis het hulle heeltemal onafhanklik van mekaar opgetree. Hulle was nie naby mekaar nie en het geen kontak gehad het of selfs geweet van mekaar nie.
[65] In die tweede plek blyk dit dat Armedien en Shafieka albei beskuldigdes geken het. Armedien het so getuig en dit is nie weerspreek nie. Shafieka het volgens beskuldigde 1 op een stadium 'n verhouding met horn gehad. Beide beskuldigdes het bevestig dat elk van die twee getuies hul sou herken het indien hy/sy hulle gesien het.
[66] Die derde faktor is dat daar geen bewys is van enige vyandigheid tussen elk of beide van die beskuldigdes en elk of beide van die getuies nie. Daar is ook geen oortuigende suggestie dat daar 'n motief sou gewees het by enige van die getuies om enige een van die beskuldigdes sonder enige gronde te beskuldig nie. Shafieka het ook beskuldigde 1 en beskuldigde 4 onmiddellik by 'n fotoparade herken.
[67] In die vierde plek is dit insiggewend dat elk van die twee getuies net voor of na die voorval onderskeidelik 'n verbintenis tussen die twee beskuldigdes en Gadget waargeneem het. Dit versterk die bewyskrag van hul getuienis verder. Shafieka het getuig dat dit die wit bakkie van Gadget was wat net voor die skietery op die toneel was en dat beskuldigde 1 en beskuldigde 4 agterna deur Gadget se BMW X5 opgetel is. Armedien weer het getuig dat die beskuldigdes hul aanval vanaf Gadget se huis geloods het.
[68] Die selfoonrekords verskaf stewige stawing vir die twee ooggetuies se weergawes. Hierdie getuienis kan so saamgevat word. Die rekords toon dat daar van beskuldigde 1 se selfoon twaalf oproepe op 'n kritieke tyd gemaak of ontvang is. Sy verduideliking dat hy dit in die sorg van 'n vriendin gelaat het, is glad nie oortuigend nie. Waarom sou 'n vriendin oor 'n tydperk van ure in die vroee oggend al hierdie oproepe gemaak of ontvang het? Sy is ook nie geroep as 'n getuie nie. Vier van die oproepe is gemaak of ontvang van 'n nommer wat vier keer op die kontakte van sy twee selfone, asook op die van beskuldigde 2, met beskuldigde 4 verbind was. Beskuldigde 1 se verduideliking dat dit die nommer van een van sy "suppliers" was, oortuig nie. Indien dit die van 'n "supplier" was, sou hy tog 'n fiktiewe naam gebruik het, nie die naam van een van sy vriende nie. Beskuldigde 4 was nie in staat om enige duidelikheid in die verband te verskaf nie.
[69] Die advokate vir beskuldigde 1 en beskuldigde 4 het verskillende punte van kritiek geopper teen die getuienis van die ooggetuies. Die vernaamste hiervan was die volgende:
(1) Armedien se gedrag en optrede in die getuiebank is gekritiseer.
(2) Die rede waarom Armedien die twee beskuldigdes gevolg het, naamlik om 'n tiklollie by hulle te koop, is onwaarskynlik. Sy verduideliking dat hy in elk geval na die garage wou gaan om sigarette te koop, is nie oortuigend nie. Hy het nie geweet dat die twee beskuldigdes daarheen sou gaan nie.
(3) Armedien se getuienis dat hy beskuldigde 1 en beskuldigde 4 tussen 02h00 en 03h00 die oggend gesien het, strook nie met die getuienis dat die skietvoorval waarskynlik tussen 05h30 en 06h00 plaasgevind het nie.
(4) Die inspeksie ter plaatse het getoon dat daar nie 'n vibracrete muur was soos deur Armedien getuig is nie.
(5) Daar is 'n weerspreking in Shafieka se getuienis, naamlik dat sy eers gese het dat sy die beskuldigdes se gesigte gesien het toe hulle skiet. Later het sy gese dat sy dit nie op daardie stadium gesien het nie.
[6] Shafieka sou haar ook weerspreek het in haar getuienis of die wit Corsa bakkie voor of na die skietery weggery het.
[70] Ek het hierdie punte van kritiek versigtig oorweeg. Na my oordeel doen hulle nie afbreuk aan die substansie van die identifiserende getuienis van die twee getuies nie. Dit kan te wyte wees aan die gebrekkige geheues van minder belangrike items van getuienis.
[71] Dit is ook nodig om te meld, aan die ander kant, dat beskuldigde 1 en beskuldigde 4 nie goeie getuies was nie. Beskuldigde 1 het onder kruisondervraging op talle geleenthede vorendag gekom met belangrike stukkies getuienis wat nooit aan die staat se getuies gestel is in omstandighede waar 'n mens dit sou verwag het nie. Beskuldigde 4 was vaag gewees oor verskeie belangrike aspekte. Nie een van die twee het 'n getuie geroep om hul alibi te staaf nie. Hul ontkenning van enige vyandigheid tussen die Junky Funky Kids en die Terrible Westsiders bots met die getuienis van adjudant-offisier White en Galant.
[72] Na my oordeel is die bewyskrag van die staat se saak, in al die omstandighede, sodanig sterk dat dit bo enige redelike twyfel bewys dat beskuldigde 1 en beskuldigde 4 die twee persone is wat die skietaanval op die twee oorledenes uitgevoer het. Dit maak nie saak welke beskuldigde dit is wat die een of die ander oorledene of beide se dood veroorsaak het nie. Dit was duidelik 'n geval waar die twee beskuldigdes met 'n gemeenskaplike oogmerk opgetree het, naamlik om Cameron te vermoor asook enige ander persoon wat in die motor was.
[73] Beskuldigde 1 en beskuldigde 4 moet dus skuldig bevind word op die aanklag van moord op Cameron Philander (aanklag 1) en die aanklag van moord op Liezel Saunders (aanklag 2).
[74] Wat aanklag 3 betref is die posisie meer gekompliseerd. Beskuldigdes 1 en 4 is aangekla van 'n oortreding van die bepalings van artikel 3 van die Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000, naamlik die onwettige besit van 'n half-outomatiese vuurwapen, te wete die 9mm Parabellum kaliber Vektor model 288 pistool met reeksnr Q 119676. Bewys dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen is, is belangrik want dit maak die bepalings van Deel II van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet 105 van 1977, gelees met artikel 51(2) daarvan, van toepassing. Die term "half-outomaties" word soos volg in artikel 1 van die Wet op die Besit van Vuurwapens 60 van 2000 omskryf: "selflaaiend maar nie in staat om meer as een skoot met 'n enkele drukking van die sneller af te vuur nie". Volgens die ballistiese getuienis was daar twee vuurwapens wat die skote afgevuur het. Die een is geTdentifiseer. Dit is die half-outomatiese pistool hierbo genoem. Die ander vuurwapen is nie geTdentifiseer nie. Dit is ook nie bewys dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen is nie. Daar is geen bewys welke beskuldigde welke pistool hanteer het nie, met ander woorde daar is nie bewys dat dit beskuldigde 1 of beskuldigde 4 was wat die geTdentifiseerde pistool hanteer het nie. Daar is na my oordeel ook nie bewys dat die twee beskuldigdes die pistole gesamentlik besit het nie. Die waarskynlikhede toon na my mening eerder dat elkeen sy eie vuurwapen namens homself besit het. Vgl S v Mbuli 2003 (1) SASV 97 (HHA) para [71].
[75] Daar is na my mening ten minste bewys dat beskuldigde 1 en beskuldigde 4 elkeen 'n vuurwapen onregmatiglik besit het en dat elkeen die onwettige besit van 'n half-outomatiese vuurwapen, te wete die 9mm Parabellum kaliber Vektor model 288 pistool met reeksnr Q 119676. Bewys dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen is, is belangrik want dit maak die bepalings van Deel II van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet 105 van 1977, gelees met artikel 51(2) daarvan, van toepassing. Die term "half-outomaties" word soos volg in artikel 1 van die Wet op die Besit van Vuurwapens 60 van 2000 omskryf: "selflaaiend maar nie in staat om meer as een skoot met 'n enkele drukking van die sneller af te vuur nie". Volgens die ballistiese getuienis was daar twee vuurwapens wat die skote afgevuur het. Die een is geTdentifiseer. Dit is die half-outomatiese pistool hierbo genoem. Die ander vuurwapen is nie geTdentifiseer nie. Dit is ook nie bewys dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen is nie. Daar is geen bewys welke beskuldigde welke pistool hanteer het nie, met ander woorde daar is nie bewys dat dit beskuldigde 1 of beskuldigde 4 was wat die geTdentifiseerde pistool hanteer het nie. Daar is na my oordeel ook nie bewys dat die twee beskuldigdes die pistole gesamentlik besit het nie. Die waarskynlikhede toon na my mening eerder dat elkeen sy eie vuurwapen namens homself besit het. Vgl S v Mbuli 2003 (1) SASV 97 (HHA) para [71].
[75] Daar is na my mening ten minste bewys dat beskuldigde 1 en beskuldigde 4 elkeen 'n vuurwapen onregmatiglik besit het en dat elkeen dus die bepalings van artikel 3 van die Wet op die Besit van Vuurwapens 60 van 2000 oortree het. Hulle kan dus op daardie grondslag skuldig bevind word op aanklag 3. Dit behels egter nie 'n bevinding dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen was nie. Beide beskuldigdes was noodwendig ook onwettiglik in besit van ammunisie gewees en hulle kan dus ook skuldig bevind word op aanklag 4.
[76] Me Haldenby, namens beskuldigde 5, het ondanks sy pleit van skuldig op aanklag 5, betoog dat hy onskuldig bevind moet word. Die betoog het so gelui:
(a) Beskuldigde 5 het skuldig gepleit op aanklag 5 en 'n skriftelike pleitverduideliking is deur horn ingedien. Daarin is al die feite erken wat 'n skuldigbevinding op aanklag 5 sou regverdig.
(b) Die aanklaer het nie die pleit aanvaar nie en die hof gevra om te noteer dat die erkennings wat in die pleitverduideliking vervat was, as erkennings ingevolge artikel 220 van die Strafproseswet bly staan.
(c) Ten tyde van die afwysing van beskuldigde 5 se pleit het die aanklaer die hof meegedeel dat hy ander feite ("different facts") teen beskuldigde 5 wou bewys.
(d) Die enigste redelike afleiding van hierdie feite, so is betoog, is dat die aanklaer beskuldigde 5 se pleit as redelik en betroubaar beskou het. Hy het dus 'n bybedoeling ("ulterior motive') gehad omdat hy beskuldigde 5 wou dwing om te getuig sodat hy beskuldigde 1 kon inkrimineer.
(e) Art 220 van die Strafproseswet vind geen toepassing nie waar 'n pleit van skuldig aangebied is nie.
(f) Beskuldigde 5, so is die Hof meegedeel, doen aansoek om die terugtrekking van enige van sy artikel 220 erkennings aangesien hulle deur 'n wanvoorstelling verkry was en beskuldigde 5 onbewus was van die aanklaer se bybedoeling.
(g) Die aanklaer het die erkennings wat in beskuldigde 5 se pleitverduideliking vervat was, verwerp deur aan te dui dat hy "different facts" wou bewys.
(h) Me Haldenby het ook betoog dat die staat beskuldigde 5 se pleit moes aanvaar het en dan aansoek gedoen het om 'n skeiding van verhore. Die voortsetting van sy verhoor in die huidige omstandighede was onreelmatig en het horn benadeel. Sy het verwys na S v Witbooi & Others 1994(1) SASV 44 (Ck) 52 f-i.
[77] Ek het me Haldenby se betoog oorweeg. Na my mening berus dit op 'n verkeerde aanname, naamlik dat 'n aanklaer nie geregtig is om 'n pleit van skuldig af te wys en nogtans voort te gaan met die saak teen die betrokke beskuldigde nie. Daar kan verskeie redes wees waarom die aanklaer dit sou wou doen. Hy is dominus litis en dit is nie vir die hof om vir horn voor te skryf hoe hy sy saak moet voer of watter getuienis hy moet aanbied nie.
[78] Indien die aanklaer 'n pleit aanvaar, beperk hy daardeur die omvang van die lis tussen die staat en die beskuldigde se pleit. Die Hof moet dan op daardie basis die beskuldigde skuldig of onskuldig bevind. Sien S v Ngubane 1985(3) SA (677) (AD) te 683 D - F. Dit volg by noodwendige implikasie dat die lis tussen die staat en die beskuldigde nie tot 'n einde kom wanner die staatsaanklaer nie die pleit aanvaar nie.
[79] In die onderhawige geval, terloops, was dit belangrik vir die staat om minstens die feit te bewys dat die betrokke pistool 'n "half-outomatiese vuurwapen" is soos bedoel in die tweede sub-paragraaf (b) in deel 11 van Bylae 2 tot die Strafwysigingswet 105 van 1977 gelees met artikel 51(2) daarvan. Daardie erkenning was nie in beskuldigde 5 se pleitverduideliking vervat nie. Die inhoud van para 1.8 daarvan gaan nie ver genoeg nie. Die aanklaer het dit later deur middel van die ballistiese getuienis bewys.
[80] Erkennings wat deur 'n beskuldige gemaak is, hetsy ingevolge artikel 112 of artikel 220 van die Strafproseswet, verval nie indien sy pleit nie aanvaar word nie. Sulke erkennings bly staan as getuienis teen horn tensy hulle op oortuigende gronde teruggetrek word. In die onderhawige geval bestaan daar geen sodanige gronde nie.
[81] Daar is na my mening ook geen meriete in die betoog dat die aanklaer verplig was om 'n skeiding van verhore aan te vra nie. Die beslissing in S v Witbooi & Others supra handel met die geval waar die een beskuldigde se pleit aanvaar word terwyl die verhoor teen die ander voortgaan.
[82] Me Haldenby se betoog faal in elk geval weens 'n ander rede. Daar is genoeg aliunde getuienis wat bewys het dat die vuurwapen 'n semi-outomatiese 9mm Parabellum kaliber Vektor model 288 pistool met reeksnr Q 119676 is en dat beskuldigde 5 dit onregmatiglik in sy besit gehad het. Ek verwys in die verband na beskuldigde 5 se eie verklaring wat sonder enige beswaar deur die staat ingedien is as getuienis, Koeberg se getuienis en die ballistiese getuienis.
[83] Me Haldenby het egter ook 'n alternatiewe betoog geopper. Sy het met verwysing na S v Mukwevho 2010 (1) SASV 349 (GSJ) para 11 betoog dat dit nie bewys is dat beskuldigde 5 die vereiste skuld gehad het om die betrokke pistool as 'n semi-outomatiese vuurwapen te besit nie.
[84] Dit is 'n gevestigde regsbeginsel dat 'n beskuldigde nie skuldig bevind kan word aan 'n misdryf tensy dit bewys word dat hy met skuld [mens rea), hetsy opset of nalatigheid, gehandel het nie. Vir doeleindes van 'n skuldigbevinding op aanklag 5, soos geformuleer, is dit 'n wesenlike feit dat die pistool 'n semi-outomatiese vuurwapen is. Ten einde skuld aan die kant van beskuldigde 5 te bewys, moes dus ten minste bewys word dat beskuldigde 5 geweet het of redelikerwyse moes geweet het, dat die pistool 'n semi-outomatiese vuurwapen is. Na my oordeel is daar geen sodanige bewys nie.
[85] Beskuldigde 5 het egter onregmatiglik 'n vuurwapen besit en hy het geweet dat sy besit onwettig was. In die Mukwevho saak is beslis dat 'n skuldigbevinding op sterkte van die besit van 'n gewone vuurwapen nie 'n bevoegde uitspraak is op 'n aanklag van die besit van 'n half-outomatiese vuurwapen nie. Ek stem met respek nie saam met daardie gedeelte van die uitspraak nie. Dit bots wesenlik met die gesag waarna in die uitspraak self verwys is. In die omstandighede kan beskuldigde 5 dus wel skuldig bevind word aan die besit van 'n vuurwapen. Dit behels egter nie 'n bevinding dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen was nie.
[86] Ek vind beskuldigde 1 dus skuldig:
(1) Op aanklag 1: Die moord van Cameron Philander soos aangekla.
(2) Op aanklag 2: Die moord van Liezel Saunders soos aangekla.
(3) Op aanklag 3: Die onwettige besit van 'n vuurwapen, soos aangekla, met dien verstande dat geen bevinding gemaak word aangaande die identiteit van die vuurwapen of die bewering dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen is nie.
(4) Op aanklag 4: Die onwettige besit van ammunisie soos aangekla.
[87] Ek vind beskuldigde 4 skuldig:
(1) Op aanklag 1: Die moord van Cameron Philander soos aangekla.
(2) Op aanklag 2: Die moord van Liezel Saunders soos aangekla.
(3) Op aanklag 3: Die onwettige besit van 'n vuurwapen. Die onwettige besit van 'n vuurwapen, soos aangekla, met dien verstande dat geen bevinding gemaak word aangaande die identiteit van die vuurwapen of die bewering dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen is nie..
(4) Op aanklag 4: Die onwettige besit van ammunisie soos aangekla.
[88] Ek vind beskuldigde 5 skuldig:
Op aanklag 5: Die onwettige besit van 'n vuurwapen, soos aangekla, met dien verstande dat geen bevinding gemaak word aangaande die bewering dat dit 'n half-outomatiese vuurwapen is nie.
A P BLIGNAULT