South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2006 >> [2006] ZAWCHC 77

| Noteup | LawCite

S v Olivier (A153/2005) [2006] ZAWCHC 77 (17 November 2006)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: A.153/2005

DATUM: 17 NOVEMBER 2006




In die saak tussen:



ABRAHAM JOHANNES COETZEE OLIVIER Appellant

en

DIE ST A AT Respondent









UITSPRAAK




THRING. R:



Weens die feit dat hierdie Hof met die skuldigbevindings van die appellant jngemeng en dit verander net, is dit nodig dat hierdie Hof die appellant vonnis opnuut ople. Voor ons is n paar dae gelede 'n stel mediese verslae oor die appellant geplaas wat vandag, met toestemmtng van die staat, as bewysstuk ingehandig is, en die inhoud waarvan gemene saak is. Ek sal binnekort meer voUedig daarna verwys.



Die appellant is aan 12 aanklagte van die statutere misdryf van die oortreding van artikel 58(d) gelees met artikels 28(1) en 28(2) van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, No. 89 van 1991, skuldig bevind, waarna ek as "die BTW-Wet" sal verwys. Die misdaad bestaan daaruit dat die appellant versuim net om natnens die twee entiteite wat onder sy beheer was belasting op toegevoegde waarde aan die Kommissaris van Inkomste oor te betaal in Yi totale bedrag van R5 259 420,55. Van hierdie bedrag is ongeveer R2,1 miljoen van een van die betrokke maatskappye, wat in likwidasie was, deur die staat verhaaf. Daar is nie bewys hoeveel van die balans van ongeveer R3.1 miljoen in die appellant se sak beland het nie. Hoe dit ook al syP dit is onteenseglik dat hy ten minste tot n mate van die wanbetaling van die belasting op toegevoegde waarde gebaat het. Op elkeen van die 12 aanklagte is n maksimum vonnis deur die BTW-Wet voorgeskryf, soos dtt op die tersaaklike tydstip gelees het, naamlik artikel 58 daarvan. Daardie maksimum vonnis is 'n boete van hoogstens R4 000 of gevangenisstraf van hoogstens 12 maande, of beide die boete en die gevangenisstraf.

Die oortredings wat die appellant gepleeg het is ongetwyfeld van 'n ernstige aard. Daar is verskeie omstandighede teenwoordig wat strafverswarend werk. Eerstens, is die bedrag betrokke groot, dit is oor R5 miljoen. Die misdade is oor 'n tydperk van ongeveer 18 maande gepleeg. Die optrede van die appellant is herhaaldelik gepleeg. Sy optrede was doelbewus, fyn beplan en sorgvuldig uitgevoer en hy het gesofistikeerde stappe geneem om sy spore agter horn uit te vee. Daar is ook geen poging deur die appellant aangewend om die verskuldigde belasting aan die Fiskus te betaaf nie, selfs na sy skuldigbevinding.



Deur sy optrede het die appellant oor hierdie tydperk vir sy handelsentiteite, waaroor hy beheer gehad net, 'n onbehoorlike en onregverdige voordeel bo sy konkurrente bewerksteliig. Hy was, met ander woorde, in Vi posisie om besigheid te doen op die basis dat die betrokke transaksies vry van BTW sou wees. Dit is dan die verswarende faktore.



Daar is ook persoonlike faktore wat as strafversagtend beskou moet word. Eerstens, het die appellant geen vorige veroordelings nie. Tweedens, hy is tans 66 jaar oud, hy is in Februarie 1940 gebore. Daarbenewens, derdens, is sy gesondheid swak. Details van sy gesondheid word in die mediese verslae, waarna ek reeds verwys het, uiteengesit-

Kortliks kom dft daarop neer dat hy aan angina pectoris ly. Volgens sy huisdokter, noodsaak dit horn om hom baie rustig te gedra en aan geen fisiese of emosionele inspanning blootgestel te word nie. Hy ly ook aan diabetis en hy word daarvoor behandel. Hy het ook 'n paar maande gelede n diskusletsel tussen sy nekwerwels gely wat swakheid van sy hand veroorsaak het. Ook onlangs het hy aan rektale bloeding gely en h poliep is verwyder. Hy is ook dte afgelope tyd baie depressief en hy word met "n anti-depressante behandel. Of dit nog altyd die geval is, is nie heeltemal duidelik niet maar in 2004 het hy volgens "n mediese verslag aan vogretensie op sy long gely. Dit word vererger deur die feit dat hy slaapapnee kry en dat tydens sulke aanvalle snags sy bioedsuurstofkonsentrasie baie laag is en dit kan selfs fataal wees. Sy cholesterol is abnormaal verhoog en hy word ook daarvoor behandel. Die kanse dat hy h hartaanval kan kry, is as gevoJg daarvan en ook van sy diabetis hoer as wat dit andersins sou wees.



Die Hof het teiding in die besliste sake oor die vonnis in hierdie geval gesoek, byvoorbeeld S v ZINN, 1969(2} SA 537 (A), waar die Hof ook met 'n man te doen gehad het wat nie meer jonk was nie en wie se gesondheid nie baie goed was nie. In daardie saak het RUMPFFT HRP soos hy destyds was, op 541H-542B die volgende gese;

"Carpzovius, in his Lyfstraffeiijke Misdaden, 11.136, has a chapter entitled: 'Van de verligting der straffe in oude mannen'. The author states that, in the view of some, old age begin sat 50 while others think people are old when they are 60 years of age, but that it must be left in each case to the Judge to decide. According to the author, old age when accompanied by loss of mental capacity, obviously is a ground for mitigation but generally speaking old age is not a ground for leniency, although corporal punishment should not be imposed. Similarly, it is suggested that corporal punishment should not be inflicted when the offender is ill or physically weak.

Having regard to his age and the fact that he deliberately committed fraud over a period of nearly eight years, involving large sums of money, the appellant's claim to a sentence to give him the opportunity to reform and to start life afresh, is necessarily greatly weakened."



In daardie saak was die appellant 58 jaar oud. Sy vonnis van 15 jaar gevangenisstraf vir bedrog is na 12 jaar gevangenisstraf deur die Appelhof vermlnder. In S v NAGRANI, 1997(2) SASV 98 (W) het die Hof te doen gehad met 'n geval wat in baie opsigte soortgetyk is aan die huidtge saak. Die beskuldigde in daardie saak is skuldig bevind aan 21 aanklagte van bedrog en een aanklag van versuim om behoorlike rekords, soos verets deur die BTW-Wet, te hou en hy is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan twee voorwaardelik opgeskort is. Die bedrag daar betrokke het etlike miljoene rand beloop. Beskuldigde se gesondheid was swak. Hy was ook ft eerste oortreder, maar die Hof het die ernstigheid en aigemeenheid van die misdaad as strafverswarende elemente of faktore beskou, asook die bedrag geld betrokke en die vertrouensposisie van die beskuldigde. Die Hof het die vonnis wat die landdros opgele het bekragtig.




Op 104h-i het die geleerde Regter die volgende gese:



"In the Johnson case to which I have referred above, at 20 of that judgment, Ackermann J (as he then was) said the following:

'One feels great sympathy and compassion for the members of the family. Unfortunately for them, in a case such as the present, the law requires in my view that the deterrent effect of punishment be emphasised in order to persuade other persons who might be tempted to do so from committing frauds of this nature.'"



Enige hof, dink ek, sal baie traag wees om 'n man van gevorderde ouderdom, wat 'n skoon rekord het, tronk toe te stuur, des te meer waar sy gesondheid nre heeltemal na wense is nie. Hierdie faktore weeg swaar by die Hof in die rigting van Tn vonnis wat die appellant buite die gevangenis sou kon uitdien.



Die Hof het versktllende moontlikhede, wat vonnis betref, oorweeg. Eerstens, is daar die moontlikheid van 'n boete tot n maksimum van R48 000, met die alternatief van gevangenisstraf tot die maksimum van 12 jaar, of beide die boete en die gevangenisstraf. Ons is deur mnr Olivier, wat namens die appellant verskyn, meegedee) dat die appellant in staat sou wees om so 'n boete te betaal. Tweedens, bestaan die moontlikheid van h boete gekoppel met opgeskorte gevangenisstraf. Derdens, bestaan daar ook die moontlikheid van korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1 )(h) van die Strafproseswet, No. 51 van 1997. Hierdie vorms van gevangenisstraf sou natuurlik deur die appellant uitgedien kan word sonder dat hy binne h gevangenis geplaas sou moet word. Enigeen van hierdie vorms van vonnis sou seer sekertik die appellant se belange baie beter pas as direkte gevangenisstraf.



Dit is egter nte alfeenlik die belange van die appellant wat hier in ag geneem moet word nie: die belange van die gemeenskap moet ook behoorlike gewig aan gegee word. Was dit nie vir die volgende nie, sou daar heelwat meer te se gewees het vir 'n vonnis anders as direkte gevangenisstraf. Die faktore wat egter daarteen indruis, is eerstens die hoe" bedrag geld wat hier betrokke is, meer as R5 miljoen; die opsetlike, doelbewuste en beplande wyse waarop die appellant die oortredings gepleeg het, en die taamlik uitgebreide tydperk waarin die oortredings herhaaldelik gepleeg is.



Die gemeenskap vereis dat landsburgers hulie belasting aan die Fiskus moet betaal. As belasting nie betaal word nie, kan die land nie behoorlik funksioneer nie. As party mense toegelaat sou word om daarmee weg te kom sonder om hulle belasting te betaal, ly die res van die lede van die gemeenskap want dan moet die res hoer belastings betaal om die tekort aan te vul. Dit kan nie geduld word nie en die gemeenskap verwag dat mense wat so optree behoorlik gestraf moet word.



Een van die doeleindes van vonnis is natuurlik om as afskrikmiddel te dien. Soos uit NAGRANI se saak verskyn, wat ek na verwys het, is dit 'n belangrike faktor. Nfe slegs die appellant nie, rnaar ook ander persone moet deur gepaste vonnisse van soortgelyke misdade afgeskrik word.



In al die omstandighede sou "n boete en/of 'n vonnis van opgeskorte gevangenisstraf of blote korrektiewe toesig onder artikel 276(1 )(h) van die Strafproseswet na my oordeel onvoldoende wees om die vereiste afskrikwaarde in hierdie geval teweeg te bring. Dit sou die versoeking vir ander en seffs ook moontlik vir die appellant self daarstel om te dink dat die kool die sous werd is wanneer dit by die wanbetaling van groot bedrae belasting kom, en dat gevangenisstraf nie Yi realistiese of waarskynlike gevolg daarvan is nie. So Yi indruk sal heeltemal onvanpas en onaanvaarbaar wees.



Die vonnis wat ons van voornemens is om die appellant op te le sal egter, ek hoop, die voordeel he om bale buigbaar te wees in die sin dat, alhoewel dit direkte gevangenisstraf insluit, die grootste gedeelte daarvan deur die Kommissaris van Korrektiewe Dienste in korrektiewe toesig omskep sal kan word.



Gevolglik sal die vonnis wat die landdros opgele het, vervang word met die voigende vonnis:

"Al 12 aanklagte sal vir doeleindes van vonnis saamgeneem word. Die beskuldigde word gevonnis tot VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF ingevolge artikel 276(1 )(i) van die Strafproseswet, No. 51 van 1997."

THRING, R

BLIGNAULT. R: Ek stem saam.

BLIGNAULT, R