South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 144

| Noteup | LawCite

Williams v S (A471/07) [2008] ZAWCHC 144 (22 February 2008)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNOMMER: A.471/07

DATUM: 22 FEBRUARIE 2008



In die saak tussen;

CEDRICK WILLIAMS Appellant

en

DIE STAAT Respondent





UITSPRAAK


THRING. R:



In die streekhof is die appellant van onsedelike aanranding aangekla. Daar is beweer dat hy 'n 13-jarige jong seun 20 "sedert 11-jarige ouderdom" onsedelik aangerand het deurdat hy, na bewering, "sy penis tussen sy anus gedruk het op drie geleenthede en bewegings agter horn gedoen het". Op hierdfe aanklag het die appellant onskuldig gepleit. By die verhoor is hy deur prokureur verteenwoordig.


Na rn lang verhoor, waar verskeie getuies getuig het, is die appellant deur die landdros skuldig bevind, soos aangekla, en ingevolge arttkel 276{1)(i) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977, tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die streeklanddros appelleer die appellant teen sy skuldigbevinding.





By die verhoor het heelwat strtiikelblokke te voorskyn gekom wat in die staat se pad gestaan het. Kortliks kan hulle soos volg opgesom word:

1. Toe hy op 2 Oktober 2006 in die streekhof getuig het, was die klaer slegs 13 jaar oud. Hy het oor gebeure getuig wat hy beweer plaasgevind het of begin pfaasvind het toe hy slegs 11 jaar oud was. Die getuienis van 'n kind moet altyd met groot versigtigheid natuurlik bejeen word.

2. Die klaer is 'n enkelgetuie vir die staat in verband met die beweerde seksuele optrede van die appellant. Die getuienis van 'n enkelgetuie moet ook met groot omsigtigheid benader word. Dit is geykte reg dat hof 'n skuldigbevinding op die onbekragtigde getuienis van 'n enkelgetuie sal inbring slegs indien daardie getuienis in alle wesenlike opsigte duidelik en bevredigend is.

3. Daar is 'n agtergrondsgeskiedenis in hierdie saak van familietwis en onmin. Die appellant is die stiefpa van die klaer. Daar is klaarblyklik "n lank voorafbestaande onmin tussen die appellant en, onder andere, Cathleen de Wies, die tante van die klaer se moeder, aan die een kant, en Nazoline de Vries, die klaer se tante, onder andere, aan die ander kant. Dit skep altyd "n uiters gevaariik situasie in hierdie soort saak. Die gevaar is dat vals beskuldigings oor en weer deur die twee faksies gemaak word - in hierdie geval is daar inderdaad getuienis van herhaalde gekonkel tussen lede van die gesin wat oor en weer gepoog het om mekaar te beinvloed om leuens te vertei om sekere doelwitte van hulle eie te bevorder. Gepaard daarmee - en wat dit vererger - gaan die gevaar dat jong kinders, soos die klaer, deur die betrokke partye gemanipuleer kan word om die beskuldigings valslik te versterk. Daarbenewens is daar getuienis dat die klaer me van die appellant gehou het nie omdat laasgenoemde horn herhaaldelik getug het deur horn pakke slae te gee en seifs op 'n geleentheid horn gewurg het.

4. Toe die klaer oor die bewerings teen die appellant deur lede van die familie gekonfronteer en ondervra is, het hy, die klaer, die bewerings aanvanklik meer as een maal ontken. Eerstens het hy dit aan sy tante, Nazoline, ontken en, tweedens, ook aan sy moeder. Oortuigende verduidelikmgs vir hierdte ontkennings is myns insiens nie op die rekord te bespeur nie. Daarna is druk op horn deur, onder andere, Nazoline de Vries uitgeoefen om met die "waarheid" uit te kom. Toe maak hy vir die eerste keer die beskuldigings teen die appellant wat die onderwerp is van die aanklag.

5. Daar is geen stawing op die rekord vir die klaer se betwiste getuienis nie. Dit het mnr Julius, wat namens die staat voor ons verskyn, toegegee. Die klaer het baie lank na die beweerde misdade vir die eerste maal daaroor gepraat, blykbaar eers in omtrent 2006, minstens twee jaar na die voorval. In hierdie geval kan daar geen sprake van mediese stawing wees nie. Daar is myns insiens geen aarwaarbare verduideliking op die rekord van hierdie langdurige versuim van die klaer om oor die appellant se beweerde seksuele molestering van horn te kla nie. Sy ouers, en heelwat ander lede van sy gesin, was deurgaans aan horn beskikbaar indien hy wou gekla het. Niks het horn te enige tyd verhoed om by enigeen van hulle daaroor te kla nie, tog het die klaer vir meer as twee jaar lank tjoepstil gebly. Hy het gepoog om dit te verdufdelik deur te se dat hy bang was, maar presies waarvoor hy bang sou gewees net, is nie uit die rekord duidelik nie, en dit is myns insiens nie ft voldoende of aanvaarbare verduideliking nie. Daar is nie eers getuienis van "n sogenaamde "eerste rapport" van horn nie: inteendeel, soos ek reeds gese het, sy reaksie toe hy met die bewerings vir die eerste keer gekonfronteer is, was om hulle herhaaldelik te ontken.


6. Die een getuie, wat volgens die klaer op een van die geleenthede teenwoordig was toe die appellant die klaer beweerdeiik onsedelik aangerand het en wat daarvan bewus moes gewees het, was 'n nefie van die klaer, ene Uren de Vries, wat 18 jaar oud was - miskien "n bietjie jonger. Hy is nie as getuie vir die staat geroep nie, maar wel as getuie vir die appellant. In sy getuienis het hy egter ontken dat hy so iets gesien het of daarvan bewus geword het, naamlik dat die appellant die klaer sou gemolesteer het. Hy het verder getuig van 'n poging aan die kant van Nazoline de Vries om horn te bemvloed om die appellant valslik by die geleentheid te betrek.



Die appellant het in sy verweer getuig en al die bewerings van die klaer van onsedelike aanranding ontken. In 'n fang en omslagtige uitspraak het die streeklanddros, nieteenstaande al hierdie struikelblokke in die staat se saak, tot die gevoEgtrekking gekom dat die staat die skuld van die appellant bo redelike twyfel bewys het. Sy het die klaer as u'n bate goeie getuie" bestempel ten spyte van "hier en daar gebreke het in sy getuienis" en sy was tevrede "dat hy wel die waarheid vir die hof vertel het". Hierdie gevolgtrekking het sy bereik na toepassing, se sy, van die versigtigheidsreel ten opsigte van kinders en enkelgetuies. Sy het die leuenagtigheid van die appellant as stawing van die appellant se getuienis beskou.

Hy was weliswaar nie h indrukwekkende getuie nie. Sy het ook Nazoline de Vries as 'n goeie getuie beskou.



Na my mening neem die getuienis van Nazoline de Vries, egter, die staat se saak teen die appellant nie juis veel verder nie. Heelwat daarvan is ontoelaatbaar as hoorse.




Die landdros het die getuienis van die appellant en van sy getuies, Uren en Cathleen de Vries, as onwaar verwerp. Sy het trouens bevind dat die appellant ri leuenagtige getuie was. Dit is natuurlik wel Vi relevante faktor in ti saak soos hierdie. Die volg egter nie noodwendig dat btoot omdat ri beskuldigde in sy getuienis lieg, hy derhalwe skuldig is aan die misdaad waarvan hy aangekla word nie. In hierdie verband kan verwys word na S v MTSWENI. 1985(1} SA 590 (A).



In die lig van die verskeie swakhede in die staat se saak waarna ek reeds verwys het, en veral die getuienis van die klaer, is ek van mening dat dit nie gese kan word dat laasgenoemde se getuienis in alle wesenlike opsigte duidelik en bevredigend is nie. Ek glo nie dat die landdros die toepaslike versigtigheidsreel behoorlik toegepas het nie. Dit wil vir my voorkom dat sy haar tot ri mate ten minste op die appellant se leuenagtigheid blind gestaar het. Die gevare in hierdie saak is voor die hand liggend. Die landdros skyn om hulie nie ten voile te besef het nie.



Na my oordeel is die skuldigbevinding van die appellant onveilig, en kan dit nie ondersteun word nie. Gevolglik word die appel gehandhaaf en die skuldigbevinding en vonnis van die appellant word ter syde gestel.




THRING, R





D POTGIETER. WnR: Ek stem saam.





POTGIETER, WnR