South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2007 >>
[2007] ZAWCHC 334
| Noteup
| LawCite
S v Fielies and Others (SS87/2007) [2007] ZAWCHC 334 (21 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS87/2007
DATUM: 21 AUGUSTUS 2008
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
1. BRANDON FIELIES
2. CHRISTIAN NOBLE
3. SAMMY DE BRUIN
VONNIS
DLODLO, J:
By die vasstelling van Vi geskikte en gepaste vonnis wat in enige saak opgele moet word, moet die aard en omstandighede van die misdaad, die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die beskuldigde in ag geneem word. In hierdie verband sien S v Zinn 1969(2) SA 537 (A) te 540G, S v Du Toit 1979(3) SA 846 (A), S v Holder 1979(2) SA 70 (A) te 74H. Die oor- of onderbeklemtoning van hierdie faktore is 'n mistasting.
Wat dan u persoonlike omstandighede aanbetref moet ek die volgende in ag neem. Beskuldigde 1 se persoonlike omstandighede is soos volg geskets. U was 20 jaar en sewe maande oud gewees ten tyde van die pleging van die misdrywe. U was op 9 Jufie 1983 gebore en u ouderdom huidiglik is 25 jaar oud. U is n pa van twee kinders wat ses en vier jaar onderskeidelik is. U enigste vorige veroordeling is gedateer 29 Augustus 1998 en dit is huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Die oplegging van vonnis wat ingevolge die bepaling van Artikel 297(1)A(ii) van die Strafproseswet 51 van 1977. soos gewysig, vir 'n periode van vyf jaar was die vonnis uitgestel gewees.
Die Hof verneem dat u ouers nie werklik getroud was nie, maar het n saamleefverhouding gehandhaaf. Volgens die bevinding van die Proefbeampte was hierdie verhouding deur gesinsgeweld, alkoholmisbruik, werkloosheid en lae moreie lewenswyse gekenmerk gewees U het op die gebou sporadies gewerk met 'n inkomste van so wat R400,00 per week. Soos die Proefbeampte in die verslag genotuleer het, het u u gesin versorg met hierdie geld. Ek sal ook die volgende uitlating deur die Proefbeampte in ag neem:
"Beskuldigde is maklik beinvloedbaar en kan nie onder groepsdruk sy standpunt inneem nie. Hy handhaaf n saamleefverhouding en het twee kinders wat hy versorg. Beskuldigde het finansieel swaargekry om sy gesin te onderhou. Beskuldigde erken dat hy geroof het, maar en hy pteit onskuldig op die verkragtingsaak. Hy openbaar berou ten opsigte van sy aandeel in die misdaad en verklaar dat hy graag konstruktief wil funksioneer."
Beskuldigde 2 se ouers was getroud. maar u ma is as gevolg van kanker oorlede. U het broers en susters. Volgens wat ek gese is. u susters misbruik alkohol. Op skool het u gevorder tot Standerd 5. U het vir Vi vriend op n stadium gewerk, maar daar is nie genoem hoeveel hierdie vriend vir u betaal het nie. Op die ag van die misdrywe het u dagga en mandrax gerook. U het vier kinders wie se ouderdomme wissel van ses tot 11 jaar. Die kinders het verskillende moeders. U is reeds vier en 'n half jaar in aanhouding gespandeer. U het op huise vir R500.00 gewerk. U is nie getroud nie. U het vier vorige veroordelings, onder andere verkragting, diefstal, versuim om in die hof te verskyn en ook huisbraak,
Beskuldigde 3 was op 26 Januarie 1985 gebore. U ouderdom huidiglik is 23. Ten tyde van die pleging van die misdrywe was u toe nog 19 jaar oud gewees. U was werkloos en het geen vrou en geen kinders nie. Op skool het u gevorder tot Standerd 6 Die Proefbeampte meld die volgende oor u:
"Beskuldigde het as Graad 6 leerder die skool Dagbreek Prim^re verlaat. Hy was n onbeheerbare leerder en het gereeld van die skool gedros en sy verhouding met die opvoeders en mede-leerders was onstabiel. Hy was geskors van die skool omdat hy hom aan gomsnuif skutdig gemaak het. Beskuldigde het nooit weer na die skool teruggekeer nie. Hy het nooit regtig die arbeidsmark betree nie."
U het die volgende geskiedenis, dit wil se u botsing met die Regstelsel. 5 November is u skuldig bevind op diefstal. 13 September 2002 n ander diefstal. 22 Oktober 2002 huisbraak met die opset om te steel en diefstal. U het ook n vorige veroordeling van verkragting wat u bevestig het. Die Proefbeampte het die volgende in die verslag genotuleer:
"As gevolg van sy onstabiele maatskaplike omstandighede het beskuldigde op laerskool onbeheerbare gedrag geopenbaar en met n negatiewe vriendekring geassosieer. Beskuldigde het op jeugdige ouderdom met die gereg gebots as gevolg dat hy gedurig in winkeldiefstalsake betrokke was. Hy het op h jeugdige ouderdom begin gom snuif en dagga rook wat veroorsaak het dat hy onverantwoordelik opgetree het."
Dit is inderwaarheid verswarend dat u hierdie weerlose vrou en Yi moeder van kinders verkrag het. Die weergawe wat u-hulte voor die Landdros gegee het, was na my oordeel gemik op haar huwelik. U wou gehad het dat die man van hierdie vrou haar nie meer sal kan vertrou nie. Dit is inderdaad gepas, net op hierdie stadium, om van S v Chapman 1997(3) SA 341 J-342 B (HHA) aan te haal rakende die ernstigheid van die verkragting waaraan u skuldig bevind is:
"Rape is a very serious offence, constituting as it does a humiliating, degrading and brutal invasion of the privacy, the dignity and the person of the victim. The rights to dignity, to privacy and the integrity of every person are basic to the ethos of the Constitution and to any defensible civilisation. Women in South Africa are entitled to the protection of these rights. They have a legitimate claim to walk peacefully on the streets. To enjoy their shopping and their entertainment. To go and come from work, and to enjoy the peace and tranquillity of their homes without fear, the apprehension and the insecurity which constantly diminishes the quality and enjoyment of their lives. The Courts are under a duty to send a clear message to the accused in the present case, and to other potential rapists and to the community that the Courts are determined to protect the equality, dignity and freedom of all women, and that they will show no mercy to those who seek to invade those rights."
Myns insiens is die verswarende faktore voor die handliggend en totaal oorskadu enige moontlike versagtende faktore in die onderhawige saak. Ek is van mening dat in die huidige geval weeg die noodsaaklikheid om behoorlike uiting te gee aan faktore van vergelding en afskrikking sowel as aan die gemeenskap se afsku aan verkragting. hoofsaaklik groepverkragting van hierdie aard teen weerlose vrouens sterker as die moontlikheid van rehabilitasie. Geweldsmisdade en vera! verkragting met verswarende omstandighede het werklik, wat omvang daarvan betref, toegeneem op so n mate dat die algemene publiek tereg om beskerming betoog.
Wat hierdie saak erger maak. is dat die slagoffer 'n weerlose vrou was. U gesindheid teenoor haar word weerspieel deur die grusaamheid en die gevoeltoosheid van u optrede. Ek moet myself die grootste vraag afvra, naamlik, wat beweeg mansmense om ft vroumens op hierdie wyse te behandel? Die gemeenskap se belang by vonnis word reeds sedert die vroegste tye in ons reg erken Byvoorbeeld in R v Karq 1961(1) SA 231 (A) op 236B waar die volgende belangrike uiteensetting gegee word, naamlik:
"It is not wrong that the natural indignation of the interested persons and of the community at large should receive some recognition in the sentences that Courts impose, and it is not irrelevant to bear in mind that if sentences for serious crimes are too lenient, the administration of justice may fall into disrepute and the injured persons may incline to take the law into their own hands."
Die belange van die gemeenskap bly 'n faktor wat in gevalle soos die huidige 'n wesenlike rol speel en dit moet inderwaarheid Yi ernstige oorweging verg. Die Howe moet nie met die vonnisse wat opgeld word veroorsaak dat vrouens vreesbevange moet bly nie. Ons Grondwet beskerm almal se regte. Die vrouens en kinders se lewens, integriteite en waardighede moet deur almal in hierdie land gerespekteer en beskerm word. Aan die anderkant is dit wel so dat in die oplegging van die vonnts hoef ek nie noodwendig die gemeenskap tevrede stel nie, maar my plig is liewerste om 'n gepaste en gebalanseerde vonnis op te le. Die publiek verkeer onder die indruk dat die Howe as gevolg van beweerde lamsakkige vonnisse misdadigers nie behoorlik straf nie en die gevolg is dat hulle dan die reg in huMe eie hande neem en genadeloos en wreedaardig met diegene wat hulle beskou as oortreders, afreken. Sien in hierdie verband S v M 1993(1) SASV 126 (A) op 135C-E. Suid-Afrika sal derhalwe nie sulke gedrag kan bekostig nie.
Dit is miskien beter gestel in S v Mafu 1992(2) SASV 494 (A) op 496g-j, waar die volgende uitlating verskyn:
"A sentencing policy that caters predominantly or exclusively for public opinion is flawed. It remains the Court's duty to impose fearlessly an appropriate and fair sentence, even if the sentence does not satisfy the public'
In S v Westhuizen 1974(4) SA 61 (C) op 66E-F het Baker. R die volgende gese:
"...that justice must be done with compassion and humanity not by the rule of thumb, and that a sentence must be assessed not callously or arbitrarily or vindictively, but with due regard to the weakness of human beings and their propensity for succumbing to temptation, but it must also be borne in mind that the consideration of mercy must not be allowed to lead to the condonation or minimization of serious crimes."
Dit bly maar geykte reg te wees dat genade wel hdeelselement van geregtigheid is. Menere, ek moet vir u-hulle se dat Yi oortreder wat berou toon vir sy wandaad, asook aandui dat hy nie weer die misdryf sal pleeg of tot misdadigheid in die algemeen sal oorgaan nie. word tereg deur die Howe tegemoetkomend gestraf. Berou, streng gesproke, dui op *h oortreder wat eerstens besef dat hy verkeerd gehandel het en tweedens onderneem om nie weer te oortree nie. So 'n persoon word normaalweg deur die gemeenskap en Howe as minder strafwaardig geag
U mag geneig wees om te vra hoekom. Dit is net omdat so n persoon se berou en voorneme aanduidend is van vrugbare materiaal vir hervorming en verbetering tot sy eie voordeel en die van die gemeenskap. U moet herformeer en verbeter word tot u eie voordeel en die van die gemeenskap. Soos ek gese het, as 'n beskuldigde opregte berou toon, sal hy tegemoetkomend bestraf word, veral waar hy stappe neem om die daad by die word te voeg. Sien in hierdie verband S v Brand 1998(1) SASV 296 (K). Ware berou moet egter onderskei word van selfbejammering en onvermydelike skulderkenning. Dit le voor die hand dat n beskuldigde sy opregte berou, spyt en voorneme om te verbeter moet toon terwyl die verhoor aan die gang is en beslis voor vonnis. Sien in hierdie verband S v Revill 1974(1) SA 743 (A) op 746B-E.
Ek neem in ag dat daar sprake van dwelminname in hierdie saak is. Howe sal derhalwe in die algemeen gevolg gee aan die strafversagtende uitwerking wat drankbeneweling ten opsigte van die morele verwytbaarheid van die oortreder het. Sien in hierdie verband S v J 1975(3) SA 146 (O). Volgens hierdie gesag, kan drank, waar Vi persoon daardeur bei'nvloed is tot so Yi mate dat dit sy denkvermoe en sy gedrag affekteer. onder sekere omstandighede n versagtende omstandigheid wees. Daar is egter geen getuienis dat tydens die pleging van die misdrywe waaraan u skuldig bevind is, u werklik onder die invloed van drank en/of dwelms was nie. Sulke misdrywe. soos die een waaraan u skuldig bevind is. kon nie deur Vi dronk persoon gepleeg word nie.
Ek moet die vonnisoplegging benader op die basis dat die Wetgewer n vonnis bepaal het, naamlik lewenslange gevangenisstraf, wat normaal opgele moet word ten opsigte van aanklagte een, dit is verkragting. Tensy daar duidelike. ware en oortuigende redes bestaan vir 'n ander vonnis, moet ek die voorgeskrewe vonnis ople. Volgens S v Malqas 2001(1) SASV 469 (HHA) moet ek nie ligtelik op flou gronde van die voorgeskrewe vonnis afwyk nie. Dit help nie dat ek te veel simpatie met u mag he nie. My moontlike persoonlike neiging teen tronkstraf vir oortreders sowel as die moontlike persoonlike twyfel oor die effektiwiteit van die beleid onderliggend aan die voorgeskrewe vonnis moet geen rol speel nie en moet derhalwe uitgesluit word.
Volgens hierdie gesag, dit is Malqas, indien die Hot wat vonnis ople meen dat die omstandighede van die besondere geval beteken dat die voorgeskrewe vonnis onregverdig is en dat dit buite verhouding tot die misdaad, die misdadiger en die behoefte van die gemeenskap sou wees, is die Hof geregtig om 'n mindere vonnis op te le. Vi Vonnis van lewenslange gevangenisstraf is nie in die omstandighede van hierdie saak onregverdig nie. So 'n vonnis sal nie buite verhouding tot die misdaad. die misdadiger, dit wil se u self, en die behoeftes van die gemeenskap wees nie.
Die vraag ontstaan of daar in hierdie saak die aanwesigheid van wesenlike en dwingende omstandighede is wat hierdie Hof anders sal laat straf. S S Terblanche. Guide to Sentencing in South Africa op bladsy 175, gee die volgende samevatting van belang:
"The interests of society are best served by a sentence which produces the biggest advantage, or the least potential harm, to society. Any positive purpose, positive for the community that is, which can be served by the sentence, should therefore be promoted in the interest of society. If future crime can be prevented by a sentence, whether by deterring the accused or other potential offenders, whether by reforming the offender or whether by protecting society from the offender by other means, such a sentence will be in the interest of society."
Dit is sekerlik een van die mees nadelige gevolge van n vonnis wat gevangenisstraf behels dat onskuldige persone wat van die oortreder afhanklik is, hulle bron van onderhoud verloor. Hulle word indirek ook gestraf sender dat die Hof dit kan verhoed. Nee, amper eike dag word enkele ouers skuidig bevind en gevonnts in ons Howe. Ouers moet liewerste deegiike dink oor wat met hulle kinders sal gebeur voordat hulle hulself in die pleging van ernstige misdrywe skuidig maak of blootstel. Die regspan namens al drie van u-hulle het betoog dat ek die manier waarop u-hulle groot gemaak is, armoede en misbruik van verdowingsmiddels in ag moet neem as faktore wat saam met ander persoonlike omstandighede beskou word as wesenlike en dwingende omstandighede.
Ek verskil egter. Die meerderheid van die burgers van hierdie land, Suid-Afrika, het onder dieselfde omstandighede grootgeword, maar hulle kan ander mense se regte respekteer. Ek het derhalwe deeglik vir die feite en/of omstandighede in die onderhawige saak wat wesenlike en dwingende omstandighede daarstel, gesoek. Ek kan geen sodanige feite en/of omstandighede vind nie. U word derhalwe soos volg gevonnis:
1. Ktagte
1. dit wil se verkragting, al drie beskuldigdes
word tot
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
gevonnis.
2. Klagte 2, roof met verswarende omstandighede, al drie beskuldigdes word tot TIEN (10) GEVANGENISSTRAF gevonnis.
3. Ingevolge die bepaling van artikel 280(2) van Wet 51 van 1977, soos gewysig. dit is die Strafproseswet, word dit gelas dat die vonnis op die tweede aanklag, dit wil se roof met verswarende omstandighede, samelopend met die vonnis op aanklag 1, dit wil se verkragting, uitgedien sal word.
DLODLO, J