South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2005 >> [2005] ZAWCHC 100

| Noteup | LawCite

Adendorff v S (A290/2003) [2005] ZAWCHC 100 (11 February 2005)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: A.290/2003

DATUM: 11 FEBRUARIE 2005



In die saak tussen:

GERALD ADENDORFF Appellant
en

DIE STAAT Respondent



UITSPRAAK RAUBENHEIMER. WnR:


Appellant is indiestreekhofte Robertson skuldig bevind dat hy op 18 November 2001 vir Rosetta Adendorff, sy voormalige eggenote, wederregtefik en opsetlik gedood net deurdat hy haar twee keer met 'n mes sou gesteek net. Hy is gevonnis tot vyftien jaar gevangenisstraf. Hierdie appel is teen die skuldigbevinding en vonnis.

Erkennings is gemaak deur appellant se regsverteenwoordiger in die streekhof ooreenkomstig artikel 220 van die Strafproseswet, waarvolgens erken is dat die oorsaak van die dood van die oorledene die twee gemelde steekwonde is en dat sy geen andere verdere beserings opgedoen het alvorens die regsmediese verslag voltooi was nie.



Dit was voorts gemene saak dat appellant met die mes, waarmee die noodiottige wonde toegedien is, by die huis van mnr William Matthew Fortutn opgedaag het. Appellant se saak is dat hy die eerste steekwond in die buik van die oorledene toegedien het omdat Jonathan Denzil Carelse horn van agter verbygegaan het terwyl appelfant met oorledene sou gesels het en dat die wond in die oorledene se rug daarna toegedien was nadat hy vir Carelse met die mes wou steek en die oorledene tussenbeide gekom het.



Die getuienis van Mariaan Booysen is dat appellant die dag voor die voorval sy mes sit en slyp het en op navraag van haar het hy aan haar gemeld dat hy die oorledene gaan vermoor. Die oorledene was haar niggie. Sy het nie enige persoon daarna gewaarsku nie. Appellant het ontken dat hy ooit met haar die gesprek gevoer het. Booysen was wel die aand van die moord in die huis van Fortuin om hulp ie verleen aan die oorledene nadat sy noodlottig gewond is.

Die gettiie Mitchell Johannes Stanvliet is die broer van die oorledene. Sy perseel is naby aan Fortuin se huis en verkoop hy drank by die perseel. Die getuienis wat aangebied is omtrent 'n vuurwapen wat hy aan appellant sou wou verkoop, neem die saak myns insiens me veel verder nie, aangesiendit skynbaar 'n geruime tyd voor die voorval was.



Wat wel meer relevant is, is die gemoedstoestand waarin appellant waarvan hy getuig pas voor die voorval plaasgevind het was. Appellant het gesit en huil en het hy appellant ingenooi om in sy sitkamer te kom sit. Stanvliet hetophstadium probeer help dat die partye versoen. in kruisondervraging is dit ontken dat appellant daar sou sit en huil het. Stanvliet getuig ook omtrent 'n interdik wat die oorledene teen appellant moes bekom vanwee" veiligheidshekke wat hy beskadig het by haar moeder se huis asook 'n sitkamervenster wat stukkend geslaan is.



Tydens kruisondervraging is dit ontlok dat sy moeder horn oorreed het om nie die vuurwapen aan appellant te verkoop nie vanwee die probleme wat hy vir die oorledene en sy moeder besorg het.



Carlse is 'n polisiebeampte wat 'n liefdesverhouding met die oorledene gehad het en hy getuig dat die oorledene haar toekomsplanne met horn aan appellant sou meegedeel het.

Dit is teen hierdie agtergrond wat die besoek van appellant aan die huis van Fortuin gesien moet word. Fortuin getuig dat appellant gekiop het by die deur en versoek het of hy die oorledene kon sienr Appellant het die huis ingegaan waarop Fortuin na ft slaapkamerdeur gestap het en gekiop het en gevra het of sy die appeilant wil sien. Sy hette kenne gegee dat sy horn nie wil sien nie. Appellant het in beweeg in die kamer en deur beweeg na die badkamergedeelte daarvan waarop hy gehoor het die oorledene se dat sy gesteek word met 'n mes. Binne-in die kamer was Fortuin se dogter (onduidetik) en gemelde Carelse. Laasgenoemde het op h bed gele.



Fortuin het kapbewegings illustreer wat hy met die mes uitgevoer het na die oorledene op die toilet. Hy was geskok en weet nie hoeveef van hierdie houe haar getref het nie. Hy en Carelse het daarin geslaag om die mes by appelfant af te neem. Die mes is ingehandig as 'n bewysstuk. Dit is 21 cm lank en word beskryf as ft swartkleurige groentemes met 'n 11cm lem. Fortuin meld dat die oorledene in ]n hersteJproses was na h operasie en dat sy baie pyn ervaar het. In kruisondervraging het dit geblyk dat Fortuin en Appellant nie n baie goeie verhouding het nie omrede appellant met Fortuin se vrou in 'n kamer op h stadium gednnk het.



Fortuin word deur Carelse gestaaf dat laasgenoemde in die betrokke slaapkamer gele en slaap het. Die oorledene sou horn wakker gemaak het en vir hom gese dat haar man daar is - verwysende na appellant. Hy het bly le en die twee vroue het na die toilet beweeg. Hy meld dat die dear oopgebars het dat appellant na binne beweeg het. Hy het opgestaan om te kyk wat aangaan en die volgende oomblikhethygehoordat oorledene meld dat appellant haar steek. Hy het gesien hoe sy in die maag gesteek word.



Hy het appellant van agter getakel en hom uit die kamer geneem. Hy het later eers by die lykshuis bewus geword van die wond agter die blad van die oorledene. Hy skryf die optrede van appellant toe aan die feit dat die oorledene vir appellant van haar toekomsplanne moes vertel het.



In kruisondervraging is dit weereens ontlok dat oorledene vir hom sou gese het dat sy die Saterdag, met ander woorde die dag voor die voorval, vir appellant gese het van haar toekomsplanne met Carelse. Carelse erken dat hy vir appellant agternagesit het en hom wou slaan na die instdent. Fortuin het gemeld dat Careise vir appellant met 'n mes wou steek.



(Onduidelik) Fortuin staaf beide haar vader en Carelse dat haar vader geklop het en gevra het of oorledene vir appellant wil sien. Hierop sou die oorledene te kenne gegee het dat sy nie vir appellant wou sien nie. Sy meld dat appellant voorgekom het asof hy nie by sy voile verstand is nie, want sy oe het groot in sy kop gestaan. Sy het vinnlg uit die kamer uit beweeg.



Nie een van hierdie drie getuies maak melding daarvan dat die appellant met Vi mes in sy hand die vertrek sou binnegekom het nie. Appellant se weergawe is dat hy die mes in sy hand gehad het en dat hy besig was om biltong te sny. Hy sou by oorledene verneem het hoe dit met haar gaan en het haar selfs h stukkie biltong aangebied. Appellant noem eers dat hy die biltong in sy sak gesit het voor hy by die huis ingegaan het, maar later meld hy dat hy wel biftong nog in sy hand gehad het saam met die mes.



Die aanduidings is oorweldigend dat appellant poog om 'n verduideliking te probeer skep van waarom hy kwansuis met die mes in sy hand gestaan het toe hy op sy weergawe die beweerde vriendelike gesprek met oorledene sou gevoer het. Die landdros het daarop gewys dat waarskynlikhede h rol speel wanneer daar gelet word op die somtotaal van die getuienis, Die Hof kom tot die slotsom dat die Staat se getuies nie opsetlik leuens vertel het nie en dat die weergawe van appellant van hoe die oohedene by die twee geleenthede die steekwonde opgedoen het, nie redelik moontlik waar is nie. Die Hof bevind dat n wederregtelike en opsetlike aanvai deur die appellant op die oorledene geloods is.

Ek stem saam met hierdie bevindinge van die landdros. Die skuldigbevinding is dus in orde.



Wat die vonnis aanbetref, blyk daar nie dat daar mistastings begaan is of dat dit onder die omstandighede skokkend onvanpas is nie. Die aanduidings is dat appellant nie aan sy geskeide vrou haar vryheid wou gee nie en het hy die opset gehad om haar koelbloedig om die lewe te bring.



Die appel teen die skuldigbevinding en vonnis WORD DERHALWE VAN DIE HAND GEWYS.



RAUBENHEIMER, WnR



CLEAVER. R: Ek stem saam en dit word so beveel.



CLEAVER, R