South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2004 >> [2004] ZAWCHC 49

| Noteup | LawCite

S v Van Wyk en Anders (SS208/2003) [2004] ZAWCHC 49 (26 March 2004)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAK NOMMER: SS.208/2003

DATUM: 26 MAART 2004

In die saak tussen: -


DIE STA AT

en

1. RENALDO VAN WYK

2. ANDRE NYL

3. DANleL VAN REENEN

4. MERLE JENNIFER STUBS

VONNIS

VELDHUIZEN. R:

Wat beskuldigde 2, 3 en 4 betref, is die vraag wat eerstens beantwoord moet word die volgende: Is daar wesenlike en dwingende omstandighede, soos in artikel 51(3)(a) van Wet 105 van 1997 bedoel, wat ligter vonnisse as die voorgeskrewe vonnisse regverdig. Ek het reeds volledig met die misdade wat u gepleeg het in my uitspraak gehandel en vind dit nie nodig om dit weer te herhaal nie.

Wat die misdade betref is daar na my mening geen versagtende omstandighede wat binne die betekenis van artikel 51 (3)(a) van Wet 105 van 1997 weseniike en dwingende omstandighede daarstel nie. Na my mening is daar eerder verswarende omstandighede teenwoordig.

Ook u persoonlike omstandighede is sodanig dat ek nie enige weseniike en dwingende omstandighede vind wat 'n ligter vonnis regverdig nie. Na my mening het u advokate dan ook tereg toegegee dat hier nie sodanige omstandighede teenwoordig is nie.

Die vonnisse wat ek aan elkeen van u ople is die volgende:

Beskuldigde 2, Andre Nyl, op klagte 1 LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF: klagte 2 LEWENSLANK; klagte 3 VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF, klagte 4 VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF, klagte 5, DRIE (3) JAAR GEVANGENISSTRAF, klagte 6 EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 7 VYFTIEN (1 5) JAAR GEVANGENISSTRAF, klagte 10 LEWENSLANK. klagte 11 VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 12 VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 25 LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.

Beskuldigde 3, Daniel van Reenen, op klagte 1 word u gevonnis tot LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF: klagte 2 LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF; klagte 3 VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 4 VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF, klagte 7. VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 25 LEWENSLANGE

GEVANGENISSTRAF, kiagte 26 DRIE (3) JAAR GEVANGENISSTRAF. klaate 27 EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Beskuldigde 4, Merle Jennifer Stubs, op kiagte 1 word u gevonnis tot LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF; kiagte 2 .LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF; kiagte 3 VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. kiagte 4 VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF, kiagte 7, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Beskuldigde 1, Renaido van Wyk - beskuldigde, ek wil dadelik vir jou se dit wil my voorkom asof jy 'n sleg mens is. Ek dink u het vir uself 'n loopbaan van misdaad gekies en ek is ook nie seker dat korrektiewe dienste veel aan u heil kan doen nie. Weens u ouderdom word ek nie deur enige Wet verplig om aan u minimum strawwe op te !e nie/ omdat

u, toe elkeen van die misdade gepleeg is, in die teenwoordigheid van veel ouer persone was en moontlik deur hulle beinvloed is, gaan ek aan u advokaat se versoek om nie aan u lewenslange gevangenisstraf op te le nie, gehoor gee.

U het by sommige van hierdie misdade - en ek dink veral aan aanklagte

  1. 11 en 12 v'n leidende rol gespeel en die ople van langtermyn gevangenisstraf is onvermydefik. Ek le aan u die volgende vonnisse op:

Beskuldigde 1: op kiagte 1 word u gevonnis tot TWiNTIG (20) JAAR GEVANGENISSTRAF: klaate 2 TWINTIG (20) GEVANGENISSTRAF; kiagte 3 VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF, kiagte 4 VYFTIEN (15) JAAR

GEVANGENISSTRAF. klagte 7, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 10 VYF-EN-TWIN TIG JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 11 VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 12 VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 1 3 DRIE .(3) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 14 EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF. klagte 25 VYF-EN-TWINTIG (25) JAAR GEVANGENISSTRAF. Vyftien (15) jaar van elk van die vonnisse wat op elk van aanklagte 1, 2, en 25 opgele is, sal saamloop met die vonnjs wat op aanklag 10 opgele is. Die vonnisse wat op elk van aanklagte 3, 4, 7, 11,12, 13 en 14 opgeld is, sal saamloop met die vonnis wat op aanklag 10 opgele is. In effek beteken dit dat u effektiewe gevangenisstraf 40 jaar is.



VELDHUIZEN, R