South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2003 >> [2003] ZAWCHC 94

| Noteup | LawCite

S v Maahman (SS72/2003) [2003] ZAWCHC 94 (1 April 2003)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: SS.72/2003

DATUM: 1 APRIL 2003

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

FREDLIN MAAHMAN

V O N N I S

VAN DER WESTHUIZEN, WnR:

Die beskuldigde is skuldig bevind op vier klagtes in die streekhof in Worcester. Die eerste kiagte is een van huisbraak met die opset om te verkrag en toe en daar die klaagster, Anine Simmington, verkrag het. Die tweede kiagte is ook een van verkragting. Die derde kiagte is dat hy haar sou beroof het van R260,00. Hierdie drie kiagtes is alma! gepleeg op 11 September 1 999. Dan is daar 'n vierde kiagte van poging tot verkragting wat gepleeg is op 19 Oktober 1999.

Hierdie skuldigbevindings deur die landdros is ingevolge die bepalings van artikel 52(1) van Wet 105 van 1997 na hierdie Hof verwys vir die bekragtiging van die skuldigbevindings en oplegging van vonnis omdat, wat die eerste twee klagtes betref, dit van so 'n aard is dat dit kwalifiseer vir die oplegging van 'n minimum vonnis. Ingevolge die bepalings van artikel 51(1) moet hierdie Hof nou vir u vonnis.

Artikel 51 lees naamlik soos volg:

"(1} Ondanks enige ander wet, maar behoudens sub- artikels (3) en (6), moet 'n Hoe Hof -

(a) indien hy 'n persoon skuldig bevind het aan 'n misdryf in Deel I van Bylae 2 bedoel; of

(b) indien die aangeleentheid kragtens artikel 52{1) na hom verwys is nadat die betrokke persoon skuldig bevind is aan 'n misdryf in Deel I van Bylae 2 bedoel

die persoon tot lewenslangegevangenisstraf vonnis."

Sub-attikel (3) lees soos volg:

"Indien 'n hof in sub-artikel (1) of (2) bedoel, tevrede is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis as die-vonnis by daardie sub-artikels voorgeskryf regverdig, teken hy sodanige omstandighede in die notule van die verrigtinge aan en kan hy daarop sodanige mindere vonnis ople."


Nou, advokaat Vismer, wat namens die beskuldigde in hierdie verrigtinge opgetree het, het aangevoer dat die gebruik van drank en dwelms deur die beskuidigde; sy treurige en hopeiose Iewenswyse, soos hy grootgeword het, en van Jongs at verval het in 'n iewenswyse van betrokkenheid by misdade, dat hierdie alies wesenlike en dwingende omstandighede ingevolge die bepalings van sub-artikel (3) sou uitmaak wat dan die oplegging van 'n mindere vonnis sou regverdig as die by wet voorgeskrewe iewenslange gevangenisstraf.


Hierdie aangeleentheid is uitvoeriglik a! in die Appelhof oorweeg en in die saak van S v MALGAS 2001 (1) SASV 469 (HHA) is daar sekere faktore deur MARAIS, AR bevind wat almal van toepassing sal wees ook op hierdie saak. In HiEMSTRA, SUiD-AFRiKAANSE STRAFPRQSES, 6de Uitgawe, word op bladsy 700 'n vertaalde weer.gawe gegee van die Hof se bevindings in MALGAS se saak.

In die eerste plek is dit duidelik dat die bepalings van artikel 51 het nie die Hof se diskresie by vonnisoplegging uitgewis nie, maar dit het dit seer sekerlik beperk. Tweedens, die Hof moet vonnisoplegging benader op die basis dat die Wetgewer 'n vonnis bepaal het wat normaalweg opgele moet word. Met ander woorde, dit is die straf wat gewoonweg van toepassing sou wees tensy daar wesenlike en d wingende omstandighede sou wees. Derdens, so is daar deur MARAIS, AR beslis, tensy daar duidelik ware oortuigende redes bestaan vir 'n ander vonnis, moet die Hof die voorgeskrewe vonnis ople. Vierdens, die Hof moet nie ligtelik op flou gronde van die voorgeskrewe vonnis afwyk nie en spekulatiewe hipoteses in die beskuldigde se guns, te veel simpatie en 'n neiging teen tronkstraf vir 'n eerste oortreders sowel as persoonlike twyfel by die Hof oor die effektiwiteit van die beleid onderliggend aan die voorgeskrewe vonnis en klein verskille in deelneming by meerdere daders moet uitgesluit word.

Wat ek in hierdie vierde grondslag lees, is dat dit help nie dat 'n Hof baie simpatie het met 'n beskuldigde vir sy swak lewensomstandighede, vir 'n swak jeug omdat dit dan nou aanleiding sou gegee het tot die pleeg van die misdaad nie en of die voorgeskrewe vonnis {te wete lewenslange gevangenisstraf) of sou twyfel dit nou werklik enigsins effektief sou wees nie. In hierdie verband dink ek aan nan r Vis me r se betoog dat u wei reeds begin het metopleiding as/n loodgieter in die verbeteringskool; dat u opleiding en die bietjie baat wat 'n mens kan sien daar wel vir u was in die verbeteringskool aifes verlore sal gaan as u lewenslange gevangenisstraf sou opgele sou word.

Hoe dit ook al sy, dit bring my by die vyfde punt wat MARAIS, AR in hierdie saak noem. Die Wetgewer het dit uitdruklik aan die howe oorgelaat om te besiuit of die omstandighede 'n afwyking regverdig. Hoewel die klem verskuif het na die objektiewe erns van die misdaad en die behoefte van effektiewe straf, beteken dit nie dat -alle ander oorwegings buite rekening gelaat moet word nie. Alle faktore moet in ag geneem word.

In hierdie verband is die drank en dwelms wat u sou gebruik het; (d.w.s. die dagga en die Mandrax) iets wat beslis deur hierdie Hof in oorweging geneem moet word. Nou, dwarsdeur die ontwikkeling van ons reg, het die gedagte van alkohol en bedwelming as versagtende omstandighede met betrekking tot misdade waar opset 'n vereiste is (wat deur die Staat bewys moet word) het die gedagte altyd na vore gekom "of die drank die beskuldigde se geestesvermoens of gemoed beTnvtoed het op so 'n wyse dat hy, wat sy wandaad betref, met minder verwyt bejeen mag word." iSien in die verband S v NDLOVQ (.1) 1 965{4) SA 688 (A) op 691 B waar hierdie aanhaling met goedkeuring verwys word en dit kom uit S v BABADA 1964(1) SA 26 (A) op 27 G.)

Wat ook van belang is, is dat die gedrag van die klaagster in aanmerking geneem behoort te word pm te bepaai of daar sodanige omstandighede bestaan. (Sien in hierdie verband die uitspraak in VAUGHAN McGEE v DIE STAAT - SAAK A.61/02 ongerapporteer op bl 14.) Daar is na my oordeel niks wat i n d i e o ptrede van d i e kl aagste r, A nine Simmington, of enigiets wat sy sou gedoen het, wat beskryf kan word dat dit aanleiding sou gegee het tot die pleging van die verkragtings nie. Sy was geheel en al onskuldig. Sy het jou nooit geprovokeer of uitgelok om haar op hierdie wyse te behandel nie. Bygevolg moet daardie gedrag van die klaagster ook in aanmerking geneem word by die oorweging of hier nou strafverswarende of strafversagtende omstandighede is, seos wat in MALGAS se saak bedoel word.

Nou die vraag wat natuurlik ook ter sprake kom is of daar ehige aanduiding is dat jou selfbeheer, jou oordeel, jou verantwoordelikheidsin deur die alkohol en dwelms beTnvloed is en tot die mate wat dit wel bei'nvloed is, moet daardie mate bepaal word.

U het self getuig dat jy hierdie middels ingeneem het en dat die koshuis gegaan het met die doel om te gaan steel en jy weet nie wat oor jou gekom het en wat jou besiel het om inderdaad die klaagster te verkrag nie. Ek sal jou situasie onderskei dan van gevalle waarna verwys word in die strafreg as die actio libera in causa - waar drank of dwelms ingeneem word om jou eintlik die moed te gee om 'n misdaad te gaan pleeg. Ek glo nie dat dit die geval was hier nie en dat jy die drank en die dwelms geneem het met die opset om jou moed te gee om haar te gaan verkrag nie. Ek aanvaar dat dit nie die geval is nie.

Tegelykertyd moet ek net daaraan dink dat hier is ook 'n kwessie van onus ter sprake om werklik te bepaal of dit die geval is of nie. Die geleerde skrywers in H1EMSTRA te wete KRIEGLER & KRUGER voer aan dat daar eintlik nie 'n onus op of die Staat of op die verdediging berus by vonnisoplegging om 'n Hof te oortuig van watter gewig aan sekere feite en omstandighede gegee moet word by vonnisoplegging nie, maar dit doen egter nie afbreuk aan die feit dat die Hof sogenaamde "common good sense" moet gebruik nie.

As ek sogenaamde "common good sense" moet toepas op die saak, dan kan ek tot geen ander gevolgtrekking kom dat die feit dat jy drank ingehad het {en moontlik deur dwelms ook beweeg is) tot 'n swakker oordeel gelei het, maar dat dit eintlik nie die primere verduideltking is vir jou teenwoordigheid in die koshuis was daardie nag nie. Ek dink jou motief was, soos wat jy getuig het hier voor my, was om te gaan steel en die vraag is nou net of die drank en dweims wel 'n rol gespeel het in die pleging van die verkragting. Op die ou end het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit moontlik 'n rol kon gespeel het, maar dat dit nie van so 'n aardis dat ek verplig is om dit in aanmerking te neem by die bepaling of daar "wesenlike en dwingende omstandighede" was soos bedoel in die wet nie.

In die loop van die verhoor voor die ianddros het jy eintlik 'n baie swak relaas van jouseif gegee en dit was vir my duidelik gewees by die lees van die rekord dat jy eintlik nie respek vir of hierdie klaagster, Anine Simmington, of die klaagster op die vierde kiagte gehad het nie. Die wyse waarop jy opgetree het was een van 'n uitdagende vorm van selfhelp om jou luste te bevredig en in die geval van die vierde kiagte waar jy op die klaagster nog jou neus uitgeblaas en gespoeg het, is vir my 'n omstandigheid wat daarop dui dat jy vir niemand respek het nie. Jou rekord van vorige veroordelings dui ook daarop dat jy werklik waar nie respek vir die gemeenskap het nie.

Onder al hierdie omstandighede dink ek nie dat die gebruik van die drank en die dweims eintlik wesenlik 'n rol gespeel het nie. Jy is maar net 'n man wat eenvoudig, wat die gemeenskap betref, in vyandskap met hulle leef. As ek verder die impak van jou optrede in Anine Simmington se geval in aanmerking neem, kan ek ongelukkig nie met jou advokaat saamstem dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is nie. Jou optrede het vir haar bittere en ernstige gevolge gehad. Sy is klaarblyklik geestelik ernstig gekrenk deur jou optrede.

Wat klagtes 1 en 2 betref, is dit gepas dat hulie saam behandel word, soos advokaat Erasmus betoog het, en die vonnis wat ek aan jou ople op hierdie twee klagtes saam, is dan een van LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF. Op die derde klagte, naamlik die roof van die R260,00 is dit na my oordee! verpligtend dat ek vir jou ook 'n lang termyn van gevangenisstraf ople en in hierdie geval is die vonnis VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. Op klagte 4, poging tot verkragting, dit was in my oordeel 'n ernstige poging gewees en om die gemeenskap te kan beskerm teen sulke soort van aanvalle, al het jy nie werklik waar haar ernstig beseer nie, is 'n tydperk van TWAALF (12) JAAR GEVANGENISSTRAF gepas. Dit word egter gelas dat die straf op klagtes 3 en 4 sameiopend sal wees met die straf op klagtes 1 en 2.

VAN DER WESTHUIZEN, WnR