South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2007 >> [2007] ZAWCHC 83

| Noteup | LawCite

Luthuli v S (A90/2007) [2007] ZAWCHC 83 (22 February 2007)

Download original files

PDF format

RTF format



UITSPRAAK

IN DIE HOQGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

DATUM: 22 FEBRUARIE 2007

SAAKNOMMER: A90/2007

In die saak tussen

ISMAIL LUTHULI Applikant

en

STAAT Respondent


UITSPRAAK


(APPEL TEEN WEIERING VAN SORGTOG)




MOOSA, R:



Die appellant kom nou in hoer beroep teen die weienng van borgtog in die ianddroshof te Prins Albert. Die hof benede het na die aanhoor van die getuienis deur die appellant en die ondersoekbeampte bevind dat dit nie in die belang van geregtigheid is dat die appellant op borgtog vrygelaat word nie.



Die appellant is aangekla op een aanklag van gewapende roof en een aanklag van diefstal van 'n voertuig. Altwee es baie ernstige aanklagtes. Die voorval spruit uit die roof van pensioengelde ter waarde van meer as 'n R1 miljoen wat op 2 Augustus 2005 plaasgevind het in die plaaslike gebied van Prins Albert.



Dit is gemene saak dat die roofaanklag 'n Bylae 6 misdryf uitmaak en die bepalings van artikel 60(11)(a) van die Strafproseswet, wet 51 van 1977, van toepassing is in 'n borgaansoek.



Die bewyslas is dus op die appellant om op h oorwig van waarskynlikhede te bewys dat buitengewone omstandighede aanwesig is wat sy vrylating op borgtog in die belang van geregtigheid veroortoof.



Artikel 65(4} van die Strafproseswet bepaal dat 'n Regter wat die borgappel aanhoor kan nie die beslissing van rn iaerhof ten opsigte van die weiering van borgtog tersyde stel nie tensy die Regter oortutg is dat die beslissing wel verkeerd is.



In sy uitspraak het die landdros na, my mening, die getuienis deeglik geevalueer. Hy het die persoonlike omstandighede van die appellant oorweeg; sy alibi; die gronde waarop hy steun; sy beweerde betrokkenheid by misdrywe; die sterkte van die huidige saak teen hom; moontlike intimidasie en of inmenging met getuies; die gemeenskapsbeiange en die aard en erns van die misdrywe.

In die lig daarvan het die landdros tot die gevolgtrekking gekom dat die appellant nie op die oorwig van waarskynlikhede bewys het dat daar buitengewone omstandfghede bestaan wat sy vrylating op borg in die belang van geregtigheid regverdfg nie.


In die jig van die getuienis as 'n geheel, kan ek nie daardie bevinding in twyfei trek of fout daarmee bevind nie. Myns insiens was daar geen mistasting deur die ianddros begaan nie. In die omstandfghede is daar geen rede vir hierdie Hof om in te meng met die uitoefening van die regtelike diskresie van die landdros om borgtog te weier nie.


Bygevoig word die appel van die hand gewys en die beslissing van die Janddros word bekragtig.

MOOSA, R