South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2006 >>
[2006] ZAWCHC 76
| Noteup
| LawCite
Armadien v S (A508/2005) [2006] ZAWCHC 76 (25 August 2006)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVISIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A. 508/2005
DATUM: 25 AUGUSTUS 2006
In die saak tussen:
DAVID ARMADIEN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
BOZALEK. R:
Die appellant is op 2 Mei 2001 in die streekhof te Wynberg skuidig bevind aan 'n klagte van roof met verswarende omstandighede en op 5 Me? 2001 is hy tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis in terme van artikel 51(2)(i) van Wet 105 van 1997. Appellant het nie regsverteenwoordiging geniet nie en het onskuldig gepleit. Hy kom nou in hoer beroep teen die opgeiegde vonnis.
Die appellant was een van drie beskuldigdes wat skuldig bevind is aan die roof. Uit die getuienis blyk dit dat vier persone die klaer se huis onder bedreiging van vuurwapens betree het op 'n aand in Mei 1998 en horn beroof het van R50 000 in kontant nadat hy geforseer is om die kluis oop te maak. Hy en sy vrou is ook beroof van sellulere fone, hn vuurwapen en juweliersware ter waarde van R10 000.
Gedurende die voorval is vuurwapens op die klaer, sy vrou en sy broer gerig en "n vuurwapen is in die mond van die klaer se twaalfjarige seun gedruk. Appellant het, volgens die getuienis, 'n voile rol hierin gespeel. Hy was ook bewapen en het sy vuurwapen teen die kop van die klaer se broer gehou. Hy het ook later op die klaer se bed gespring waar hy gele het en horn teen sy bors geskop het.
Dit blyk verder dat die klaer en sy vrou se drie- en vierjarige kleuters teenwoordig was gedurende die roof sowei as bogenoemde 12-jarige seun. Laasgenoemde moes as gevolg van sy nagmerrie-ervaring sielkundige berading ontvang.
Drie van die vier beskuldigdes is skuldig bevind aan 'n klag van roof met verswarende omstandighede. Uit die ianddros se vonnisredes wat nie heeltemal duidelik was nie en ook snaakse en ongeskikte opmerkings rngesluit het, blyk dit dat hy ingevolge die bepalings van Wet 105 van 1997 'n voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf in die geval van etke beskuldigde opgele het omrede daar geen wesenlike en dwingende omstandighede bevind kon word wat 'n afwyking daarvan sou regverdig nie.
Namens die appellant word daar op appel betoog dat die landdros misgetas het deur nie die appellant in te lig oor die bepalings van Wet 105 van 1997 nie. Verder is daar betoog dat die landdros sekere wesenlike faktore oor die hoof gesien het. As gevolg van hierdie foute het hy glad nie 'n gepaste vonnis opgele nie.
Die Staat opponeer nie die appel teen vonnis nie hoofsaaklik op die basis dat beskuldigde 3 vroeer 'n appel by hierdie Hof ingedien het wat geslaag het. Sy vonnis is met vyf jaar na tien jaar gevangenisstraf verminder.
Ten tyde van die pleging van die misdaad was die appellant omtrent 19% jaar oud. Hy het vorige veroordeHngs gehad alhoewel nie van 'n baie ernstige aard nie. Hierdie misdade, een van roof en twee van diefstal, is gepleeg tot hy onderskeidelik 15 en 16 jaar oud was en is hy nooit tot direkte gevangenisstraf daarop gevonnis nie. Dit lyk ook dat die appellant drie jaar as verhoorafwagtende in die gevangenis deurgebring het voordat hy op hierdie klag skuldig bevind is, met ander woorde sy effektiewe termyn van gevangenisstraf kan as 18 jaar gesien word.
Die appellant het min vonnismateriaal voor die landdros, wie self baie min moeite gedoen het om die nodige inligting uit die appellant te kry, geplaas. Dit alleen kom vir my as 'n mistasting voor. (Sien S v SIEBRITS 1998(1) SASV 554 (A).) Dit blyk uit die rekord net dat appellant n meisie gehad het en die vader van 'n Jong kind was en dat hy werksaam was voor die roof. Appellant se persoonlike omstandighede is gevolglik baie oppervlakkig in die landdros se vonnisredes behandel, byvoorbeeid, hy het die appellant as h 29-jarige man beskryf, met ander woorde asof hy tien jaar ouer was.
Na my mening het die landdros gefouteer deur nie wesenlike en dwingende omstandighede te bevind in die lig van die appellant se jeugdigheid nie en aangesien sy vorige veroordelings bestaan het uit misdrywe wat gepleeg was toe hy nog baie jonk was.
Verder, na my mening, was die versuim om die appellant in kennis te stel en in te lig oor die bepalings van die Wet op Minimum Vonnisse wat op horn van toepassing was en die feit dat hy 'n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf in die gesig gestaar het, ook 'n mistasting. (Sien S v DICKSON 2000(2} SASV 304 (C) en S v DLAMINI 2000(2) SASV 266 (T).)
As gevolg van bogenoemde faktore staan dit hierdie Hof vry om in te meng met die vonnis wat die appellant opgele is. Die roof is van n ernstige aard, daar is gebruik gemaak van vuurwapens en alhoewel niemand enige noemenswaardige fisiese beserings opgedoen het nie, is 'n verswarende faktor eerstens die feit dat daar by die klaer se huis ingebreek is en tweedens, veral die feit dat een van sy kinders geterroriseer is Soos ek vroeer opgemerk het, appellant het h voile rol hierin gespeel en dit blyk duidelik uit die feite dat die roof vooraf beplan is. Daar is geen twyfel dat 'n lang termyn gevangenisstraf die gepaste vonnis is nie.
As al die omstandighede in ag geneem word asook die drie jaar wat die appellant as verhoorafwagtende in hegtenis deurgebring het, is ek van mening dat 'n gepaste vonnis een van nege (9) jaar gevangenisstraf sou wees.
Ek sal dus die appel taat siaag en die vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf tersyde stel en dit vervang met 'n vonnis van NEGE (9) JAAR GEVANGENISSTRAF. Die vonnis sal ook ingevolge artikel 282 van die Strafproseswet teruggedateer word na die oorspronklike vonnisdatum, dit wil se 3 Mei 2001.
BOZALEK, R
MOTALA, R: Ek stem saam en dit word so beveel.
MOTALA, R