South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2003 >> [2003] ZAWCHC 77

| Noteup | LawCite

S v Cyster (A40/2002) [2003] ZAWCHC 77 (5 December 2003)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNOMMER: A40/2002

DATUM: 5 DESEMBER 2003


In die saak tussen

MARTIN CYSTER Appellant

en

DIE STAAT Respondent


UITSPRAAK

CLEAVER. R:


Die appellant was as beskuldigde 2 in die Wynberg streekhof skuldig bevind aan drie klagtes, naamlik


1. Roof met verswarende omstandighede;

2. Huisbraak met die op set om te roof en roof met verswarende omstandighede; en

3. Afpersing.


Die appellant is tydens die verrigtinge deur 'n plaaslike prokureur verteenwoordig.



Op beide die roof en die huisbraak aanklagte is hy gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf en op die klagte van afpersing is hy gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf. Die Hof het gelas dat tien jaar van die gevangenisstraf vir huisbraak met die vonnis op die roofklagte sou saamloop.


Hy kom nou in hoer beroep teen beide die skuldigbevindings en die vonnisse.



Namens horn word aangevoer dat -


1. die verhoorhof fouteer het om horn skuldig te bevind op aanklagte 1 en 2, aangesien dit neerkom op 'n verdubbeling van die aanklagte;


2. die verhoorhof fouteer het deur te bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant deelgeneem het aan die roof; en

3. daar nie genoegsame getuienis aangebied was om 'nskuldigbevinding op die afpersingklagte te regverdignie.



Wat die vonnisse betref, word daar gesubmitteer dat die Hof fouteer het om te bevind dat die bepalings van die minimum strafwetgewing, synde die algemene Strafwysigingswet, 105 van 1997, van toepassing is; tweedens, dat die Hof fouteer het deur nie te gelas dat die vonnisse op aanklagte 1 en 2 in hul geheel samelopend uitgedien moes word nie en, derdens, dat die Hof fouteer het om nie die baie swaar kumulatiewe effek van die vonnisse in ag te neem nie.



Die agtergrond van die gebeure wat tot die skuldigbevindings gelei het, is kortliks die volgende: Die klaer en sy vrou - dit blyk dat die persone in hulle sestigerjare was - het op 30 September 1998 per motor by hulle huis aangekom in Kenilworth. Die klaer het daar in sy motorhuis ingery en sy vrou was besig om uit die kar uit te klim, toe hulle aangeval en oorrompel is.



Volgens die klaer was daar vier of vyf persone betrokke. Die persone was vermom en die klaer en sy vrou is vasgebind en blinddoeke is aangebring. Nadat vir die klaer gevra is vir sy sleutels, het die persone teruggekom omdat hulle nie die sleutel suksesvol kon gebruik nie. In hierdie stadium, se die klaer, is die blinddoek effens van sy gesig gelig en hy het toe vir hulle die sleutel van die kluis aangedui. Hy het egter vir die rowers, soos dit duidelik geblyk het hulle was, aangedui dat daar geen geld in die kluis was nie. Hulle is toe weg en het inderdaad bevestig dat daar nie geld was nie, maar ander van die klaer en klaagster se ander besittings is geneem.

Gedurende hierdie tyd, wat die klaer se 'n hele rukkie was, was die klaer en sy vrou nog steeds vasgebind en nog steeds met die blinddoeke oor hulle oe. Daar is toe gesprek gevoer met die rowers en veral met een van hulle wat die klaer later as beskuldigde 1 geidentifiseer het.Op die ou end is die rowers weg omdat die klaer hulle blykbaar gepaai het en onderneem het om 'n groot bedrag geld aan hulle te betaal. Dit sou hy die volgende dag doen. Dit is nie nodig om die verdere gebeure in verband met wat tussen beskuldigde 1 en die klaer gebeur het hier te herhaal nie.



Die klaer se dat kort nadat die rowers weg is, die appellant te voorskyn gekom het, hulle losgemaak het en vir hulle gese het dat hy self deur die rowers vasgebind was. Die appellant, dit is gemene saak, was daardie aand aan diens by die klaer se woning as 'n sekuriteitswag. Hy was ook die enigste persoon wat daardie aand aan diens was. Die reeling was dat hy en die eerste beskuldigde in die hof a quo, ook 'n sekuriteitswag, mekaar sou afgelos het.



Dit is ook gemene saak dat 'n bedrag van R49 000 by wyse van drie afsonderlike betalings uit die klaer se bankrekening betaal is. Dit is ook gemene saak dat die appellant vanaf 4 November, dit wil se 'n bietjie meer as 'n maand na die gebeure en kort daarna op drie geleenthede geld uit sy rekening getrek het wat in totaal R10 000 beloop het, geld wat nie aan horn behoort het nie, en duidelik vanaf die klaer afkomstig was.




Wat die verdubbeling van die aanklagte betref, meen ek dat me Riley, wat vir die Staat verskyn het, tereg toegegee het dat daar wel 'n verdubbeling hier plaasgevind het.Die landdros het bevind dat omdat die rowers eers gepoog het om die kluis skoon te maak, hulle bedoeling moes gewees het om die misdaad van die roof ten opsigte van die kluis te pleeg en toe hulle nie hiermee suksesvol was nie, hulle besluit het om die klaagster se motor asook 'n waardevolle horlosie van die klaer te neem. Die landdros het toe tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie twee verskynsels van roof sover van mekaar in tyd geskei was, dat hulle as afsonderlike misdade gesien kon word.



Ons is deur beide advokate verwys na die toetse wat gebruik word om te bepaal of daar 'n verdubbeling van aanklagte is. Dit is ook aan die landdros voorgehou en hy verwys in sy uitspraak na die saak van S v KUZWAYO 1960(1) SA 340 (A) en die volgende gedeelte daarvan te bladsy 344A:


"Na my mening moet die sogenaamde toetse waarna die beslissings hierbo aanhaal, verwys, nie as regsreel beskou word nie, maar slegs as nuttigepraktiese hulpmiddels wat gebruik kan word om vas te stel of daar wesentlik een misdaad gepleeg is al dan nie. Dit volg dus dat by die toepassing van die reel 'n mens tot 'n groot mate afhanklik is van die gesonde verstand en billikheidsgevoel van die hof."



Me Smit, wat namens die appellant kragtens 'n kontrak met die Regshulpraad verskyn, het aangevoer dat daar eintlik geen rede was om te bevind dat die rowers daar gegaan het slegs met die doel om die kluis by te kom en toe dit nie geslaag het nie, besluit het om iets anders te doen. Dit is duidelik dat die rowers gegaan het met die doel om die mense te beroof en na my mening is daar nie genoegsame getuienis om hulle pogings tot roof, wat nou wel geslaag het, te onderskei nie. Gevolglik het daar wel 'n verdubbeling van die aanklagte plaasgevind.



Die volgende aspek is of die misdaad van huisbraak inderdaad bewys is. Dit is 'n geykte beginsel dat om die misdaad van huisbraak te bewys, daar bewys moet wees tot bevrediging van die Hof dat daar 'n inbraak plaasgevind het in die sin dat 'n versperring van een of ander aard wat toegang tot die huis of perseel verhinder, verwyder is. Sonder dit is daar geen huisbraak nie. Soos die Staat ook tereg toegegee het, is daar

geen direkte getuienis dat 'n obstruksie verwyder is om toegang tot die huis te bekom nie. Die Staat het aangevoer dat die streeklanddros korrek was om die noodwendige afleiding te maak dat omdat die rowers teruggekom het vir die sleutels van die kluis wat ook aan dieselfde bos sleutels was as die sleutels vir die voordeur, die afleiding gemaak kan word dat die voordeur of gesluit of toe was. Na my mening is daar sterk aanduidings dat dit die geval was, maar ek is ook van

mening dat dit nie genoegsaam is om die misdaad van huisbraak te bewys nie. Heel waarskynlik was die huis gesluit, maar ongelukkig vir die Staat is hierdie stukkie getuienis, wat baie maklik gelei kon gewees het, nie voor die Hof geplaas nie. In die omstandighede is ek dus van mening dat die aanklag van huisbraak met die opset om te roof en roof nie bewys is nie. Die effek hiervan, soos later sal blyk, is egter nie noemenswaardig nie.




Wat die kwessie van identifikasie betref, het me Smit nie 20 besonder hieroor betoog nie en haar verlaat op haar skriftelike hoofde. Die landdros het in 'n baie sorgvuldige uitspraak die getuienis van die klaer, wat 'n enkelgetuie was, en die van die appellant geanaliseer en beoordeel. Die klaer se getuienis was dat toe hy daardie aand met sy motor ingetrek het by sy 25 perseel, hy die appellant voor horn sien hardloop het uit sygesigsveld uit. Die klaer se getuienis is verder dat tydens die geleentheid toe die rowers teruggekom het, sonder sukses met die sleutel, en toe die blinddoek van sy oe gelig is, hy die appellant gesien het. Alhoewel hy horn nie heel duidelik voor horn gesien het nie, was hy onder geen misverstand dat dit wel die appellant was nie. Wat miskien nie deurslaggewend is nie, maar ook genoem kan word, is dat die klaer se dat die appellant geweet het dat hy die gewoonte gehad het om 'n sekere soort lekkergoed te gebruik, wat hy in sy kar gehad het en dat toe hy en sy vrou op 'n stadium gekla het dat hulle monde droog was, hierdie lekkergoed uit sy kar gehaal en in hulle monde gesit was. Die appellant sou, volgens hom, geweet het van hierdie lekkergoed.



In sy verduideliking aan die Hof, het die appellant getuig dat toe die rowers by hom gekom het, hulle hom oorrompel het en aan 'n paal agter die huis vasgemaak het. Hulle het ook sy bankkaart van hom geeis en hy het dit aan hulle verskaf.



Op 4 November, dit wil se 'n bietjie meer as 'n maand later, het hy sy bankstaat aangevra en gesien dat daar R1 1 000 in die bankrekening was. Hy het toe R3 000 getrek. Die volgende dag het hy na De Aar vertrek. Hy het R3 000 in Britstown en R4 000 in De Aar onttrek. Hy se ook dat hy homself teegesit het toe die rowers hom oorrompel het, en een van hulle

blykbaar probeer slaan het.




Die landdros som sy getuienis soos volg op:



"Mnr Cyster het 'n baie swak indruk gemaak. Hy het homself onder andere in die volgende opsigte weerspreek:

1. In sy pleitverduideliking is gese dat die aanvallers sy bankkaarte en pin geeis het. in kruisondervraging het hy gese dat die aanvallers sy bankkaart in sy werksak gekry het.

2. In hoof het hy gese dat hy geklap, geskop en met 'wapen oor sy kop geslaan is. In kruisondervraging het hy gese dat dit hy op sy skouer gekap was.

3. Een oomblik het hy beweer dat sy skouer beseer is, die volgende het hy geen beserings opgedoen nie.

4. Hy het nie vir die polisie gese dat van sy beursie en R40 beroof is nie, omdat hy nie gedink het dat dit belangrik is nie. Later het hy gese dat hy eers die volgende dag besef het dat sy beursie weg is en toe het hy vir


inspekteur Robertson gese.

5. Sy relaas van sy gesprekke met mnr Kay oor die betaling van sy salaris en vakansiegeld is so weersprekend dat dit belaglik is.

6. Sy getuienis was dat nieteenstaande die hardhandige hantering hy geen beserings opgedoen het nie. As dit so is, maak dit sy bewering dat mnr Shub nie beserings gesien het nie, omdat hy deurmekaar was, nie sin nie."



Die streeklanddros het dan ook daarop gewys dat hy aanhoudend sy getuienis gefabriseer het om antwoorde te verstrek. Laastens, het die landdros bevind dat sy getuienis in die volgende opsigte onwaarskynlik is:

1. By die hek toe hy van een aanvaller bewus was, was hy nie bereid om sy vuurwapen te gebruik nie. In die motorhuis, in die aangesig van verskeie bewapende aanvallers en terwyl hy hyself onbewapen is, val hy een van die aanvallers.

2. Dit maak nie sin dat hy nie sybankkaart gestop het omdat daar nie geld in sy rekening was nie, wetende dat 'n groot moontlikheid bestaan het dat mnr Kay geld in sy rekening sou inbetaal.

3. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die aanvallers sy bankrekening vanaf die 1ste Oktober sou gebruik en horn eers 5 Oktober sou versoek om die rekening nie te stop nie. Waarom sal hulle toelaat dat geld in sy rekening inbetaal word, as die moontlikheid bestaan dat die rekening te enige tyd gevries kon word."



En die landdros wys dan verder daarop dat dit hoogs onwaarskynlik is dat 'n pligsgetroue sekuriteitswag so gekarnuffel sou word en dat sy hele weergawe van die verloop 15 van die aanval nie strook met die optrede van 'n pligsgetroue opgeleide sekuriteitswag nie.



Tot hierdie onwaarskynlike kan ek nog een byvoeg. Dit blyk uit die getuienis van die klaer dat die rowers baie angstig was om vir horn te vertel dat die sekuriteitswag wat hulle teen daardie stadium, volgens hulle sou oorrompel het, 'n gesoute karateman was. As 'n mens saam met hierdie stukkie getuienis onthou dat die appellant nooit enige getuienis gelewer het dat hy op enige manier homself deur middel van karate teen sy aanvallers teegesit het nie, is die waarskynlikheid baie sterk dat hierdie stukkie getuienis van die klaer aandui dat dit alles deel van 'n plan was om die skyn te skep dat die rowers vir die appellant oorval het, iets wat na my mening en na die landdros se mening glad nie gebeur het nie.



'n Verdere onwaarskynlikheid is dat onbekende aanvallers sal besluit om die bankkaart van 'n sekuriteitswag te gebruik vir die doeleindes van hulle afpersing.



Wat die klaer betref en die landdros se siening van sy getuienis, stem ek, na oorweging van die klaer se getuienis, saam met die landdros se opsomming. Hy se, wat ook terloops deur die verdediging toegegee is, dat die klaer te a 11 e tye kalm en met selfbeheersing getuig het. Hy het intelligensie en 'n formidabele geheue openbaar. Sy beskrywing as basis van sy identifikasie van die appellant van die stem en die taalgebruik van die appellant van die appellant van wat met horn onderhandel het, dit wil se die eerste beskuldigde, was oortuigend. Hy het homself nie weerspreek nie en sy getuienis was ook in sekere opsigte gestaaf.



Die landdros het dus tot die gevolgtrekking gekom, met inagneming van al die versigtigheidsbeginsels betrokke by die getuienis van 'n enkelgetuie, dat die klaer se getuienis in a lle 25 opsigte aanvaar kon word. Dit, in teenstelling met die getuienis van die appellant, wat die landdros ook korrek, na my mening, verwerp het as onwaar.



Dit bring my dan by die aanklagte van afpersing. Dit is so, 5 soos deur me Smit aanqevoer is daar nie direkte getuienis was dat die appellant druk uitgeoefen het op die klaer om die verskillende bedrae, wat R49 000 opgemaak het, oor te betaal nie en basies op grond hiervan het sy betoog, met verwysing na die regspraak, dat die appellant nie aan hierdie misdryf 10 skuldig bevind moes geword het nie en miskien ten beste vir die Staat dat hy as 'n medepligtige beskou moet word.



Die Staat aan die ander kant het aangevoer dat vanwee die applikant se betrokkenheid by die aanval en vanwee die feit dat hy deel was van die groep wat by was toe die klaer onderneem het om bedrae te betaal en vanwee die feit dat hy daarna homself aktief geassosieer het met die misdaad van afpersing deur sy bankrekening beskikbaar te stel vir die inbetaling van die geld, hy as mededader en ook as medepligtige beskou moet word.



Me Smith het aangevoer met verwysing na 'n skrywe in die werk GENERAL PRINCIPLES OF CRIMINAL LAW THROUGH THE CASES dat ons hier te doen het met die leerstuk van 25 gemeenskaplike bedoeling, ten beste vir die Staat, en na aanleiding van die mening wat deur die skrywer uitgespreek is, daardie leerstuk eintlik slegs van toepassing moet wees wanneer daar gesteun word op die assosiasie van 'n mededader op misdadesoos moord, strafbare manslag en aanranding.



Na my mening is dit nie nodig om in te gaan op die regsfilosofie wat hier betrokke is nie. In die saak van S v WILLIAMS EN 'N ANDER 1980(1) SA 60 te 63B word die 10 volgende gese:



'"n Medepligtige vereenselwig horn bewustelik met die pleging van die misdaad deur die dader of mededaders deurdat hy bewustelik behulpsaam is by die pleging van die misdaad of deurdat hy bewustelik die dader of mededaders die geleentheid, die middele of die inligting verskaf wat die pleging van die misdaad bevorder."



Na my mening is daar genoegsame getuienis om aan hierdie toets te voldoen in die lig van die aktiewe metode waarmee die appellant homself geassosieer het met die misdaad deur die beskikbaarstelling van sy bankrekening.


Dit bring my dan tot die kwessie van vonnis. Daar is oorspronklik in die betoogshoofde wat namens die appellant geliasseer is betoog dat die minimum vonnis wetgewing verkeerdelik toegepas is omdat dit nie geblyk het dat die Staat sou steun op die minimum vonnis wetgewing nie. Die toets in hierdie verband is 'n eenvoudige een en dit is om te bepaal of die appellant 'n regverdige verhoor gehad het. Daar word in hierdie opsig telkens verwys na die sake van S v NDLOVU 2003(1) SASV 331 en S v LEGOA 2003(1) SASV 13, beide uitsprake van die Hoogste Hof van Appel.



Soos die Staat tereg opgemerk het, was die appellant verteenwoordig deur 'n bekwame regsverteenwoordiger. Daar kan geen twyfel daaromtrent wees nie, as 'n mens die oorkonde deurgaan. Dit is ook duidelik dat hierdie 'n baie ernstige misdaad was waarvoor langtermyn gevangenisstraf gepas sal wees. Wanneer daar gekyk word na NDLOVU en LEGOA se sake is dit belangrik om op die feite van daardie twee sake te let en die beginsels wat daar ter sprake was. In NDLOVU se saak het dit gegaan oor of die minimum vonnis wetgewing van toepassing was by 'n misdaad waarby 'n outomatiese vuurwapen betrokke was, 'n misdaad wat in 'n sin deur die minimum vonnis wetgewing geskep is. In LEGOA se saak het dit gegaan oor of die Staat bewys het dat die hoeveelheid dagga wat die beskuldigde in sy besit gehad het, 'n waarde van R50 000 oorskry het, iets wat ook nodig sou gewees het om die minimum vonnis wetgewing van toepassing te maak. Die howe het in beide gevalle daarop gewys dat dit noodsaaklik was dat 'n beskuldigde moes geweet het watter feite die Staat sou bewys om die minimum vonnis wetgewing van toepassing te maak en in LEGOA saak se CAMERON, AR die volgende hieroor in para [20]:



"One of those specific rights is 'to be informed of the charge with sufficient detail to answer it'. What the ability to 'answer' a charge encompasses this case does not require us to determine. But under the constitutional dispensation it can certainly be no less desirable than under the common law that the facts the State intends to prove to increase sentencing jurisdiction under the 1997 statute should be clearly set out in the charge-sheet."


In hierdie geval is die feite duidelik uiteengesit in die klagstaat want die beskuldigde is gese dat die Staat sou beweer dat verswarende omstandighede soos omskryf in die Strafproseswet aanwesig was by die misdade. Derhalwe is ek van mening, in die lig daarvan dit asook die manier waarop die saak deur die appellant se regsverteenwoordig hanteer is, dat hy wel 'n regverdige verhoor gehad het.



Die volgende kan ook genoem word: die landdros het in sy 5 uitspraak sonder om na die minimum vonnis wetgewing te verwys, aangedui dat na inagneming van al die relevante feite, hy tevrede was dat daar nie versagtende omstandighede vir die appellant aanwesig was nie.



Laastens moet 'n mens ook in gedagte hou dat die streeklanddros in elk geval 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf kon ople sonder om die minimum vonnis wetgewing te gebruik. Ek is dus tevrede dat die submissie wat in effek daarop neerkom dat die appellant nie 'n regverdige verhoor gehad het nie kan slaag nie.



Wanneer dit kom by die verdere submissies in verband met vonnis, meen ek egter dat daar nie genoegsame aandag geskenk is aan die effek van kumulatiewe uitwerking van die 20 strawwe nie en vir daardie rede is ek van mening dat 'n aanpassing gedoen kan word.



Wat die appellant betref, is daar verswarende aspekte aanwesig. Alhoewel hy nie vorige veroordelings van hierdie 25 aard het nie, het hy twee vorige veroordelings. Hy is dus 'n persoon wat al voorheen met die gereg gebots het. Hy is 'n uiters betroubare posisie in diens geneem. Hy het in 'n vertrouensposisie gestaan; hy is in diens geneem om die klaers te beskerm. Hulle was bejaarde persone en hy het bygedra om hulle te oorrompel, vas te bind, te teister en daarna bygedra met die druk wat op hulle uitgeoefen is, met die afpersing. Hierdie faktore tel, na my mening, sterk teen horn. Dit is faktore wat die landdros ook in ag geneem het. Ek is dus van mening dat 'n langtermyn gevangenisstraf die enigste vonnis is wat opgele kan word ten opsigte van die roof, maar wat die afpersing betref meen ek dat daar wel 'n saak uitgemaak kan word dat die appellant 'n mindere aandeel in die misdaad gehad het as die eerste beskuldigde en na my mening kan dit weerspieel word in die vonnis.



In die omstandighede slaag die appel ten dele met die volgende resultaat:



1. Die skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1,naamlik, roof met verswarende omstandighede word bekragtig, dit wil se die vonnis van vyftien (15) jaar gevangenisstraf word bekragtig.

2. Die skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2, naamlik, huisbraak met die opset om te roof en roof word tersyde gestel.

3. Die skuldigbevinding op aanklag 6, naamlik afpersing, word bekragtig.

4. Die vonnis op aanklag 6 word tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van ses (6) jaar gevangenisstraf.

5. Dit word gelas dat drie (3) jaar van die vonnis op aanklag 6 met die vonnis op aanklag 1 sal saamloop.

Die effektiewe vonnis is dus agtien (18) jaar gevangenisstraf.



Die streeklanddros se bevinding dat die appellant nie geskik is om 'n vuurwapen te hanteer nie en dat die appellant onbevoeg geag word om 'n vuurwapen te besit bly van krag.



Die vonnisse in hierdie uitspraak genoem sal terugwerkend wees tot die datum van die vonnisse wat deur die streeklanddros opgele is, dit wil se 10 April 2000.



CLEAVER, R

BOZALEK, R: Ek stem saam.

BOZALEK, R