South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2012 >> [2012] ZAWCHC 95

| Noteup | LawCite

Malgas en Anders v S (A604/03) [2012] ZAWCHC 95 (1 January 2012)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)


APPEL SAAK NR: A604/03


In die saak tussen:



HENRY MALGAS ….....................................................................................Eerste Appellant

SHON WILLIAMS …...................................................................................Tweede Appellant

JOHAN BEYERS …......................................................................................Derde Appellant

ANDY JANSEN …........................................................................................Vierde Appellant

en

DIE STAAT ….....................................................................................................Respondent



UITSPRAAK




1. Die appellante is op 5 November 2002 in die streekhof te Beaufort-Wes skuldig bevind, in die geval van die eerste, tweede en derde appellante, daaraan dat hulle op 10 Januarie 2000 'n onbekende hoeveelheid dagga uit die bewys-stoorkamer van die polisie te Beaufort-Wes gesteei het en derhalwe skuldig is aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal; en, ten aansien van die derde en vierde appellante, daaraan dat hulle op 12 0kt®ber 1999 'n onbekende hoeveelheid dagga uit 'n polisie motorvoertuig gesteei het. Die appellante is op 6 Maart 2003 gevangenisstraf opgele, die eerste en tweede appellante, tot 10 jaar elk; die derde appellant - wie op beide die aanklagte skuldig bevind is - effektief tot 12 jaar; en die vierde appellant tot 8 jaar.

2. Die appellante kom eers nou op 3 Junie 2011 in hoer beroep teen beide hul skuldigbevindings en vonnisse. Ons is meegedeel dat die lang vertraging daaraan te wyte was dat daar probleme met die oorkonde was - dit was ten tyde van die aanhoor van die appel nog steeds nie volledig nie; en dat al vier die appellante op borg vrygelaat is, hangende die beregtiging van hierdie appel.

3. Mnr Tredoux, wie namens die appellante verskyn het, het toegegee dat daar bewys was dat daar 'n diefstal plaasgevind het vanuit 'n polisie trok op die nag van 12 Oktober 1999 waar dit in die agterplaas van die polisiestasie te Beaufort-Wes geparkeer was en wat "vermoedelik" 'n onbekende hoeveelheid dagga bevat het wat vir vernietiging na Mosselbaai geneem moes word. Dit was ook nie in geskil dat daar op 11 Januarie 2000 ingebreek is by die selle te die polisiestasie te Beaufort-Wes, en dat ook daar vermoedelik dagga gesteei is nie.

4. Dit is van pas om kortliks stil te staan by die onbetwiste agtergrond-getuienis waarteen hierdie misdrywe gepleeg was. Die agbare landdros het in sy uitspraak daarop gewys dat die polisie te Beaufort-Wes taamlik gereeld mense vang wat dagga vervoer en dan daarop beslag le. Die dagga word dan ingehandig by die Suid-Afrikaanse Polisie waar dit in 'n register geboekstaaf word (in die sogenaamde SAP 13-register) en 'n etiket op die item (hetsy 'n sak of 'n tas) geplaas word, waarna dit in die sogenaamde SAP 13-stoor geberg word. Daar word so vinnig op so baie dagga beslag gele, dat die polisie daartoe genoop was om twee store te gebruik. Die een is iewers op die agterplaas van die polisiestasie gelee, terwyl die ander 'n sel in die selblok is wat vir die doel aangewend is. Die store voormeld het taamlik vinnig oorvol geraak en moes die dagga, indien dit nie meer benodig was nie - d.w.s. nadat die sake wat daarmee verband gehou het, afgehandel was - vernietig word. Die vemietiging vind plaas te Mosselbaai. Die dagga moet soheentoe vervoer word. Wanneer dagga vernietig moet word sal die SAP 13-klerk, ene Mev Landman, in samewerking met 'n arbeider, die toepaslike dagga, soos geetiketteer, identifiseer en op 'n trok iaat laai.


5. Op 11 Oktober 1999 is hierdie proses nagevolg en was daar 'n hele aantal sakke en tasse dagga in 'n polisie trok geplaas. Die trok is, nadat gelaai is, geparkeer teen 'n muur op die agterplaas sodat die deure, wat ook met 'n slot gesluit was, nie oopgemaak kon word nie. Die trok sou dan die volgende oggend om 5 uur na Mosselbaai vertrek. Die trok is egter die volgende oggend gevind - die venster van die kajuit ingebreek sodat die trok vorentoe gestoot kon word om die deure oop te maak, die slot was afgesny - en was daar volgens die getuienis minder dagga daarin as die vorige dag toe dit gelaai was. Inspekteur Luiters, wie verantwoordelik was vir die vemietiging van die dagga, het getuig dat daar 14 sakke of items vermis was van die trok. Die agbare landdros het bevind dat, alhoewel daar nie bewys kon word presies hoeveel dagga gesteei was nie, daar inderdaad 'n diefstal plaasgevind het uit die trok.

6. Ten aansien van die diefstal wat plaasgevind het uit die sel waar die dagga gestoor is blyk die volgende die feite te wees. Die sel het 'n staal deur waaragter daar 'n tralie deur is gevolg deur 'n staal deur met nog 'n tralie deur. Die buitenste deur word gesluit, die tralie deur word gesluit en die binneste twee deure staan bloot oop. Die buite deur sleutel word in die aanklagkantoor gehou, terwyl die traliedeur se sleutel deur die klerk, Mev Landman, gehou word. Elke bewysstuk het 'n kaartjie met 'n nommer daarop, wat aangeteken word in 'n register, die SAP-13 register.

7. Die getuienis van Mev Landman was dat die dagga dakhoogte in die sel gepak was. Sy hou die sleutel van haar eie kluis (waarin die traliedeur sleutel gebere word) by haar op haar persoon.

8. Op die oggend van 11 Januarie 2000 is die tralie deur aangetref waar drie tralies afgesaag en omgebuig was. Weereens kon die persone wat in beheer was van die sel nie getuig oor presies hoeveel dagga gesteei was nie; al wat die getuienis bewys het was dat daar inderdaad 'n inbraak plaasgevind het en dat daar dagga verwyder was. Die lyste waarop die vermiste sakke aangeteken was na die diefstal uit beide die trok en die inbraak uit die sel het reeds verlore geraak voor die verhoor.

9. Mnr Tredoux het aangevoer dat die Staat se saak en die skuldigbevinding gebaseer was op die getuienis van 'n enkelgetuie, Mnr Blaauw, wie ook 'n medepligtige was. Mnr Tredoux het aangevoer dat 'n skuldigbevinding siegs kon volg waar die getuienis van mnr Blaauw wesenlik bevredigend was in elke materiele opsig, of indien daar stawing daarvoor was. Mnr Tredoux het aangevoer dat daar inderwaarheid sprake is van 'n dubbele versigtigheidsreel waar die enkelgetuie ook 'n medepligtige is.

10. Dit is derhalwe van pas om vir 'n oomblik te verpoos en die stawings vereiste van naderby te betrag.

11. Die vertrekpunt is dat 'n skuldigbevinding op die enkele getuienis van 'n bevoegde getuie kan berus. Ooreenkomstig die bepaiinge van artikel 208 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, is dit dan so dat 'n beskuldigde op die getuienis van 'n enkel bevoegde getuie aan enige misdryf skuldig bevind kan word. Stawing is bevestigende bewysmateriaal buite die getuienis wat gestaaf word (Schmidt en Rademeyer, Bewvsreq, 4de uitgawe, te 119). Dit verander nie die bewys maatstaf nie, maar plaas 'n bykomstige versperring in die pad van Staat.

12. In R v Mokoena 1932 OPD 79 te 80 het De Villiers R as volg vermeld:



"... In my opinion the section should only be relied on where the evidence of the single witness is clear and satisfactory in every material respect. Thus the section ought not to be invoked where, for instance, the witness has an interest or bias adverse to the accused, where he has made a previous inconsistent statement, where he contradicts himself in the witness box, where he has been found guilty of an offence involving dishonesty, where he has not had proper opportunities for observation, etc, etc."


13. Soos Schmidt aanvoer, wissel die vereiste van stawing grootliks na gelang
van die suspisie wat aan die betrokke getuienis kleef. Dit is byvoorbeeld nie


'n algemene vereiste nie dat die stawende bewysmateriaal die beskuldigde met die misdaad moet verbind nie, maar tog kan dit juis die element wees wat in 'n bepaalde geval vereis word (Schmidt, supra 119, R v Ncanana 1948 (4) SA 399 (A)).


14. Die versigtigheidsreels kwalifiseer die stawings vereistes slegs in 'n beperkte mate. In S v Hlapezula and Others 1965 (5) SA 439 (A) het Holmes AR te 440D-H as volg vermeld: :


"... It is well settled that the testimony of an accomplice requires particular scrutiny because of the cumulative effect of the following factors. First, he is a self-confessed criminal. Second, various considerations may lead him falsely to implicate the accused, for example, a desire to shield a culprit or, particularly where he has not been sentenced, the hope of clemency. Third, by reason of his inside knowledge, he has a deceptive facility for convincing description - his only fiction being the substitution of the accused for the culprit. Accordingly... there has grown up a cautionary rule of practice requiring (a) recognition by the trial Court of the foregoing dangers, and (b) the safeguard of some factor reducing the risk of a wrong conviction, such as corroboration implicating the accused in the commission of the offence, or the absence of gainsaying evidence from him, or his mendacity as a witness, or the implication by the accomplice of someone near and dear to him; see in particular R v Ncanana 1948 (4) SA 399 (A) at 405 - 6; R v Gumede 1949 (3) SA 749 (A) at 758; R v Ngamtweni and Another 1959 (1) SA 894 (A) at 897G - 898D. Satisfaction of the cautionary rule does not necessarily warrant a conviction, for the ultimate requirement is proof beyond reasonable doubt, and this depends upon an appraisal of all the evidence and the degree of the safeguard aforementioned."


15. In S v Snvman 1968 (2) SA 582 (A) te 585G-H het die appel afdeling Waarnemende Regter-President MacDonald in RvJ 1966 (1) SA 88 (SRA) te 90 goedgekeur, en wel as volg:


"... While there is always the need for special caution in scrutinising and weighing the evidence of young children, complainants in sexual cases, accomplices and, generally, the evidence of a single witness, the exercise of caution should not be allowed to displace the exercise of common sense. If a judicial officer, having anxiously scrutinised such evidence with a view to discovering whether there is any reasonable possibility of conscious or unconscious fabrication, is satisfied that there is no such possibility and that the evidence ... may ... be safely accepted as proving the guilt of the accused beyond reasonable doubt, he should not allow his judgment to be swayed by fanciful and unrealistic fears."

16. Soos wat Schmidt uitwys, te 123, waar meer as een versigtigheidsreel op 'n getuie van toepassing is, byvoorbeeld waar hy 'n kind, 'n enkelgetuie en 'n deelnemer is, is 'n skuldigbevinding op sy getuienis steeds moontlik, maar dan moet versigtig gelet word op elk van die gevare wat in sy getuienis skuil. Die kumulatiewe effek word juis reeds vooropgestel in die stawings vereiste soos uiteengesit deur Holmes AR in Hlapezula.

17. Soos Schmidt tereg uitwys, die posisie is dan dat 'n skuldig bevinding op die getuienis van 'n enkelgetuie kan berus; maar sodanige getuienis word altyd versigtig benader en sal 'n skuldigbevinding normaalweg slegs volg indien die getuienis wesenlik en bevredigend in elke materiele opsig is of daar stawing is. S v Ganie 1967 (4) SA 203 (N); 206H waar Leon R as volg bevind het:

"A court should approach the evidence of a single witness with caution and should not easily convict upon such evidence unless it is substantially satisfactory in all material respects or unless it is corroborated."


Vergelyk S v Letsedi 1963 (2) SA 471 (A) at 473F; SvR 1977 (1) SA 9 (T) en S v Hlongwa 1991 (1) SASV 583 (A).

18. Die stawing hoef nie noodwendig die beskuldigde met die misdaad te verbind nie (S v Gokool 1965 (3) SA 461 (N), 472-473; S v Artman 1968 (3) SA 339 (A), 341B.) Die versuim om die enkelgetuie se getuienis te probeer weerle kan 'n ondersteunende faktor wees. (S v Letsedi 1963 (2) S 471 (A) te 473H; R v Mokone 1956 (3) SA 81 (A) at 86G). In die onderhawige saak het geen een van die beskuldigdes getuig nie. Ek keer later na hierdie aspek terug. Die getuienis kan bevredigend wees al is dit vir 'n mate van kritiek vatbaar S v Sauls 1981 (3) SA 172 (A) at 18G-H). Soos Schmidt tereg uitwys, dit spreek vanself dat al die besondere feite van die saak in ag geneem moet word ten einde te bepaal of die enkelgetuie geloofwaardig is. Dit is belangrik om te besef dat 'n hof nie in formalisme verstrik moet raak nie en 'n goeie gesonde verstand aan die dag te le (RvJ 1966 (1) SA 88 (SRA) te 90).

19. Dit is teen hierdie agtergrond wat ek my dan wend om die getuienis van Mnr Blaauw van nader te betrag.

20. Die landdros was daarop bedag dat hy 'n medepligtige of 'n mededader was en by beide die misdade betrokke was. Die hof het ag geslaan daarop dat hy 'n enkelgetuie was en boonop geregistreer was as 'n informant. Mnr Blaauw het deurgaans ontken dat hy 'n informant was. Die getuienis was dat mnr Blaauw reeds voor die voorval in 'n ander saak as 'n informant geregistreer was, alhoewel die ondersoek-beampte, inspekteur Mouton, nie kon bevestig dat hy inderdaad betaling ontvang het nie. Hy was egter nie 'n informant vir die ondersoek-beampte in die onderhawige saak nie. Inspekteur Mouton het getuig dat hy na die inbraak by die trok vir mnr Blaauw genader het om inligting en dat mnr Blaauw horn meegedeel het dat hy geen inligting gehad nie.

21. Dit was uit die getuienis duidelik dat inspekteur Mouton nie daarvan bewus was dat mnr Blaauw 'n informant was nie en blyk dit geensins uit die getuienis dat mnr Blaauw self van sy registrasie bewus was nie, of dat hy enige betaling ontvang het vir inligting wat hy sou oordra nie.

22. Desnieteenstaande het die agbare verhoorlanddros sy getuienis met "die uiterste versigtigheid" benader. Die agbare verhoorlanddros het voorts daarop gedui dat daar derhalwe stawing moet wees vir mnr Blaauw se getuienis en was bedag daarop dat, soos uitgewys is in S v J, "caution must not displace commonsense".

23. Mnr Blaauw se getuienis was dat vierde appellant, wie hy goed geken het -hulle het beide met dagga gesmous - horn meegedeel het dat daar dagga te vinde was in die trok wat by die polisiestasie geparkeer sou word. Vierde appellant het mnr Blaauw meegedeel dat hy homself nie hoef te bekommer nie, aangesien daar ook polisielede was wat saamwerk. Hy is meegedeel dat derde appellant (alom bekend as Chester) ook betrokke sou wees. Vervoer reelings is getref. Die betrokke aand het vierde appellant horn opgelaai waarna hulle derde appellant opgelaai het wie 'n "bolt cutter" by horn gehad het in 'n sak. Hulle het toe vir beskuldigde vyf (bekend as Byro) (wie nie appel aangeteken het nie) gaan oplaai en by die museum stilgehou vanwaar hulle via die hof perseel en die Ontvanger van Inkomste se perseel toegang gekry het tot die perseel van die polisiestasie deur oor 'n muur te klim. Die draadheining bo-op die muur is geknip met die "bolt cutter". Derde appellant het die venster van die trok gebreek, die kajuit bestyg sodat hulle die trok vorentoe kon stoot, waarna hy die slot afgesny het met die "bolt cutter" en van die inhoud van die trok verwyder het. Hy het getuig dat daar tussen 10 tot 29 sakke van 50 kilogram elk verwyder is. Die voorraad is by mnr Blaauw gestoor en vierde appellant het dit van die hand gesit. Mnr Blaauw het R3 500,00 ontvang en hy is meegedeel dat die polisiemanne R5 000,00 elk ontvang het. Om en by Kersfees het derde appellant horn genader en meegedeel dat daar binnekort weer dagga by die polisiestasie sou wees, maar dat hy horn weereens nie hoef te bekommer nie aangesien daar polisiemanne sou saamwerk.


24. Op die afgesproke aand is hulle na die woning van derde appellant waar laasgenoemde hulle meegedeel het om te wag totdat hy 'n oproep van die polisiestasie ontvang. Die oproep het inderdaad gekom. Kort na die oproep het 'n blou of groen Husky mini-bus wat aan die speurtak behoort buite stilgehou met tweede appellant wie in voile polisie-uniform geklee was. Hulle het die Husky met hulle bakkie met 'n sleepwaentjie gevolg. Hulle het die bakkie by die Royal Hotel parkeer en is almal saam in die Husky mini­bus na die polisiestasie.

25. By die dienssentrum kry hulle vir eerste appellant, wie ook in voile uniform was alleen agter die toonbank - mnr Blaauw het horn geken. Die tweede appellant het 'n gesprek met eerste appellant gevoer aangaande die sleutel waarvoor hy horn gevra het. Die eerste en tweede appellante het saam na die sleutel gesoek.

26. Mnr Blaauw het getuig dat hy meegedeel is om horn nie te bekommer nie, aangesien eerste appellant kop in een mus met hulle was. In kruisverhoor getuig hy dat hy die vraag aan die derde appellant aangaande die eerste appellant se betrokkenheid gestel het terwyl hulle reeds in die gang af beweeg het na die selle toe. In latere kruisverhoor het hy getuig dat dit in die aanklagkantoor was wat hy die vraag gestel het rakende die betrokkenheid van die eerste appellant. Hy kon egter nie getuig dat die eerste appellant dit inderdaad gehoor het nie. Dit blyk ook uit sy verklaring dat die vraag rakende die eerste appellant se betrokkenheid eers naby die selle gevra was.

27. Hoewel mnr Blaauw in hoof getuig het dat die eerste appellant gesit het, wat strook met sy verklaring afgele op 12 Januarie 2000, het hy in kruisverhoor gewankel en aangevoer dat die eerste appellant gestaan het.


28. Tweede appellant het die sleutel gekry en hulle is deur die dienssentrum na die selblok waar die deur oopgemaak is en die tralie deur reeds afgesaag was. Hulle is opdrag gegee om die dagga te verwyder. 'n Ander deur is oopgemaak en dit is in die agterplaas neergesit.

29. Terwyl hulle teruggeloop het deur die dienssentrum het hulle 'n voertuig buite gehoor. Eerste appellant was nog steeds daar aanwesig. Mnr Blaauw en derde appellant, wie nie geklee was in uniform nie, is aangese om in 'n kamer met staal kabinette te skuil vir die polisie. Die tweede appellant het die deur toegetrek in die aanklagkantoor wat toegang tot die kamer gegee het waarin mnr Blaauw en die derde appellant geskuil het Die kamer is uitgewys as die parade-kamer.

30. Sy getuienis in hoof dat die eerste appellant aanwesig was in die aanklagkantoor is nie in kruisverhoor betwis nie. Die afleiding moet onteenseglik volg dat die eerste appellant bewus was daarvan dat die twee (mnr Blaauw en die derde appellant) in die kamer skuil om die aandag van ander polisiebeamptes te ontsnap.

31. Hulle is toe met 'n VW Golf, 'n polisievoertuig met blou ligte en 'n polisie kenteken, daar weg om die bakkie en sleepwa te gaan haal. Hulle het agter die Golf aan deur die hoof hek gery tot by die agterplaas. Daar het hulle die bakkie en sleepwa vol gelaai en het die buit na derde appellant se huis geneem vanwaar dit verkoop is.

32. Daar het onenigheid ontstaan toe mnr Blaauw 'n koper gevind het wat nie vir derde appellant geval het nie. Mnr Blaauw het nie sy betaling ontvang nie en op navraag is hy meegedeel dat daar nog dagga uit die polisiestasie gesteel sou word, waarna hy betaal sou word. Mnr Blaauw het onraad vermoed en sy makkers by die polisiestasie gaan verkla as gevolg waarvan die dagga stoor dopgehou was. Daar was egter nie verdere inbrake nie.

33. Daarna het mnr Blaauw verklarings afgele wat daartoe gelei het dat die appellante gearresteer is en mettertyd aangekla is. Mnr Blaauw was oorspronklik saam met die appellante aangekla, hy is saam met hulle gearresteer en het saam met hulle in die hof veskyn totdat die klagtes teen horn teruggetrek is.

34. Mnr Blaauw het verder getuig dat tweede appellant en vierde appellant horn besoek het en R15 000,00 aangebied het om sy verklaring terug te trek. Hy het hulle meegedeel dat hy reeds die verklarings afgele het en nie aan hulle versoek kon voldoen nie.

35. Op die aand van 10 Januarie was eerste appellant in beheer van die skof en tweede appellant was ook aan diens was in die radio beheer kamer.

36. Sersant de Jager het getuig dat hy aan diens was die aand van 9 Januarie 2000 as 'n bestuurder van 'n patrollie voertuig. Hy het getuig dat die tweede appellant horn om 03h40 die oggend per radio meegedeel het van 'n pad ongeluk op die Aberdeen-pad, 45 kilometers buite Beaufort-Wes. Sersant de Jager kon geen ongeluk vind nie. Hy het nodige aantekeninge in sy sakboekie gemaak.


37. Sersant de Jager, het onverrigter sake teruggekeer - hy kon geen ongeluk vind nie. Hierdie getuienis staan onbetwis en onaangeraak. Dit is ooglopend dat Sersant de Jager op 'n dwaalspoor gestuur was.

38. Die Staat het ook bewys dat die pin-nommer van die tweede appellant, wat uniek tot horn was, gebruik was om die telefoonoproep vanuit die polisiestasie te maak na 'n nommer by dieselfde woning wat die Staat aangevoer het, die woning van die derde appellant wasDie derde appellant is gearresteer by die adres waar die Staat aanvoer hy woonagtig was en waarheen die telefoonoproep gemaak was; dit is ook dieselfde adres wat opgegee is as synde sy adres in die klagstaat. Alhoewel daar gebreekte glas en 'n "bolt cutter" by derde appellant se woning gevind was, kon die Staat dit nie verbind met die misdaad toneel nie.

39. Verdermeer is die bandspoor van die voertuig wat by die Ontvanger van Inkomste se kantoor teen die muur geparkeer was soortgelyk aan 'n band wat op vierde appellant se voertuig was.

40. Die agbare verhoorlanddros het bevind dat daar aliunde getuienis was van die pleeg van die diefstal uit die motorvoertuig. Die getuienis van mnr Blaauw is bevestig ten aansien van die knip van die draad op die muur en die betrokke venster van die trok wat gebreek was, die verskuiwing van die trok en die knip van die slot, asook die verwydering van die inhoud van die trok. Ten aansien van die inbraak het hy getuig dat die tralies afgesaag was.


41. Die verhoorlanddros het verder daarop gewys dat mnr Blaauw in sy getuienis, en in besonder die kruisverhoor, vir etlike dae grotendeels by sy weergawe gebly het. Die verhoorlanddros het bevind dat mnr Blaauw nie altyd die waarheid gepraat het in die getuiebank nie, maar dat sy leuens nie wesentlik was met betrekking tot die pleging van die misdade nie. Daardie leuens het verband gehou met sy verhouding met die polisie. Hy wou nie toegee dat hy 'n informant was nie. In die verband het die verhoorlanddros bevind dat hy nie verwag van mense wat informante is om dit sonder meer in die getuiebank te erken nie. Maar ook ten aansien van sy status as informant, het die verhoorlanddros in ag geneem dat sy getuienis met versigtigheid bejeen moes word.

42. Soos reeds hierbo uiteengesit was die eerste appellant aan diens van die aand by die roof uit die selle. Dit is ook wat Mnr Blaauw getuig het. Hoe sou hy weet dat die eerste appellant aan diens was ten tyde van die maak van sy verklaring?

43. Die tweede appellant was ook aan diens daardie aand. Dit mag wees dat mnr Blaauw horn op patrollie kon gesien het. Die feit wat die tweede appellant egter kelder, is die gebruik van sy pin-nommer. Die getuienis staan vas dat 'n oproep gemaak is van die polisiestasie na die woning van die derde appellant en dat, kort daarna, die tweede appellant by die woning van die derde appellant opgedaag het. Die waarskynlikhede is derhalwe onteenseglik dat die oproep by die derde appellant se woning ontvang is. Ook hierdie feit bied stawing vir die getuienis van mnr Blaauw. Die verhoorlanddros het tereg bevind dat, alhoewel mnr Blaauw kwadegevoelens jeens derde appellant mog gehad het, daar geen getuienis is van enige kwadegevoelens tussen horn en enige van die ander appellante nie. Dit alles bied stawing vir die getuienis van mnr Blaauw. Tot die mate wat daar afwesigheid van getuienis aan die kant van die appellante is, bied dit ook 'n verdere waarborg - aldus het die agbare verhoorlanddros bevind.

44. Die getuienis van Inspekteur Payne rakende die gebruik van die Husky en dat daar 45 liter brandstof op 10 Januarie 2000 ingegooi was, is eweneens onbetwis. Dit dui daarop dat die Husky gebruik was en bevestig dit ook mnr Blaauw se getuienis rakende die Husky mini-bus.

45. Die versuim om te getuig het sy eie nagevolge. 'n Beskuldigde is natuurlik altyd geregtig op die vermoede van onskuld. Artikel 35(3)(h) van die Grondwet beskerm die reg van elke persoon tot 'n regverdige verhoor, waarby inbegrepe is die reg tot 'n vermoede van onskuld. In S v Bhulwana; S v Gwadiso [1995] ZACC 11; 1996 (1) SA 388 (C) het O'Regan R as volg bevind te paragraaf [15]:


'(T)he presumption of innocence is an established principle of South African law which places the burden of proof squarely on the prosecution. The entrenchment of the presumption of innocence in s 25(3)(c) must be interpreted in this context. It requires that the prosecution bear the burden of proving all the elements of a criminal charge. A presumption which relieves the prosecution of part of that burden could result in the conviction of an accused person despite the existence of a reasonable doubt as to his or her guilt. Such a presumption is in breach of the presumption of innocence and therefore offends s 25(3)(c)."'


46. Bowendien beskik 'n beskuldigde oor 'n swygreg wat onlosmaaklik verbonde is aan die reg teen selfbeskuldiging en die beginsel dat 'n beskuldigde nie verplig is om te getuig by sy verhoor nie. In S v Manamela and Another (Director-General of Justice intervening) 2000 (3) SA 1 (CC) het die Grondwetlike Hof bevestig dat:


"'(T)he right to silence, like the presumption of innocence, is firmly rooted in both our common law and statute", and "is inextricably linked to the right against self-incrimination and the principle of non-compellability of an accused person as a witness at his or her trial".


47. 'n Besluit om egter nie te getuig nie is nie sonder risiko nie en hou gevolge
in vir 'n beskuldigde. In
Osman and Another v Attorney Genneral, Transvaal
1998 (4) SA 1224 (CC), het Madala R as volg bevind, te paragraaf [22]:


'Our legal system is an adversarial one. Once the prosecution has produced evidence sufficient to establish a prima facie case, an accused who fails to produce evidence to rebut that case is at risk. The failure to testify does not relieve the prosecution of its duty to prove guilt beyond reasonable doubt. An accused, however, always runs the risk that, absent any rebuttal, the prosecution's case may be sufficient to prove the elements of the offence. The fact that an accused has to make such an election is not a breach of the right to silence. If the right to silence were to be so interpreted, it would destroy the fundamental nature of adversarial system of criminal justice.'

48. In S v Boesak [2000] ZACC 25; 2001 (1) SA 912 (CC) het Langa RP daarop gewys dat die swygreg op verskillende stadiums verskillende aanwendings vind in 'n kriminele vervolging. Tydens arrestasie kan 'n persoon nie verplig word om ln bekentenis of erkenning te maak wat later teen horn of haar gebruik mag word nie - later by die verhoor is daar geen verpligting om te getuig nie. Die feit dat 'n persoon egter nie verplig is om te getuig nie, bring nie mee dat daar nie gevolge daaraan kleef indien hy of sy nie getuig nie. Indien daar getuienis is wat 'n antwoord behoef en geen antwoord na vore tree nie, oefen die beskuldigde sy swygreg uit wetend dat die hof, in die omstandighede, die afleiding mag maak dat die getuienis voldoende is, by gebreke aan 'n verduideliking, om die skuld te bewys. Dit sal natuurlik afhang van die aard en kwaliteit van die getuienis en die gewig wat daaraan verleen moet word. Meer onlangs in S v Naude het Navsa AR as volg bevind te paragraaf 37:


[37] The court below stated that the State produced 'weighty' evidence against all of the accused which called for an answer. I agree. Two months ago this court reiterated that a court is unlikely to reject credible evidence which an accused has chosen not to deny.1 In such instances an accused's failure to testify is almost bound to strengthen the prosecution's case. In S v Chabalala 2003 (1) SACR 134 (SCA) para 21 the following was stated:


'The appellant was faced with direct and apparently credible evidence which made him the prime mover in the offence. He was also called on to answer evidence of a similar nature relating to the parade. Both attacks were those of a single witness and capable of being neutralised by an honest rebuttal. There can be no acceptable explanation for him not rising to the challenge. If he was innocentappellant must have ascertained his own whereabouts and activities on 29 May and be able to vouch for his non-participation. . . . To have remained silent in the face of the evidence was damning. He thereby left the prima facie case to speak for itself. One is bound to conclude that the totality of the evidence taken in conjunction with his silence excluded any reasonable doubt about his guilt.'


See also S vBoesak [2000] ZACC 25; 2001 (1) SACR 1 (CC) para 24."


49. Laastens wys ek op wat Cameron AR gese het in S v Mavinini 2009 (1)
SASV 523 (SCA) te paragraaf [26]:


"[26] It is sometimes said that proof beyond reasonable doubt requires the decision-maker to have 'moral certainty' of the guilt of the accused. Though the notion of 'moral certainty' has been criticised as importing potential confusion in jury trials,2 it may be helpful in providing a contrast with mathematical or logical or 'complete' certainty. It comes down to this: even if there is some measure of doubt, the decision-maker must be prepared not only to take moral responsibility on the evidence and inferences for convicting the accused, but to vouch that the integrity of the system that has produced the conviction - in our case, the rules of evidence interpreted within the precepts of the Bill of Rights - remains intact. Differently put, subjective moral satisfaction of guilt is not enough: it must be subjective satisfaction attained through proper application of the rules of the system."3




50. Ten aansien van die eerste appellant het mnr Tredoux aangevoer dat die
objektiewe getuienis was dat hy daardie aand (van die roof uit die polisiesel)

wel aan diens was, alhoewel nie as aanklag-bevelvoerder nie en derhalwe nie in beheer nie. Mnr Tredoux het aangevoer dat eerste appellant nie onraad sou hoef te bemerk het waar die tweede appellant, wie ook 'n polisiebeampte aan diens was, vergesel van lede van die publiek, sien inkom het en gesien het dat die tweede appellant die sleutels van die selle in die aanklagkantoor neem en die lede van die publiek met horn saamneem nie. Dit is juis op hierdie tweede aspek wat sy argument skipbreuk ly. Dit staan onbetwis dat die eerste appellant inderdaad teenwoordig was toe tweede, derde appellante en mnr Blaauw ingekom het, waarna die tweede appellant die sel sleutel geneem het en hulle almal na die gewraakte sel gegaan het. Sonder 'n verduideliking wat verontskuldigend is, moet dit uiters agterdogwekkend wees. Die eerste en tweede appellante is lede van die Suid-Afrikaans Polisiemag. Mnr Blaauw, op die getuienis, is alom bekend as synde in die onderwereld betrokke -hoe kan dit nie agterdogwekkend wees nie?


51. Bowendien was die verweer wat egter in kruisverhoor namens die eerste appellant geopper was, 'n alibi verweer - ene Pietersen sou kon getuig dat hy aan diens was as die dienssentrum-bevelvoerder daardie nag. Hy sou kon getuig dat sy skof-bevelvoerder (die eerste appellant) horn eers vanaf 3 uur tot 5 uur die oggend by die dienssentrum sou kom besoek het. Trouens is die getuienis van mnr Mouton, wie aan diens was op 9 Januarie 2000, dat die eerste appellant in die dienssentrum was. Tweede appellant het diens gedoen in die radio kamer. Die eerste appellant het horn driemaal op die radio versoek om vas te stel tot hoe laat Mouton aan diens sou wees. Hy wat Mouton is het die eerste appellant self in die aanklagkantoor aangetref. Die getuienis van die tegniese beampte van Telkom rakende die oproep wat om 01:04 op 10 Januarie 2000 gemaak was en wat 16 sekondes geduur het, waartydens die pin-nommer van die tweede appellant gebruik was, staan onbetwis.

52. Daar is gevolglik geen onderskraging vir die alibi verweer waarop die eerste appellant sou staatmaak nie. Sy versuim om te getuig spreek derhalwe boekdele. Uit die getuienis van mnr Blaauw blyk dit gevolglik duidelik dat hy wel aanwesig was in die aanklagkantoor soos wat mnr Blaauw getuig het. Die getuienis is duidelik dat die sleutels vir die sel waar die dagga gestoor was, met die medewete en behulpsaamheid van die eerste appellant bekom is, dat hy self gesien het hoe lede van die publiek na die selle vergesel word, en dat hy teenwoordig was toe die derde appellant en mnr Blaauw geskuil het in die kamer aanliggend tot die aanklagkantoor. Die versuim om die alibi getuie te roep of om self te getuig, lei tot die onafwendbare gevolgtrekking dat hy ook betrokke was by die misdrywe.

53. Ten aansien van die tweede appellant is die maak van die oproep met sy pin-nommer sy doodsteek. Daardie oproep is gemaak aan die nommer waar die derde appellant tuis gegaan het en pas die oproep soos 'n handskoen in die getuienis van mnr Blaauw. Weereens, indien die tweede appellant nie daardie oproep gemaak het nie, dan moes hy dit kon verduidelik het. Dit het hy nie gedoen nie.


54. Daarby moet in gedagte gehou word dat die tweede appellant die patrollie motorbestuurder, sersant de Jager op 'n dwaalspoor gestuur het. Ook daardie getuienis maak sy skuldigbevinding onafwendbaar. Die geleerde landdros was derhalwe, na my beskeie mening, daartoe geroepe om die tweede appellant ook skuldig te bevind het, soos wat hy gedoen het.

55. Ten aansien van die derde appellant bestaan daar die moontlikheid dat mnr Blaauw 'n motief gehad het om horn te betrek by die aanklagte. Natuurlik dui die objektiewe getuienis van die telefoonoproep tot die teendeel. Dit word onderskraag deur die besit van die "bolt cutter". Alhoewel mnr Tredoux aangevoer het dat die "bolt cutter" natuurlik geen rol kon gespeel het by die deursaag van die tralies nie, was dit nie aangevoer nie. Die getuienis was dat die tralies reeds afgesaag was toe die appellante daarop opgedaag het. 'n Mens kan natuurlik die afleiding maak dat daardie tralies afgesaag was vroeer die aand terwyl die eerste en tweede appellante op die toneel of in die omgewing was. Niemand het dit egter betoog nie en ek hoef my nie verder daaroor uit te laat nie.

56. Weereens is daar die objektiewe getuienis van die telefoonoproep wat nie bloot weggedink kan word nie.

57. Die aanwesigheid van die band wat as spaarwiel by die vierde appellant gevind is, is ook voldoende bewys wat as stawing vir die getuienis van mnr Blaauw dien. Die vierde appellant kon eweneens die getuiebank binnegegaan het. Hy het dit nie gedoen nie.


58. Mnr Tredoux het in sy betoog verder aangevoer dat daar nie bewys was dat dit wat gesteei was uit die voertuig of by die inbraak uit die sel inderdaad dagga was nie.

59. Die getuienis van mnr Blaauw was onomwonde dat dit wat gesteei is inderdaad dagga was. Nie net het hy getuig dat die kaartjies wat op die sakke geplaas was, deur horn en vierde appellant, verbrand is nie, maar ook dat die dagga verkoop is en dat hy daarvoor R3500,00 vanaf vierde appellant ontvang het. Die booswigte het dit self teen R1500,00 stuk per sak of tas van die hand gesit. Die kopers het R900-R1000 per sak betaal.

60. Die getuienis van die verbranding van die dagga dui ook daarop dat dit wat gestoorwas, inderdaad dagga was.

61. Mev Landman se getuienis was dat sy dagga ken en dat sy al 10 jaar daarmee werk. Dit wat in die selle gestoor was, was ongetwyfeld dagga.

62. Dit staan derhalwe vas dat dit wat gesteei was inderdaad dagga was.

63. Alhoewel die oorkonde onvolledig was, het die gebreke daarin nie afbreuk gedoen aan die getuienis van mnr Blaauw of die betoog wat voor ons gevoer was nie. Dit is betreurenswaardig dat 'n appel eers na soveel jaar vir verhoor ter rolle geplaas word. Dit is 'n onreg teenoor beide die appellante wie se toekoms deurgaans in die skaal hang, asook die gemeenskap wat geregtig is om daarop aanspraak te maak dat geregtigheid moet geskied.

64. In die vooropstelling moet dit volg dat die skuldigbevindings bekragtig staan te word.

65. Ek wend my vervolgens tot die appel teen die vonnisse wat opgele is.

66. Mnr Tredoux het aangevoer dat die agbare verhoorlanddros misgetas het deur te bevind dat hy verplig is om gevangenisstraf op te le weens die aard van die oortredings en het hy die afskrikkings-aspek van vonnisoplegging oor beklemtoon het.

67. Daar is verder betoog dat die verhoorlanddros misgetas het deur nie voldoende gewig te heg aan die appellante se persoonlike omstandighede nie, die erns van die misdade te oorbeklemtoon en dit teen hulle te hou dat hy geen berou vir die misdaad by hulle bespeur het nie.

68. Dit was uit die getuienis van mnr Blaauw duidelik dat die dagga wat gesteei is weer verkwansel is aan dwelmsmouse in Beaufort-Wes. Die skade wat dwelms, veral onder die minder bevoorregte segment van ons sameiewing aanrig, is alombekend en is dit duidelik uit die getuienis dat dagga in groot maat in Beaufort-Wes op beslag gele word.

69. Die eerste en tweede appellante was, as geregsdienaars, daarmee belas om toe te sien dat, in besonder, hierdie euwel bestry word. Hulle het hul verpligtinge teenoor hul eie gemeenskap gruwelik verontagsaam. Dit alleen onderskei die onderhawige saak van S v Volkwyn 1995 (1) SASV 286 (A). Die derde appellant het 'n sentrale rol gespeel in beide die misdade en hy, die vierde appellant en mnr Blaauw is almal dwelmsmouse.

70. Om korrektiewe toesig te oorweeg of op te le sou, na my mening, geheel en al 'n verkeerde boodskap uitstuur. Daar kan geen sprake daarvan wees dat enige iets minder as gevangenisstraf opgele word nie.

71. Daar is na my beskeie mening egter 'n te groot onderskeid getref tussen die vonnisse wat die eerste en tweede appellante, aan die een kant, en die vierde appellant, aan die ander kant, opgele is. Dit is, soos Kriegler, Suid-Afrikaanse Strafprosesreg, opmerk, 'n onmisbare vereiste van geregtigheid dat vonnisse konsekwent sal wees en as sodanig waar geneem word. Kriegler verwys na S v Gannoulis 1975(4) SA 867 (A) en S v Marx 1989 (1) SA 222 (A) te 225B-C. Die agbare verhoorlanddros het self opgemerk dat daar geen rede was om enige onderskeid tussen die appellante te tref nie (behoudens, natuurlik vir die derde appellant wie 'n swaarder vonnis verdien aangesien hy aan beide aanklagtes skuldig bevind is).

72. Ek sou derhalwe die vonnisse wat eerste en tweede appellante opgele is, gelykstel aan die van die vierde appellant.

73. Behoudens soos voormeld is daar na my mening geen basis om aan te voer dat die agbare verhoorlanddros misgetas het nie, en sou ek ook die vonnisse, soos opgele, andersinds handhaaf.

74. In die vooropstelling sou ek die appelle teen die skuldigbevindings van die hand wys.

75. Ten aansien van die vonnisse wat opgele is


(a) sou ek die appelle van die derde en vierde appellante van die hand wys.

(b) sou ek die appelle van die eerste en tweede appellante handhaaf en die opgelegde vonnisse tersyde stel en yeiyang met 'n vonnis van 8 jaar gevangenisstraf elk.


Sven Olivier WnR


Ek stem saam en dit word aldus gelas.


PB Fourie R


1Maoande v S (046/10) [2010] ZASCA 119 (29 September 2010).

2"See the decision of the Supreme Court of the United States of America in Victor v Nebraska (92-8894), 511 US 1 (1994), accessed on 27 November 2008 at http:llwww.law.cornell.edulsupct/html/92-8894 ZO.html."

3See also S v Tandwa 2008 (1) SACR 613 (SCA) at para 53