South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2001 >> [2001] ZAWCHC 8

| Noteup | LawCite

S v Simayi (SS151/2000) [2001] ZAWCHC 8 (15 November 2001)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)


SAAKNOMMER: SS151/2000


DATUM: 15 NOVEMBER 2001



In die saak tussen:

DIE STAAT

en


PETRUS SIMAYI




VONNIs






GRIESEL. J:



Die beskuldigde is in die streekhof skuldig bevind op n aanklag van verkragting. Aangesien die streeklanddros van oordeel was dat ernstige liggaamlike leed die klaagster toegedien is in die proses van die verkragting, het in hy ingevolge van die bepalings van artikel 52(1) van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997, die verrigtinge gestaak en die beskuldigde na hierdie hof verwys vir vonnisoplegging




Volgens die getuienis wat voor die streekhof gelewer is, het die beskuldigde en die klaagster vir meer as tien jaar 'n saamleefverhouding gehad waaruit twee ktnders gebore is. Dit is 'n dogter van nege en 'n seun tans vyf jaar oud. Oor die gebeure van die betrokke aand, het die klaagster getuig dat sy die beskuldigde langs die pad teegekom het terwyl sy op pad was na haar neef se huis. Die beskuldigde wou he dat sy saam met horn moes kom aangesien hy iets wou he. Sy het plat in die pad gaan sit en gese sy gaan nie saam met hom nie. Die beskuldigde het haar egter gesteep en geslaan en ook met sy geskoende voete geskop. Daarna het hy haar na 'n sloot geneem. Die klaagster se getuienis hieromtrent was die volgende:



"Toe skop hy my skaamte stukkend. Toe trek hy my klere uit, toe s§ hy ek moet my was in die sloot toe ek so bloei. Toe was ek my."



Daarna het hy haar aangese om voor horn uit te loop deur die wingerd. Hy het vir horn "n lat gepluk en die klaagster aanhoudend daarmee geslaan. Hy het haar na 'n huis naby die skool geneem waar hy haar aangese het om te gaan 16. Hy het daarna vir 'n lang ruk gewelddadiglik met haar seks gehad. Volgens die klaagster het sy water twee keer gebreek. Toe hy klaar was, het hy die klaagster teruggeneem na die huis van die familie by wie sy gebly het. Hy het gedreig om haar vrek te maak indien sy horn sou gaan verklaar.



Die volgende oggend was die klaagster te seer om op te staan. Sy het vir haar tante gese dat dit die beskuldigde was wat haar so geslaan en geskop het. Sy het die tante egter nie in daardie stadium van die verkragting vertel nie. Die klaagster is die volgende dag deur die distriksgeneesheer ondersoek. Hy het altesaam tien kneuswonde van verskillende grootte oor haar hele liggaam gevind, wat toon dat sy veelvuldige kere aangerand is met 'n stomp voorwerp. Daarbenewens was daar ook tekens van bloeding, sowel as "n vaginale skeur wat vir horn daarop gedui het dat daar gewelddadige geslagsomgang met die klaagster plaasgevind het.



Teen hierdie agtergrond is dit nou die plig van die Hof om die beskuldigde vir hierdie misdaad te straf. Die wetgewer het in 1997 sekere swaar minimum vonnisse op die wetboek geplaas ingevolge die Strafregwysigingswet waarna ek reeds verwys het. Die doel van die wetgewing is klaarblyklik om te dien as afskrikmiddel om sodoende die golf van ernstige misdaad, insluitende misdade van seksuele geweld teenoor vroue en jong meisies te probeer stuit.



By die oorweging van 'n gepaste vonnis is die beginpunt by artikei 51(1), gelees met Deel I van Bylae 2 van die wet, wat insluit verkragting waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed betrokke is. In hierdie verband het advokaat Prinsloo betoog dat die klaagster se beserings in die huidige saak nie aan daardie vereiste voldoen nie. Ek stem nie saam nie. Indien iemand aangerand was, soos wat ek reeds beskryf het, sodat sy die volgende dag skaars kon opstaan, is dit volgens my oordeel duidelik dat dit wel ernstige liggaamlike leed daarstel vir doeteindes van die wet.



Dit bring mee dat die Hof normaalweg verplig is om Yi persoon tot lewenslange gevangenisstraf te vonnis, tensy die Hof tevrede is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig. Die wet self bevat geen definisie van die konsep van wesenlike en dwingende omstandighede nie en dit is iets wat op die totaliteit van die feite van etke besondere deur die Hof beoordeel moet word.



In die onlangse uitspraak deur die Hoogste Hof van Appel in die saak van S v Malgas. is onder andere beslis dat indien die Hof in enige spesifieke saak tot die gevolgtrekking kom dat die minimum voorgeskrewe vonnis tot 'n onreg sou lei, of dat die so buiteverhouding is met die misdaad, die midadiger en die belange van die gemeenskap, dan mag die Hof 'n mindere vonnis ople\ Die Hof mag egter nie ligtelik of sonder goeie rede van die wetgewer se voorskrifte afwyk nie.



Advokaat Prinsloo. wat in hierdie hof namens die beskuldigde verskyn het, het in sy betoog sekere versagtende omstandighede onder die Hof se aandag gebring. Daar is ook by ooreenkoms Yi proefbeampteverslag voor die Hof geplaas waarin die beskuldigde se persoonlike omstandighede volledig uiteengesit word. Daaruit biyk die beskuldigde se onstabiele gesinsagtergrond, sowel as sy gebrekkige opvoeding Hy was ongeveer 31 jaar oud ten tyde van die voorval. Hy is ongetroud, maar het die saamleefverhouding met die klaagster gehad wat ek reeds genoem het en by wie hy ook twee kinders het, vir wie hy onderhoud het. Hy het vanaf "n redelike jong ouderdom deurgaans vaste werk gehad by dieselfde werkgewer en was skynbaar h goeie werker.



Die beskuldigde het 'n hele aantal vorige veroordelings waaronder twee vir aanranding met die opset om ernstige te beseer. Die een is egter taamlik oud in 1988 toe hy 12 maande gevangenisstraf gekry het en die ander een was skynbaar minder ernstige, deurdat hy in 1993 Vi boete van R300.00, sowel as Yi opgeskorte vonnis gekry het. Ander persoonlike omstandighede wat ter sake is, is die feit dat hy 'n ooglopende gebrek aan behoorlike opvoeding en onderwys het, deurdat hy slegs tot by graad 2 op skool gevorder het. Daarby kom hy ook vanuit 'n armoedige en agtergeblewe sosio-ekonomiese agtergrond en het sy vader op 'n jong ouderdom verloor. Hy is reeds ongeveer twee jaar in hegtenis verhoorafwagtend op hierdie saak.



Wat die misdaad aanbetref, word verkragting tereg deur ons Howe, sowel as die wetgewer en die gemeenskap, as 'n baie ernstige misdaad beskou. Verder is ons almal bewus van die wye publisiteit wat verkragting tans in die media geniet. Die gemeenskap eis dat mense wat hulle self aan sulke optrede skutdig maak, behoorlik deur die Howe gestraf word. Die beskuldigde se optrede teenoor die klaagster in die huidige geval, maak dit nog erger. Hy het hierdie vrou, wat die ma is van sy twee kinders, slegter behandel as wat 'n mens 'n hond sou behandel. Die Staatsadvokaat het nie oordryf nie toe hy betoog het dat die beskuldigde vir die klaagster soos 'n vloerlap behandel het.



Ek het die geleentheid gehad om die klaagster se getuienis in hierdie hof aan te hoor. Volgens voorkoms is dit duidelik dat die beskuldigde fisies heelwat groter en sterker as die tengerige en skraal geboude klaagster is. Ongelukkig is hierdie optrede van die beskuldigde geensins vreemd of uniek nie. Inteendeel dit vorm die basiese patroon oor naweke in soveel van ons landelike distrikte en ook in stede en townships. Dit is tyd dat die boodskap uitgestuur word dat dit nie so kan voortgaan nie. Die vorige Hoofregter het die volgende gese in verband met verkragting in S v Chapman 1997:



"Rape is a very serious offence, constituting as it does a humiliating, degrading and brutal invasion of the privacy, the dignity and the person of the victim. The rights to dignity, to privacy and the integrity of every person, are basis to the ethos of the constitution and to any defensible civilisation. Women in this country are entitled to the protection of these rights. The Courts are under a duty to send a clear message to the accused, to other potential rapists and to the community. We are determined to protect the equality, dignity and freedom of all women and we shall show no mercy to those who seek to invade those rights."



Dit is moeilik om Yi mens in te dink in die vernedering, pyn en vrees wat die klaagster moes ervaar het as gevolg van haar ondervinding. Dit was ook nie die eerste keer wat hy so teenoor die klaagster opgetree het nie. Boonop weier die beskuldigde steeds om te erken dat hy enigiets verkeerd gedoen het en toon hy geen berou hoegenaamd nie Inteendeel hy het die klaagster herhaaldelik met verdere leed gedreig indien sy horn sou gaan verkla. Dit is vir die Hof duidelik dat daar 'n ernstige behoefte bestaan, enersyds, om die beskuldigde deur middel van rehabilitasieprogramme in die gevangenis tot ander insigte te bring en andersyds, om die klaagster teen horn te beskerm.



Hierdie Hof het vandag ernstig oorweeg om vir die beskuldigde lewenslank tronk toe te stuur. Uiteindelik het ek egter daarteen besluit, aangesien ek op sterkte van advokaat Prinsloo se deeglike betoog tot die gevolgtrekking gekom het dat so Yi vonnis, in die huidige omstandighede, so buite verhouding is met die misdaad, die misdadiger en die belange van die gemeenskap, dat dit tot 'n onreg sou lei. My taak is ook vergemaklik deurdat advokaat Theron. namens die Staat, nie aangedring het op lewenslange gevangenisstraf nie.



In hierdie verband is dit hoofsaaklik 'n kombinasie van die volgende faktore wat volgens my oordeel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel:



1. Die beserings wat die klaagster opgedoen het, ernstig soos wat dit was, het skynbaar ten voile herstel en sy het geen permanente fisiese nagevolge van die aanval oorgehou nie.

2. Die beskuldigde kom vanuit 'n armoedige en agtergeblewe agtergrond en hy het 'n gebrek aan voldoende opvoeding.

3. Die beskuldigde is reeds meer as twee jaar verhoorafwagtend in hegtenis.



Dat die beskuldigde wel gestraf moet word: is duidelik. Lang termyn gevangenisstraf is klaarblyklik die enigste gepaste vonnis. In al die omstandighede is 'n gepaste vonnis, volgens my oordeel, een van AGTIEN (18) JAAR GEVANGENISSTRAF.

GRIESEL, J