South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2007 >> [2007] ZAWCHC 85

| Noteup | LawCite

Propbel Fifty Four (Pty) Ltd and Others v Basson (7382/2004) [2007] ZAWCHC 85 (14 May 2007)

Download original files

PDF format

RTF format



UITSPRAAK


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROViNSIALE AFDELING)

SAAK NO: 7382/2004

DATUM: 14 MEI 2007


In die saak tussen:

PROPBEL FIFTY FOUR (PTY ) LIMITED 1ste APPLIKANT

ACTPROP (PTY) LIMITED 2nd APPLIKANT

J ROODT 3rd APPLIKANT

en

M A BASSON 1ste RESPONDENT



UITSPRAAK


FOURIE, R



Hierdie is 'n aansoek wat in die vierde afdeling van die Hof geplaas is vir die aanhoor van mondeling getuienrs op geskilpunte wat gefinaMseer staan te word. Paragraaf 2 van die bevel waarkragtens hierdie verwysing geskied net lees soos volg;



"On or before 15 April 2005 the parties will agree to formulate and list ail the issues to be referred to oral evidence. If the parties fail to reach an agreement all the issues in dispute will be formulated and referred for oral evidence.1'



Die partye het tot hede nog nie daarfn geslaag om ft ooreenkoms te bereik oor die formulering van die geskilpunte nie. Daarbenewens het eerste respondent op 7 Mei 2007 haar vorige prokureur en advokaat se mandaat beeindig. Op 8 Mei 2007r dit is drie hofdae voor vandag het sy aan haar huidige regsverteenwoordiger opdrag gegee om haar by te staan. Dit het daartoe aanleiding gegee dat Mnr McLachlan wat nou namens haar optree, aansoek gedoen het vir die uitstel van die aangefeentheid. Die aansoek vir uitstel word geopponeer deur die applikante, verteenwoordig deur Mnr Marais.



Die beginsels van toepassing by ft aansoek van hierdie aard is welbekend, in wese kom dit daarop neer dat ek ft regterlike diskresie moet uitoefen aan die hand van die gronde waarop die eerste respondent steun in haar aansoek vir n uitstel, met inagneming van die benadeling wat vir applikante mag volg tndien uitstel wel toegestaan word.



Wat die gronde vir eerste respondent se aansoek betref, blyk dit dat sy haar vertroue in haar vorige regsverteenwoordigers verloor het toe hulle, volgens haar, op ft laat stadium kort voor die verhoor vir haar meegedeel het dat sy nie 'n redelike vooruitsig op sukses in hierdie aansoek het me. Dit, se sy, het as 'n skok vir haar gekom aangesien sy deurentyd onder die indruk verkeer het dat daar wel meriete in haar opponering is. Soos sy, waarskynllk teregr byvoeg, sou sy nie die moeite en die onkoste aangegaan het om die aansoek te opponeer as sy van meet af geadviseer was dat daar nie meriete in haar opponering sou wees nie.



Waarvoor eerste respondent in wese nou vra, is 'n geleentheid om met haar huidige regsadviseurs te konsulteer en hulle advies in te win oor haar vooruitsig op sukses en dan Yi ingeligte besluit oor die voortsetting van haar opponering van die aansoek te neem. In hierdie verband mag ek byvoeg dat Mnr McLachlan bevestig het dat hy en sy opdraggewende prokureur nie voorbereid is om met die meriete van die aansoek te handel nie en dus sal moet onttrek as die aansoek vir uitstel van die hand gewys word.



Dit is te verstane, veral as gelet word op die volume van die aansoek wat hulte op h laat stadium ontvang het. Mnr Marais het gewys op die geskiedenis van die aangeleentheid en aangevoer dat eerste respondent 'n obstruktiewe houding in hierdie saak ingeneem het en dat sy waarskynlik steeds poog om die verrigtinge te vertraag. Ek moet meld dat die inhoud van die stukke voor my toon dat applikante nie alleen probleme ondervind het om prosedurele samewerking te verkry van eerste respondent se vorige regsverteenwoordigers nie, maar dat eerste respondent se vorige regsverteenwoordigers self ook probleme gehad het om behoorlike opdragte van haar te ontvang.



Wat egter ook duidelik is, is dat dit deurlopend eerste respondent se voorneme was om die hoofaansoek te bestry. Die stukke toon dat sy by ongeveer 17 geleenthede met haar vorige regsverteenwoordigers gekonsulteer het, hetsy by wyse van die telefoon of andersins.



Na oorweging is dit vir my duidelik dat ek nie bloot op die stukke voor my kan bevind dat eerste respondent ter kwade trou handel deur die bring van hterdie aansoek vir uitstel nie. Applikante kan ook nie betwis dat daar wel ft vertrouensbreuk tussen haar en haar vorige prokureurs ontstaan het nie, en in so 'n geval sou dit sekerlik redelik wees vir enige litigant in haar posisie om 'n verdere mening te wil inwin. Ek is dus van oordeel dat in sodanige omstandighede die belang van geregtigheid vereis dat sy die geteenthetd gegun word om 'n tweede mening in te win, behalwe as dit natuurlik aanfeiding sou gee tot onherroeplike benadeling vir die applikante.



Daar sal uiteraard benadeltng vir applikante wees weens die uitstel van die aansoek. Dit sal ft verdere vertraging van die aangeleentheid tot gevoEg he en ook nadelige koste-implikasies vir applikante inhou. Sodanige nadeel kan egter waarskynlik grootliks vermy word deur die helende balsem van ft gepaste kostebevel. Daarteenoor moet in gedagte gehou word dat as ek die aansoek vir uitstel sou weier, eerste respondent onherroephk benadeel mag word deur dan prakties verhoed te word om haar verweer na behore, of enigsins, te voer.



Ek is dus van mening dat nieteenstaande die laat stadium waarop die aansoek vir uitstel geloods is en die benadeling wat dit wel vir applikante inhou, die belange van geregtigheid verg dat die uitstel wel toegestaan word. Eerste respondent het uiteraard die betaling van die verspilde koste aangebied en dit moet die verspilde koste ten aansien van die hoofaansoek en die koste van die aansoek vir uitstel, behels. Ek is verder van oordeel dat die toestaan van sodanige koste in hierdie omstandighede op h hoer skaal as die gebruiklike toegelaat moet word.



Wat die verdere verloop van die hoofaansoek betref, is ek, soos ook sal blyk uit my bevel, voornemens om 'n tydperk neer te le waarbinne die partye Vi ooreenkoms moet bereik ten aansien van die geskilpunte wat bereg moet word.




In die vooropstelling word die volgende bevel gemaak;

  1. Die hoofaansoek word uitgestel vir aanhoring in die vierde afdeling van haerdie Hof, op 'n datum wat die partye met die griffier kan reel. Dit word gelas dat die griffier 'n voorkeurdaturn vir hierdie doe) kan bepaal

  2. OK word getas dat die partye binne 14 (veertien) hofdae na datum van hierdie bevel 'n ooreenkoms moet bereik oor die geskilpunte wai vir die aanhoor van mondelinge getuienis verwys word. By die ontstenienis van so n ooreenkoms, sal enige of beEde partye dEe reg he om die Hof te nader op dieselfde stukke vir 'n bevel waar sodanige geskilpunte deur die Hof geformuleer word.

  3. Eerste respondent word gelas om die koste van die aansoek vir uitstel, op die skaal soos tussen prokureur en eie klient, te betaal.

  4. Eerste respondent word ten aansien van die hoofaansoek gelas om a 11 e verspilde koste wat met die uitstel verband mag hou, op die skaal soos tussen prokureur en eie klient, te betaal.

  5. Die koste vermeld in paragrawe 3 en 4 hierbo sal onmiddellik takseerbaar en betaalbaar wees.

FOURIE, R